Orania vat die spoor

Daar is min plattelandse dorpies in die wêreld wat kan spog met al die aandag wat ons eie Orania geniet. Vir byna twintig jaar besoek joernaliste, politici, akademici en talle ander nuuskierige agies van heinde en ver hierdie bedrywige dorpie in die Bo-Karoo. Hoekom dan nou juis Orania?

Op die oog af lyk Orania soos ‘n rustige plek met sy skilderagtige Karoo koppies wat uitstaan bo nederige wonings, pekanneutboorde en uitgestrekte landerye. Die Oranjerivier is die hoofaar van die dorp en sorg vir ‘n plantryke omgewing, wat op sy beurt sorg vir ‘n voëlryk lugruim. Heelwat besighede is werksaam op die dorp en twee volkseie skole bevorder die jonges se kennis. Die oënskynlik landelike voorkoms van Orania behoort weliswaar geen sensasionele emosies by die benieude besoeker op te wek nie.

Egter beskou niemand Orania as net nog ‘n plattelandse dorpie nie. Soos Nkandla in KwaZulu-Natal is Orania ook die tuiste van ‘n bevolkingsgroep wat inheems aan suidelike Afrika is. Tewens beskik beide gemeenskappe oor ‘n paar uiteenlopende eienskappe waar onder meer kultuur, taal en ander antropologiese faktore die besoeker onmiddellik daarvan sal oortuig dat hy in twee verskillende lande is.

Dit is immers nie revolusionêr dat die mono-etniese Zoeloe bevolking van Nkandla hul kultuur sonder vreemde inmenging kan uitleef nie tog is daar mense wat hulself vergaap aan Afrikaners in Orania wat presies dieselfde basiese menseregte geniet. ‘n Heel koddige situasie as mens bietjie daaroor dink.

Oraniërs het al vrede gemaak met die kortsigtigheid van sommige mense en fokus veel eerder op die groot verantwoordelikheid wat hulle op hul skouers geneem het. Om ‘n etniese-minderheid in Afrika te wees is nie ‘n gesogte posisie nie, veral nie as mens deur ‘n vyandige volksvreemde meerderheid regeer word nie. Mens sit met ‘n probleem indien dié meerderheid nóg bekwaam, nóg betroubaar optree.

Die logiese oplossing is om onder die juk van die volksvreemde meerderheid uit te kom eerder as om langsamerhand te kwyn. Hierbenewens is ‘n eie grondgebied, eie arbeid en selfbeskikking oor eie instellings die voorvereistes vir oorlewing.

Desnietemin moet eie grondgebied deurlopend uitgebrei word terwyl eie arbeid in baie gevalle eers opgelei moet word en dan moet eie instellings nog van meet af opgebou word. Tog bewys Oraniërs daagliks dat hierdie ‘n berg is wat die Afrikaner wel kan klim.

Orania het onlangs talle CVO-skole van reg oor suidelike Afrika ontvang tydens ‘n groot sportbyeenkoms. Vir baie kinders en ouers was dit ‘n eerste smakie van Afrikaner-vryheid en ‘n geleentheid om te sien hoe Orania uit sy pionierskoene gegroei het en nou ‘n ontwikkelingsfase betree. Hierdie einste volkstaat groeipunt wat destyds as ‘n doodgebore konsep bestempel was, het vir honderde besoekende gesinne ‘n veilige, gerieflike en gesellige ligging geword waar ouers hul kinders kan sien presteer op die sportveld, hul taal onbeskaamd kan praat en hul kultuur onverhinderd kan uitleef.

Terwyl toestande in Mzanzi vandag behoorlik pas hou met die res van Afrika is Orania besig om met rasse skrede vooruit te beweeg, warm op die spoor van Afrikaner republikeinse vryheid.

2 thoughts on “Orania vat die spoor

  1. http://haaspoortwolvefonteinkleinpoort.blogspot.com/ is the going to be next Orania .

    The concepts at Oriana are similar to those who purported the Development of ” Haaspoort Wolvefontein and Kleinpoort “and modeled on some perhaps controversial(or in the very least for some liberal types) ideas like those of “ubiquitous” villages , Mormons , Churches of Later Day Saints,Kibbutz and Amish communities and what does indeed work in those communities ,primaly have in common self determination and self preservation and common cultural identities thus Afrikaners Orania should and will succeed in my view.

    Clarification needs to be made for public benefit and education and about who and what Afrikaners are ad not and this means considerations of non European Afrikaners and Afrikaners in other places like Mexico and Argentina too.

    Furthermore the legitmacy of Afrikaners self determination and reasons for being party to the UNPO ,namely the “Un-represented People Organization in Europe” and clarification of some false views by people who draw comparisons between Ukrainians Orange Revolution which can be nothing further from the facts surrounding the reasons for Existence of Orania.

    My observations is that Orania is pro- Afrikaans , and into good neighborliness and simply determined to look after Afrikaners interests regardless of any other considerations never has this been more important than now when in our current times ANC lead,sum and even some Black Ethnic African say is a criminal and corrupt government too-enormously dysfunctional municipalities are a known fact illustrative of this view , south Africa which is generally owned by Afrikaners too is suffering and has seen a great increase in impoverishment of the Afrikaners,while very few elitist black ride the wave to riches at the expenses of very many south African both black and white

    People have asked me a number of times about what I think of Orania.
    Wel Ornaioa is n mooi plek verder is dit ordentlik bestuur en baie netjies .

    Die mense op Orania is ook nie Rassiste soos hulle vyande beweer en het wel self Julius Malema en Nelson Mandlea goed ontvang.

    Orania is vir Afrikaans en selfbeskiking van Afrikaners self Vali Moosa het gedink die is n goeie plan lees meer hieroor by :

    http://en.wikipedia.org/wiki/Orania,_Northern_Cape

    My Summary conclusion : ORANIA WILL REMAIN THE ENVY OF EVERY FAILED GOVERNMENT IN AFRICA ,thus I wish Orania well and hope they proposer and continue to lead Southern Africa by example I would more there tomorrow if it is logical an profitable to uproot my business and relocate it to Orania and love the idea of eh White Nationalism and Afrikaner Self determination which is clearly something the Afrikaners should be proud of .

    Keep it up Orania ,julle blink skitterend !

  2. Quintin Diederichs

    Baie interessante opmerkings! Ek sal egter uitwys dat “Wit Nasionalisme” nie onder enige omstandighede ‘n faktor kan wees nie. Ons is Afrikaners want ons deel in die Afrikaner se gemeenskaplike taal, kultuur, sedes, tradisies en geskiedenis. Wat is “wit tradisies”? “Wit taal”? “Wit kultuur”? Daar bestaan nie sulke dinge nie.

    Ras definieer nie ‘n volk nie alhoewel dit in baie gevalle deel van ‘n volk se identiteit uitmaak, bv. Xhosas of Vendas is swart; Yslanders of Afrikaners is wit ens. Hiermee die verskil tussen ‘n volk en ‘n nasie: Kanada, VSA, Australië, Brittanje ens. is alles voorbeelde van nasies wat bestaan uit ‘n rangskikking van verskillende volke wat grotendeels identifiseer met ‘n oorkoepelende nasionale identiteit. In meeste gevalle is dit in die lid-volke se beste belange om deel van hul onderskeie nasies te wees. Taiwan, Denemarke, Swaziland ens. is voorbeelde van volke wat in volkstate lewe. Hul nasionaliteit is sinoniem met hul volk (bv. ‘n Deen bly in Denemarke en het ‘n Deense nasionaliteit). Dit is by implikasie in meeste gevalle in hierdie volkse se beste belange om in ‘n mono-kulturele en -etniese samelewing te bly.

    Die Afrikaner is ‘n volk wat tans deel is van ‘n nasie maar dit is nié in sy beste belange om deel van hierdie nasie te wees nie, eerder om in sy eie mono-kulturele en -etniese samelewing te lewe, m.a.w. ’n volkstaat (bv. ‘n Afrikaner bly in die Afrikaner Republiek en het ‘n Afrikaanse nasionaliteit).

    Die redes hiervoor is vanselfsprekend maar ek het al geleer om dit pertinent te stipuleer aangesien baie mense die meriete van my standpunte bevraagteken omrede hulle verblind is deur nasiebou propaganda. Die redes waarom dit in die Afrikaner se beste belange is om in ’n volkstaat te lewe kom daarop neer dat die Afrikaner tans ‘n klein minderheidsvolk binne ‘n nasie is en sy beste belange altyd ondergeskik aan die meerderheid se beste belange sal wees, altans vir solank as wat die Afrikaner deel van die nasie bly.

    Die feit dat 4 uit die 5 tradisionele Afrikaanse universiteite reeds vir alle praktiese doeleindes verengels het, dat daar vandag slegs 300 uit die 2000 Afrikaanse skole voor 1994 oor is, dat derduisende Afrikaners vandag werkloos is a.g.v. rasstellende aksie en swart bemagtiging, dat die grond van Afrikaner boere konstant in die spervuur is (viz. plaasmoorde), dat rassekwotas Afrikaners op die sportveld benadeel ens. ens. is alles redes wat duidelik wys dat die beste belange van die Afrikaner nié in die Suid-Afrikaanse nasie bevorder word nié.

    Hoe los ons dan hierdie krisis op? Afrikaner republikeinse vryheid is die antwoord.

    Afrikaner Nasionalisme is ‘n edel begrip slegs as dit in konteks van ‘n Afrikaner volkstaat gesien word. ‘n Afrikaner volkstaat is ‘n bevrydende begrip mits dit in konteks van volkseie arbeid gesien word. Volkseie arbeid is ‘n volhoubare begrip mits dit in konteks van gesonde werketiek en Eerstewêreld dienslewering gesien word.

    Indien al hierdie voorvereistes nie in plek is nie dan sal die Afrikaner nooit ‘n vooruitstrewende en onafhanklike volk kan wees nie en sal die ideaal van Afrikaner republikeinse vryheid nooit realiseer nie. Aangesien hierdie voorvereistes nog nie in plek is nie verduidelik dit presies hoekom ons nog onder ’n ANC-regering lewe binne ’n nasie waarin ons taal, kultuur, tradisies, sedes en geskiedenis uitgemergel word en dat ons slagoffers van abnormale vlakke van moord en misdaad is.

    Die Afrikaner sal in diaspora verkeer en onderdane van ander volke binne die nasie bly tot die dag wanneer ons mense hierdie beginsels snap. Diegene wat betrokke is met Orania is werklik die enigste Afrikaners wat al die spreekwoordelike boeie gebreek het… d.i. die boeie van onderdanigheid aan vyandige volke binne die nasie.

    Om Orania te verstaan moet mens hierdie konsepte verstaan. Om werklik deel van Orania te wees moet mens nie net die ideaal van Afrikaner republikeinse vryheid begryp nie maar mens moet dit fisies uitleef en met mening bevorder. Net dan kan jy jouself ’n vry Afrikaner noem. Dit is die dag wanneer jy gaan ophou om ’n Suid-Afrikaner te wees en werklik ’n Afrikaner gaan word. Slegs dan sal jy en die nageslag ’n florerende toekoms hê.

    “Glo in God! Glo in jou volk! Glo in jouself!” – D.F. Malan

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s