Te trots om aalmoes te aanvaar?

n Foto vertel n duisend woorde…

Die arbeiders (kontrakteurs)by die Medupi kragsentrale, naby Lephalale (Elisras) in die Limpopo-Provinsie, kry elke dag gratis kospakkies te etenstyd. Daar was ’n  ooreenkoms met Eskom dat al die kontakteurs na ’n jaar daagliks ’n warm ete sal ontvang. Medupi Power Station Joint Venture se mense is nou moeg vir hul “afskeep kos” en ons sal maar sien wat hulle vandag gaan maak, hulle het gister op die bestuursraad afgestorm en die kantore met hul kospakkies begin gooi!

Nou kan u dalk verstaan hoekom Eskom nog biljoene rande van die belastingbetaler nodig het om hul bedryfs kostes te dek. Daagliks word gratis kos uitgedeel, bo en behalwe dit kry hul ook gratis verblyf, vervoer ens. Aangesien 900,000 werknemers laas jaar hul werke kwyt geraak het en dat miljoene mense in armoede vertoef, min wetend waar hul volgende maaltyd vandaan gaan kom, kan ek nie anders as om die gebeurtenis as haglik te beskryf nie.

Ek weet nie wat erger is nie: die ANC wat toilette in die plakkerskampe afbreek of Eskom-werkers wat kantore met kos stook? Hoeveel jaar moet hulle voortploeter voordat hulle tot die besef gaan kom dat hulle ook normale mense is, en dat hulle nes ons moet WERK vir hul brood? Nie net word derduisende ampère van ons krag elke dag deur onwettige konneksies gesteel nie maar ons belastinggeld, bestee om die ondankbare “voorheen onbevoordeelde” nasie te voer, word voor die swyne gestrooi. “… as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.”, 2 Tes. 3:10 …‘n begrip wat duidelik nie in die verklarende ANC-handleiding voorkom nie.


One thought on “Te trots om aalmoes te aanvaar?

  1. Quintin Diederichs

    Ja-nee… so gaan dit maar met die nuwe SA se reenboognasie. Verbaas my hoegenaamd nie dat so baie Afrikaners deesdae Orania toe trek nie!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s