Orania en die FIFA Sokker Wêreldbekertoernooi

deur Lida Strydom

Die een ding wat Orania met dié groot sportgebeurtenis in Suid-Afrika gemeen het, is die onophoudelike stroom joernaliste wat tans besoek aflê.

Dr John Strydom, skakelpersoon vir Orania, moet bontstaan  en tot vier intenasionale mediagroepe per dag hanteer.  Sommige van die mediagroepe bevat tot vyf persone, dus nogal ‘n aansienlike aantal vrae om op een dag te beantwoord!

In Orania is daar die gesegde dat ons nog net nie ‘n joernalis uit Ysland ontvang het nie, die res was al almal verskeie kere hier.  Hulle kom werklik van oral:  Japan, Singapoer, Nederland, Duitsland, Brasilië, Frankryk, Hongarye, Italië en die VSA.  Meer as dertig internasionale joernaliste per maand besoek Orania op die oomblik.

Hoewel Orania dwarsdeur die jaar besoekende internasionale joernaliste ontvang, word daar groot pieke beleef, byvoorbeeld tydens verkiesings en nou weer met die Sokkertoernooi.  Min joernaliste snap die beginsel waarop Orania gebou word en wil dit dikwels koppel aan rassisme.  Die gevolg van sulke artikels is dat ons dan ‘n aantal e-posse ontvang waarin Orania erge skroberings kry.  Dit gee ons gelukkig die geleentheid om in gesprek te tree met die skrywers en hoflik ons kant van die saak te stel.  Dikwels kom daar dan begrip vir ons strewe.


Die hoeveelheid positiewe e-posse veral uit Europa, raak toenemend meer as die negatiewe e-posse.  Dié e-posse vertel van bekommernis oor die snel veranderende demografie in Europa, oor die invloei van vreemde volke en vreemde kulture wat besig is om Europa se eeue-oue kultuur te versmoor.  Die versugting is dikwels:  “Dit lyk of Orania die resep gevind het om Afrikanerkultuur te bewaar.  Kan ons by julle leer?”

Selfs Orania-kinders word aan joernaliste se indringende vrae blootgestel en moet van jongs af leer om hulleself polities te kan verantwoord.

Die afgelope weke moes Oraniërs heelwat menings gee oor sokker, ‘n nuwe sportsoort vir die meeste inwoners.  Oor die algemeen kry sport in Orania minder aandag as op ander plekke.  Omdat die meeste mense ook fisies hard werk, is daar minder behoefte aan sportdeelname.  In Orania word sport meer ter wille van ontspanning beoefen.

Dalk is Orania in hierdie opsig redelik gebalanseerd omdat sport nie bo alles verhef word nie.  Hier besef ons veral dat kultuurbeskerming ‘n belangrike rol in ons oorlewing speel.

Maar ons kan ook ‘n goeie sokkerwedstryd geniet!

Orania: http://www.orania.co.za

One thought on “Orania en die FIFA Sokker Wêreldbekertoernooi

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s