Ons almal is ekspats

Na die onafwendbare verandering wat gedurende die vroeë 1990’s in Suid-Afrika plaasgevind het, het die betekenis van die Suid-Afrikaanse identiteit onherroeplik verander.

Die Nuwe Suid-Afrikaanse–, oftewel Mzanzi–identiteit word hoofsaaklik bepaal deur die beginsels van multikulturalisme en Pan-Afrikanisme. Die laasgenoemde gaan gepaard met die Afrika Unie se doelwit om grense reg oor Afrika heen tot niet te maak.

‘n Massa blanke-eksodus uit Suid-Afrika het gevolg na die Nasionale Party alle mag aan die ANC-regime op ’n silwer skinkbord oorhandig het. Ongeveer ’n miljoen blanke Afrikane, meestal Afrikaners, het reeds die land verlaat terwyl hulle vervang is met meer as vyf miljoen immigrante vanuit Mosambiek, Zimbabwe, Nigerië, Somalië, Kommunistiese China en elders.

Daar het dus reeds meer immigrante oor Mzanzi se grense gestroom as die land se totale blanke bevolking! Dit bewys verder dat alhoewel die Afrika Unie nog nie amptelik daarin geslaag het om van grense in Afrika ontslae te raak nie, mense in praktyk reeds heen en weer beweeg asof daar geen grense bestaan nie.

Dis algemene kennis dat probleme soos misdaad, geweld, werkloosheid, vigs, dwelm- en wapenhandel net vererger word deur onwettige immigrante. Nietemin, hulle is nou deel van die werklikheid in Mzanzi en ons hande is afgekap om iets daaromtrent te doen want die ANC-regime sit met al die mag.

Mzanzi is ’n post-koloniale Afrikastaat met ’n regering wat diepgewortelde kommunistiese ideale koester. Hierbenewens het die land se samelewing vir die oorgrote meerderheid Afrikaners ’n vreemde konsep geword. Ons Westerse sienswyse m.b.t. die ekonomiese, politiese, sosiale en militêre funksionering van ’n samelewing is eenvoudig nie versoenbaar met die swartes se Afrosentriese en Pan-Afrikanistiese uitkyk nie.

Aangesien hierdie Mzanzi-samelewing van hulle reeds vir Afrikaners vreemd en onaanvaarbaar is, hoekom dan verder met die Mzanzi–identiteit assosieer? Sommige mense kan dalk dink dat hulle nie daarmee assosieer nie, maar elke keer wanneer hulle Mzanzi se reënboogvlag waai of die Nkosi-nasionale-lied saam met die Bokke sing, dan verbind hulle hulself tot Mzanzi, sy ANC-regime en sy toenemend verafrikaniseerde samelewing. 

Die meeste Afrikaners kan gesien word as ekspats van ’n ou Westerse Suid-Afrika, ongeag of mens jouself in Auckland, Polokwane, Londen of in Tshwane bevind. Daar is baie mense wat met hierdie stelling sal stry, maar op die ou end kan dit nie ontken word dat die Afrikaner in bv. Perth of Orania heelwat minder aanpassings hoef te maak om in daardie Westerse gemeenskappe in te pas as al die aanpassings wat die Afrikaner vandag in bv. Jozi moet maak nie.

In ieder geval, die oplossing is nie ‘n eksodus uit Afrika uit nie, nog minder is integrasie met Mzanzi ‘n volhoubare opsie. Die Afrikaners wat uit Afrika uit getrek het moet ook net onthou dat daar ‘n groep Afrikaners was wat kort na die Tweede Vryheidsoorlog ’n Boeregemeenskap in Patagonië (in die suide van Argentinië) gevestig het. Geen afstammeling van daardie Afrikaners onder die ouderdom van 40 kan vandag Afrikaans vlot praat nie en hulle het verder ook nie ‘n benul wat die Afrikanerkultuur behels nie.

Die Patagoniese Boere is vandag Spaanssprekende Argentyne. So ook gaan bv. die Perth Afrikaners binne ‘n geslag of twee Engelssprekende Ausies wees. Dieselfde lot wag vir die Gautengse Afrikaners, alhoewel dit miskien ’n addisionele geslag gaan verg om die Afrikaner ekspat in Mzanzi te verengels en te verafrikaniseer.

Hierdie diaspora hoef egter nie op uitsterwing uit te loop nie. Die Jode het vir byna 1 900 jaar lank met dieselfde probleme geworstel tot die dag wat hulle besluit het dat hulle Israel se onafhanklikheid in ’n eie Joodse volkstaat gaan herstel – kom wat wil!

Dit het talle inkwisisies, eeue se kulturele en politiese onderdrukking asook ’n holocaust gevat voor die Jode tot die besef gekom het dat hulle nie verder sonder hul eie staat kan voortploeter nie.

Ok, maar wat van ons? Ja, die Nasionale Party het ons in die steek gelaat en nou sit ons met die gemors, maar wanneer gaan jy iets noemenswaardig begin doen om jou omstandighede te verander? Duidelik help dit nie om verkiesing na verkiesing vir die DA, of wie ook al te stem nie, want dinge raak net erger.

Tans is ’n minderheid Afrikaners besig om iets noemenswaardig te doen deur hul reg op republikeinse vryheid na te streef. Hulle deins nie terug om werk te maak van die proses om hul onafhanklikheid in eie grondgebied te herstel nie.

Hierdie beweging is gesetel op Orania en die oplossings wat ons hier bewerkstellig sal wel mettertyd deurdring aan Afrikaner ekspats in o.a. Gauteng, Wes-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, Brittanje, Kanada, Australië, Nieu-Seeland ens.

Eie grond, eie arbeid, eie instellings, eie regering en selfbeskikking oor ons eie aangeleenthede – dis die oplossing wat Afrikaners vanuit Orania ontwikkel en dit sal uitloop op die stigting van ‘n nuwe Afrikaner Republiek tussen Orania en die Weskus as ons aanhou om so hard, of selfs harder te bid as wat ons al vir die afgelope 20 jaar werk!

Tot dan is ons almal ekspats, m.a.w. ons is mense buite ons eie land want ons het nog nie ’n Afrikanerland nie. Maak nie saak waar jy vandag is nie – doen iets daaromtrent: raak betrokke by Orania en bou saam!

Orania web: http://www.orania.co.za

14 gedagtes oor “Ons almal is ekspats

  1. Dude100

    Ja jy is reg ons Afrikaners IS EXPATS hier in die land wat ons opgebou het. Maar soos hulle se “The show is not over till the fat lady sings”. Sy het nog nie gesing nie! Afrikaners kan en sal weer opstaan – Orania is ‘n bewys van wat ek hier praat.

  2. Hoor Hoor!

    Jammer om te se Quintin, maar ons Afrikaners is nie almal soos jy wat Orania toe getrek het om ‘n volkstaat te gaan help bou nie. Meeste ouens is lekker grootbek om die braaivuur of in die kroeg, maar as woord tot daad moet oorgaan is dit n ander storie.

    Die groot uitdaging is om mense sielkundig te laat verstaan dat:

    1. Dit moontlik is.
    2. Ons n onafhanklikke bestaan daar kan maak ( altans so onafhanklik van die ANC as moontlik)
    3. Mense in die nuwe staat nie finansieel benadeel gaan wees nie.

    Die vraag is: Hoeveel van ons mense gaan nog vermoor moet word deur hierdie barbare voordat ons die lig sien?

    Ek sal graag opinies van teoloe in NG, Hervormde kerk en APK wil hoor. Sien, gegewe dat die kerk n sentrale rol in die meerderheid Afrikaners se kultuur speel, dink ek dat daar geleentheid is vir hulle om die Volk te lei na vryheid. Die NG kerk sal waarskynlik sy neus optrek vir ‘n Afrikaner Republiek…

    Sterkte daar in Orania. Ek ondersteun julle 100% hier in Londen en vertel vir al die Afrikaner expats om ook aan te sluit by Orania Beweging.

    Groetnis.

    DK

    1. Quintin

      Dankie – ek stem baie saam met die 3 stellings wat jy puntsgewys noem. Ons is besig om deur te breek. Mens moet ook in ag neem dat die Here se wil sal geskied – geen mens kan dit verander nie. Ons sal DV nog in ons leeftyd op ‘n vry Afrikaner bodem staan, onder ‘n vry Afrikaner vlag en ‘n vry Afrikaner volkslied sing. Nou as ons dit kan sien gebeur, dan moet ons mos uitgaan en hard daarvoor bid en werk! Orania, VVK, VF+ ens… alles gebeur met ‘n doel.

  3. Emwee

    Ek dink net dat jy nie moet staatmaak op die Here nie want as dit Sy wil is bly ons net hier.
    Ek sal verseker skuif as dit sal of sou kon gebeur in my leeftyd allowel ek twyfel.

  4. Emwee, jy het heel duidelik ‘n ding of twee te leer oor hoe presies God werk in Sy wysheid. Dinge op aarde gebeur nie op ons tyd nie maar op God se tyd. Die bybel sê heel duidelik “nie ‘n haar sal van jou kop val as dit nie My wil is nie”, so die blote feit dat jy sulke lasterlikke uitlatings maak wys jou net dat daar waarlik ‘n God is en dat Hy ook vir jou ‘n paadtjie vooruit beplan het. Wie sê vir jou dat ons as volk nie al klaar besig is met die Wil van die Here nie? Elke liewe dingetjie wat ons tans doen is moontlik deur Sy genade, organisasies soos VF+, Solidariteit, BKA, Orania, Vrye Afrikaner, VVK, AWB, Vereenigde Afrikaner, Afriforum en vele meer is elke dag besig om bietjie meer uit die berg wat ons vooruitgang keer te bytel, en dit is alles die Wil van die Een Ware God. As dit Sy wil behaag, kan ons ook 40 jaar lank in die woestyn loop rondloop, maar Hy sien die wee en die trane van Sy mense en Hy hoor hul klaagliedere en Hy stuur Sy verlossing. Wees net geduldig. Patience grasshopper.

  5. Brenda Smith

    Ek glo rerig nie ons hoef in afsondering te gaan bly om ‘n goeie Afrikaner te wees nie. Die Voortrekkers het dit reg gekry en so ook die Boere na die oorlog. Die Engelse het baie hard Ons is trots op wie en wat ons is al is ons ons eie grootste vyande. Ek leer elke dag vir my kind en die mense om my ‘n bietjie meer oor ons geskiedenis al bly ek in Zululand. Die Transvaalse weergawe van ons geskiedenis nie die Natalse nie.

    1. Dis alles goed en wel Brenda, maar ek verkies om in ‘n Afrikanerland te bly onder ‘n Afrikaner regering waar Afrikaners se beste belange bevorder word. Dit beteken dat ons afgesonder is van die ANC-regime en alles wat daarmee gepaard gaan. Dis die tipe afsondering wat ons oorlewing en vooruitgang sal verseker.

      Jy bly in Natal – dis juis daar waar die Zulus die Voortrekkers herhaaldelik uitgemoor het omdat baie van hulle in klein groepies beweeg het en maklike teikens was (soos Afrikaners vandag wyd verspreid is en maklike teikens is). Toe die Voortrekkers hulself van die Zulus afgesonder het deur ‘n laer te vorm, het die situasie vinnig omgedraai. Eendrag maak mag – nie net in denke nie, maar ook in ligging. Op ‘n punt gaan mense moet trek na die Noordwes-Kaap toe… na die laer toe. In tussen kan mense help om die laer groter en sterker te maak deur minstens net aan te sluit by Orania Beweging.

      Ons moet uit die geskiedenis leer om vir ons en die nageslag van ‘n beter toekoms te verseker. Ons het nog gans te veel “Piet Retiefs” tussen ons vandag – mense wat dink hulle weet van beter en dat samewerking met die “Zulus” moontlik is. Wat vir my die ergste is, is dat soveel onskuldige mense, veral vrouens en kinders, op die wreedste wyse moes sterf omdat Piet Retief eenvoudig nie wou luister nie. Kyk maar na al die wrede plaasmoorde van vandag… niks het gedurende die afgelope 200 jaar verander nie – en steeds wil mense nie luister nie!

  6. Uitstekend en op die man af. Meeste mense het die ingebore behoefte aan patriotisme en wil behoort aan ‘n groep. Vir Afrikaners is daardie “behoort” nou al vir seker 3 geslagte gekoppel aan Suid-Afrika. Die idee om jou trots en jou identiteit aan ‘n staatlose volk te koppel eerder as aan ‘n volklose staat is nog vir meeste moeilik verteerbaar of voorstelbaar.
    Orania bied wel reeds ‘n plek (en patriotisme is latyd grondgebonde), maar dit is nog te min vir meeste mense. Ons moet ook meer doen om simbole van patriotisme meer te versprei. Daar moet een duidelike vlag van die toekomstige volkstaat wees, soos die Vlaminge hulle Vlaamse Leeu het; die omlynde gebied wat ons na strewe moet meer sigbaar wees; Afrikanerleiers uit die hede en verlede, wat aan die volkstaat of die volk eerder as aan Suid-Afrika gekoppel word moet meer bekend word.

  7. Om billik teenoor Piet Retief te wees: hy het nie vandag se kennis en ondervinding oor die swartmense gehad nie. Dit kan hom tot eer gereken word dat hy die Zulus as gelyke en met respek benader het, al was dit naief en gruwelik foutief. Maar hy was die eerste wat dit moes uitvind en het die hoogste prys betaal. Dit staan dus in ons volk se anale dat ons vryheid deur vreedsame naasbestaan en samewerking wou bereik, maar weens verraad gedwing is om dit deur wapengeweld te bereik en te verdedig.
    Anders as Piet Retief het vandag se generasie Afrikaners geen verskoning om nog naief te wees en om te dink dat alles sal regkom onder ‘n ANC-bewind nie. Ons het reeds terduisende mense afgestaan op die wreedste manier denkbaar en behoort alleen ter wille van hulle nou eenmaal die streep te trek en te sê: Suid-Afrika/Asanië/Mzanzi werk nie vir ons nie, ons moet oorbegin.

    1. Ek stem saam met al jou stellings, behalwe hierdie sin oor Piet Retief: “hy het nie vandag se kennis en ondervinding oor die swartmense gehad nie.”

      Piet Retief en ons voorvaders wat naby aan die Oos-grens gelewe het was almal baie bewus van die wrede en barbaarse geaardheid van die swartes. Hulle was al vir jare lank aangeval, vermoor, beroof en verkrag deur die Xhosa’s.

      Piet Retief se naiwiteit het uiteindelik die dood van baie onskuldige mense veroorsaak.

  8. Taljaard

    My hart is met Orania verbonde, maar ek vrees tog dat hierdie kleine vlammetjie van hoop uitgeblus sal wor in seee van bloed en dat die dokumente wat hulle van die ANC regering het gekry fokol sal waarborg en uithaal om hierdie ramp te voorkom.
    Want ook in wettelike en ambtelike sake, en die manier waarop hierdie sake deur ons mense en hulle swartes beskou wor blyk die kloof sonder brug en die kultuuverskil tusse ons en hulle.
    Hulle heg namelik geen waarde nie aan juriediese afsprake nie.
    Seker nie wanneer die sukses van Orania almeer sal blyk en so ook almeer die afguns van die barbare sal oproep. Dan ga die ANC Orania weerloos aan die plunderaars, moordenaars en verkragters blootstel om hulle popularieteit by hierdie swart vulgus.te bewerkstellig en te behou. Dan kry ons die ultieme plaasmoord. En die deur kultureel marksisme vergiftigde Westerse wereld sal net juig en van blydskap in hulle hande klap wanneer dit sal gebeur.
    En ook ek sie `n relasie tusse wylen prof. Carel Boshof en Piet Retief en tusse die teenwoordige ANC regering en Dingaan.
    My familie en ek woon God sy dank reeds sins 1973 in Nederland.
    My kinders en kleinkinders is geen Afrikaners meer nie, maar hulle is ten minste veilig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s