DR. H.F. VERWOERD: Die verhandeling van ’n man

Hendrik Frensch Verwoerd was gebore te Amsterdam op 8 September 1901 en op 6 September 1966 te Kaapstad oorlede. Hy was ’n voormalige eerste minister en verantwoordelik vir die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika.

Gegewe die feit dat dr. Verwoerd a.g.v. afsonderlike ontwikkeling (apartheid) deur baie mense regoor die wêreld as ’n negatiewe figuur in ons geskiedenis beskou word, is dit regverdig om uit te wys dat meeste van sy idees vandag nog nie werklik begryp word nie.

Daar lê baie meer waarde agter die man self en om hom slegs te sien in konteks van afsonderlike ontwikkeling is kortsigtig en onkundig. Kom ons stel ondersoek in oor presies wie dr. Verwoerd was en waaraan hy sy lewe toegewy het. Audi alteram partem.

Dr. Verwoerd was van kindsbeen af ’n akademiese presteerder. As matrikulant van Milton High School, Brandfort OVS, ontvang hy die Beit-beurs en word sy naam op die ererol geplaas nadat hy die vyfde hoogste punte in die Unie van Suid-Afrika behaal het.

Na skool het dr. Verwoerd by die Universiteit van Stellenbosch (US) sy B.A.-graad en M.A.-graad in sielkunde en filosofie met lof geslaag. In 1924 verwerf hy sy doktorsgraad in wysbegeerte met sielkunde as studierigting. Teen die einde van 1924 was hy as lektor in sielkunde by US aangestel. Daarna was hy oorsee vir verdere studies by die Oxford Universiteit.

Tydens sy verblyf in Europa het dr. Verwoerd by drie universiteite in Duitsland studeer en in 1928 saam met sy vrou, Betsie Schoombie, teruggekeer Afrika toe waar hy as professor van sosiologie en maatskaplikewerk by US aangestel was. Hy het sterk daaroor gevoel om studente aan te moedig om nie alleenlik ’n akademiese rigting te bestudeer nie maar om daadwerklik ’n bydrae te lewer tot die alledaagse lewe.

In 1937 bedank dr. Verwoerd as professor en word hy die redakteur van ’n nuwe NP-koerant, Die Transvaler. Tesame met die Transvaalse NP-leier, adv. Hans Strijdom, het hy ’n strydbare politieke organisasie en koerant opgebou terwyl die boodskap van ‘n Afrikaner Republiek, vry van Britse oorheersing, met mening verkondig was.

Verwoerd dien van 1950 tot 1958 as minister van naturellesake onder die premiers D.F. Malan en Hans Strijdom. In samewerking met die volkekundige dr. Werner Eiselen fokus dr. Verwoerd op ’n nuwe benadering m.b.t. die naturelle-vraagstuk, nl. respek vir swart etniese groepe se eiesoortigheid.

In 1958 word dr. Verwoerd die sesde premier van die Unie van Suid-Afrika. Volgens hom kan aparte vryhede vir die verskillende etniese groepe in hulle eie gebiede, asook ontwikkeling volgens elkeen se spesifieke behoeftes, uiteindelik oorheersing van een groep oor ‘n ander uitskakel.

Die beleid van afsonderlike ontwikkeling het gefokus op die konsep dat ‘n blanke nasie in sy historiese gebied vreedsaam langs ander nasies in hul voorvaderlike gebiede kan bly voortbestaan. Terselfdertyd was ontwikkeling van die etniese tuislande hoog op prys gestel.

Instromingsbeheer en die ontsaglike kostes wat gepaard gegaan het met dr. Verwoerd se beplande ontwikkeling van swart onderwys en die daarstelling van infrastruktuur in die tuislande het wel weerstand van baie blanke belastingbetalers bewerkstellig.

Terselfdertyd het die swart bevolking gegroei van 8 miljoen in 1948 tot 14 miljoen teen die middel jare sestig, en het die instroming na die blanke gebiede spoedig voortgeduur.

Die doel van afsonderlike ontwikkeling was deur dr. Verwoerd op morele gronde geregverdig en was stadig maar seker  deur die wêreld beskou as nie net ’n oplossing vir Suid-Afrika nie maar ook vir die voortdurende konflik tussen Israel en die Palestyne.

Dr. Verwoerd se toepassing van afsonderlike ontwikkeling het vir jare aan een gesorg dat daar in die vier nuwe onafhanklike Bantoe state ’n skool per dag gebou was. Nietemin het die druk van die Kommuniste, die Wêreld Geldmag en die oorgrote meerderheid van Derdewêreld state gesorg dat die internasionale gemeenskap nie die soewereine onafhanklikheid van die Bantoe state aanvaar het nie.

Desnieteenstaande het dr. Verwoerd aan die helm van sy regering meedoënloos volgehou dat dit in beide die blanke sowel die swart bevolking se beste belange was om hul eie onafhanklike state te hê.

Sy argument was gebaseer op die reine logika dat sodra die nodige ekonomiese realiteite en infrastruktuur in die Bantoe state geskep word deur die Suid-Afrikaanse blanke belastingbetaler dan sal die swart bevolking nie genoodsaak wees om in die blankes se historiese gebiede te bly en sodoende arbeid hoef te verrig vir oorlewing nie. Die konsep was dus gebaseer op die prinsiep dat elke nasie op die ou end sy eie arbeid verrig in sy eie onafhanklike staat en as sodanig goeie bure wees, eerder as aartsvyande binne ’n eenheidstaat waar een groep altyd die ander gaan onderdruk.

In beginsel kan daar waarlik niks fout gevind word met die konsep van afsonderlike ontwikkeling nie. Die vraag moet aldus vandag nog gevra word hoekom die Kommuniste maar veral die Wêreld Geldmag so sterk hierteen gekant was. Dat Suid-Afrika se minerale rykdom nie in een van die gemelde kampe se skote kon val solank as wat die Afrikaner beheer oor die staat uitoefen nie was reeds genoeg motivering vir hulle om nie ten gunste van afsonderlike ontwikkeling te wees nie.

Kort na die Sharpeville-voorval op 21 Maart 1960, skiet ‘n besete David Platt vir dr. Verwoerd tydens die Randse Paasskou. Twee van die skote was raak, die een het sy wang en verhemelte getref, die ander sy oor. Dr. Verwoerd het hierdie sluipmoord poging net-net oorleef.

Sommige kabinetslede van die dag meen dadelik dat beleid toegewings gemaak moet word. Weereens kom dr. Verwoerd se kalm temperament en vasberadenheid na vore. Vanuit sy hospitaalbed stuur hy die opdrag dat die regering eenvoudig die status quo sál handhaaf.

Later in 1960 het dr. Verwoerd ‘n referendum uitgeroep oor die vraag of Suid-Afrika ‘n republiek moet word. Uiteindelik draai ‘n verstommende 90,5% van alle stemgeregtigde kiesers by die stembus. 850 458 stem ten gunste van die republiek teenoor die 775 878 daarteen – ‘n meerderheid van net 74 580 vir die republikeine, oftewel 4,6%. Natal was die enigste provinsie waar die meeste kiesers teen republiekwording gekant was.

Op 31 Mei 1961, presies 59 jaar na die val van die Boere-republieke, ontstaan die Republiek van Suid-Afrika. Uiteindelik is die Afrikaner los van Britse heerskappy. Dr. Verwoerd, voorheen ‘n voorstander van ‘n Afrikaner Republiek, meen toe dat die Afrikaner se toekoms die beste beveilig kan word binne ‘n blanke republiek, d.i. om met die Engelssprekende blankes te verenig in een republiek.

Die jare sestig was ’n bloeitydperk onder dr. Verwoerd se leiding. Veiligheid, sekuriteit en stabiliteit het die moontlikhede geskep om suksesvolle en volhoubare ontwikkeling te verseker. Tydens hierdie tydperk was die werkloosheidsyfer slegs 4,5% (alle rasse), die inflasiekoers het gestaan op 2%, rentekoerse was vasgestel op 3% en die rand was sterker as die dollar. Boonop het dr. Verwoerd se anti-kommunistiese beleid ook baie steun uit die Westerse-wêreld begin geniet.

In 1964 was ’n sabotasie komplot ontbloot wat deur die ANC en die Kommunistiese Party beplan was en daaropvolgend was Nelson Mandela en ander skuldig bevind van hoogverraad. Hulle was met die doodstraf gevonnis maar die staat het later geskik vir lewenslange tronkstraf.  Tydens verskillende verhore blyk dit dat die ANC ‘n klein lidmaatskap het en sy kommunistiese bande vir potensiële ondersteuners wegsteek. Vir meer as ’n dekade nadat Nelson Mandela en sy trawante agter tralies toegesluit was het daar geen noemenswaardige politieke onrus in die land plaasgevind nie.

Tydens Verwoerd se bewind debatteer Afrikaners oor die toekoms, maar leef in vrede en veiligheid binne hul Republiek. Afrikaans word verder gevestig in die staatsdiens, in wetenskap en tegnologie en as opvoedings medium op alle vlakke. Alle jong Afrikaners kry werk en sien ‘n toekoms vir hulself en hul kinders in die land.

Die land se bruto nasionale produk groei van 1961 tot 1966 met ‘n reusagtige 30% en Verwoerd se party wen die 1966 verkiesing oortuigend. In ’n oorsig in Augustus 1966 beskryf Time dr. Verwoerd as volg: “One of the ablest leaders Africa has ever produced.”.

Op 31 Mei 1966, by die vyfjarige herdenking van die nuwe Republiek, beklemtoon dr. Verwoerd:  “Ons staat is gebou op opoffering. Die bloed van dappere manne, dappere vroue het ons aardbodem benat. Sulke opofferings brand in ‘n nasie se lewe soos vuur, ‘n vuur wat nooit uitgedoof kan word nie. Dit vlam weer op wanneer die moeilikhede kom, selfs al sak dit intussen weg. Die vuur wat die harte van mense staal, sal ons in stand hou. Ons sal ons met hart en hand bly toewy aan ons volk en ons vaderland, aan hierdie Republiek van Suid-Afrika wy ons ons lewens en ons krag.”

Op 6 September 1966 word Verwoerd in die Volksraad deur Demetrios Tsafendas, ’n kommunis wat op bedenklike wyse aangestel was as parlementsbode, doodgesteek met ‘n dolk. Dr. Verwoerd word op 10 September 1966 in Pretoria begrawe te midde van ’n algehele rou toestand van die Afrikaner.

Verwoerd se visie van “skep u eie toekoms” moes dalk nie as apartheid bekend gestaan het nie want die gepeupel in die wêreld moes nooit ’n woord gehad het om hierdie beginsel mee te brand a.g.v. hul onkunde nie. Dr. Verwoerd se intellektuele nalatenskap het egter behoue gebly en help die republikeinse Afrikaner vandag om ’n nuwe toekoms te skep. Sy droom van ’n vry Afrikaner Republiek word vandag stelselmatig verwesenlik deur duisende trotse Afrikaners, waarvan sy kleinkinders ook deel is.

Wanneer u Orania besoek, maak gerus ’n draai by die Verwoerd Museum.

Ekstrak van toespraak deur dr. Verwoerd:


Lees ‘Wees net n Afrikaner‘ en sluit aan by ‘Vry Afrikaner‘ se Facebook groep.


Wikipedia was as hoof bron gebruik.

8 gedagtes oor “DR. H.F. VERWOERD: Die verhandeling van ’n man

  1. Willie Pretorius

    Dankie Roz, ek was `n kind in Paarl toe dit gebeur het, sal nooit vergeet die trane in my pa se oê toe ek in die huis kom nie, vandag besef mens eers die waarde van so `n leier, wens net meer mense kan dit lees en besef wat is `n ware leier, het ons nog so `n leier?
    Dit is hoekom ons op ons knieë moet wees voor GOD ons hemelse VADER.

  2. Terugklingel: Tweets that mention DR. H.F. VERWOERD: Die verhandeling van ’n man « Carte Blanche -- Topsy.com

    1. Quintin

      Nie soos dit na sy dood toegepas was nie. As is gebrande hout maar met Verwoerd aan die helm sou die VN tien teen een die tuislande se onafhanklikheid aanvaar het en dan sou dinge baie anders gelyk het vandag!! Maar nou ja… alles gebeur met ‘n doel soos hulle se!

    2. Louis Marais

      Gaan lees gerus nog meer oor Dr. Verwoerd, die man was bo intelligent en sy plan kon werk, sy opvolgers het ons nasie verraai en opsetlik die konsep laat faal.

  3. theo pieterse

    Hy was die grootste en beste leier wat ons oiit gehad het, ek was ‘n kind toe ek die voorreg gehad het om na een van sy toeprake te luister, geen notas nie, alles uit die hart uit! Dit was ‘n verskriklike skok toe ons gehoor het dat hy vermoor is!

  4. Brenton Boshoff

    Vandag, 44 jaar gelede, het n groot tragedie ons geliefde land oorval. Ek verwys na die moord op Dr Verwoerd. Hy was beslis die mees merkwaardigste leier wat ons land tot dusver opgelewer het. Ek dink nie besef altyd wat ons alles verloor het met sy dood nie. Suid-Afrika en die Afrikaner het net nog nooit herstel van daardie verlies nie. Sedert 6 September 1966 is Suid-Afrika leierloos. Ek bid weer vir n leier soos dr Verwoerd – iemand wat weer staal in sy murg het en iemand wat ware integriteit het. Mag die Here ons weer so n leier gee. Ek luister na al die snert en drek wat oor die Afrikaner geuiter word en ek dink wat het van ons volk geword? Gaan iemand opstaan en n einde aan hierdie nonsense bring? Ek glo vas dat ons volk weer vry sal wees – glo jy?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s