Geen blankes sal aangestel word in die naby toekoms nie

GEEN BLANKES SAL AANGESTEL WORD IN DIE NABY TOEKOMS NIE

6 Augustus 2010, Pretoria

AfriForum Jeug het dit duidelik gestel dat hulle regstappe teen Krygkor gaan neem indien hierdie instelling nie hul rassediskriminasie praktyke binne sewe dae laat vaar nie.

Dit volg nadat mnr. Jean-Piere Olivier, ’n student in ingenieurswese by die Noord-Wes Universiteit en ’n lid van AfriForum Jeug, deur Krygkor in kennis gestel was dat hulle nie vir hom ’n beurs aansoekvorm sal stuur nie, aangesien hulle uit sy van afgelei het dat hy ’n Afrikaner is.

Die e-pos wat deur Krygkor aan mnr. Olivier gestuur was lui as volg:

“I regret to inform you that I will not be sending you an application form for a bursary. I need to inform you that Armscor has taken a strategic decision to address the transformation objectives of the organisation to meet its Employment Equity imperatives. Since our bursaries are offered with a work back obligation meaning; with an aim of employing the student once the student qualifies, we will not be employing any white males within the near future so your son will not qualify for our bursary.”

Mnr. Ernst Roets, AfriForum Jeug se nasionale voorsitter, wat ’n paar weke terug in hegtenis geneem was omrede hy ’n “welcome to Pretoria” bordjie buite Pretoria gesit het, het in die skrywe aan Krygkor verduidelik dat hul gronde het om hierdie diskriminerende praktyk in die hof te beveg.  “Die feit dat hulle, bloot op grond van mnr. Olivier se velkleur, nie eers bereid is om ’n aansoekvorm aan hom te stuur nie dui op blatante diskriminasie,” het Roets gesê.

Hy het bygevoeg dat die Wet op Bevolkingsregistrasie in 1991 geskrap was en dat daar vandag geen wettige maatstaf bestaan waarvolgens landsburgers op grond van ras geklassifiseer kan word nie.

Roets het verklaar dat AfriForum Jeug die saak met hul regspan sal opneem indien hul nie ’n bevredigende reaksie op hul skrywe vanaf Krygkor ontvang nie.

Krygkor vaar uiters power wanneer hul interne sake onder die vergrootglas kom. Krygkor is ‘n staatsbeheerde wapenaankope-agentskap wie se geldelike verknorsing ná jare steeds voorgehou word as ’n struikelblok om broodnodige vaardighede te kan bekostig.

Tog het die besoldiging van Krygkor se vorige uitvoerende hoof, mnr. Sipho Thomo, in 2009 met bykans R1,5 miljoen opgeskiet. Dít terwyl die maatskappy sowat R 479 miljoen in die 2009-boekjaar (2008: R 416 miljoen) van belastingbetalers ontvang het.

Duidelik is die Afrikaner se belastinggeld goed genoeg om Krygkor se korrupte bestuur te bekostig maar te “wit” om aansoek te doen vir poste. Daar bestaan geen twyfel dat die Afrikaner se belastinggeld en vaardighede beter aangewend sal word word binne konteks van ’n onafhanklike Afrikaner Republiek.

– Rozanne Meyer

7 gedagtes oor “Geen blankes sal aangestel word in die naby toekoms nie

  1. piet

    Ek wonder wanneer die Wittes gaan sê,okay ons hou ook nou op om ALLE BELASTING te betaal aan die onwettige staat..Dit sluit in ook munisipale gelde en alle besighede moet gedwing word deur die Wittes om enige belasting af te trek van hul salarisse,indien besighede nie wil dit doen nie moet alle Wittes daarin ophou met werk,maar dan moet die hele landse Wittes dit doen.DIE STAAT SAL VAL BINNE ‘N MAAND.

  2. Eerstens ek dink hulle moet verplig word om Wittes aan te stel ek wil deur my eie Volks genoot bedein word in an winkel vir die rede dat hulle my sal verstaan dit si baie envoudig ek sal dus daarop dring dat n wit man oor feertig of n wit vrou oor 30 vir my bedien en as dit nie soo is of kan wees nie moet ek met my voete stem en weg en padgee uit die winkel en n winkel of diens vind wat my goedgunstig is.

    ek glo ek is “Baas” en sal so bly vir ewig(slawe is slawe en sal so wees vir altyd toedat hulle gedagees hulle bevry ) , en ek glo ek is geregtig op goeie diens verder glo ek I AM SOUTH AFRICA SOUTH AFRICA IS MINE !!!!

    ons moet ook nie vergeet nie self Zuma is in dienspligtige(deur sy reuse klomp dommes en hulle stemme en volkies wat in hom glo) staats amptenaar en n sivielwerkneemers wat daar is om ek en jy te bedien as hy die nie doen nie moet hy nie sy werk he nie hy is nie my God nie en nie my Here nie

    Die fiete is ons het nie mense wat ons nie goedgunstig is nie nodig nie so as hulle Die vir my indiens wil neem nie wel dit is eenvoudig hulle eie foute !

    (En ……………..vergeet my spel foute ek is haastig naa n braai toe maar moet komentaar !!)

  3. Vic

    Wat kan in mens nou werklik se, wat werwag ons ?
    As die blanke nie opstaan en iets doen gaan niemand dit namens hom doen.
    Ek glo die tyd is nog nie reg vir aksie.

    EENDRAG MAAK MAG.

    1. Quintin

      Hallo Adriana – hoop dit gaan nog goed. Ek stem 100% saam dat “witte” nie ‘n identiteit bepaal nie maar gesien in konteks van Krygkor se stelling “we will not be employing any white males” kan ons op hierdie onderwerp oor wit en swart praat aangesien Afrikaners Kaukasiers is en daar in hierdie geval teen ons RAS gediskrimineer word, nie noodwendig ons taal, kultuur, geloof en sedes nie.

      Net nog ‘n punt waarmee jy sal saamstem, bloot net om Afrikaans te skryf en praat maak nie noodwendig van iemand ‘n Afrikaner nie, anders was al die “cuzzins oppie flets” ook Afrikaners gewees…. nie eens gepraat van die Jan-Jan Jouberts, Antjie Krogs en die Max du Preezs nie.

  4. louis

    ek lees die kommentaar van almal,dis eenvoudig die swart studente kry beurse links en regs om te studeer met die oog op terug te werk na kwalifikasie so hulle het hulle “job for life”.As die student pluk her hy net want anders word daar gediskrimineer teen hom,hy weet hy gaan in elke geval terug werk om sy beurs te betaal want hy is mos nou geset “for life”.Die firma kan hom nie jaag nie want hy skuld hulle studie geld.
    Dit maak my ook net wonder hoekom wittes nie by KRYGKOR mag aan soek doen nie- steek hulle iets weg?

  5. Terugklingel: Diskriminasie in Mzanzi: die oneindige stryd « Carte Blanche

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s