Gideon Scheepers: Afrikaner held!

Gideon Jacobus Scheepers was gebore op 4 April 1878 te Middelburg in die Zuid-Afrikaanse Republiek.

Hy was ’n godsdienstige mens met ’n sagte geaardheid. Vanweë sy nederige afkoms was daar nie geld vir sy droom om teologie te studeer nie en was hy genoodsaak om op die ouderdom van 16 by die Transvaalse-artillerie aan te sluit.

In 1898 verhuis hy na die Oranje-Vrystaat Republiek om ‘n veld telegrafie diens te help vestig. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog is Scheepers as heliografis betrokke by kryg aktiwiteite in Natal en in die Kaapkolonie tydens die Slag van Magersfontein. Kort daarna word hy deel van genl. CR de Wet se beroemde kommando. Dit was onder genl. de Wet se leierskap dat Scheepers gou geoormerk was vir hoër opdrag.

Met die aanvang van die Boeremagte se guerrilla-aktiwiteite was die volwasse jong soldaat  bevorder tot die rang van kommandant van ‘n 150-man-eenheid wat die stryd moes voer teen derduisende Britse troepe in die Kaapkolonie.

Die klein kommando het veral sukses behaal  deur Britse spoor en telegraaf verbindings in die Kaap te saboteer, terwyl sy hinderlaag-taktiek groot verliese op die Britse troepe toegedien het. Tydens hierdie skermutselinge word Scheepers se heldhaftigheid ten toon gestel. Dit het daartoe gelei dat Scheepers se teenwoordigheid in die Kaapkolonie meegebring het dat baie Kaapse Afrikaners in opstand gekom het teen hul Britse heersers en derhalwe by die Republikeinse-magte aangesluit het.

Die Britte het die Kaapse Rebelle beskou as verraaiers aangesien hulle onderdane van die Britse Kroon was. Talle Kapenaars, selfs seuns op die ouderdom van 14, was tot die dood veroordeel. Die wrede manier waarop die Britte veral die seuns tereggestel het was ongelooflik hartseer omweë die feit dat ouers geforseer was om te kyk hoe hul seuns voor die vuurpelotonne gesleep en gefusilleer was. In sommige gevalle het die Britse offisiere selfs ’n rekening vir die ouers gegee sodat die koste van die patrone wat gebruik was deur die ouers gedek moes word.

Die Britte het gedurende hierdie fase van die oorlog begin gebruik maak van terreur taktiek deur ’n groot deel van hul 35 000 gewapende kleurlinge en swartes op die plase los te laat. Omrede die mans op kommando was, was die vrouens en kinders weerloos teen hierdie onmenslike aanvalle.

Moord en verkragting onder die landelike Afrikanervroue en -kinders het op ’n groot skaal toegeneem. Scheepers se reaksie hierop was om ’n klopjag veldtog te loods en het daaropvolgend talle gewapende kleurlinge en swartes op plase gevang en summier tereggestel. Deur sy optrede in hierdie verband het hy honderde onskuldige vrouens en kinders se lewens gered.

Op 10 Oktober 1901 word Scheepers ernstig siek naby Prince Albert en vra hy sy bemanning om hom agter te laat in ‘n plaashuis. Hy was hier deur die Engelse in hegtenis geneem en na die tronk op Graaff-Reinet verplaas.
‘n Krygsraad misken die 23-jarige kmdt. Scheepers se aanspraak as offisier van die Republikeinse-magte en aanvaar onbetroubare getuienis dat hy oorlogsmisdade gepleeg het. Gedurende Scheepers se verhoor was hy geweier om getuies na vore te bring.  Desnietemin was enige bewyse wat teen hom gebring was deur die hof as die waarheid verklaar nadat sy eie getuienis verwerp was.

Die krygshof het hom skuldig bevind van die volgende: 9 aanklagtes van moord op kleurling spioene, poging tot moord, 15 aanklagtes van brandstigting , 2 tellings van die vernietiging van treine en spoorlyne, asook 5 aanklagtes “van skandelike gedrag en barbaarse dade in stryd met die norme van beskaafde oorlogvoering”.

Ironies genoeg het die Britte moord gepleeg op 27 000 Afrikaners en het hulle self 33 000 plase in die ZAR en Vrystaatse Republiek afgebrand. Tot vandag toe word Brittanje steeds nie vir hul dade aanspreeklik gehou nie en het die Britse regering ook nog nie voor ‘n internasionale verhoor verskyn om hul selfverklaarde onskuld op aanklagtes van misdaad teen die mensdom te verdedig nie.

Nadat kmdt. Scheepers met die doodstraf gevonnis was skryf hy: “Vandag, 17 Januarie 1902, is dit my laaste dag op aarde. Dit is verskriklik om oor te dink, ek wens juis die uur het alreeds gekom. O! Here, vir hoe lank sal U toelaat vir die kwaad om voort te gaan? Beskerm U volk, my God, en laat geregtigheid heers. My een troos is dat ek my regering getrou gedien het  tot die laaste oomblik en het alles in my vermoë gedoen om ons wettige stryd te ondersteun op ’n wettige en regverdige manier.”

Oor sy Afrikanerskap het hy geskryf: “Ek is bereid om my straf vir my volk en land en die president te verduur. O! En al die dapper en edele manne wat reeds gesterf het vir ons saak. Hoe heerlik dit is om gekruisig te word vir ons volk en veral vir ons godsdiens. Die vyand kan behae in dit maar die Afrikanervolk sal nooit sterwe nie!”

Hy was later daardie middag om 15:00 deur ‘n vuurpeloton gefusilleer.

Die Britte het geweier om Gideon Scheepers se stoflike oorskot aan simpatiseerders te oorhandig. Alhoewel sy ouers na Graaff-Reinet gereis het om sy oorskot te gaan haal, is sy graf nooit gevind nie aangesien die Britse soldate sy lyk opgegrawe en na ’n onbekende graf oorgeplaas het.

Scheepers verwerf martelaarstatus deur die Britse krygshof se optrede en hy word as een van die grootste helde van die Afrikanerdom gereken.

2 thoughts on “Gideon Scheepers: Afrikaner held!

  1. Lizani Germishuizen

    My pa sit met n foto van Generaal Gideon Scheepers. My oupa het beweer dat sy pa en Generaal Scheepers baie goeie vriende was. Waarheen kan ons die foto neem om te kyk of dit oorspronklik is?

    1. Gideon van der Merwe

      Geagte Lizani

      Ek stel baie belang om die foto te sien. Ek is self besig met navorsing oor Gideon Scheepers. Is daar ‘n manier dat ek ‘n afskrif van die foto by u kan bekom? Ek sal dit hoog op prys stel as jy my in die verband kan help

      Groete

      Gideon Jacobus van der Merwe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s