Orania: Voorwaar ’n blink toekoms!

Orania: Voorwaar ’n blink toekoms!

Waar ander plattelandse dorpe stilstaan en veldgras oor stopstraat-tekens groei, is Orania ’n dorp wat volhoubaar groei en toenemend beskou word as ‘n goudmyn vir beleggers.

Orania is nou op die stadium waar dit noodsaaklik geword het dat infrastruktuur uitgebrei word as gevolg van versnelde ontwikkeling.

Die direksies van Vluytjeskraal 272 (VAB), algemeen bekend as die Dorpsraad en Orania Bestuursdienste (OBD) oftewel die ontwikkelingsmaatskappy van Orania, het verlede week met vyf professionele konsultante vergader oor toekomstige uitbreiding.

Orania is ’n ou Waterwese-dorp en die infrastruktuur dateer uit die jare sestig.  Hoewel die infrastruktuur in ’n redelike toestand is en goed onderhou word, maak versnelde ontwikkeling uitbreiding van die stelsels nou noodsaaklik.

Orania se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) is verlede jaar deur die stadsbeplanner Louw van Biljon voltooi.  Die direksies van VAB en OBD was nou gereed vir die volgende stap en daarom is Orania se vyf professionele konsultante na Orania genooi vir ’n reeks van samesprekings.

Die konsultante sluit in: ’n stadsbeplanner, ’n elektriese ingenieur, ’n siviele ingenieur, ’n landmeter en ’n prokureur.  Die volgende stap wat geïdentifiseer is, is om ’n grondgebruikskema vir Orania op te stel.  Hoewel Orania ’n redelike geïntegreerde benadering volg, sal Orania in verskillende sones verdeel word sodat bepaalde swaarder nywerhede byvoorbeeld van woongebiede geskei sal wees.

Daar word tans gewerk aan die opstel van omvattende elektroniese landmeterskaarte vir Orania.  Alles wat fisies op Orania bestaan word nou ook elektronies gedokumenteer sodat ons in die toekoms ook elektroniese kaarte vir riolering en kragkabels sal hê.

Voorspruitend uit die besoek van die konsultante is vier en twintig projekte geïdentifiseer waarby Dorpsraad betrokke sal wees.  Aangesien daar nou verhoogde belangstelling in Orania is, sal is daar ook verhoogde aanvraag vir dienste deur Dorpsraad voorsiening gemaak moet word.  Verskeie beplannings vir dienste vir nuwe ontwikkelings geniet nou aandag.

In die lig daarvan dat Orania volhoubaarheid wil bevorder word daar ook voorsiening gemaak vir ontwikkelingsgebiede waar eienaars verkies om onafhanklik van dienste te wees.  Dit is bv. dienste soos elektrisiteit, riolering en wateraansluitings.  Daar sal egter ook sekere beginsels geld om te verseker dat hierdie ontwikkelings ook op ’n aanvaarbare vlak geskied.

Hou Orania gerus dop!  In die volgende vyf jaar gaan die ontwikkeling menige belangstellendes verbaas.

Voorwaar n blink toekoms om na uit te sien!

– Rozanne Meyer

Vry Afrikaner

Bron: Orania Beweging

Orania webwerf: http://www.orania.co.za

Sluit aan by ons Vry Afrikaner Facebook groep

3 thoughts on “Orania: Voorwaar ’n blink toekoms!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s