Solidariteit Helpende Hand : Vroue in Aksie!

Solidariteit Helpende Hand Vroue in Aksie is splinternuwe nasionale vroue organisasie wat op Vrouedag, 9 Augustus 2010, gestig is.

In ’n onderhoud met Kobus van RSG het Lindie Strydom en Surika van Schalkwyk gesê, ‘na 1994 het vrouens half hul stem verloor en dat hulle die oplossing wil wees vir die 600,000 Afrikaners wat tans in armoede verval’.

Hierbenewens het Vroue in Aksie twee behoeftes geïdentifiseer. Eerstens benodig die Afrikanervrou ’n platform waarvan sy haar standpunte kan inneem oor kwessies wat vroue, kinders en gesinne raak. Sy wil haar samelewing positief en moreel beïnvloed as ’n Christen en sy nodig ’n plek waar sy haar stem kan uitoefen. Vroue in Aksie gee vir daardie Afrikanervrou ’n platform.

Die tweede behoefte is dat die Afrikanervrou ’n behoefte het om te dien, maar sy weet nie meer hoe of waar nie. “Ons moet haar toerus want ons besef ons moderne vroue het net ’n beperkte kapasiteit . Sy is self ’n ma, sy is self ’n vrou en sy is ook ’n besigheidsvrou. Ons wil vir haar sê dat selfs met ’n beperkte kapasiteit kan sy deel wees van ’n oplossing”.

Afrikaner-armoede is nie net ’n maatskaplike krisis nie, dit is ook geestelike en kulturele verarming. Elke vrou wat ’n behoefte het om ’n rol te speel in hierdie omvattende krisis sal met ope arm ontvang word deur Vroue in Aksie.

Vroue in Aksie is daar om vroue toe te rus en te bemagtig om te dien. Hierdeur word ’n ruimte geskep vir vroue om hul roeping uit te leef.

Afrikaner-armoede word in die doofpot gestop. Armoede onder blankes het sedert 1994 met meer as 150% toegeneem. Organisasies soos die VF Plus en AfriForum asook kerke en ander liefdadigheidsorganisasies ondersteun die behoeftiges maar armoede kan slegs opgelos word met beleidsverandering en opleiding. “Ons voel ’n werkbare langtermyn strategie is opheffing deur opleiding”, sê Lindie Strydom.

Vroue in Aksie sal bv. ’n dagmoeder oplei en vrouens bemagtig deur hierdie opleiding aan te bied, hulle sal toerusting verskaf sodat kinders skool toe kan gaan met ordentlike tassies en beroepsleiding sal gebied word sodat ons tieners ’n groter kans kan staan om werk te kry na skool.

Onregverdighede is deel van die realiteit wanneer dit kom by staatshulp en swart ekonomiese bemagtiging. Uit 77 blanke plakkerskampe is die meeste mense Afrikaners en daar is in baie gevalle geen bewyse dat een enkele maatskaplike werker sommige van daardie plakkerskampe al besoek het nie.

Daar is verskeie nasionale projekte, gaan loer gerus na die webwerf of bel die dienssentrum om uit te vind waar jy betrokke kan raak.

Begin by die begin: bemagtig die arm vrou.

http://www.helpendehand.co.za

Dienssentrum: 086 125 2423

5 gedagtes oor “Solidariteit Helpende Hand : Vroue in Aksie!

  1. Wilma du Toit

    Ek wil met ‘n aksie begin ‘a gift for a neadie’. Kan ek dit in samewerking met Vroue in Aksie doen en wie is die kontakpersoon?

    Vriendelike groete

    Wilma

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s