Afrikanervroue, rasstellende aksie en wêreldbeker geldmors

Ja, in Suid Afrika “glo” almal kwansuis in  gelykheid van ras en kleur maar doen die regering? Volgens die standaarde van die nuwe Suid-Afrika word “gelykheid” klaarblyklik bedreig deur meriete, so waar laat dit die Afrikaner, en meer in besonder: die Afrikanervrou?

“Die Vryheidsfront Plus is van oordeel dat elke vrou in Suid-Afrika dieselfde geleenthede as mans moet hê om tot op die hoogs moontlike vlak te kan vorder,” het Abrie Oosthuizen, LPW en Vrystaatse leier van die Vryheidsfront Plus, vandag in die debat oor Vrouemaand in die Vrystaatse Wetgewer gesê.

Oosthuizen het hulde gebring aan die 27 000 boerevroue en -kinders wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog in konsentrasiekampe gesterf het. Hy het ook vir Emily Hobhouse, “engel uit die vreemde”, hierby ingesluit.

Desnieteenstaande het die Voorsitter vir die Kommissie vir Billike Indiensneming, mnr. Jimmy Manyi, verklaar dat wit vrouens nie meer voordeel mag trek uit rasstellende aksie nie. Oosthuizen sê dat dit as blatante rassisme beskou moet word en dat die President en regering teen mnr. Jimmy Manyi behoort op te tree. Sy versoek het natuurlik op dowe ore geval.

Ondersoek moet ingestel word: HOE PRESIES TREK WIT VROUE VOORDEEL UIT RASSTELLENDE AKSIE?

In die debat oor die FIFA Wêreldbeker het Oosthuizen gesê dat dit ‘n sukses was en dat die verbeteringe aan infrastruktuur soos stadions, lughawens, paaie en strate ‘n belegging vir die volgende 20 jaar is maar dat daar nie nou gestop moet word met infrastruktuur verbetering nie. Dat die nuwe infrastruktuur ook nie na wense bestuur gaan word nie is klaar duidelik as gevolg van rasstellende aksie en swart bemagtiging.

Die feit dat daar groot bedrae geld betaal was om Bloemfontein as gasheerstad te bemark en dit nie gerealiseer het nie was ‘n teleurstelling. Dit is geld wat in die water gegooi is.

“Die derduisende toegangskaartjies wat deur staatsdepartemente en munisipaliteite, in stryd met die opdrag van die Minister van Finansies, aangekoop het en uitgedeel was, is onaanvaarbaar”, het Oosthuizen gesê.

Bo en behalwe die geld wat in die water gegooi is a.g.v. planne wat nie gerealiseer het nie,  was daar ook derduisende rande versmaai deur planne wat wel gerealiseer het. Hierdie “eens in ’n leeftyd” kans om ’n sokker wêreldbekertoernooi aan te bied het infrastruktuur uitgebrei teen ’n koste van R 63 miljard. Die Afrikaner belastingbetaler moet nou grootskaals daarvoor betaal terwyl FIFA, ’n geregistreerde nie-wins organisasie, volgens The Independent ongeveer R 24 miljard ryker geword het en die regering se rasbehepte veldtog reeds sorg vir 600 000 werklose Afrikaners wat daagliks in armoede moet krepeer.

Ons verkies onomwonde om ons reg op selfbeskikking in ’n territoriale entiteit uit te leef waar ons belastinggeld nie in korrupte amptenare se sakke op eindig nie maar wel in projekte wat werkskepping  vir ons eie mense bewerkstellig in die stryd teen Afrikaner armoede.

Ja, in Mzanzi glo hulle in gelykheid net solank jy nie “wit” is nie, terwyl daar in Orania geglo word in die bemagtiging van elke Afrikanerman, -vrou en -kind. Soos Orania groei, so gaan minder Afrikaners deur die rasbehepte ANC-regime benadeel word. Word betrokke!

2 gedagtes oor “Afrikanervroue, rasstellende aksie en wêreldbeker geldmors

  1. Kommentator

    Roer hulle Rozanne – doen so voort! Die waarheid maak net die leuenaar seer. Ek wil ook bitter graag weet hoe Afrikanervroue deur rasstellende aksie bevoordeel word!!!!!! Manyi is ‘n sot en een van die terroriste wat ons die minste gaan mis in ons Republiek.

  2. piet

    Hello almal.Die enigste manier om te keer dat die pikstele nie ons belasting geld mors op hulle nie,is om nie belasting te betaal nie.Binne 1-3 maande sal die Unigebou leeg wees en daar sal nie eers een skoot geskied hoef te word nie.
    Dis net die Witman se geld wat hulle daar hou,nie die miljoene stemme nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s