Diskriminasie in Mzanzi: die oneindige stryd

Slegs ’n week en ’n half na Krygkor se diskriminerende voorval waar ’n beurs aansoekvorm op gronde van ras geweier was aan ’n Afrikaner-student, maak nog ’n reus in die publieke sektor nuus a.g.v. rassediskriminasie.

Solidariteit nader moontlik die Arbeidshof vir ʼn interdik teen Telkom. “Indien Telkom voortgaan om ras en geslag as kriteria vir die toekenning van vrywillige skeidingspakkette te gebruik, sal Solidariteit ʼn interdik teen die maatskappy by die Arbeidshof verkry”, het die vakbond Solidariteit vandag gesê.

Dit volg nadat Telkom aangedui het dat hy binnekort skeidingspakkette aan werknemers gaan bied en dat rasstellende aksie ʼn kern oorweging vir die toekenning van die pakkette sal wees.

ʼn Ooreenkoms is in 2009 tussen verskeie vakbonde en Telkom gesluit waarvolgens werknemers se werksekuriteit gewaarborg is tot en met 2011, maar werknemers word tans onder druk geplaas om skeidingspakkette te neem. Daarbenewens het Telkom in ʼn voorlegging aan vakbonde genoem dat ras en geslag die kern oorwegings sal wees wanneer die skeidingspakkette aangebied word.

“Telkom spoor doelbewus blanke werknemers aan om die maatskappy te verlaat terwyl swart werknemers van die pakkette uitgesluit word. Dit is blote diskriminasie na beide kante toe”, meen Solidariteit-woordvoerder Jaco Kleynhans. “Intussen is Telkom steeds besig om nuwe mense aan te stel terwyl druk op ander werknemers geplaas word om die maatskappy te verlaat”, voeg Kleynhans by.

Telkom is ook besig om verskeie afdelings uit te kontrakteer aan diensverskaffers, wat werknemers se werksekuriteit in gevaar stel.

Die vrywillige pakkette sal van 30 Augustus tot 17 September 2010 aangebied word. Solidariteit het reeds ʼn skrywe aan Telkom gerig waarin aangedring word dat daar nie met die proses van vrywillige afleggings voortgegaan word nie.

Die feit dat ras en geslag na 16 jaar van “demokrasie” nog stééds die hoof fokuspunt is van die ANC-regime en sy instellings eerder as ’n stelsel wat op meriete gebaseer word is hoogs kommerwekkend. Gesien in die lig van die feit dat dit juis die Afrikaner was wie hierdie instellings gestig en tot en met magsoorname suksesvol bestuur het, is dit oneties dat hulle vandag meedoënloos van kant gemaak word.

Talle Afrikaners is nietemin besig om beheer oor hul omstandighede terug te neem deur nuwe instellings op die been te bring in die naam van Afrikaner republikeinse vryheid. Orania is ’n puik voorbeeld waar probleme soos Afrikaner-werkloosheid en –armoede suksesvol opgelos word deur selfwerksaamheid, volhoubare groei en die strewe na onafhanklikheid.

’n Volk red homself.

Lees verder oor Krygkor: https://rozmeyer.wordpress.com/2010/08/06/geen-blankes-sal-aangestel-word-in-die-naby-toekoms-nie/

Een gedagte oor “Diskriminasie in Mzanzi: die oneindige stryd

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s