Is jy al ’n uitwoner?

Daar is ’n naam vir diegene wat Orania se ideale koester maar nog nie daar kan woon of in die nabye toekoms in die Afrikanertuiste kan hervestig nie. Of jy nou saam die gesin oorsee getrek het a.g.v. werk, of as dit net nie die regte tyd in jou lewe is vir skuif nie, bly die wyse waarop jy betrokke kan wees met Orania baie belangrik.

Orania is ‘n dorp met vele fasette.  Een daarvan is ons eie, unieke en mooiste taal:  Afrikaans!  In hierdie mooi taal maak ons soms eie, unieke, Orania-Afrikaanse woorde.  Een daarvan is die woord uitwoner.

’n Uitwoner, so lui ons definisie, is iemand wie se hart reeds in Orania is, al kan hy of sy nog nie in Orania woon nie.  ’n Mens kom gou agter as iemand ’n uitwoner is, want hulle is sigbaar betrokke.  ’n Mens hoor van hulle, hulle maak planne vir Orania en hulle maak planne om die planne uitgevoer te kry. Uitwoners praat nie van “julle moet so of so” nie, eerder “ons moet dit of dat”.  Uitwoners is mense wat saam met Oraniërs verantwoordelikheid neem om te doen wat gedoen moet word!

Een van Orania se mees aktiewe uitwoners is Gerhardus Thompson wat tans in Taiwan woon.  Gerhardus is op verskeie terreine in Orania betrokke, maar een van dié wat hy met sy hele hart aanpak is om wetenskapfiksie in Afrikaans te bevorder.  Daarom bied hy jaarliks ’n Afrikaanse wetenskapfiksie skryf kompetisie aan.

Die kompetisie het pas weer ten einde geloop en die wenner van vanjaar se Thompson-toekenning is Francois de Vos met sy verhaal Hades.  Francois wen ook vyfhonderd ora (R500).  John Strydom het die tweede plek verwerf met sy verhaal Nagevolge van navorsing oor die gebruik van genetiese manipulasie.

Die volgende ronde van die kompetisie het reeds weer begin en Gerhardus wag gretig op inskrywings.  Meer inligting is beskikbaar bywww.afrikfiksie.co.za

Spring sommer nou weg en kry daardie verhaal wat al so lank in jou kop draai, op papier!

As jy jouself as ’n uitwoner beskou, moet asb. nie terughou met idees nie, want sonder idees kan ons nie vorentoe nie.

Orania voorwaarts!

Vir meer inligting oor Orania, sien: http://www.orania.co.za

One thought on “Is jy al ’n uitwoner?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s