Labore ad Libertatem

Enigiemand is wetlik geregtig om aan ’n staking deel te neem. Ons het al in die verlede geleer dat wanneer Mzanziers staak, dan word vensters gebreek, bande word gebrand en mense word beseer. Die keer was dit egter ’n ander storie.

Die dood van weerlose siekes en onskuldige babas as gevolg van die staatsdiensstaking is die ergste vorm van selfsugtigheid. Dit getuig van uiters onprofessionele gedrag van Mzanzi se rasstellende aksie gesondheidswerkers. ’n Suid-Afrikaanse samelewing wat hierdie tipe voorvalle duld, is ’n samelewing in krisis met baie ernstige morele- en dissiplinêre probleme.

Wat ’n doodgewone staking oor salarisse behoort te wees, is besig om in ’n skande vir alle Suid-Afrikaners te ontwikkel. Geen salaris dispuut regverdig die dood van mense en die vernietiging van jong matrikulante se loopbane nie.

Uit die radikalisme van Cosatu-leiers wil dit al hoe meer voorkom of daar ’n verskuilde agenda agter die staking is. Cosatu-leiers het reeds hulle frustrasies met president Zuma uitgespreek omdat hy nie hulle beleidsrigtings wil volg nie. Na sy verkiesing as president met Cosatu se hulp, het hulle geglo dat hy dit aan hulle verskuldig is. Tot watter mate word staatsdienswerkers nou ingespan om die magstryd tussen Cosatu- en ANC-leiers op hierdie wyse te probeer besleg?

Dit is tragies dat die slagoffers van hierdie stryd tans onskuldige babas, weerlose siekes en jeugdige skoolleerlinge is. Die Vryheidsfront Plus eis dat verskuilde agendas opsy geskuif word en dat ’n werkbare oplossing so vinnig as moontlik gevind sal word in belang van almal in Suid-Afrika.

Wat is ’n verhoging as onskuldige mense in die proses moet sterf? Almal wat gestaak het behoort verantwoordelik gehou te word vir die lewensverlies en regstappe moet desgelyks geneem word. Bo en behalwe verhogings, behoort dit die staatsdiens se prioriteit te wees om na burgers om te sien, dit is juis waarom hul in daardie beroep is, dan nie?

Om ’n effektiewe staatsdiens te hê gaan die Afrikaner eenvoudig sy eie staat moet stig waarin ’n beleid van volkseie arbeid toegepas word.

Lobore ad Libertatem: Volkseie arbeid in die volkstaat is die voorvereiste vir die verkryging en volhoubaarheid van vryheid vir Afrikaners in hul eie staat. (Orania grondwet, artikel 1).

Dr. Pieter Mulder (leier van VF Plus)
Kontaknommers: 082 674 6670 / 082 777 0202 / 082 472 0189

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s