Volksmoord: toe en nou

Tydens ’n emosionele byeenkoms op Sondag 10 Oktober 2010 het honderde Afrikaners hulde gebring aan die mense wat meer as ’n eeu vantevore vir die eerbare saak van vryheid en reg gesterf het. Solidariteit Helpende Hand en die Erfenisvereniging van Centurion het die publiek uitgenooi na die 111de herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog wat by die Irene Konsentrasiekamp plaasgevind het.

23 000 kinders en 4000 vroue het hul lewens verloor as gevolg van Brittanje se wrede Verskroeideaardebeleid en die onmenslike konsentrasiekampe wat reg oor suidelike Afrika opgerig was. Teen die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog was die totale Afrikaner bevolking ongeveer 322 000. Byna 1 uit 10 Afrikaners het in die hel kampe gesterf.

Vandag is daar na bewering meer as 600 000 werklose Afrikaners. ’n Hernude aanslag op die Afrikaner vind plaas in die vorm van plaasmoorde, misdaad, grondhervorming, rasstellende aksie, en blanke armoede. Meer as 30 000 blankes is reeds vermoor in die Nuwe Suid-Afrika. Wanneer emigrasie syfers in ag geneem word kom die dodetal weereens neer op byna 1 uit elke 10 Afrikaners wat met hul lewens boet.

Indien almal gelyk geraak was deur moord dan sou daar reeds meer as 450 000 (1 uit 10) nie-blankes vermoor gewees het gedurende die afgelope 16 jaar. Die realiteit is dat ongeveer 335 000 nie-blankes vermoor was gedurende hierdie tydperk. Duidelik word meer blankes, Afrikaners in besonder, vermoor per capita as enige ander bevolkingsgroep in die Nuwe Suid-Afrika.

Die betroubaarheid van die regering se misdaadstatistieke kan tereg betwyfel word maar dit is nogtans onbetwisbaar dat almal in die Nuwe Suid-Afrika nie ewe erg deur moord getref word nie.

Organisasies in die buiteland word toenemend bewus van die dreigende volksmoord op die Afrikaner. Genocide Watch, Vlaams Belang en UNPO is net ’n paar organisasies wat onlangs hul kommer uitgespreek het en die situasie deurlopend monitor.

Armoede en ’n gebrek aan onderwys dra die skuld vir die hoë misdaadsyfer in die Nuwe Suid-Afrika. Dit laat mens wonder hoeveel arm en ongeskoolde Afrikaners in swart mense se huise inbreek, swart vroue verkrag en swart mense vermoor. Armoede en gebrek aan onderwys is verseker nie die oorsaak van misdaad nie. Die korrupte polisiëring en swak wetgewing van ’n mislukte staat is wel. Terwyl die Afrikaner nie oor sy eie staat beskik nie sal ons omstandighede nie verbeter nie.

Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog was daar 31 konsentrasiekampe terwyl daar na bewering vandag reeds meer as 70 sg. wit plakkerskampe bestaan. Konsentrasie- en plakkerskampe kom op dieselfde krisis neer: Afrikaners wat vergaan as gevolg van omstandighede buite hul beheer.

Die 2010 byeenkoms by Irene het plaasgevind  te midde van kinders wat daagliks honger ly in plakkerskampe, bejaarde vroue wat in haglike omstandighede krepeer en siekes wat in ellende verkeer as gevolg van ‘n gebrek aan mediese dienste.

In 1902 was daar 5400 vroue en kinders in die Irene konsentrasiekamp. Die kamp was oorbevolk en sommige tente het tot  soveel as 20 Afrikanervroue en -kinders bevat. Die mense was ondervoed, swak geklee en het of te warm of te koud gekry. Die kampe was binne ’n tydperk van slegs ’n maand deur die Britte opgerig. Geen ordentlike beplanning was toegepas nie, met die gevolg dat een toilet in ’n kamp van 3000 of meer mense die norm was.

“Dit is meer as ‘n eeu sedert die oorlog Afrikaners op hulle knieë gedwing het na drie jaar van ongekende lyding. Vandag beleef ons mense weer dieselfde ellende in plakkerskampe regoor Suid-Afrika,” het dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, tydens die byeenkoms gesê.

Ds. Gideon du Toit het in sy erediens gesê dat tye van vrede en triomf ’n volk se reputasie vorm. Reputasie is iets wat verander na gelang van omstandighede. Dit is egter swaarkry wat ’n volk se karakter vorm. Karakter kan nie verander nie.

Elke Afrikaner het vandag ’n rol om te speel om die voortbestaan van ons volk te verseker deur eerstens Afrikaner armoede hok te slaan. Dit begin deur aan te sluit by organisasies soos Solidariteit Helpende Hand en Orania Beweging. As mens nie self daadwerklik betrokke kan raak by inisiatiewe wat gemik is om die volksmoord op Afrikaners te verhoed nie dan kan mens ten minste ondersteuning bied deur lidmaatskap op te neem van organisasies wat wel besig is om ’n verskil te maak.

Vandag word ons voorvaders eerbiedig as gevolg van die ellende wat hulle moes deurmaak en dat hulle die nodige karakter getoon het om weer op te staan en van voor af te bou. Niemand betwis hul karakter nie. Is dit wat ons vandag doen die nageslag se respek werd?

Tree in verbinding met:

Solidariteit Helpende Hand

Telefoon: 0861 25 24 23

Webwerf: http://www.helpendehand.co.za

Orania Beweging

Telefoon: 053 207 0062

Webwerf: http://www.orania.co.za

13 gedagtes oor “Volksmoord: toe en nou

  1. Genl Koos

    Baie goeie berig aan die een kant, maar agnee dame, my hele dag is nou weer omver gegooi!!!

    Hier word gepraat van 320 000 Afrikaners in die tyd van die Anglo-Boere oorlog, soos ek dit het was daar maar 280 000? Dis glad nie so erg nie, maar my probleem is die amper 300 000 Afrikaners wat daai tyd gebly het in die kaap. As jy praat van die Afrikaners se populasie as 320 000, wat noem jy dan daai Afrikaanse blankes wat in die Kaap gebly het? Nou, ek weet dit is nie meer vandag moontlik om twee Afrikaanse blanke volke van mekaar te skei nie, maar asb. Dame, Hoekom kry jy nie so bietjie trots nie, en praat van die 320 000 Boere wat in die Anglo-Boere oorlog baklei het in die Boere republiek onder Boere vlae nie?

    Dis vir my geen probleem as jy vandag se tyd van Afrikaners praat nie, want die Boere en Kapenaars is tog vermeng en het rond getrek in verskillende dele van die land, maar net soos ons vandag nie kan se dis Israeliete wat in Israel bly nie maar net die stam van Juda(n debat vir n ander dag) en soos ook kan jy nie se die Israeliete was priesters gewees nie, maar net die Stam van Levi, dus kan jy ook nie se dat Afrikaners in die die Anglo-Boere oorlog geveg het nie, maar net die een deel van Afrikaners, nl. die wat afgestam het van die populasie in die kaap, die wat later die Boerevolk geword het.

  2. Werner

    Baie goeie berig en ek is spyt ek kon nie daar wees nie. Een ding wat my bekommer is dat die “regses” ons Boere vlag soos die Vierkleur aangeneem het en dus ons beeld as Afrikaners nog steeds heers as “die regse volk”. Daar is vir my ‘n baie groot verskil tussen ras-egtheid en rasisties. Soos ons weet het ons voorouers bloed gesweet vir ons en ons nageslag teen die bose Britse mag om ten einde Afrika-lug te kan inasem. Deur om regs op te tree is ons, ons eie grootste vyand en kan ons nie verwag om ‘n volkstaat te bekom en vergroot sonder om op tone te trap nie. Ja, ons is ‘n nasie wat nog altyd goed kon veg vir wat ons soek, maar om die ding slimmer te speel en met ons kop die oorlog te maak gaan baie meer vrugte afwerk vir ons voort bestaan in SA.

    1. Pierre Du Plessis

      Dag Werner.
      Lees asb jou Bybel. Om regs te wees is goed. Die Woord se dat die hart van die wyse na regs wend. Regs beteken egter nie dat ons haatdraend en neerhalend teenoor ander volke moet wees nie. Ons is maar net trots en ingestel op ons eie volk en sy geskiedenis.
      Kyk wat doen die linkses; lees liberaal kommuniste aan ons mense.
      Ek vertrou dat jy `n goeie week sal beleef.
      Vriendelike groete
      Pierre

  3. Louis de la Porte

    Kruip sal ons ook nerens uit kry nie. Ek is nie ver regs nie, maar verneem graag by Werner van sy slimmer speel. Die Kaalkop Leunaar en sy bende het slim gespeel en Kortbroek speel nog slimmer en die Afrikaner raak al dieper in die elende. Soms moet ‘n mens ‘n streep in die sand kan trek en se tot hier toe en nie verder nie…
    Baie slim Afrikaners vat my aan vir negatiwitisme as ek die res van die wereld vertel van die volksmoorde en nog meer slim Afrikaners brul van blydskap as die Chileense Mynwerkers gered word, maar ek sukkel om ‘n slim Afrikaner te sien wat bereid is om in die openbaar op te staan vir sy mense.
    Ver Regses doen ons wel groot skade aan, maar ek kan hulle frustrasies verstaan en die ironie is dat “Terrorisme” het onlangs ‘n Nobel Vredesprys verdien. Dit laat my koud word as ek dink dat dalk is dit “slim” speel…

    1. Pierre Du Plessis

      Dag Louis
      Jy is reg omtrent die kaalkop leuenaar. Ek het onlangs `n epos ontvang wat destyds in `n kaapse dagblad verskyn het. Op die voorblad dui hul die “voordele” en “nadele” vir die JA en NEE stem in die referendum van FW. Dit lees onder andere: As jy nee stem dan stem jy vir: onstabiliteit, misdaad wat sal toeneem, onveilige lewens tyd, gedwonge integrasie, wegdoen van volkseie skole ens.
      Alles wat genoem is het gebeur – dit ten spyte van die “JA” stem wat die kaalkop leuenaar en sy lakeie met dawerende leuens en propaganda uit goedgelowige mense gewurg het. Dit was ongelukkig so dat mense NP, HNP of PROG gestem het omdat sy pa of oupa al die jare lid van sodanige party was. Dit was `n gevalvan, Ek stem vir BEN Steyn -want ek ken hom. Daar was `n heel misplaaste lojaliteit en ongelukkig word mense ook vandag groot finansiele vergoeding aangebied om sekere ideologiee te bevorder in organisies en instansies. Derhalwe het ons nou net een keuse: Die LIG van die wereld, JESUS sal ons lei en soos siener van Rensburg ook genoem het; ons moet nie op die vleeslike arm va ons sogenaamde leiers staatmaak nie.
      Kyk om jou rond en as jy oplet sal jy sien dat mense nie noodwendig doen wat hul predik nie.
      Ons het dus absoluut rede om omsigtig en versigtig te kies wat en wie ons navolg. Jesus is die enigte wat betroubaar en waaragtig is.

    2. Pierre Du Plessis

      Goeie dag Louis

      Jy is nie negatief nie vriend. Ek loop ook deur onder hierdie negatiewe etiket maar ek stel dit altyd as volg:
      As iets skreiend verkeerd is en ons christelike normes en waardes, (waaronder `n soort van “extended/ ultimate” verdraagsaamheid ook tel) aangetas word, dan is ek nie negatief nie. Tans lewer ek net kritiek, positef of negatief van aard maar dit beteken nie dat `n mens negatief ingestel is nie. Om nie met ander saaam te stem nie in beslis jou reg en dui geensins op negatiwiteit nie.

  4. theo pieterse

    Ek is nie ver regs nie,maar kan waaragtig my mense se frustrasie verstaan! Ons word uitgemoor,word geteister deur regstellende aksie,my mense in plakkerskampe.(wat doen ander Afrikaners wat oor die R 50 000 per maand kry vir ons mense in die situasies?)Kan ons nie die mense op plase vestig nie (bywoners) wat sal help met beveiliging van plase nie? Ons sit met munisipaliteite wat deur ongekwalifiseerde swartes in beheer sit,ons betaal belasting maar kry nie poste in die instellings nie! “Geen verteenwoordiging,geen betaling” moet ons slagspreuk word.Dit het tyd geword om saam te staan,weier om belasting te betaal (ons is mos ‘n minderheid!),moet nie rugby wedstryde bywoon waar meriete nie geld nie,hou op om jou kinders na Engelse skole te stuur,hou op om jou besigheid in Engels te bedryf,hou op om jou taal te vermink,hou op om Afrikaanse koerante te koop!Ek is moeg van al die gemors,maar om op jou eie iets te probeer doen gaan jou nêrens bring nie,ons moet saam staan teen ‘n gemeenskaplike vyand met ‘n gemeenskaplike doel,tyd vir kruip is verby!

  5. Terugklingel: News Oct 16 2010 | Space van Adriana

  6. Marie L

    Dankie Theo, jy is ‘n ou so na my hart. ‘n Mens hoef nie ver regs te wees om te sien wat om jou aangaan nie, regtig. Nog ‘n ding wat vir my dwars in die krop steek, is die feit dat jou EIE MENSE, boere mense, vir wie jy werklik omgee omdat Vader ook vir ons omgee, die woorde “VER REGS” gebruik om hulle eie oningeligtheid, toe te smeer. Hoe kan jy jouself en jou familie verdedig as jy self nie eens weet wat om jou aangaan in jou eie buurt en by jou eie mense nie? Dis hoekom die HERE ook se, “MY VOLK GAAN ONDER WEENS “N GEBREK AAN KENNIS”. ….HOEKOM?….. OMDAT HULLE HULLE NIE STEUR AAN ANDER SE VERSKEURENDE HARTSEER, ARMOEDE, WERKLOOSHEID, DAKLOOSHEID, HULPELOOSHEID EN VERSKRIKLIKE HAAT WAT OPBOU AS GEVOLG VAN DIE FEIT DAT HULLE EIE MENSE HULLE NAME NOEM, VERKLEINEER, UITVLOEK EN ALTYD WIL BETER WEET AS DIE WAT AL DAAR WAS EN DIE WAT NOU DEUR DIE HEL VAN ALLE KANTE AF GAAN,NIE. KYK ‘N BIETJIE HOE JY GAAN VOEL EN OPTREE NA ‘N TYD AS SULKE DINGE JOU TE BEURT VAL!!!! KYK OF JY DAN NOG SO ‘N GROOT MOND GAAN HE EN NOG SO GAAN REDINEER SOOS JY NOU REDINEER…..DIT het NIKS met sulke woorde te doen soos “VER” regs en “VER ” lings nie. Dit het te doen met die REGTE KENNIS en WIE EN WAT JY REGTIG IS. Dit het te doen met die trots van ‘n nasie soos VADER JOU GESKAPE HET. Dit het te doen met “HOEVEEL KENNIS DRA JY WERKLIK VAN DIE WOORD VAN GOD EN WEET JY HOE VERSKRIKLIK JY GEBREINSPOEL IS DEUR DIE VERKEERDE ELEMENTE WAT DEUR SAMESWEERDERY, IN DIE VERLEDE, JOU TOEKOMSTIGE VAL VAN KONINGSKIND NA ‘N GODSDIENSTIGE EN POLITIEKE VERSLAAFDE POPPIE, MET TOUTJIES WAT LINGS, REGS, VORENTOE, AGTERTOE, GAAN SIT, STAAN OP, DRAAI OM,……. KRY DIE SKOP ONDER JOU AGTERSTEWES VIR GOEIE GEHOORSAAMHEID EN GOEIE SAMEWERKING,…….REG UIT JOU WERK UIT OM PLEK TE MAAK VIR HULLE WAT JOU WERK NIE KEN OF ONDERVIND HET NIE. LEKKER NE!!!! AMPER SOOS, “KRY VIR JOU MY MAATJIE”……DIS wat die meeste sogenaamde “LINGS GESINDES”, nie KAN of WIL insien nie. Hulle besef nie dat Vader mense geskape het soos hy hulle geskape het, MET “N DOEL, nie. “n “lingses” dink dat ALMAL jou goed gesind gaan wees as jy sekere dingetjies doen en “VOORGEE” dat jy aan ALMAL… “SE KANT”… kan wees soos dit is, TOT OP “N DAG waar jou oee met ‘n SKOK oopgaan.!!! DIS wanneer jy besef::: maar ek is mos wie ek is, hoekom probeer ek wees wie ek nie is nie? Hoekom probeer ek ander afkraak deur vir hulle te beskuldig van VER REGS, …. VER LINGS….. ver dit , ver dat….DAAR BESTAAN NIE SO IETS NIE !!!! DIT BESTAAN NET BY MENSE MET ‘N VERSKRIKLIKE MINDERWAARDIGHEIDS KOMPLEKS. …..HOEKOM….OMDAT GOD SE WEE NIE DIE MENS SE WEE IS NIE EN OMDAT HULLE SOOS DEUR AL DIE EEUE EN TYE, ………LY AAN ‘N GEBREK VAN KENNIS…. ALMAL…. DWARSDEUR DIE WERELD!!!!!!!

    1. theo pieterse

      Skitterend gestel Marie,die Here slaap nie en die dinge sal nie verewig so aangaan nie,daar gaan ‘n keerpunt kom en die land sal weer ons s’n wees!Gaan lees maar Siener van Rensburg se boeke,ons moet net terugkeer na God,weer sy weë wandel en die land SAL genees word!Dan gaan die wraak soet wees!!!!!!!!

    2. Pierre Du Plessis

      Goeie dag Marie

      In die Woord se die Vader neiging na regs wys is. Verder staan daar dat die linkses dwaas is. Gaan lees gerus.

      Groete
      Pierre

  7. BEN

    Hallo,

    my eerste keer op die webtuiste, dit is baie interessant om al die opinie’s te lees, sal graag ook my opinie aan julle wil oordra….ek stem saam dat dit glad oor “ver regs 0f ver lings” gaan nie, dit gaan oor wat in jou hart is, dit gaan oor jou as mens /volk se prioriteite, God eerste, of taal of volk, ek neem aan dat God eerste is, in elkeen van ons se lewens. Ek het die voorreg gehad om ook van “Siener” se boeke te lees, wat baie pertinent vir my is en die mees belangrikste elemente wat ek kan neem uit “Siener” se boek, is dat ons, as volk ons knieg moet buig voor God, en voorbeberied moet wees……God sien elkeen se hart, en kyk nie hoe ons lyk, hoe veel geld jy het nie, wie en wat jy is in hierdie wereld nie. Daar moet op God vertrou word, daar kan geen haat gekoester word nie, God het vir ons n plan omdat hy ons harte ken, omdat ons voorouers nederige, hardwerkende, eenvoudige mense was wat op God vertrou het, en God vresende mense was. Ons moet op God vertrou en voorbereid wees. Die “smeltkroes” ons “beker” gaan ons moet drink, en sal die kan vermy nie, net soos Jesus sy “beker” moes drink, maar hy het op God vertrou……kom ons kry ons huise reg, maak God nommer een prioriteit in jou lewe, buig die knieg voor God, vertrou op Hom. Ons het ons hoop as volk op baie leiers in verlede geplaas en is nog elke keer verraai, teleurgetseld….en ons wil nie daaruit leer nie. Die BOERVOLK is geseend omdat ons haat, en weerwraak koester nie, als sal gebeur soos dit moet omdat ons geen ander kuese gaan he nie, en omdat ons onder God se “blessings” gaan oorlog maak, en nie omdat ons wil nie…
    groete

  8. Terugklingel: Murderers of Stilbaai couple recorded themselves on video | CENSORBUGBEAR

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s