Boer eerder in ‘n Afrikaner Republiek

Afrika het ongelooflike landboupotensiaal maar kan tans nie met die ander kontinente in die wêreld kompeteer nie. Volgens die onlangse Kinsey-verslag in Amerika is fragmentering een van die groot landbouprobleme in Afrika. Met 85% van Afrika se plase kleiner as twee hektaar, kan sulke boere nie die ekonomiese voordele van skaal kry nie. In Duitsland, ‘n volkstaat, is slegs 8% plase so klein.

“Dit sal kortsigtig wees as Suid-Afrika hierdie werklikhede ignoreer. Op die oomblik is ons in Suid-Afrika besig met verskillende landbou-debatte wat geen bydrae tot beter internasionale mededinging van Suid-Afrikaanse landbouers maak nie,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, tydens die Presidentsdinee van die vee-stoettelers van Suid-Afrika en Stamboek in Bloemfontein gesê.

“Ek verwys na die debatte oor nasionalisering; onsekerheid oor die groenskrif op grondhervorming en die gerugte van voorstelle dat ’n beperking geplaas gaan word op die hoeveelheid grond wat ’n boer mag besit.”

Dr. Mulder het ook gewaarsku dat ons moet leer uit die foute wat ander Afrikastate na Uhuru gemaak het. Dit is uiters kommerwekkend dat die ANC-regering besig is om dieselfde foute te herhaal.

Die ANC-jeugleier se besoek aan Venezuela en Zimbabwe om ’n studie van nasionalisering te maak en sy verslag daarna voor te stel as ‘die antwoord vir Suid-Afrika se probleme’ is ‘n waarskuwingskoot van wat wag op landbou in Suid-Afrika.

“Ek is moeg vir debatte wat nie op feite nie maar op propaganda-mites gegrond is. Dit is ’n propaganda-mite dat die nasionalisering van grond Suid-Afrika se armoede-probleme kan oplos,” meen dr. Mulder.

Dit is insiggewend om ‘n vergelyking tussen die vertonings van die ekonomieë van Zambië en Zimbabwe sedert 1994 te tref.

In Zambië se geval, waar die regering private eiendomsreg aanmoedig en vryemarkhervorming suksesvol nagestreef het, het die bruto binnelandse produk (BBP) tussen 1994 en 2008 meer as verdriedubbel (in nominale VSA-dollar-terme).

In Zimbabwe, waar ‘n beleid van nasionalisering nagevolg is, het in dieselfde tydperk die ekonomie met bykans die helfte gekrimp; het werkloosheid van 1990 na 2008 van 20% na 80% gestyg en het lewensverwagting van 60 jaar na 34 jaar gedaal.

Sinvolle besluite oor landbou se toekoms in Suid-Afrika moet op sulke feite geneem word en nie op ideologiese propaganda-mites nie.

Terwyl Afrikaner landbouers aan die ANC-regering se wetgewing onderhewig is kan daar nie verwag word dat ‘n landboubeleid geïmplementeer sal word wat kommersiële boere se belange gaan bevorder nie. Die ANC maak geen geheim daarvan dat grondhervorming en die bemagtiging van swart landbouers prioriteit bo voedselsekerheid geniet nie.

Dit is vanselfsprekend dat ‘n Afrikaner Republiek se landbou industrie die sterkste in Afrika sal wees a.g.v. verstandige beleid skepping wat in lyn is met die norms en waardes van enige Eerstewêreld staat.

Die tyd het aangebreek dat Afrikaner landbouers grootskaals aansluit by Orania en hulself toespits om grond in die Noord-Kaap te bekom en sodoende ‘n kompeterende Afrikaner landbou industrie met volkseie arbeid te vestig.

2 thoughts on “Boer eerder in ‘n Afrikaner Republiek

  1. Willem

    hoekom moet ons ons lot oorlaat aan enkele “groot” kommersiële boere? As jy na Europa kyk dan sal jy sien dat die gemiddelde grote van plase maar bra klein is.

    http://www.iberianature.com/directory/farming-in-spain/
    http://ressources.ciheam.org/om/pdf/c28/CI020518.pdf
    http://www.sussex.ac.uk/Units/PRU/farm_size.pdf

    Ek stem saam dat die grotes van plase beperk moet word, en verder dink ek dat goed soos “Lifestyle farms” heeltemal verbied moet word.

    In my opinie bemagtig jy nie mense deur hulle in diens te neem nie. Jy maak hulle van jou afhanklik. As jy mense wil bemagtig moet hulle in staat wees om vir hulle self te sorg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s