Einde aan rasstellende aksie

Uiteindelik het die saak van mnr. Denysschen plaasgevind nadat dit twee keer uitgestel was vanweë korrektiewe dienste se onbevoegdheid en ook omrede daar nie ’n regter beskikbaar was nie.

In ʼn nuwe wending in die rasstellende aksie saak tussen Solidariteit en die departement van korrektiewe dienste in die Johannesburgse arbeidshof het die departement erken dat hulle foute ten opsigte van die bevorderings aansoek van Herman Denysschen gemaak het en ingestem om hom terugwerkend te bevorder.

Volgens die bevel van die hof gaan Denysschen vanaf Julie 2008 terugwerkend bevorder word. Korrektiewe dienste moet ook die regskoste van Solidariteit betaal. Volgens die bevel erken korrektiewe dienste dat hulle Denysschen nie bevorder het nie weens rasstellende aksie en dat hulle nie konsekwent opgetree het met die toepassing van rasstellende aksie nie.

“Ons is verheug oor die hofbevel. Daar is uiteindelik geregtigheid vir mnr. Denysschen ná ʼn stryd van bykans drie jaar. Dit stuur ook ʼn sterk boodskap na ander regeringsdepartemente oor die toepassing van rasstellende aksie. Ons is egter teleurgesteld dat ʼn duur regsproses gevolg moes word om geregtigheid te laat seëvier,” het Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, gesê.

Aangesien korrektiewe dienste in die hof aan al Solidariteit se eise toegegee het, het die saak nie op verhoor gegaan nie. Die toegewings van korrektiewe dienste is wel ʼn bevel van die hof gemaak.

Denysschen het aansoek gedoen vir ʼn bevorderingspos in die logistieke afdeling van korrektiewe dienste. Sy aansoek is geweier op grond van rasstellende aksie, ten spyte daarvan dat ʼn onderhoudpaneel, wat 75% swart was, hom vir die pos aanbeveel het. Die advertensie vir die pos het duidelik gestel dat enigiemand, ongeag ras, vir die pos aansoek kon doen.

Die menslikehulpbronne-afdeling van korrektiewe dienste het aangedui dat, aanstellings uit die nie-aangewese groep toegelaat moes word in die geval van logistieke poste weens die skaarsheid van vaardighede en die groot getal vakante poste. Korrektiewe dienste het egter besluit om die pos eerder vakant te laat as om ʼn wit man aan te stel.

Hierdie is die tweede saak in ʼn reeks van 12 rasstellende aksie sake wat Solidariteit teen die Suid-Afrikaanse regering van stapel gestuur het. Solidariteit het die eerste saak namens Renate Barnard teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gewen, maar die SAPD het besluit om die uitspraak op appèl te neem. Agt van die ander sake is gekonsolideer en gaan op 17 November in die arbeidshof voorkom om die voorverhoor-notules te finaliseer.

“Ons vertrou dat die Denysschen-saak die SAPD ook sal laat besef dat rasstellende aksie nie buite die raamwerk soos deur die hof vasgestel, toegepas kan word nie. Ons doen ʼn beroep op die SAPD om hulle opponering van die rasstellende aksie sake te staak en eerder die regte ding te doen deur die betrokkenes te bevorder,” het Hermann gesê.

In die Nuwe Suid-Afrika kom die term nie-rassigheid vanselfsprekend neer op ’n anti-blank/pro-swart samelewing. Indien Afrikaners ernstig is om ’n toekoms op meriete te bou, sal ons onsself moet losmaak van die Nuwe Suid-Afrika en daadwerklik aandring op selfbeskikking. Slegs dan sal regstellende aksie plaasvind deur ’n einde te bring aan die rasstellende aksie wat Afrikaners moet daagliks moet verduur.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s