Steeds gekweste ego’s

’n Week gelede het Mara van Idols ’n uitlating gemaak oor Idols- en Mnet-kykers wat rassisties is, bloot oor die feit dat ’n wit man die kompetisie gewen het. Volgens haar kan swartes nie Dstv bekostig nie, dus stem wit mense vir wit Idols kandidate en nie op meriete nie. Die week was ’n soortgelyke opmerking teen wit mense gemaak.

Die nuwe adjunkminister van Polisie, me. Maggie Sotyu, skep rassespanning en polariseer verhoudinge in Suid-Afrika met haar onverantwoordelike uitspraak dat die howe wittes ligter straf as vir swartes. Sy het die uitspraak gemaak na ‘n vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie. Me. Sotyu het bygevoeg dat die Suid-Afrikaanse strafregstelsel rassisties is en daarom onmiddellik verder getransformeer moet word.

“Die nuwe adjunkminister sal vinnig moet leer dat veralgemenings altyd verkeerd is. Sy maak geen bydrae tot die debatte en verhoudinge in Suid-Afrika deur ‘n enkele individuele geval te probeer voorhou as dit wat deurlopend gebeur nie. Sy moet veral daarteen waak om nie deel te word van die veralgemenings teen die boere en hulle teiken nie. As nuwe adjunkminister gaan sy nog baie te doen kry met die wreedheid van plaasmoorde wat makliker in so ‘n gepolariseerde klimaat plaasvind,” het dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, in ’n onlangse mediaverklaring gesê.

“Sonder om die verskillende misdade goed te praat, sou ek graag haar mening wou weet oor die feit dat ’n rugbyspeler R100 000 borg kry in verband met die dood van ’n verkeersman teenoor die moordenaar van Eugene Terre’Blanche wat R5 000 borg gekry het. Sy kan selfs die Shaik-geval vir ons vergelyk met die 74-jare Clive-Derby Lewis se kanker. Sy sal vinnig moet leer dat veralgemenings altyd verkeerd is,” het dr. Mulder bygevoeg.

Deurdat me. Sotyu ’n enkele individuele geval met verkeerde feite probeer voorhou as dit wat deurlopend gebeur, veralgemeen sy vir propaganda doeleindes ten koste van verhoudinge.

Regter Hlope se uitspraak in die Marthinus Esterhuizen geval in Beaufort-wes, waar hy op emosionele wyse na die beskuldigde verwys het “dat hy geen siel het nie… en in die tronk moet gaan verrot” sal maklik op dieselfde wyse na die ander kant veralgemeen kon word.

Om mense in Suid-Afrika rassisties op te sweep is geen kuns nie. Van leiers in me. Sotyu se posisie, word verwag om op verantwoordelike wyse hulle saak te stel.

Me. Sotyu is immers korrek dat die Suid-Afrikaanse strafregstelsel rassisties is aangesien byna alle nuut aangestelde regters swart is. Om die strafregstelsel nog verder te wil “transformeer” is net so absurd as wat dit rassisties is en getuig van die gekweste ego’s waaraan die leiers van Mzanzi ly aangesien ’n stelsel wat op meriete gebaseer word nie die ANC se gewenste kwota swart aanstellings sal kan oplewer nie.

One thought on “Steeds gekweste ego’s

  1. Jurie Wessels

    Man die goed kan nie dink of redineer nie, daarom hulle sienswyse, al wat hulle kan doen is om die engelse uitdrukking daagliks toe te pas, en ek haal aan, ” WHEN ALL ELS FAILS LOOK FOR THE CLOSESTS WHITE FACE” om te verstaan hoe hulle dink moet jy word soos hulle, NEE dankie eerder nie!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s