Projek 2010 volksmoord spesifikasies

Projek 2010 volksmoord spesifikasies

deur Rozanne Meyer, 23 November 2010

Meeste burgers is bewus van die aanslag op Afrikaners in Suid-Afrika. Foto’s en artikels van plaasmoorde sirkuleer daagliks op die Internet te danke aan toegewyde groepe soos Projek 2010 en “Genocide of the white minority in South Africa – did you know? ”. Projek 2010 het tans ’n ondersoek ingestel om vir ons ’n duideliker prentjie te skets van wat die groeiende volksmoord in werklikheid alles behels.

Gedurende die afgelope maand het Projek 2010 se bevestigings van moorde op Afrikaners die 1000 kerf verbygesteek. Die Projek 2010-span het dit goedgedink om ‘n paar insiggewende gegewens uit die databasis saam te stel ten einde mense in ‘n meerdere mate bewus te maak van wat die volksmoord tans behels.

Eerstens is die identiteite van die moordenaars en medepligtiges saamgevoeg, tesame met hul onderskeie ouderdomme, ten einde vas te stel watter ouderdomsgroep verantwoordelik is vir die meeste moorde. Die meeste van die moordenaars het in hul 20’s die moorde gepleeg. Die gemiddelde ouderdom is 27 jaar en is bepaal uit die beskikbare ouderdomme van 61 moordenaars en medepligtiges. Die totale aantal moordenaars en medepligtiges waarvan die identiteite bekend is, is 72.

Diegene wat weens moorde aangekeer is, maar nog nie gevonnis is nie, is onder die kategorie van “Verdagtes” saamgevoeg. Projek 2010 beskik oor die identiteite van 105 persone in dié kategorie, waarvan 80 se ouderdomme bekend is. Die meerderheid van hulle is ook tydens hul 20’s op aanklag van moord in hegtenis geneem.

Die hoeveelheid moord slagoffers met dieselfde van is ook vasgestel. Die meeste moord slagoffers per van is die Botha’s. Daar is 21 Botha’s vermoor. Daarop volg die Venter’s en van Zyl’s met 17 en 14 onderskeidelik.

Die hoeveelheid moorde per omgewing is ook saamgevoeg. Hierdie gegewens kan uit verskillende hoeke bekyk word. Die feit dat die groottes asook die bevolkingsdigtheid van die gebiede aansienlik verskil, maak dit moeilik om werklik te bepaal watter gebiede die gevaarlikste is. Wat egter opvallend is, is dat ‘n plek met ‘n relatief lae bevolkingsdigtheid teenoor bv. Pretoria wat bo-aan die lys is, die tweede plek inneem. Cullinan blyk een van die gebiede te wees waar die aanvalle en moorde op Afrikaners die meeste kommer wek. Tot dusvêr kan Projek 2010 in die gebied 26 moorde bevestig.

Moorde per provinsie is ook vasgestel. Sentraal Transvaal het die hoogste hoeveelheid moorde. Sowat 34% van al die moorde op Projek 2010 se databasis het in dié gebied plaasgevind. Oos-Transvaal en Wes-Transvaal is tweede en derde onderskeidelik op die lys van meeste moorde per provinsie. Die minste moorde kom in die Noord-Kaap voor.

Projek 2010 wys graag daarop dat die projek nog aktief besig is om besonderhede oor moorde in te samel en daar kort nog heelwat inligting uit veral die tydperk 1994 to 2000. Hierdie getalle is gevolglik nie finaal nie en daar word ‘n beroep op elkeen gedoen om die webwerf te besoek en ontbrekende inligting aan Projek2010 te verskaf. Alhoewel nog nie finaal nie is daar egter tog ‘n duidelike oorsig oor tendense wat bestaan. Meer besonderhede oor die gegewens kan op die webblad besigtig word:www.projek2010.co.za

Dit is noodsaaklik om bewus te wees van die demografiese eienskappe betreffende die volksmoord op die Afrikaner. Hoe meer inligting ons tot ons beskikking het m.b.t. die situasie waarin ons mense onsself tans bevind, hoe beter is ons daartoe in staat om die Afrikaner se saak vir ’n eie onafhanklike republiek in die internasionale arena te bepleit.

– Vry Afrikaner

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s