Orania Landbou: 120 ton pekanneute

Orania is in ’n laag bevolkte gebied geleë. Dit is dus ’n uitdaging om winsgewende ondernemings hier aan die gang te kry. Tog word heelwat nuwe besighede elke jaar op Orania gestig en die ekonomie toon goeie vordering te midde van ‘n resessie.

Die twee grootste inkomstebronne vir Orania is landbou en toerisme.  Die inkomste uit landbou is hoofsaaklik uit pekanneute en lusern, maar mielies, amandels en olywe dra ook by.

Die pekanneut oes vir die seisoen hang tans nog aan die bome. Pekanneute word in die winter geoes. Die skatting is dat daar in hierdie seisoen ongeveer 120 ton pekanneute geoes sal word

Daar is egter reeds syfers beskikbaar vir lusern. In die Orania-gebied is daar altesaam 95 ha onder lusern, wat soos die ander gewasse besproei word.  Die verwagte opbrengs vir die 2010/2011-seisoen is 1 900 ton, waarvan 70% eerstegraad-lusern is en 30% tweede graad.

Sowel die opbrengs as die kwaliteit van die lusern het in hierdie seisoen ’n afname getoon as gevolg van die milde reën wat in Orania geval het. Die vorige seisoen het ’n opbrengs van 2 100 ton gelewer, waarvan 90% eerstegraad was. Die lusern word veral aan die Oos-Kaap, Suid-Kaap en die binneland van Suid-Afrika versprei.

Daar is ’n verwagte mielieproduksie van 13,5 ton per ha op die 27 ha wat tans op Orania met mielies beplant is.

Die olyfboord van prof. Jozef Henning sal na verwagting  vanjaar ‘n minimum van 5 ton op ongeveer 7 ha lewer. ’n Groot gedeelte van die oes is reeds gepluk en moet vanjaar nog na Hartswater geneem word vir die inmaak proses. Volgens prof. Henning word daar beplan om die inmaak proses van volgende jaar af op Orania te vestig.

4 thoughts on “Orania Landbou: 120 ton pekanneute

  1. Ons het al daar by die hotel/ontspanninsoord of wat dit ook al is se steakhouse geëet daar langs die rivier. Hulle het pas oopgemaak. Die kos was uit die boonste rakke. Diens uitstekend. Ek glo hulle het ‘n toekoms as dit die manier van doen is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s