Wie is ons en waarheen is ons op pad?

So baie monde praat namens ‘ons’, die Boere Afrikaners, dat mens met reg kan vra: Wie is die ons?

Wie is hierdie etniese groep wat as Afrikaners, Afrikaanses, Boere, Burgers en selfs net as Christene bekend staan of al gestaan het? Afstammelinge van Hollanders, Duitsers, Dene, Franse en enige skipbreukeling destyds aan die Kaap. Gooi hierby so ‘n titseltjie Maleier, Indiër, Masbieker, Khoi en San en jy het die genetiese samestelling van die Boere Afrikaners. ‘n Taai kombinasie wat na 350 plus jare talle aanslae oorleef het.

Dit was noodwendig ‘n eiewillige en selfstandige tipe mens , maw ‘n pionier, wat hulself in die verre en on-ontwikkelde Kaap kom vestig het. Met setlaars uit verskeie Europese lande was die bande met Holland dus nie baie sterk nie.        Gevolglik het ‘n proses, soortgelyk aan die onstaansprosesse van etniese groepe wêreldwyd en oor die eeue heen, hier in werking gekom. Met die koms van die Britte was die Afrikaner as volk reeds in die ontkieming fase. Ons het ‘n eie volks persoonlikheid, wat uitdrukking in eie taal gevind het ontwikkel. Bewuswording as volk in eie reg sou nog kom.

Onafhanklike etniese groepvorming was dus ‘n gegewe! Die Britte se benadering was een van Empaaier bou. Hulle moes bloot ‘n buitepos van die Britse Ryk beman en hul verbintenis aan Engeland, of ‘Home’ was sterk. Hierdie verskil het die basis vir konflik tussen ‘Boer en Brit’ met die eerste Britse intrapslag gele.

Met sy sterk pioniersgees en gevoel van selfstandigheid het die jong volkie kort voor lank die binneland ingetrek in reaksie op die Engelse se baasspelerigheid. Hoewel daar toe nog nie ‘n duidelike erkenning aan ons as volk deur onsself of deur andere gegee is nie, was ons in wese, dit reeds. Die verskille tussen Burger en Engelsman en die drang om van die beklemmende Engelse weg te kom het al sterker geword.

Die Groot Trek was op hande en die uitgestrekte vlaktes van Afrika het met ons voorouers kennis gemaak. Hier het hulle dan ook vir die eerste keer met die suidwaarts bewegende swart stamme uit Midde Afrika te doen gekry. Twee elemente het nou die jong volkie bedreig. Die Britte wat hulle wou verswelg en die swart stamme uit Midde Afrika met wie daar om grondgebied meegeding is.

Oor grond, waar dit nie braak gele het nie, kon en is daar met die stamme onderhandel. Met die Britte was dit nie so maklik nie. Hulle wou alles he. ‘n Nadeel van die Groot Trek was die wye verspreiding van die onderskeie trek geselskappe. Die trekkers het ‘n neiging tot stam vorming gehad. Ons het tot koppige uiteenlopende groepe ontwikkel maar ten spyte van al die faksies was die nodige gom wat ons bind, naamlik ons genepoel, taal en godsdiens nog daar. In ‘n situasie van nood het dit alle verskille oorbrug.

Verskeie Republieke het dan ook tot stand gekom hoewel die meeste van die kleintjies by die twee grotes OVS en ZAR ingelyf is.  Die Republiek van Natalia was van korte duur met die ewig lastige Brit wat maar net nie beheer wou prysgee nie. Nadat goud op die Rand ontdek is was dit ook net ‘n kwessie van tyd voordat die vrede daar versteur was. Na ‘n bloedige oorlog is die Boere Republieke dan ook verslaan en moes ons weereens onder die ‘gehate’ Brit staan. Die Unie van Suid Afrika is tot stand gebring en is ons die voogde van ander volke gemaak. ‘n Situasie wat vêrreikende gevolge vir ons vorentoe ingehou het.

Die stryd en strewe na onafhanklikheid het voortgeduur en in 1961 het ons weer ‘n Republiek geword. Daar is toe gepoog om die geklitste eier, naamlik die Unie, met sy mengelmoes van uiteenlopende volke, te verdeel en die volke te skei. Behalwe dat dit op daardie stadium nie meer prakties haalbaar was nie het daar ook ‘n nuwe wêreldorde vorm begin kry. Die Britse Ryk het sy skeppers ontgroei en ‘n Anglo/Amerikaanse ekonomiese en politieke orde het die toneel begin oorheers. Amerika het die eerste land in wêreldgeskiedenis geword wat al die wêreld se oseane beheer het. Engels was die medium waarmee daar gemanipuleer en gedomineer was. Klein volkies moes nie in hierdie monster se pad kom nie.

In die aard van hulle opportunistiese politiek is ons in die naam van menseregte gebrandmerk en tot sondebok verklaar. Ons was ‘n geringe offer om te maak terwille van die neger stem in Amerika en in belang van Britse verhoudinge met die res van Afrika! Druk op ons het toegeneem.

Die uiteinde was mag oorgawe aan die ANC. Die ANC, ‘n groep sonder enige bewese rekord, hetsy op die slagveld of in die daaglikse bestuur van ‘n land, het beheer oorgeneem. Die resultaat? Chaos!Die verval in minder as twintig jaar, op alle gebiede, is angswekkend en volg ‘n tipiese Afrika-patroon. Weereens is ons tot die sondaars verklaar en word ons vir die mislukkings blameer.

Ons stryd duur voort, maar hoe en waarheen nou? Die Unie van Suid Afrika was nie ons maaksel nie en aansprake op die totale grondgebied kom ons ook nie toe nie. Aanspraak op ‘n regverdige deel van die land het ons wel. Lang debatte kan oor ons gebied aansprake gevoer word en ‘n goeie saak daarvoor uitgemaak word maar die politieke toneel het te drasties verander vir enige aansprake.

Gevolglik gaan grondgebied nie vir ons pasella gegee word nie. In die huidige opset sal ons dit moet koop, beset en ontwikkel. Doodkry is min, en in die gees van die Ou Voortrekkers, wat dorpe name soos Vryheid en Volksrust gegee het, sal ons weer die basisse le vir nuwe dorpe  met soortgelyke name. ‘n Nuwe nedersetting waarin ons, die dink en die doen, met die klem op die doen, self sal behartig.

Die Boere Afrikaners het reeds daarmee begin en in Orania het die saadjie al ontkiem, gegroei en vrugte begin dra.

Die stryd om die Boere Afrikaners se onafhanklikheid duur voort, nou net meer gesofistikeerd en planmatig.

Vir meer aktiverende artikels, klik gerus op ‘Rubrieke’.

8 thoughts on “Wie is ons en waarheen is ons op pad?

  1. Wikus Opperman

    Ek het die laaste ruk ‘n diep soeke en ondekkingsreis geloop rondom my voorsate (ensovoorts). Met reg en ‘n groot boere vreugde het ek ontdek dat 99% van my voorsate direkte konsentrasiekamp oorlewendes was of Boerekommando oorlewendes was.

    Ongelukkig vandag is ek een van die min hedendaagse boere in my generasie wat enigsins daarin belangstel. Dan weer die eeu oue geskille onder mekaar oor kerk, politiek en vyande, maak dat die nuwe geslagte boertjies so ‘n identiteits krisis ontwikkel dat dit deesdae aanvaarbaar is om ‘n heidense “maaitjie” huis toe te bring, of self erger dinge word aanvaarbaar.

    Ek self sukkel nou al ‘n geruime tyd om te probeer uitvind of ek enigsins by ‘n boerekommando kan aansluit, en of daar een in my distrik bestaan. Ek persoonlik wil betrokke raak by “Boerwees”, en nie die FW de Klerk weergawe daarvan nie, wat net stry om afrikaans te behou vir die “ousie” wat sy seun mee deurmekaar is nie, ek praat van die boeresport boer, die skyfskiet en kleilat boer. Die bittereinders en nie die hensoppers en die joiners nie. Met bittermin sukses kom ek nie op enige een af wat my kan help nie.

    Ek en Quinten Diederichs wat hierbo ook ‘n inlas gemaak het het al ‘n bespreking of twee oor Orania gehad.

    My vraag is dus, gaan ek ‘n haasie uit ‘n hoed moet haal, of erens ‘n klomp geld moet bekom of wat voordat enige een hom sal afwaardig om my as ‘n boer in eie reg te erken en so my ook die geleentheid gun om erens betrokke te raak, of gaan ek maar vir my en my gesin op my eie moet veg as die lang messe in die nag gaan swaai?

    1. Wikus, niemand anders as jyself kan jou status bepaal nie! As jy jouself as Boere Afrikaner beskou en by ons inpas is jy dit! Raak betrokke deur by die Orania Beweging aan te sluit!

  2. Ek haal aan uit die boek “The Living Races of Man” deur Carlton S. Coon en Edward E. Hunt Jr (1966; p313):

    “In about six generations, since 1815, the Boers have grown to 1.8 million, and the descendents of the slaves, who became Coloreds in 1835 when the British freed them, now number 1.5 million. Obviously genetic isolation cannot have been maintained during this entire period. A conservative figure of a half a million who may have passed from Colored to Boer has been mentioned.”

  3. Daan du Toit

    Opmerking aan WIKUS OPPERMAN : daar is Kommando’s wat weer deesdae oraloor gestig word, en waarby ons volksgenote kan aansluit om n bemagtigde en ingeligte front te vorm. Kommandos wat gestig en gevorm word uit vrywilligers, sonder regeringsondersteuning, gefinansier uit eie bronne, wat die oproep tot waaksaamheid in die Woord baie ernstig ter harte geneem het om nie net wagters op die mure te wees nie, maar om onsself voor te berei om die aanslae teen ons volksgenote op elke denkbare terrein die hoof te kan bied ! Ons berei voor vir v eral fisiese aanvalle teen ons mense, om ons Volksgenote wat tot n groot mate ontwapen is deur die huidige regering, te onderrig in die kennis en kundigheid om hulsef te beskerm op vele ander wyses, wanneer vuurwapens nie beskikbaar is nie. Jy is welkom om navrae te rig met die oog op aansluiting, bv by die Volkskommando. Skakel ons by 076 601 3630 of kontak ons deur ons bakkiesblad (facebook), onder die naam : Volkskommando.
    Daan du Toit

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s