Malema dreig oorlog is op pad!

Julius Malema het onlangs in Kimberley en Viljoenskroon bewys dat hy glad nie van plan is om van sy rassistiese retoriek af te sien nie en het selfs so vêr gegaan as om die klimaat te skep waarin ’n volskaalse burgeroorlog eersdaags kan uitbreek. Dit volg nadat hy vir twee weke lank in die hof verskyn het op aanklagte van haatspraak.

Malema het in Kimberley op dieselfde verhoog as pres. Jacob Zuma verklaar “wittes het die grond van swartes gesteel en moet dit sonder vergoeding teruggee.  Wittes is kriminele.”

Dis kommerwekkend dat hy hierdie aantygings te Viljoenskroon herhaal het in die teenwoordigheid van Vrystaatse Premier Ace Magashule.

Die feit dat Zuma en Magashule hom nie gekeer het nie wys dat hulle eens is met sy stellings. Kort na Malema se uitvaring teen blankes het Zuma sy bekende liedjie “Bring my masjiengeweer” op die verhoog gesing.

Stilweg word die Afrikaner vir die afgelope 17 jaar uitgemoor. Talle volksmoord kenners meen dat die stelselmatige uitwissing van blankes in die Nuwe Suid-Afrika dui op ’n onverklaarde burgeroorlog. Voeg daarby die blatante diskriminasie en haatspraak teen blankes oor die algemeen en die Afrikaner in besonder, asook die nuutste uitlatings vanuit die ANC-kamp dan kan die wêreld nie anders nie as om aan te neem dat die ANC dreig om oorlog teen blankes te verklaar.

Verder, dit is uiters vreemd dat na daar vir ’n paar maande bykans daagliks ’n plaasmoord in Suid-Afrika gepleeg was, daar vir die afgelope paar weke min tot geen voorvalle was. Plaasmoorde het opgedroog gedurende die Malema hofsaak, wat ooreenstem met dieselfde tydperk wat die 2011 munisipale verkiesings begin spoed optel het.

Dis ook opvallend dat dieselfde tendens kop uitgesteek het voor en gedurende die FIFA Wêreldbekertoernooi. Plaasmoorde het begin afneem na  die internasionale media toenemend aandag aan die kwessie gegee het. Die moord op boere het skielik afgeneem tot die punt wat daar nie een enkele plaasmoord gedurende die toernooi plaasgevind het nie. Kortliks na die Wêreldbeker verby was, het plaasmoorde weer in alle erns begin toeneem.

Een van twee moontlikhede: hierdie gebeure is bloot per toeval of dit is duidelike tekens dat plaasmoorde georkestreer word deur ’n element binne die ANC-regering. Laat elkeen vir hom- of haarself besluit.

Neem ook in ag dat moord op blankes oorwegend in stedelike gebiede voorkom waar polisie volop is. Dit is ongehoord dat ANC amptenare en welvarende swart mense in hul huise aangehou word, verkrag, gemartel en vermoor word. Die wrede wyse waarop blankes vermoor word speel dus ook ’n rol, bv. die sleep van lyke agter bakkies, die groepverkragtings voor die moorde en die gebruik van voorwerpe soos vuurwarm strykysters en kookolie.

Deur slagoffers te martel en verkrag voor hulle vermoor  word stuur die moordenaars ’n duidelike politiese boodskap uit: ons wil julle nie net doodmaak en jul grond en besittings vat nie maar ons will julle ook van jul menswaardigheid stroop en jul gemeenskappe tot in hul fondasies skok.

In Malema se eie woorde: “Ayasab’ amagwala, dubula dubula ayeah dubula dubula, ayasab ‘a magwala dubula dubula aw dubul’ibhunu!“. In Afrikaans: “Die lafaards is bang, skiet-skiet, skiet-skiet, die lafaards is bang – skiet skiet, skiet die Boer!”

Die ANC verklaar openlik d.m.v. hul liedere en publieke toesprake dat hulle die blankes wil uitmoor en hul grond vat. Daar is dus ’n duidelike verbintenis tussen die ANC en die moord op blankes wat nie meer geïgnoreer kan word nie.

Hoe kan die Afrikanervolk beskerm word teen hierdie aanslag?

Dis algemene kennis dat die Afrikaner se militêre vermoë bykans tot niet gemaak is deur die grootskaalse rasstellende aksie wat gedurende die 90’s binne die magte plaasgevind het. Die moord op prominente Afrikaners soos Eugene Terre’Blance, wat wel ’n bedreiging vir die ANC kon wees ingeval van konflik, is ook glad nie per toeval nie.

Beveiliging en selfverdediging organisasies soos die Kommandokorps het bykans in duie gestort nadat hulle deur Nasionale Intelligensie geïnfiltreer was. Groepe soos die Suidlanders is uitgejou as ekstremiste en is keer op keer vuil gesmeer deur die regering-beheerde Nasionale Pers koerante oor aantygings teen hul leiers wat tot vandag nog nie bewys kon word nie.

Elke volkseie organisasie wat deur oud-weermag of polisielede tot stand gebring is en ten doel het om die Afrikaner te beskerm is intussen so lasterlik kleineer dat hulle byna geen steun vanuit die hoofstroom Afrikaner bevolking geniet nie.

Afrikaners is maklike teikens want ons is in klein groepies oor suidelike Afrika versprei. Waar die Afrikaner wel in groot getalle voorkom is ons in baie gevalle 10 tot 20 maal in die minderheid. Wat ons egter nog ’n makliker teiken maak is ons volk se algehele gebrek aan visie en eensgesindheid.

Ons was al gewaarsku en ons word weer gewaarsku: Elke Afrikaner sal uitgewis word indien ons nie ’n onafhanklike republiek vir die Afrikanervolk met ons eie hande vanuit die grond opbou nie.

Die voortbestaan van ’n volk is slegs een generasie diep. Elke generasie neem verantwoordelikheid vir sy eie tyd en dit begin al hoe duideliker word dat die generasie wat nóú die verantwoordelikheid moet neem oor die algemeen nie genoeg murg in hul bene het vir die taak nie.

Tog is daar ’n kern wat hierdie probleme dekades terug gesien kom het. Hierdie Afrikaners het nie ’n verduideliking nodig om op te staan vir ’n eie Afrikaner Republiek nie. Om by hulle aan te sluit moet elke man, vrou en kind begryp dat Afrikaner onafhanklikheid slegs kan realiseer in ’n gebied waar die Afrikaner wel ’n meerderheid kan word en dat alle instellings met ons eie arbeid opgerig en in stand gehou moet word. ’n Afrikaner Republiek moet ingerig word uit liefde vir ons eie en nie uit haat of vrees vir ander nie.

Die wolwe lek hul lippe lustig af terwyl oorlog dreig. Elkeen van ons het die vermoë om van teiken tot vry burger te transformeer. Sluit aan by Orania en bekom grond in die Noord-Kaap. Gebruik slegs Afrikaner arbeid en keer terug na jou taal, kultuur en tradisies. Met ons geloof in ons Skepper en met Sy genade alleen sal ons oorleef en oorwin.

Vir meer aktiverende artikels, klik gerus op ‘Rubrieke’.

23 thoughts on “Malema dreig oorlog is op pad!

  1. Ek stem saam met Quintin dat ons iewers sal moet begin. Die probleem is slegs dat Afrikaners rug graad loos geword het. Mense wat nie ge-affekteer word deur misdaad nie steur hulle nie daaraan nie. Almal is nogsteed vir hom of haarself en sal nie blik of bloos om op Afrikaners wat sleg af is neer te kyk nie. Die tyd vir saamstaan is nou. Ons moet ophou om die ANC te finansier deur hulle stemmers in diens te neem by ons huise. Dank hulle af en doen die werk self want jy betaal jou bediende en tuin jonge om vir die ANC te stem. Sover moontlik, raak ontslae van swart werkers in jou besigheid. Verdeel jou maatskappy op om sodoende swart ekonomiese bemagtiging vry te spring, sodat elke deel minder as R5 miljoen per jaar verdien. Ons moet hulle wys wie ons is en dat ons nie gaan staan vir hulle veldtogte nie! Uit Europa is steun vir ons oppad maar dit mag nog tyd neem om hier aan te kom. Wapens en wapentuig is oppad uit Duitsland asook Duitse soldate. Ons moet ons lewens in orde kry en ons geld in veilige plekke begin bere sodat ons na die oorlog weer die land kan opbou. Daar gaan van hulle wees wat met miljoene sal vlug maar die Isrealiese Intelligensie diens sal van hulle almal ontslae raak. En vir die wat hulle eie volk verraai wag ‘n aaklige dood!

  2. Willem

    Dit voel vir my somtyds of die enigste ding wat ons wel goed kan doen is om te “praat”. Baie mense sien al die dinge wat verkeerd is en as ons daaroor praat verstaan hulle wat besig is om te gebeur, maar as hulle daar weg stap gaan hulle weer terug na hulle “ou” lewens. Niemand maak enige planne vir die dag wat die moeilik begin nie.

  3. Dit is nie korrek dat die ‘plaasaanvalle’ tydens die Malema hofsaak ‘opgedroog’ het nie. Die aanvalle op blanke plattelanders en stedelikes het net so lustig voortgegaan soos altyd. ‘n Mens kan hulle daagliks sien op http://www.farmitracker.com Maar ek stem saam dat Malema se haatspraak baie duidelik deur die volledige ANC leierskap goedgekeur en aangemoedig word. En as daar iets met Malema gebeur sal dit die Boervolk se skuld wees – hulle is besig om Malema as die nuwe “Steve Biko’ martelaarfiguur op te bou. As Malema vermoor word – wat wel sal gebeur, hulle sal sorg daarvoor – sal dit die ANC die perfekte eksuus om dan hul hande te was van die volksmoord wat dan sal losbars. http://www.censorbugbear.org

  4. @ Willem. Daar word planne gemaak en daar is ‘n goeie ondersteunersbasis daarvoor! ‘n Goeie, maar klein Gideonsbende! Onthou net dat die verantwoordlikheid vir ons toekoms in ons eie hande le! Hoe betrokke is jy Willem? Behoort jy aan die Orania Beweging?

  5. @Willem, dit is waar wat jy sê dat ons goed is om oor dinge te praat maar traag is on te reageer. Die probleem van die Afrikaner lê in die verskillende faksies in alledaagse lewe wat hulle ondersteun. Deesdae baie prominent is die politiese faksies. Daar is die wat sê dat die Afrikaner moet wegbly van die stembus en die wat dan die DA, die ANC en allerhande ander partye wat die Afrikaner veihandiglik gesind is. Die Afrikaner staan nie saam om een party te bevorder nie, nee as ons nie saamstem met een party se visie nie dan stig ons nog een om maar net die Afrikaner verder te verdeel. Net so is dit dan ook in die alledaagse lewe, daar is die rykes wat neerkyk op die middelklas en hulle neuse optrek en nie met die mense wil meng nie en dan is daar die middelklas wat weer neerkyk op die armes en nie met hulle wil meng nie. Al hierdie mense moet net onthou dat alle Afrikaners na die |Anglo-Boere oorlog arm was en uit niks uit ‘n land gebou het. Die Afrikaner moet ophou om sport en vermaak eerste te plaas en daadwerklik begin werk aan sy toekoms. Daar is biljoene Rande in die hande van die rykste Afrikaners en ons kan met slegs R10 biljoen ‘n baie groot verskil maak aan die grond gebied van Orania. Die swart regering is baie gretig om geld te maak en om grond van hulle te bekom sal nie moeilik wees nie. Met R1 biljoen kan ons die orania grond gebied baie vergroot deur plase rondom Orania te bekom. Dan met R5 biljoen kan ons Orania in ‘n sentrum vir ontwikkeling omskep. Sodra ons die grond het, verklaar ons onafhangklikheid van die RSA en word ons die Republiek van Orania. Immigrasie na Orania is gebasseer op etniese afkoms so ons hou die swart massas uit! Met R1 biljoen bou ons die nodig infrastruktuur soos ‘n internasionale lughawe en vrag lughawe sodat ons wapens en wapentuig kan invoer om ons grense te beskerm. Ons lok besighede na Orania deur net die projekte daar te stel. Slegs besighede wat bereid is om hul hoofkantoor in Orania op te rig sal kwalifiseer om in Orania dienste te lewer. Geen arbeid van etnies Afrika afkoms sal gebruik word in die konstruksie van so ‘n projek nie. Selgs blanke Afrikaners sal gebruik word. Sodra onafhangklikheid verkry is, stel ons Orania op om ‘n sentrum vir belegging te word deurdat ons belastings vrye sones vir besigheid tot stand te bring wat sal beteken dat besighede belastings vry sal kan besigheid doen op ons grond gebied. So verseker ons dat ons werkskepping op sy voete bring en meer Afrikaners na Orania kan lok. Ons gebruik nog R1 biljoen om huise te bou, infrastruktuur aan te le en telekommunikasie op die been te bring. Ons bou ons eie optieseveselkabel na Europa sodat ons nie van die RSA se kabels hoef te gebruik nie en sodra alles goed aand die gang is, dan maak ons oorlog!

      1. @Rozanne, sonder om die dam onder die eend uit te sleep, laat ek net sê dat familie in Duitsland al nuus gestuur het van wat daar aan die gang is. Nuus kom ook uit België maar hulle is besig om hulle eie geveg te veg so totdat hulle klaar ‘n eie land vir die Vlaamse volk het, kan ons nie verwag dat hulle ons fisies moet bystaan nie. Ongelukkig kan ek nie dieselfde sê van die lot Hollanders nie. Daar is van die wat simpatie met ons “struggle” het maar te min om ‘n politieke kwessie daaruit te maak. Ek het ook na ‘n onlangse reis na Engeland verneem dat hulle op groot skaal on nood aanskou en dat daar selfs ‘n paar Europese swartes was wat al daaronder gelei het. Ongelukkig is ek bevrees dat ek nie soveel inligting het om hoo pte gee as wat mense graag sal wil sien nie maar ek kan net sê, Hoop op God, die Almagtige Skepper, van waar Hy sal kom om te oordeel.

  6. George

    “Uit Europa is steun vir ons oppad maar dit mag nog tyd neem om hier aan te kom. Wapens en wapentuig is oppad uit Duitsland asook Duitse soldate. Ons moet ons lewens in orde kry en ons geld in veilige plekke begin bere sodat ons na die oorlog weer die land kan opbou. Daar gaan van hulle wees wat met miljoene sal vlug maar die Isrealiese Intelligensie diens sal van hulle almal ontslae raak. En vir die wat hulle eie volk verraai wag ‘n aaklige dood”

    Neels Mosterd waar kry die INFO ??? Hoekom weet ons nie daar van en hoe korrek is dit. Jy praat darem hier van GROOT dinge hier !!! Wanner gaan die oorlog dan begin ??

    Boer Groete

  7. @George, ek weet ongelukkig nie wanneer alles gaan begin nie, ons kan net hoop dat God Sy hand van bewaking oor ons sal hou in ons tyd van nood. Let asb daarop, dis Mostert, ek kom nie uit ‘n bottel nie.

  8. George

    @ Neels dankie vir die terugvoer ek weet dat jy nie hier kan praat. Ek hoop maar net dat jou INFO water draa en nie een of ander “Droom of Visijoen” is, maar erder werklike informasie is. Dit klink betjie “Dik vir in dollar” soos hulle se.

  9. Soldate uit Duitsland, biljoene rande van ryk Afrikaners, hulp vanuit Europa… nee mense, daar kan nie op een van hierdie dinge staatgemaak word nie. Wees veilig en neem nou maar aan dat niemand ons gaan help nie. Hulp kom van slegs 2 plekke af: eerstens van God en tweedens diep vanuit ons binneste. Dis al waarop ons kan staatmaak.

    Wat oorlog betref – dit het al lankal begin en ek is bevrees ons is besig om te verloor. Wat ons moet besef is dat die ANC waarskynlik nooit in soveel woorde oorlog teen ons gaan verklaar nie maar dat hulle beslis sorg vir al die faktore wat nodig is om oorlog teen ‘n volk te voer – en dis alles reeds lankal al teen ons ingespan. Hulle draai net elke nou en dan die skroewe bietjie stywer terwyl hulle onskuld pleit in die liberale buiteland. Hulle was, is en sal altyd die “slagoffers” wees – liberale propaganda is seker hul sterkste wapen.

    Nietemin, ons het dit verseker in ons om hulle met hul eie “speletjie” te klop – ons moet eenvoudig slimmer dink en vinniger reageer. Om dit te doen moet ons eers oor die volgende saamstem en dit uitvoer:

    1. ‘n Eie soewerein onafhanklike Afrikaner Republiek is nie onderhandelbaar nie.
    2. Die grondgebied moet in ‘n gedeelte van die huidige Noord-Kaap (Bo-Karoo en Weskus) wees want dis al waar ons ‘n meerderheid kan vorm, waar die Nguni afstammelinge (swartes) nie voorvaderlike aanspraak op grond kan maak nie en waar genoeg natuurlike hulpbronne tot ons beskikking is om te oorleef.
    3. Orania, geleë in die Bo-Karoo, is die enigste funksionerende dorp waar Afrikaners tans ‘n 100% meerderheid is en ‘n mate van selfbeskikking geniet – dit moet ten volle ondersteun word sodat dit vinniger kan groei en die bloudruk kan word vir meer Afrikaner nedersettings in die gemelde gebied.
    4. Ons moet stap vir stap soveel as moontlik dinge wat ons vasmaak aan Suid-Afrika en elders in Orania hervestig – dit sluit in eiendom, besigheid en beleggings.

    Dis makliker gesê as gedaan – maar nie onmoontlik nie! Ek het al in 2007 vanuit Pretoria begin en het 3 jaar later permanent na Orania verhuis. Daar is nog baie ander wat dit ook doen en al gedoen het. Ons bewys dat enigiemand kan solank as wat die WIL sterk genoeg is!

    Ons moet nooit ophou praat nie maar daar kom ook ‘n punt wanneer mense moet begin doen. So, hou aan praat maar doen tog ook net!!

    1. Quintin, wat verhoed die ANC om die hele Orania te nasionaliseer? Zuma het mos juis onlangs daar besoek kom aflê, ek glo nie dit was net om tee te kom drink nie. Nee, hy het kom kyk hoe waardevol die ontwikkelings daar geword het. Ek sien ook nie die doel daarin om ons eie grond weer te moet terugkoop nie. Solank as wat ons nie n verklaarde onafhanklike grondgebied het nie, sal die swaard van nasionalisering altyd oor ons koppe hang!

      1. Willem

        Elna,

        Daar is ‘n risiko verbonde aan alles wat ons ons die lewe aanpak. Een ding wat ek baie sien is dat almal redes soek vir hoekom iets nie sal werk nie. Sodra iemand ‘n plan of idee het oor hoe ons onsself gaan red is daar skielik ‘n miljoen redes hoekom dit nie gaan werk nie. Nie een van ons kan met sekerheid se dat ons nie alles gaan verloor nie. Uit ons geskiendenis sal jy sien dat die Voortrekkers wat laer getrek het het baie beter gevaar teen die zulu’s as die families wat die waarskuwings geïgnoreer het.

  10. Bos-Otter

    elke persoon moet ten minste 2 EGTE OPREGTE vriende he, wat hy/sy al meer as 6 jaar ken, Goed ken, en hulle twee weer elkeen 1 of 2 vriende, regte egte vriende, as daar enige iets moet gebeur, dan behoort jy baie vinnig, soos in een dag landwyd, mense kan mobiliseer. So maklik soos dit!

  11. dean

    If you build it they will come…os suid afrikaners sien daars n ontsnappings sal hul wel een vir een kom maar niemand sal als los wat hul ken vir iets wat net goed klink nie die mens is te bang vir verandering ons is al op daardie vlak van seeing is believing en dis al hoe mens n bang nasie sal oortuig wat hulle volle potensiaal is as n paar net iets kan begin…..mar wat quintin se maak rerg sin wens net amal wil dit besef en wakker word

  12. Divan

    Vandag, 28 Jaar gelede om 16h30 die middag het die Kerkstraatbom ontplof in Pretoria. Dink asseblief vandag daaraan, dit is deel van ons geskiedenis. Ons mag dit nie vergeet nie!

  13. Johan bakkes

    Neels,die dag as ons volk jou vlak bereik het sal daar hoop wees .Intelektuele gestryery sal ons nerens bring nie.Ons moet by die ANC gaan leer wat n revolusie is. Sorteer eers jou eie mense uit wat dwarstrek en dan kan jy die vyand saam aanvat. Halsmoorde was maar een tegniek om mekaar uit te sorteer. Dit het vir hulle gewerk. Daar is nie n leunstoel oplossing vir ons probleem nie. Ek wil darem net se ,ek is trots op ons volk om te sien dat soveel soekende is . Goeie begin! SLAG MY MAAR!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s