Feeste, sterre en die bekendstelling van die Orania Vakansieklub


Terwyl die winter nader kruip is dit altyd vir ons lekker om terug te kyk na al die interessante gebeurtenisse wat gedurende die somer hier op Orania en by ons asemrowende Oewerhotel en Spa plaasgevind het.

Daar het so baie dinge gebeur sedert ons die Oewerhotel se offisiële opening op Saterdag 25 September 2010 gevier het – mens kan maar net ’n paar hoogtepunte noem. Die hotel het al 1 325 gaste sedert September verwelkom. Die feit dat ons nie ’n enkele klagte m.b.t. ons diens  of geriewe ontvang het nie getuig van die hoë standaarde wat ons vir onsself stel.

Ons het ook talle bekende kunstenaars, politici, joernaliste en buitelandse besoekers ontvang. Dit is ’n voorreg vir ons om keer op keer by ons gaste te verneem hoe beïndruk hulle is met die gehalte verblyf asook alles wat ons al hier op Orania vermag het. ’n Voorbeeld hiervan is Dozi se kommentaar in ons gasteboek op 25 Maart: “Hoe lekker is dit darem nie om in ’n plek te kuier waar alles werk nie!”

Die feesviering van Orania se twintigste bestaansjaar was ook ’n reuse sukses. Mens kry byna nooit die geleentheid om te sien hoe ’n hele dorp om braaivleisvure kuier nie! Op Stigtingsdag (6 April) het ons gewys dat Afrikaners hier op Orania nog lekker plesierig is. Na die straat partytjie het talle Oraniërs tot laatnag gekuier en gedans by die dorp se splinternuwe kuierplek, DeBoer. KykNET se Fiësta-span het die fees saam met ons kom geniet. Indien enigiemand Fiësta  op 16 Mei gemis het, kan julle darem nog die heruitsendings deur die loop van die week op KykNET sien.

Die Volkstaatskou (7 tot 9 April) was groter as ooit tevore. Besoekers van heinde en vêr het in Orania  kom kuier terwyl die skou self ‘n aardige bedrywigheid was met kos en drinkgoed, stalletjies van allerlei soorte en buite uitstallings vanaf landboumasjinerie tot kinderpret.

Dis voorwaar ’n spesiale belewenis om Orania te besoek!

Die Oewerhotel en Spa het onlangs die Orania Vakansieklub gestig om besoekers nog meer van die Afrikanertuiste te bied. Twee lidmaatskap pakkette is beskikbaar vanaf slegs R 1 450 per persoon. Die Vryheid Ervaring pakket sluit 3 nagte verblyf in asook ontbyt en aandete (daagliks), 1 uur spa terapie en ’n verwelkoming geskenk.

Die Liriese Sielerus pakket sluit  6 nagte verblyf in, ontbyt en aandete (daagliks), 2 ure spa terapie, vlotvaart op die Oranjerivier en ’n verwelkoming geskenk. Dit alles teen slegs R 2 500 per persoon!

Skakel ons vir meer inligting of besoek gerus die Orania Vakansieklub-blad op ons webwerf:

http://www.oraniahotel.co.za/oraniavakansieklub.php

Ons sien uit om julle eersdaags op Orania te verwelkom!

Een gedagte oor “Feeste, sterre en die bekendstelling van die Orania Vakansieklub

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s