Die verkiesing, politieke woelinge en selfbeskikking. Opsoek na antwoorde!

Afrikaner politiek is vir baie, sedert 1994, verwarrend en koersloos. Die Vryheidsfront Plus, wat as ‘n nis party Afrikanerbelange wil bevorder, se vertoning die afgelope verkiesing was pateties.

Die VVK, wat poog om ‘n verkiesing te reël om ‘n volks mandaat te bekom en om dan met die regering vir grondgebied en ‘n volkstaat te onderhandel se impak by die gemiddelde Afrikaanse kieser is gering. Sedert 1994, kon Afrikaner politici nog nie weer groot getalle kiesers lok nie en die VVK se poging bevestig dit. Waar munisipale dienslewering in duie stort, het keelvol Afrikanergroepe met belasting weerhouding begin en self baie funksies by munisipaliteite oorgeneem. Grootliks skaar hulle hul by die anti-Afrikaanse party, die DA.

Die vêrregses en ander praat-groepe boikot die stembus en hou hulle met verdagmakery besig. Pieter Mulder word gelykgestel aan Kortbroek van Schalkwyk en ander hans ANC’s. Hoekom hierdie gegryp na strooihalms en dislojaliteite? Waar lê die fout?

Kom ons begin met die VF+. In meningspeilings het die Afrikaner hom reeds te gunste van selfbeskikking getoon.  Hoekom gebruik hulle dit nie in hulle verkiesingsveldtog nie?  Het hulle die  kapitaalkrag om ‘n goed gefinansierde party soos die DA  te takel? Die DA word deur Naspers gesteun. Die VF+  het geen noemenswaardige media blootstelling nie. Met ‘n groot organisasie, onbeperkte media blootstelling en genoeg geld om andere mee te ko-opteer speel die DA die spel. Staan ‘n nis party soos die VF+ of enige minderheidsgroep ‘n kans teen so ‘n politieke masjien?

Op sy beurt staan die VF+ se organisasie weer kop en skouers bo die van dié  VVK. As die VF+ weinig hond haaraf kon maak by ‘n apatiese Afrikaanse kieser, hoe kan ‘n onbekende groepie vrywilligers op ‘n beter vertoning hoop? Die VF+  is landwyd bekend, het ‘n landswye organisasie netwerk en hulle kon nie oral kandidate stel nie. Daarteenoor moet ‘n VVK kandidaat homself landswyd bekend stel en stemme werf. Min mense is bewus dat die VVK wel bestaan. Die reël van ‘n verkiesing is ‘n reuse taak en om dit met so min middele aan te pak is absurd. Hoe onrealisties sal hulle konsepvoorstelle vir ‘n volkstaat nie dalk wees nie? Hulle bring dus nie die oplossing nie!

’n Moeiliker vraag om te beantwoord is hoekom die gemiddelde Afrikaner die DA omarm? Ons kom tog uit ‘n tydperk waarin ons stempatrone as ‘n etniese sensus gebruik kon word. Is dit dalk Naspers se mantel draai weg van Afrikanernasionalisme af ? Is dit dalk ‘n wantroue in Afrikaner politici na die onbeholpe mag oorgawe aan die ANC in 1994? Die DA wat opportunisties mense nader trek met beloftes van politieke nessies wat lekker geveer is, moet ook nie geringskat word nie. Hoeveel van die leiers van die belastingbetalers groepe wat in verset teen hul munisipaliteite gekom het is nie deur die DA gekaap nie? Hoeveel is dalk met ‘n goeie pos beloon vir hul ondersteuning? Die etniese Afrikaner en die DA het tog niks in gemeen nie!

Dat die  huidige politieke terrein nie in ons guns uitgelê is nie, inteendeel, dat dit eerder ‘n drukgang is wat tot ons uitwissing kan lei, is duidelik. Teen hierdie agtergrond is die vraag dan, ‘Waar laat dit ons t.o.v. selfbeskikking en ‘n volkstaat’? Duidelik buite die politieke kryt vir die huidige! Die grondwet het wel ‘n geleentheid venstertjie vir ons oopgelaat.

Hoe kan ons daardie opening die  beste benut? Orania is ‘n mooi voorbeeld van hoe! Daar is reeds met die taak van volkstaat bou begin en as werkbaar bewys. Die uitbouing van die infrastruktuur vorder goed. Inwoner getalle gaan normaalweg gepaard met beskikbare fasiliteite en werksgeleenthede en dié neem toe. Die beoogde patroon kry vorm teen ‘n stewige tempo. Belangstelling het eiendomspryse die hoogte laat inskiet wat ‘n bemoedigende en ‘n gesonde teken is hoewel dit dinge nou finansieel moeiliker  maak vir nuwe intrekkers. Die  dorpsbestuur voel die druk en werk daaraan om meer grond vir behuising beskikbaar te stel om sodoende pryse te temper.

Is die tyd nie dalk nou ryp vir die stigting van naasliggende dorpe nie? Omliggende dorpe om Orania as volwaardige Afrikaner  munisipaliteit te ondersteun, kan die saak net versterk. So ‘n paar omliggende dorpe wat ‘n blok vorm sal ook stimulerend vir die groter volkstaat gedagte wees.

Dorp stigting moet nie net met idealisme benader word nie  maar veral as ‘n besigheid. Orania, as voorbeeld, was stadigaan deur die veld verdring. Twintig jaar gelede is daar gelukkig ingegryp, verval is gekeer en die dorp het ‘n sterk groeipunt geword. Is dit nie genoeg motivering om iets soortgelyk aan te pak nie, veral as daar in ag geneem word dat Orania reeds goeie infrastruktuur naasliggend aanbied nie?

Die klaaglied dat Afrikaners nie kan saamstaan nie en dwarstrekkerig is, is ‘n mite. In situasies waar mense, enige mense, nog nie ‘n gevestigde orde tot stand gebring het nie of waar ‘n gevestigde orde ontwrig is, word daar gekibbel en gestry. Gedurende die Groot Trek was dit so, na die Tweede Vryheidsoorlog was dit so, na dr. Verwoerd se dood so en ook nou na de Klerk se oorgawe aan die ANC weer so. Alleenlik in bestendige omgewings kom daar orde en eensgesindheid. Kom ons strewe na so ‘n omgewing vir onsself!

Omdat Orania iets tasbaars is, ‘n plek waar mense woon en werk, ‘n plek waar belange gevestig raak, ontwikkel daar van nature ‘n eenheidsgevoel. Groei in die volkstaat, met Orania die vertrekpunt, sal sekerheid, bestendigheid en eenheid vir ons bring. Juis dit maak ‘n volkstaat nie net die moeite werd nie maar noodsaaklik!

Wat nodig is, is nie net groter betrokkenheid in Orania self nie maar ook bykomende inisiatiewe tot dorp stigting in dieselfde omgewing. Hoewel daar weswaarts, m.a.w. see toe gemik word, sal die finale volkstaat grense hulself bepaal.  As eerste uitbreidingsfase moet ‘n distrik, groot genoeg om as onafhanklike Afrikaner munisipaliteit te kan kwalifiseer en te funksioneer, die mikpunt wees.

Die prentjie deur die venstertjie met sy uitsig op ‘n eie Afrikaner Republiek lyk aanloklik. Mag daar dus nog mense, van die kaliber van wyle prof. Carel Boshoff en sy span, na vore kom om ook hul bydraes tot volkstaat ontwikkeling te kom maak!

54 thoughts on “Die verkiesing, politieke woelinge en selfbeskikking. Opsoek na antwoorde!

  1. Baie dankie vir hierdie waardevolle opsomming. Die Afrikaner is nie meer veronderstel om te bestaan nie – hulle moet nou maar skielik almal soos sneeu voor die son wegsmelt en op die een of ander manier almal ‘reënboogmense’ word. Die ANC-regime se dwangmatigheid i.v.m. byvoorbeeld die derduisende armlastige Afrikaners in hul plakkershutjies wat die ANC-stadsraad wil dwing om af te breek, is ‘n voorbeeld: hulle bied nie alternatiewe huisvesting aan soos dit onder die wet voorgeskryf word in sulke gevalle nie: hulle vertel maar net vir die mense dat hulle maar moet ‘voertsek’ en ‘ander huisvesting gaan soek.’ Maar die lewe werk nie so nie en ek kan nie sien hoe ‘n volk wat homself nou al vir 350 jaar lank handhaaf , sommer bereid is om stil-stil van die aardbodem te verdwyn soos die ANC so graag sou wil hê… Baie sterkte vir al die toekomsplanne. Ek hoop julle besef dat jul kieserspubliek nou brandarm geword het en dat dit eintlik aan die basis van al die probleme lê: die Vryheidsfront Plus het nie besef dat hulle skielik moes verander van ‘n politieke party na ‘n liefdadigheidsinstansie nie. Maar dit is presies wat gebeur het. Dit word tyd dat die Vryheidsparty ook besef dat hy nie sy heil in hierdie ongoddelike eenheilstaat kan soek nie al is dit ook al hoe aantreklik om hul salarisse as parlementariërs te bly ontvang.

  2. krakende kakebene

    Stem saam. Baie goeie artikel. Die brandende vraag wat ek nog altyd gehad het is…. gaan die ANC dit toelaat? Op die oomblik is Orania klein, alhoewel dit uitbrei. Maar wat gaan die klomp doen sodra hulle sien die Afrikaner het nou besluit om Orania en omliggende gebiede toe te trek, en ‘n defnitiewe sukses van die gebied maak. Daar is baie vrae wat beantwoord moet word, maar ek ondersteun die Orania beweging ten volle. Ons moet onthou, dit gaan ‘n lang en, soos die engelsman sê, ‘n ‘bumpy road’ wees. Maar daar is geen twyfel nie, die enigste manier hoe die Afrikaner gaan oorleef in Afrika, is deur middel van vryheid. En vryheid hier beteken ‘n eie land.

    1. Quintin

      Die antwoord op jou vraag of die ANC gaan toelaat dat ‘n groep Afrikaners in ‘n bepaalde streek ‘n eie republiek mag stig is irrelevant. Dit is nie vir hulle om te besluit of hierdie Afrikaners onafhanklik mag wees, al dan nie. Al wie seggenskap hieroor het is die Afrikaners wat in die bepaalde streek bly. Sodra hierdie groep ‘n oorgrote meerderheid is binne die bepaalde streek dan moet daar ‘n referendum gehou word. As die uitslag daarop dui dat die oorgrote meerderheid van die streek se inwoners onafhanklik wil wees dan kan hulle die terme vir afstigting begin onderhandel met die staat. Indien die staat die groep se behoefte vir afstigting afkeur moet die groep hul saak in die internasionale gemeenskap stel om ondersteuning te werf wat sal volg dat druk (handel, polities ens.) op die staat geplaas word om die groep se onafhanklikheid goed te keur. Indien die staat steeds weier dan kan die groep ‘n de facto staat stig en hul grense verdedig… Dat die ANC bereid gaan wees om oorlog te voer teen ‘n paar honderd duisend Afrikaners in ‘n gedeelte van die huidige is onwaarskynlik. Tog is dit nie onmoontlik nie. Indien ons die regte prosedures volg en die ANC steeds teen ons wil veg gaan dit verseker nie afhang of hulle ons toelaat om af te stig of nie, dit gaan dan eerder afhang van hoe doeltreffend ons ons reg op vryheid kan verdedig.

      Ek dink ons het ‘n groter kans vir oorlewing as ons die bogenoemde roete volg as wat ons in SA sit en wag vir beter dae onder die ANC se uitmergelende en bloedige heerskappy oor ons mense. Ek hoop jy stem saam en sluit aan by die Orania Beweging sodat jy kan help bou aan ‘n onafhanklike en welvarende toekoms vir die Afrikaner wat vryheid nastreef.

      1. krakende kakebene

        Dankie Quintin. Ek verstaan, en teoreties is jy reg. Ek hoop net ons kan dit doen. Ek is in die buiteland op die oomblik. Vertel vir my hoe ek by die beweging kan aansluit.

        Groete!

      2. Krakende Kakebene – dis baie maklik om aan te sluit by die Orania Beweging. Gaan net na http://www.orania.co.za – jy sal sien dat daar ‘n afdeling is nl. “Hoe kan ek betrokke raak?”. Jy kan ook altyd ‘n epos stuur na inligting@orania.co.za en se jy wil aansluit. Jy kan hulle ook bel by 053 207 0062. Vandag (31 Mei) is Bittereinderdag, wat ‘n publieke vakansiedag in Orania is, so indien jy Orania Beweging wil bel dan gaan jy hulle more in die hande kan kry. Hopelik braai ons nog eendag ‘n vleisie hier in die Afrikanertuiste! Sterkte.

  3. Quintin

    Hierdie nugter blik op sake wat alle Afrikaners raak wys baie duidelik die pad vorentoe vir ons. Die Afrikaners wat wil loskom van die ANC Regime moet ophou om ‘n tuiste te soek in parlementere partypolitiek. Die DA en VF+ het bewys dat geen opposisie party daadwerklik die Afrikaner se belange kan bevorder nie – bv. die DA staan nie vir Afrikaanse moedertaal onderrig, bevordering van die Afrikaner kultuur en Afrikaner vryheid nie dus bied hulle niks vir die Afrikaner behalwe ‘n “sterk” opposisie teen die ANC. Die VF+ staan op papier vir al die bogenoemde maar hulle voer dit nie uit nie en het dit reggekry om van byna 500 000 stemme in 1994 te daal na skaars 100 000 vandag. Dis a.g.v. die VF+ se onvermoë om hul eie missie uit te voer dat hulle in alle opsigte ‘n MISLUKKING is.

    Daar kan ‘n baie groter verskil gemaak word wanneer mens betrokke raak by die Orania Beweging en ‘n burgerlike regte organisasie soos AfriForum. Meeste Afrikaners weet wat die probleem is maar terwyl hulle nie blootgestel word en aansluit by Orania Beweging nie, kan hulle eenvoudig nie die oplossing sien nie… dus ontstaan daar organisasies soos die VVK.

    Die VVK en al die splintergroepe wat die Kommissie ondersteun het die regte idee maar hulle fokus is op die verkeerde plek. Die beginsel wat hulle ignoreer is eenvoudig: koop eers die grond, rig eie instellings met eie arbeid op, bestuur en ontwikkel eie instellings met eie arbeid en bekom nog grond – sodra daar genoeg grond, instellings en mense is dan hou jy ‘n referendum om te bewys dat jou burgers wil afstig. Daarna verkies jy ‘n kommissie wat na die SA regering toe gaan om terme te stel wat onafhanklikheid sal verseker. Jou gebied se onafhanklikheid MAG nie onderhandel word nie – slegs die terme van hoe dit sal geskied.

    Al wie hierdie pad stap is Orania en ons steun vir die Orania Beweging dra by tot die sukses wat behaal gaan word…. so sluit aan!

    1. Willem

      Ek sien jy noem AfriForum. Hulle saam met Solidariteit het die DA ondersteun tydens die verkiesing. Dit wil voorkom asof hulle so vêr gegaan het om hulle lede te verbied om VF+ te stem. Hulle is dan ook by die FW de Klerk stigting betrokke. Ek kry die gevoel dat daar alreeds ‘n gekonkel aan die gang is om ons strewe na selfbeskikking te ondermyn en al die kultuur en burgerlike regte organisasies is deel hiervan.

  4. Braam Rossouw

    Ek sit en bekyk die stoorie nou van 1994 af, en dit lyk nie goed vir die Afrikaaner nie. Ons is ingesweep met res van die bevolking en in die minderheid.
    As ons as wit swerwers wil bly voort bestaan, sal ons eerstens saam moet staan. Wat vir my lyk dit gaan nie gebeur nie. Of ons gaan Den Haag toe en pleid ons probleem daar. Die res van die wereld wil nie oor ons sukkel nie, hulle is te besig met hul eie agenda:hulle maak hul weë oop vir olie. Dit lyk maar sleg vir ons. In Orania lyk my net seker afrikaners kan daar gaan bly, dit is ‘n goeie konsep,maar ons is nog onder hulle kraal wette.

  5. Divan

    Baie goed gestel en baie waar! Daar is wel alreeds ’n soortgelyke organisasie wat al ’n geruime tyd besig is met beplanning om ’n dorp te ontwikkel. Besoek gerus http://www.eofsa.org. Dit is op die oomblik onder lyding van Andre Groenewaldt. Die organisasie is al in 2006 gestig dr Willem Frederik Pienaar as die Blanke Ekonomiese Forum. Die naam is intussen verander na Ekonomiese Ontwikkelings Forum van Suid-Afrika. Hulle planne klink goed en volhoubaar maar hulle kort dringend ondersteuning.

    1. Dankie Divan – ek het bietjie gaan kyk na die EOFSA webwerf en dit wat hulle probeer oprig is uit ‘n ekonomiese oogpunt gesien baie soortgelyk aan Orania. Een groot verskil is dat hulle nie staatkundige onafhanklikheid nastreef nie en binne ‘n swartmeerderheid nasiestaat wil bly. Ek het ‘n probleem hiermee want binne so ‘n nasiestaat word die belange van minderhede altyd opsy geskuif ten gunste van die meerderheid se behoeftes. Al hoe ‘n minderheidgroep daarvan kan loskom is om ‘n nuwe staat te skep. As mens nie van meet af ten doel het om onafhanklikheid van die nasiestaat te bekom nie, is jou fondasies op sand gebou. Ek het niks teen die nasiestaat van SA nie, ek sien myself net nie deel daarvan nie en beywer dus om ‘n onafhanklike Afrikaner Republiek tot stand te bring… ‘n land waarin ons en die nageslag werklik tuis kan voel en kan floreer. EOFSA bied nie vir my hierdie geleentheid nie terwyl Orania wel doen.

      1. Divan

        Dit is seker waar wat jy sê. Ek ondersteun hulle nog steeds, inteendeel ek ondersteun enige organisasie wat die Afrikaner se belange op die hart dra. Ek is al ‘n betalende lid van EOFSA vanaf 2006 en hulle het heelwat werkgeleenthede laat bied deur mense aan te moedig om blankes in diens te neem. Dit was aanvanklik hulle idee met hul stigting gewees – om die Blanke mense van Suid-Afrika ekonomies te bevorder. Hulle het intussen baie spoed verloor wat groei betref. Ek is ook ‘n lid van Orania Beweging. Ek is ook geregistreer by die VVK. Ek ondersteun die volkstaat idee ten volle. Maar op die oomblik het ons organisasies nodig wat die Afrikaner se saak op alle velde beveg. Ons het nodig om ons strewe na ’n vrye onafhanklike staat aanhoudend voort te sit, maar ons het ook die organisasies nodig om ons mense in tyd en wyl in die huidige bestel te ondersteun en hulp bied (soos AfriForum?). Op die oomblik het elke organisasie sy doel, soos dele van ‘n legkaart. My hoop is dat, en ek weet dis seker lugkastele bou, al die Afrikaner organisasies een of ander tyd in die toekoms hande kan vat en saamwerk.

  6. Willem is reg: daar was inderdaad ‘n gekonkel in die agterkamertjies met die De Klerk Stigting wat baie duidelik besig is om die Afrikaners se drang na ‘n outonome staat te ondermyn : http://censorbugbear-reports.blogspot.com/2011/05/freedom-front-dumps-5000-white.html

    Dit is hoekom ek ook voel dat meer Afrikaner-organisasies moet aansluit by UNPO, die Unrepresented Nations And Peoples’ Organisation in Den Haag; hulle het ook vir Paul Kruger van die VVK baie hoflik ontvang en baie aktief gehelp om sy volksmoord-petisie by die internationale geregshof in den Haag voor te berei en in te dien namens die Afrikanervolk. Op die oomblik is alleen die VVF+ lid van UNPO. As die Afrikaners op ‘n vreedsame manier op internasionale vlak hul outonome-bestaansreg wil beding in internasionale fora, is die UNPO die aangewese plek om by aan te sluit: hulle het reeds baie Balkan-state se onafhanklikheid beding, selfs klein volkies soos die Lette (maar net 3miljoen mense…) . Daar word dus nie onderhandel met die huidige kriminele ANC-regering oor soiets nie – dit word op internasionale vlak gedoen: die enigste kriterium vir enige onverteenwoordigde volk (soos die Afrikaners nou beslis is) is om te onderneem om hul selfstandigheid nie te probeer verkry met gebruikmaking van geweld nie. http://censorbugbear-reports.blogspot.com/2011/05/freedom-front-dumps-5000-white.html

  7. Willem

    Die negatiewe persepsie wat in die media van Afrikaners geskep word het dalk iets daarmee te doen. Die indruk wat ek kry is dat mense hulself nie meer as Afrikaners sien nie maar wel as Afrikaans sprekende blankes in Suid-Afrika. Mense sien wel al die korrupsie en geweld raak en besef die ANC is die vyand maar baie het vir die DA gaan stem so hulle glo moontlik dat daar nog “hoop” in die nuwe Suid-Afrika is.

    1. Tereg. Meeste is Afrikaans sprekend of eerder ‘Afrikaanses’. Die Afrikaner het nog altyd sy dwarstrekkers, verraaiers en Jingo’s gehad. Dan het jy jou klein opregte groepe Afrikaners gehad. Niks het verander nie.

      Die wat nog terug hunker na die ‘Suid-Afrika ideaal’ moet besef dat dit die ‘Mzanzi ideaal’ geword het. As hulle hulself daarmee wil skaar en daarvoor veg, dan is hulle, sowel as toekomstige generasies verlore in die grys kol wat ons vandag Mzanzi se reënboognasie noem. Hulle is deel van geen volk nie, maar wel die nasie van Mzamzi.

  8. Willie Cloete

    Ek voel ook die Volkstaat gedagte moet nou meer as ooit navore gebring word ons tyd loop uit hoekom se ek so.Daar het 17 jaar verloop en ‘n nuwe generasie is gebore die gedagte moet by hulle ook bly vasteek anders gaan hulle verlore in die liberale staat.

    Ons moet nou alle verskille wat daar is kan byle tussen die Boere Afrikaners en eengesind in die saak ingaan.Ek weet dit gaan moeielik wees maar moontlik.As ons aanhou dwarstrek dan sal ons kinders daaronder ly.Daarom almal wat wil iets vir ons kinders skep moet nou by die gedagte inval en ons kragte saamsnoer in een groot beweging.

    Dit is ‘n mondvol maar waar daar ‘n wil is is daar ‘n weg.

    Wat se julle.

    Willie Cloete

    1. Baie waar Willie. Onthou, die nuwe generasie is ’n spul Suid-Afrikanertjies, nie Afrikanertjies nie. Hulle is reënboog kinders. As die ouer generasies nie nou gaan help bou aan ’n beter toekoms vir hul volk nie, sal hul kinders nie eens weet wat die woord volk beteken nie. Verandering begin op voetsool vlak, nie by politieke partye nie.

  9. Pedro Victor

    Ek haal aan uit die boek: “THE OTHER SIDE OF HISTORY An anecdotal reflection on political transition in South Africa; p110-112

    “One of my more extraordinary experiences in this regard was when I was invited to open a conference in Orania. The founder of Orania is Prof. Carel Boshoff. I first met him 47 years ago. I has just written my fnal school examinations, and with a group of mates we went for a five -day hike over the mountains and through the streams of what was then the Eastern Transvaal. On the fifth day we ended up near Trichardtdal at a mission station of the Dutch Reformed Church. Out of a very humble little cottage walked a man wo introduced himself as Carel Boshoff. He also happened to be the son-in-law of Hendrik Frensch Verwoerd, the architect of apartheid. Over the ears we have had many public debates. Although we have differed fundamentally our relationship has always been one of mutual respect. When he asked me to open the conference, I said to him, “You know what my position is.” He said, “Yes.” I said, Can Jakes Gerwel or Neville Alexander (both political activists and classified Coloured by the previous Government) come and live in Orania if they wanted to?” He said, “Let my son answer that.” Young Carel said, ‘Yes. I said, ‘In that case I will come.”

    Die outeur van die boek was Dr Frederik Van Zyl Slabbert, leier van die amptelikke oposisie onder die Apartheid Regime. Die PFP was die direkte politeke voorganger van die DA. Sy analise van die ANC Regime bied antwoorde vir die vrae en stellings wat Oom Ben in sy skrywe vra en maak. Sy baie direkte beskrywings van die optrede van die NP onder FW de Klerk is besonder skokkend en insiggewend.

  10. Pedro Victor

    Die antwoord is dus nie een volkstaat nie maar wel twee. Die beste moontlikheid is vir ‘n federale volkstaat, onafhanklik van die ANC beheerde SA en gelee in die WES en NOORD KAAP. Die Volkstaat KAN NIE op grond van rasseskeiding tot stand gebring word nie want die wereld sal dit nooit aanvaar nie, tensy daar ‘n regte volksmoord teen blankes binne SA plaasvind. Die Volkstaat kan slegs op grond van TAAL EN KULTUUR tot stand gebring word. Die VOLKSTAAT MOET ALLE Afrikaanssprekendes insluit, dws ALLE KLEURLINGMENSE EN ALLE AFRIKAANSSPREKENDES. Die getalle bestaan binne die betrokke gebiede om so ‘n Volkstaat moontlik te maak.

    1. Pedro, ‘n volk of dan ‘n etniese groep ontstaan in ‘n situasie van afsondering. Gedagtewisseling en teling vind slegs binne die groep plaas. Gevolglik ontstaan daar ‘n groep met ‘n unieke taal en genepoel. As mens dan die genetiese kenmerke en volkspersoonlikheid van die groep wil beskerm en bevorder moet die omgewing, of ‘n soortgelyke een, wat aanleiding tot die groep se ontstaan gegee het, instand gehou of herskep word.Daar is dus wel van ‘n raselement in etnisiteit sprake. Die ‘kleurlinge’ is ‘n kollektiewe groep wat deur politici geskep is en dus kan mens nie veralgemeen nie. Onder hulle is daar wel Afrikaners wat ‘n geskiedenis met ons deel en wat ook geneties in ons groep val.Of ons die kloof wat met apartheid tussen ons ontstaan het sal kan oorbrug sal die tyd ons nog moet leer. ‘n Kantonstelsel is dalk die oplossing.Die basiese kriteria bly die genepoel en volkskarakter.

    2. Hoe kan jou idee werk Pedro?
      Kleurlinge, alhoewel Afrikaanssprekend het nie dieselfde kultuur as ons nie, of hoe?
      Dieselfde geld vir Afrikaanssprekende swartes en Indiërs. Hul almal het hul eie kultuur. Hoekom dan sou hul in die volkstaat wil kom bly en hul kultuur verruil vir ons sin? ’n Mens kan dit ook nie verwag nie.

  11. Pedro Victor

    Beste Roz,

    Ek dink Oom Ben het ten minste ‘n deel van die antwoord hierbo aan ons almal voorsien met die woord “Kantontelsel.” Dit is nie ‘n geval dat die bruinmense of kleurling Afrikaners in ‘n volkstaat wil of sal kom woon nie. Hulle woon basies reeds binne hulle eie Volkstaat, waarop hulle nogal trots is. Ene Vavi maak inderdaad melding van die feit en verwys na ‘n “OORKONSENTRASIE” van bruinmense in die Wes Kaap. Inherent erken hy dat hy volks en etniese regte wil ontein van die bruinmense (wat baie meer Afrikaner gesind is as wat jy besef). Voorts meld ons ook dat die Wes Kaap die geskiedkundige tuisland van alle Afrikaner gemeenskappe is. Dit is jou tuisland, my tuisland en die tuisland van die bruinmense. Dele van die Noord Kaap het ‘n soortgelyke geskiedenis. Daar bestaan dus gronde vir die volgende:

    Grondeise deur “blanke” Afrikaners wat ingestel word teen die huidige bestel.
    Grondeise deur kleurling Afrikaners wat ingestel word teen die huidige bestel.
    As voorbeeld bestudeer die skepping van die Staat van Israel.
    Baie mense wil ‘n Volkstaat stig, ek noem net die moontlikheid dat die Volkstaat reeds Geografies deur die geskiedenis en demografie gedefineer is. Dit bestaan feitlik, ons sien dit net nie raak nie want dit is te voordiehandliggend.

  12. Pedro Victor

    Dus stel u as doelwit die skepping van ‘n Volkstaat. Ek het vir etlikke jare gewoon aan die Weskus van SA in ‘n dorpie met die naam Kleinzee. Ek en my maatjies het lekker op die ou mynhope gespeel. Ek vermoed van hulle was dalk kleurlinge. Ons het saam Afrikaans gepraat en ek sien geen rede waarom ons nie saam kan woon nie. Volgens Dr Van Zyl Slabbert het Carel II ook geen probleem met die fokus op die positiewe gemeendskaplikke kultuur wat ons saambind met die kleurling mense nie. Die Wes Kaap se stemuitslae kan ons interpreteer as: ” Ons wil nie onder die ANC bestel woon nie, ons kies dus die DA omdat hulle huidiglik die mees gepaste opsie vir ons bied.” Die alternatiewe politieke beweegings bestaan nie en word nie genoegsaam gesteun nie. Wat nodig is, is dat die gemoedere in die Wes Kaap positief ingespan word. Dit is ‘n baie moeilikke taak gesien in die lig van die baie beperkte toegepaste hulpbronne. As die Afrikaner gemeenskap (Blank en Kleurling en Swart: ONGEAG RAS) werklik gemobiliseer kan word binne die Paradigma van ‘n Vryheidsstryd dan is die doelwit wat us stel maklik haalbaar.
    Eenvoudige vraag. Wat gebeur as Helen Zille more opstaan en verklaar dat daar ‘n referendum moet plaasvind binne die Wes Kaap Provinsie van SA omdat daar ‘n ernstige hunkering binne die bevolking van daardie provinsie bestaan om onafhanklik te word (af te skei/ to declare independence of) van die Republiek van Suid Afrika?

  13. Pedro Victor

    Beste Roz,

    Dienooreenkomstig dan ‘n tweede vraag:

    Wat gebeur as dit bekend word dat die voornemende “Republiek van die Kaap” versoek dat NAVO magtige dmv van die grootskaalse uitbreiding van Vlootbasis Saldanha en Vlootbasis Simonstad en all militere instalasies binne genoemde provinsie op grootskaal gebruik maak van die bogenoemde fasiliteite?

    Politiek word nie deur die mense beheer nie. Ons almal word gedwing om ‘n “Demokrasie” te aanvaar wat glad nie demokraties is nie. Dit is ondemokraties want die hulpbronne om aan die politieke proses deel te neem beperk is en omdat daar vir ons ‘n keuse van twee of drie opsies gegee word. Die woord in die konteks verwys na ALLE Suid Afrikaners. Dit is juis die idee wat Denis Beckett probeer oordra met sy Democracy Version Two konsep!

  14. I notice that as soon as Lara Johnstone/Andrea Murrhteyn or whatever name she choses to name herself this week, joins any discussion, soon there’s dissension, division, and a bad atmosphere. That’s why I have blocked her from my sites as much as I can. She should just stick to her worm-farm and her African-American murderer-husband ‘s problems on death row. There her gutter language is obviously of great use.

  15. Pedro Victor

    Beste Adriana,

    Ek dink mense moet almal hulle opinies kan stel op beskaafde en sinvolle wyse. Dit is inherent ‘n eienskap van enige groep dat daar verskillende opinies sal wees. Ons kan ook sommer ‘n eenvoudige formule stel en se hoe meer gevorderd die lede van die groep en hoe beter hulle opvoedingsvlak hoe groter sal die verskille van opinies wees. Ek het opregte waardeering vir Oom Ben se skrywe en sy opinies, vir die feit dat hy die moeite gedoen het om iets te skryf. Soos Van Zyl Slabbert dit altyd gestel het en soos my vriend Rudolf Herbst dit aan my stel: “Ons kan ook saam verskil en SAAM gesels.”

  16. Pedro, die benadering tot ‘n Afrikaner volkstaat is om ‘n staat te ontwikkel op grondgebied wat met
    Afrikaner kapitaal aangekoop is en met Afrikaner kundigheid ontwikkel is. Die negatiewe politieke klimaat waarin ons die volkstaat moet aanpak gee ons feitlik geen ander keuse nie as om dit op ‘n sake grondslag te doen nie. Privaatdorpe wat met ‘n gemeenskaplike doel, naamlik Afrikaner selfbeskikking , ontwikkel word, het die voordeel dat daar vereistes gestel kan word tov wie die aandeelhouer-inwoners kan wees. Niemand word ontwortel nie,niemand word verdryf nie. Hoewel Afrikaner-selfbeskikking die groot binder is moet die taak nie net aan die Orania Beweging oorgelaat word nie.Ander Afrikaner groepe moet ook aangemoedig word om met dorpstigting te begin.Die dorpe kan as kantonne funksioneer om sodoende ‘n groter variasie in denkrigtings te huisves.Ek glo nie dat daar juis sprake kan wees om die Wes Kaap daarby in te lyf nie. So ‘n inlywing sal op ‘n politieke ooreenkoms moet staatmaak en met die verskuiwing van rasse wat dit tot gevolg sal he, is die gedagte reeds doodgebore.Kom ons berus ons op ‘n kleiner gebied wat haalbaar en onder ons volle beheer is, eerder as ‘n groot gebied waar ons weer met ras en multikulti probleme sit. Klein landjies is tog die waarin die regering die naaste aan die bewoners is. Hulle is ook die landjies met die hoogste lewensstandaarde.

  17. Werner Smit

    Baie goeie berig! Ek dink meeste Afrikaners wil graag nog ‘n bestaan voort sit in Suid Afrika en meeste weet nie eers van Orania nie. Die DA voel vir meeste Afrikaners as die “regte” party om voor te stem, want hul is die party wat die ANC die meeste teenstaan itv kiesers getalle. Die VF plus kry beslis nie genoeg media publisiteit nie en ek was verstom toe ek Engelse VF + (FF+) plakate gesien het. Ek is trots om vir die VF + te stem, maar ek is nou eers bekommerd oor waarheen die party beweeg. Pieter Mulder is ‘n groot rolmodel en respekteer alles wat hy vir die volk doen. Ek dink nie ‘n volkstaat is die enigste oplossing vir die Afrikaner se voort bestaan nie, maar dit kan wel deel vorm van ‘n groter oplossing. Hoekom wil ons, onsself afsonder van die res van SA, as ons voorvaders eeue se klippe moes kou vir ons om vandag hier te kan wees met so ‘n ryk geskiedenis en infrastruktuur. Daar moet ‘n Afrikaner party wees, wat sy beleid baie duidelik maak aan alle Afrikaners en met groot skaal bemark word. Die woord Afrikaner moet ook sommer beklemtoon word in die party se naam en baie duidelik gestel word dat dit ‘n nie-rasistiese party is en slegs uit is daarop om Afrikaner belange te bevoordeel (Amper soos BEE wat swarte Suid Afrikaners bevoordeel) “Dis net jammer dat die AWB reeds Afrikaner in hul naam gebruik”, want hul het ongelukkig nie ‘n goeie beeld al ooit gehad nie.

  18. Willem

    Die Orania bestuur het nou al 20 jaar se ondervinding in die stigting en bestuur van Orania. Daar moet seker iewers ‘n oud onderwyser of dosent wees wat ‘n kurses rondom die onderwerp kan ontwikkel. Mense kan dan leer hoe om nog ‘n Orania te vestig en te bestuur sonder om die wiel van voor af te ontdek. Orania kan dan as ‘n bloudruk dien vir enige ander soort gelyke ontwikkelinge.

  19. Pedro Victor

    Beste Oom Ben,

    Ek stem ongelukkig nie met u saam nie. Ek verstaan waarom u die kleiner dorpie strategie wil volg maar as dit 20 jaar geneem het om Orania te ontwikkel, hoeveel eue sal dit nie neem om ‘n haalbare volkstaat te ontwikkel nie. U Benadering reflekteer wel die meer konserwatiewe denke van mense soos Paul Kruger en Piet Cronje. Ek besef opreg dat dit ‘n ontsaglikke moeilikke taak is wat ons as mikpunt stel maar as mens die Tweede Anglo Boere Oorlog in gedagte hou dan onthou ek hoe Deneys Reitz skryf van ‘n boere Generaal, of De Wet of De la Rey wat na ‘n belangrikke oorwinning toegekyk het hoe Piet Cronje die Britte laat ontrek het en stil gese het: “Los jou ruiters, los jou ruiters.” Die betrokke generaal het natuurlik die konsep van die vernietigingsslag begryp wat Generaal Cronje eenvoudig te oordentelik was om te voer.

    Adriana noem tereg dat ons meer oordentelik moet wees in hoe ons met mekaar handel, maar ek dink ons jonger mense voel dalk dat ons te versigtig en te oordentelik met ander volke handel. In die verband kan ons weer kyk na die Tweede Vryheidsoorlog: Jan Smuts was ten gunste van ‘n aggresiewe strategie van mobiele kommandos wat spoedig die Kaap en Natal sou binneval voordat die Britte genoeg troepe per see kon ontplooi om die Boere te oorompel. Sy strategie sou ongetwyfeld die oorlog gewen het maar meer konserwatiewe denke het tot ‘n passiewe verdedigingsaksie gelei wat Britanje in staat gestel het om geleidelik ‘n enorme oormag te ontplooi wat die Boere se mobiliteit toe stelselmatig gewurg het. So is my oupa grootjie se swaer, Mathys Olivier in die Brandwater omsingel saam met, as ek reg onthou 3000 kamerade. Ek praat liefs nie van Oupa Greyling nie want wat met hom gebeur het ontsel my.

    Die Israeli model was gebaseer op die vestiging van landbou kollektiewe plase: Kibbutzim. Dit sal slegs werk as daar genoeg mense is wat betrek word en dit sal slegs gebeur as Afrikaners kollektief so arm is dat hulle hul middel klas lewensstyl kwyt is. Dit is die dat Orania stadig groei en dis die dat daar net een Orania is.

    Ek ondersteun glad nie die konsep dat ras so ‘n groot rol in die definisie van die Afrikaner speel nie. Ek beskou alle Afrikaanse kleurling mens as outomaties deel van die Afrikanervolk. Ek kan u die versekering gee dat baie van hulle ook so voel. Dit sal geen leed aan die “blanke” Afrikaner doen nie want mense vermeg eintlik glad nie soveel soos mense dink nie. Ek gee in elkgeval nie om watter kleur iemand is nie, as hy my taal praat, my waardes deel en bereid om te stry vir selfbeskikking dan is hy my kameraad. Net soos ons getroue agterruiters van ouds. Net soos ene Baantjies wat seketaris was van die ou Republiek (vra vir Rudolf Herbst hy het al herhaldelik melding gemaak van die feit). Blanke mense en kleurling mense kan binne ‘n kantonstelsel of selfs ‘n federale stelsel saamleef sonder dan een groep baas oor die ander groep speel. In agenome die onetiese en immorele Apartheidsbeleid sal bruinmense dit verwelkom om hulle eie land te he waar hulle nie onder blanke of swart heersers moet leef nie. Beide die ‘blanke’ en kleurling Afrikaner sal dus ‘n tuiste het. Aangesien die Portegese eerste by Saldanha Baai was kan die Portegese in SA hulself met groot liefde daar gaan “oorkonsentreer” en dan kan hulle ook ‘n klein streek bekom.

  20. Pedro Victor

    Dit is ook my opinie dat die doelwit is om ‘n volkstaat daar te stel maw ‘n onafhanklikke sovereine staat sonder korrupte en onbekwame bestuur. Die doelwit impliseer dus die konsentrasie van ‘n etniese groep, in die geval die Afrikaners, binne in sovereine grondgebeid. Sateliet photos wat ek al laasjaar bestudeer het toon dat daar baie geleentheid bestaan vir die skep van vakansie en golf oorde aan die weskus. Daar is baie klein dorpies wat ontwikkel kan word en waar Afrikaners hulself gemaklik en stelselmatig kan gaan “oorkonsntreer.” Baie mense sal miskien nie Orania toe wil gaan nie, ek ken die NoordKap en die Kalahari ook goed want ek en Hendrik, my swart maatjie, het altyd daar gaan speel en jag…nadat die patrolies verby gekom het. Dis glad nie so lekker as by die see nie want by die see kan ‘n mens baie meer dinge doen en die klimaat is meer gemaklik.

    Roz die feit is dalk dat die meeste Afrikaanse mense DA stem omdat die VF se leier, Pieter Mulder, in die kabinet gaan dien het van die ANC regering. Dus ondersteun sy regse volgelinge nou eerder die DA wat as meer geloofwaardig gesien word (nie heeltemal sonder rede nie!).

    SA se politiek is rasse politiek. Maar dit is besig om baie stadig te verander. Daar sal altyd plek wees vir die konsep van ‘n inklusiewe Afrikaner volkstaat in die Wes Kaap of langs die Weskus….tensy ons te lank wag dan is die kans verby en dan sal ons nooit die ideaal kan bereik nie.

  21. Pedro Victor

    Ek haal aan uit die boek “Commando” deur Kol. Deneys Reitz:

    “Great clouds of dust billowed over the veld as the troops withdrew, and the manner of their going had every appearance of a rout. There were about 10,000 soldiers, but General Joubert had far more than that number of horsemen ready to his hand, and we fully looked to see him unleash them on the enemy, but to our surprise there was no pursuit. I heard Christian de Wet mutter, ‘Los jou ruiters; los jou ruiters’ (loose your horsemen-loose your horsemen), but the Commandant-General allowed this wonderful opportunity to go by, a failure that cost us dear in the days to come.”

    Dit was toe Gen Joubert en nie Cronje wat die fout gemaak het. Jammer vir die fout. Dit som vir my die tragedie van die Afrikaner geskiedenis sedert onafhanklikheid van Britanje op. Swak planne, swak leierskap, ‘n Oligargie wat dmv ‘n geheime “Broederbond” hulself veryk het en ons volk op die kritiese oomblik in ons moderne geskiedenis eenvoudig uitgelewer het.

    http://en.wikipedia.org/wiki/Deneys_Reitz

  22. Pedro, Orania se twintig jaar lange bestaan as volkstaat groeipunt verteenwoortdig ‘n tydperk waarin die Afrikaner eers ‘n paar kopskuiwe moes maak tov die toekoms. In die tydperk is daar van sterk verwerping en belaglikmaking van Orania beweeg tot ‘n positiewe siening. Deesdae, tenspyte van Naspers en die SABC se negatiewe beriggewing, is mense of neutraal of openlik opgewonde oor Orania as Afrikanertuiste. Mens sien dit duidelik in Orania self waar groei die afgelope drie jaar die vorige sewentien jaar se groei by verre oortref. Die weerstand teen die idee van ‘n volkstaat is nou gebreek en al hoe meer mense beskou dit nou as ‘n oplossing.Die waarde wat in Orania aan eiendom toegevoeg is moet nog net onder die aandag van beleggers kom om met soortgelyke projekte te begin.Onder die verarmde deel van ons groep is daar baie potensiaal en talent wat net wag vir die regte geleentheid om benut te word.Sulke geleenthede moet net geskep word tot voordeel van alle partye.Die doelwit: Afrikaner opheffing benader as ‘n sake transaksie met resultate as oogmerk en nie as ‘n politieke besluit, waar geld bloot op ‘n probleem gegooi word nie.

  23. Daniël Laäs

    Ek moet mnr Le Roux prys vir die akkomoderende toon waarin die artikel geskryf is. Meeste mense, ek ingesluit, is geneig om oor krities en afbrekend te raak wanneer hulle met ander groepe en menings verskil. Mnr Le Roux bewys dat jy jou eie opinie reg kan bewys sonder om iemand anders noodwendig verkeerd te bewys.

    Quintin, ekt jou opsomming dat die ANC ons nie hoef “toe te laat” om te sesseer nie regtig geniet!

    Ek is besig om my regskripsie te skryf oor Afrikaner sesessie. Ek hoop om ‘n vereenvoudige weergawe wat minder regstegnies is te publiseer.

    Een ding wat ons Afrikaners moet besef is dat die ANC nie ons vyand is nie. Ook nie kommunisme of vér linkses nie en verseker nie swartmense in geheel nie. Ons grootste vyand is apatie. Die feit dat 60 000 “afrikaners” eerder in Perth sal bly as om aan ‘n Volkstaat te werk is hartseer bewyse van hoeveel mense apaties (selfs skaam) oor hulle Afrikaner identiteit is.

    Ons hoef nie die ANC Regering te oortuig om vir ons ‘n Volkstaat te “gun” nie. Maar mede Afrikaners om daarvan deel te raak. Daarna is ware sesessie nie net moontlik nie, maar waarskynlik.

    In dieselfde asem moet ons ook meer positief oor en trots op wees wat ons reeds beryk het en hoe ons elke dag vorder.

    Orania Voorwaarts
    Die droom word moontlik, dan waarskynlik en uiteindelik onkeerbaar!

  24. Pedro Victor

    Beste Oom Ben en Daniel,

    Dankie vir julle antwoorde. Ek verstaan wel die belangrikheid van Orania soos u dit nou uitlig. Dankie vir die sinvolle wyse waarop u dit stel. Ek vra net dat u ook verstaan dat daar van ons mense is wat vreedsaam maar met baie meer, kom ons noem dit ywer, wil werk en bou en nie noodwendig aan Orania nie maar wel bydraend tot die bree konsep van ‘n Volkstaat. My visie sou wees vir ‘n Federale Volkstaat wat insluit ‘Blanke,’ kleurling, Boesman en swart Afrikaanssprekendes. Die inklusiewiteit van die konsep vergemaklik enige regsaspekte en ook enige bemarkings en publisiteitsaspekte. Dit is onmoontlik om die konsep effektief te kelder met enige bewerings van rassisme waarvan ons altyd beskuldig word en seker sal word. Die bekombare grondgebied deur die strategie te volg is baie groter as wat ons sou verkry uit ‘n inklusiewe ‘blanke’ Volkstaat. Eties sou ons arm mense kon ophef en sou dit vir die ganse wereld duidelik wees dat ons nie die booswigtigte is wat die wereld media ons uitmaak om te wees nie. Dit is ‘n wen wen senario vir die Afrikaner.

    Daniel ek sou se dat die ANC wel ‘n groot hindernis in die pad van die Afrikaner is. Ek sou se dat die ANC vir alle Suid Afrikaners al hoe meer voorkom as ‘n onvernatwoordelikke en onetiese groep wat mense se verlede uitbuit om ‘n klein groepie te verryk. Net soos die Broederbond gedoen het onder Apartheid, so doen die ANC nou onder ‘demokrasie.’
    Swartmense sien ek beslis nie as die ‘vyand’ nie. Daar is jy heeltemal korrek. Die Afrikaners wat oorsee woon is nie apaties nie, hulle is gedemoraliseerd. Hulle het opgegee. Hulle kan wel waardevolle steun verleen en ons moet hulle waarde glad nie onderskat nie.

  25. Pedro Victor

    Oom Ben,

    Die konsep van ‘n besigheid gebaseerde startegie vir Volkstaat ontwikkeling het wel baie meriete. Mense sal eenvoudig baie meer gemotiveerd wees om deel te neem en by te dra as daardie strategie aangewend word.

  26. Pedro Victor

    Aan Almal,

    Ek meld maar net aangesien ons mense het wat almal geleerd is dat ek wel my kursus by Kovsies in Rewolusionere en Teen-Rewolusionere Oorlogvoering geslaag het! Hulle het toe uiteindelik maar vir my my graad ook maar gegee. Die rede waarom ek dit noem is nie dat ek geweld bepleid nie, trouens ek is daarteen gekant. Wat ek wel wil noem is dat ons na aanleiding van die aktiwiteite wat ons op Facebook sien ver gevorderd is met die eerste fase van Rewolusionere Oorlog soos gedefinieer deur Che Guevara en Mao Tse Tung! Ek dink ons mense besef nie altyd dat die hef in hulle hand baie groter is as wat hul vermoed nie?

  27. Kalahari blues

    Manifesto: Afrikaners and the alleged proposition of cultural suicide

    INTRODUCTION:
    The Poet Breytan Breytanbach once said that he believes the Afrikaans language will not outlast him in this lifetime. I am sorry to say but that prospect seems very real.
    It seems the greatest harm that is currently done against the Afrikaner is by its own intellectuals, leaders and those that spit their gal in our dining rooms where our children hears that utter negativity. The youth takes us on our word and denounces the values that must protect and ennoble him.
    I created a Manifesto that proposes the continued existence of Afrikaners and their language Afrikaans.

    1
    The Afrikaners must accept the fact that they are a minority cultural group and only represent a small fraction of the total diverse population of Southern Africa.
    2
    The Afrikaners must accept the fact that they are not anymore in the position to entertain the idea of governing the Republic of Southern Africa.
    3
    The Afrikaners must further accept the fact there is a full scale attempt to slowly abolish all Afrikaner and Nationalistic characteristics in government and South African contemporary society.
    4
    The Afrikaners must further accept the fact that legislation is written in a way that dramatically changes the socio/economic conditions for Afrikaners and their future generations.
    5
    The Afrikaner must further accept the fact that the education curriculum now and the future deny ignores or criticize the heritage, contribution of Afrikaners in history.

    Our Children are taught to subtly denounce their history and their culture to integrate with the national mandate and opinion of the government.

    6

    A clear propagandist attempt through different media is perpetuated by government not only to abolish the Afrikaners political agenda of the past and the future but also to diminish its cultural identity and impetus. To achieve such ends they attempt to indoctrinate and influence our youth that is impressionable to majority opinion of the masses and we as Afrikaners adults is not helping or guiding.

    7

    Afrikaners must caution themselves to confuse politics with culture. Given the fact that we lost the political advantage in 1994 did not mean we lost our cultural identity and inheritance.

    It is time that Afrikaners stop to entwine the two concepts and start focusing on the cultural/intellectual aspect of what it means to be called an Afrikaner.

    8
    Our cultural minority status is the same as the Jews and Afrikaners leaders can benchmark the Jewish model in regard to successfully advancing themselves in a diverse country and how they regulate, preserve and advance their culture.

    9
    Afrikaner parents and leaders have failed to protect and to transmit the rich inheritance of Afrikaner history, lore, litrature, arts and sciences to it children and youth.
    Currently it is observed that only two out of ten Afrikaner children knows the story of Dirkie Uys, the song Sarie Marias and the poem Klara Majola.

    10
    The Afrikaner cultural identity is only as strong as its members practicing, advocating and protecting its tenets, activities, rituals and ceremonies.
    It is the responsibility of Afrikaner intellectuals to revive and restore an Afrikaner renaissance that makes a willing Afrikaner population proud and unified along his symbols and meaning in South Africa.
    It is the responsibility of Afrikaner intellectuals and leaders to contextualize and restructuring Afrikaner values and principles for easy application and practice by normal Afrikaner communities.

    11

    The Afrikaner will only prove strong and independent if it starts regulating and sustaining his cultural community by actual socio –economic projects that attempts to empower its members.
    Solidarity is a good example where the funding of Afrikaner members that bought into the vision of this organisation started protecting the interest of its members by creating a world class Technikon, welfare service and the best legal department of all trade unions in Southern Africa.
    Its affiliate the civil rights movement Afriforum is currently busy with a ground breaking legal case against the defamation of the Afrikaner dignity and is really challenging the idea that Afrikaners is a defeated culture that does not deserve future mention.
    The funding of these organisations is done by normal working Afrikaner people that believe in the sustainability and future growth of the Afrikaner people. These organisations need to be protected and supported by all cost.
    12

    With the proposed sustainability program Afrikaners must ensure and avoid at all cost the degeneration and increased poverty of its community and distil a spirit of well being, prospect and
    and the desire to achieve merit for the Afrikaner way of life.Acheivements needs to be championed and the results needs to be published and promoted globally.

    Christian and Afrikaner based education systems and infrastructure needs to be created to ensure the continued performance and success of it students and funds needs to be available for further tertiary education.

    13.

    The core principles of a sustainable and self regulating minority called Afrikaners under government legislation are not negotiable and any future proposals that disadvantage Afrikaners must be constantly challenged in a court of law. Active and constructive protest must commence with a sense of urgency and brought under the attention of the international community, United Nations and Human rights watch dogs.

    A mute and lethargic Afrikaner community that allows the continued deprivation of its rights will in the future lose all it rights and will be subjected to tyranny.

    14

    Afrikaners must also be aware of the rights and the cultural dignity of other diverse groups of the South African population and ensure that they do not infringe those rights as the same is expected of those groups.

    Afrikaners will be an exemplary example of law abiding and productive citizens that helps with the protection of a Stable South Africa and the economic advancement of the country.
    Afrikaners engage positively and constructively with government to ensure the best interest of the Republic South Africa.

    15
    Afrikaners must forgive themselves for the atrocities of the Apartheid regime but it wrong to assume that Apartheid is the same meaning as Afrikaner.
    Afrikaners must drop that specific baggage of the past and continue its evolution as a culture that learned a lesson regarding the value of human dignity, freedom and equality.
    Afrikaners must defend themselves against any further accusations and apartheid labelling by anyone. Post War Germany constructively worked on the lessons of Nazism and continues today to be a great nation.

    16-CONCLUSION

    Silence and educate the embittered individuals between our ranks that propose a nihilistic and defeated existence as a community!
    Silence and educate those that propose cultural suicide of the Afrikaner and leaving its children without root and meaning.
    Silence and educate those that propose a quasi/cross cultural eclectic mix of diverse influences into the Afrikaner body of thought confusing our peoples.

    EENDRAG MAK MAG!!

  28. Hennie Buys

    Ek wou net ‘n opmerking maak oor hoe Israel hulle onafhanklikheid benader het en as jy hulle geskiedenis lees dan was dit ‘n taamlike goed deurdagte proses.

    Hulle het, soos teregtelik gese is’ “kibbutzim” opgerig deur die hele destydse Palstiena. Op die stadium toe hulle in 1948 hulle onafhanklikheid geproklameer het was hulle eenvoudig in die meerderheid. Dit is ‘n proses wat al net na die 1ste wereld oorlog begin is.

    Wat ek probeer se met die stukkie geskiedenis hierbo is dat as jy daarna kyk het dit hulle om en by 45 jaar gevat om daardie doel te beryk, ek glo dat ” Kibbutz” tiepe stelsel van grond gebied gebruik en besetting dalk vir die Afrikaner net so goed kan werk om sy eie outonome grondgebied te kan opeis.

    Dit is dalk iets om na te kyk.

    Dankie vir die artikel, dit gee mens definitief stof tot nadenke.

  29. Pedro Victor

    Bravo Hennie!

    Dankie vir u respons! Ek dink Oom Ben is stadig maar seker besig om vir baie van ons soos ‘n hedendaagse Paul Kruger te lyk. Hier word sinvol gepraat en positief gevorder. Dankie ook aan Quinten en Roz vir al die werk wat hulle doen. Die idee van die kibbutz is ‘n baie goeie konsep om as model voor te hou. Ons kan ook kyk na ‘tourisme kibboetse’ waar ons mense hul eie vakansie oorde as kooperatiewe besighede stig in bedryf binne die Noord en Wes Kaap! Fabrieke ens kan ook as ekonomiese basis dien.
    Daar is BAIE mense wat soos ons dink en voel, baie is bang en stil maar hul denke kan die regime nie steel nie en hul oortuiging sal nie deur ‘n koel gestuit word nie.
    Mbt Israel vra ek graag dat mense gaan lees oor twee Israelis sodat ons miskien meer bewus kan wees van die kaliber van optrede wat nou van ons verwag word:

    http://en.wikipedia.org/wiki/Isser_Harel

    http://en.wikipedia.org/wiki/Yohai_Ben-Nun

    Net ter interresantheid gaan lees as julle kan bladsy vyf van die Star (01/06/2011). Die fotos vertel die verhaal beter as wat ek kan.

    http://www.thestar.co.za/another-day-another-boeremag-drama-1.1077699

  30. Pedro Victor

    Soos ons in die video sien, word daar nogsteeds nuwe groot state gebore. Dus kan ek nie sien waarom die Afrikaner nie sy eie staat kan he nie?

  31. Dit is inderdaad so dat Orania ‘n edel poging is om vryheidsgesinde Afrikaners ‘n heenkome te bied, maar sedert ons volksplanting en ten spyte van veel erger teenslae as wat ons op hierdie oomblik in ons geskiedenis beleef, het Afrikaners nooit in groot getalle in die Noord-Kaap gaan vestig nie. Die volgehoue pogings van wyle prof. Boshoff en sy medewerkers om gedurende die afgelope twee dekades Afrikaners in noemenswaardige getalle na Orania te lok, het ongelukkig ook nie resultate opgelewer wat gemaak het dat Afrikaners in groot getalle daar gaan vestig het nie. Vrywillige verskuiwing van massas mense vind meestal plaas op grond van ekonomiese dryfvere en daarom dat Orania steeds minder as 1000 inwoners het sedert die dorpie se ontstaan as sogenaamde groeipunt vir ‘n Afrikaner-volkstuiste.

    Hierteenoor het meer as ‘n halfmiljoen Afrikaners sedert 1994 die land verlaat om elders in die wêreld te gaan vestig waar hulle brood en botter kan verdien en waar daar vir hulle en hul gesinne ‘n heenkome is met alles wat hul harte kan begeer. Dit is ook om hierdie rede dat baie Afrikaners wat reeds elders gaan hervestig het, al hoe minder terugverlang na SA en na mate hul kinders volwassenheid bereik, sal hulle waarskynlik nooit meer terugkeer nie – ek ken persoonlik baie sulke Afrikaners oorsee.

    Die feit dat groot getalle Afrikaners nie oor die nodige kwalifikasies of finansiële middelle beskik om oorsee te gaan vestig nie, het ook nie daartoe gelei dat hulle in enige noemenswaardige getalle na Orania verhuis het nie. Ingesluit by hierdie groep is werklose en verarmde Afrikaners wat ook nie sedert 1994 in Orania gaan vestig het nie; hulle beloop reeds meer as 600 000 en plak rondom dorpe en stede waar hulle hoop om werk en ‘n heenkome te vind. Hoe gaan hierdie Afrikaners, waarvan die getalle daagliks aangroei, ooit ‘n heenkome in Orania vind?

    ‘n Volgende groep wat nie kan emigreer nie, is ekonomies verbonde aan hul onmiddellike omgewing, hetsy vanweë sake- of werksgeleenthede en waarvan baie oor vaste eiendom beskik wat hulle nie sal agterlaat om iewers in ‘n semi-woestyn van vooraf ‘n nuwe lewe te gaan opbou uit niks uit nie.

    Dan is daar die groep wat oor alles beskik om te kan emigreer, sommige waarvan skatryk is, maar wat enigiets anders sal oorweeg behalwe as om uit hul gerieflike en omgewingsvrendelike bestaan na ‘n onderontwikkelde omgewingsonvriendelike gebied soos Orania te verhuis; baie van hierdie mense is ook vryheidsgesinde Afrikaners. Onder hierdie mense tel ook die paar duisend Afrikanerboere wat oorgebly het nadat die ANC sedert 1994 op georkestreerde wyse hulle mede-landbouers van hul plase af weggedryf het, of wat uitgemoor is deur die swerwende roof- en moordbendes wat ons almal so teister. Die feit dat veel meer Afrikanerboere elders in Afrika ‘n heenkome vind waar hulle kan voortgaan om hul kundigheid aan te wend en nou selfs in aansienlike getalle na Georgië verhuis waar hulle met ope arms en allerlei voordele ontvang word eerder as om in Orania te gaan vestig, beteken tog net een ding: Orania bied nie ‘n aanvaarbare heenkome vir hierdie mense nie.

    Orania as groeipunt is hoofsaaklik en vir alle praktiese doeleindes slegs afhanklik van die Oranjerivier. Hierdie rivier ontspring in Lesotho en vloei dan vir etlike honderde kilometers deur die ANC-beheerde RSA asook deur die RSA-beheerde Gariepdam, voordat dit uiteindelik Orania bereik. Dit is tog uiters riskant om die Afrikanervolk se toekoms op so ‘n wyse oor te laat aan ‘n enkel natuurlike bron waaroor Afrikaners self nooit beheer sal kan uitoefen nie. Voeg hieraan toe die RSA-regering se duidelike pogings om vir skaliegas in die Noord-Kaap te eksploreer wat, indien dit sou blyk ontginbaar te wees, sonder twyfel duisende werklose Afrikane vanuit die RSA en die res van Afrika sal lok.

    Die VN se Deklarasie oor Inheemse Volke is besonder duidelik wat betref grondgebied. Die bruinmense in die Noord-Kaap is en was nog altyd die meerderheidsbesetters van daardie gebied en hulle is direkte afstammelinge van die Khoisan, wat as ‘first nations’ daardie gebied reeds vir etlike duisende jare bewoon. Afrikaners sal nie enige groter aanspraak op grondgebied ooit in die Noord-Kaap geniet as wat die bruinmense reeds geniet kragtens die internasionale reg nie. Afrikaners wat dus hoop om ‘n soewereine staat daar te vestig, sal sonder twyfel hulleself vasloop teen die internasionale gemeenskap en wat die ANC sonder twyfel sal uitbuit op grond van internasionale regsbeginsels.

    Afskeiding van ‘n eenheidstaat deur ‘n minderheidsvolk is ‘n baie moeilike regsproses. Solank as wat Afrikaners deel is van die RSA-eenheidstaat, soos Orania ook is, sal hulle altyd ‘n steeds kleiner wordende minderheidsvolk bly wat mettertyd verswelg sal word in ‘n see van Afrikane. Die enigste wettige manier waarop ‘n minderheidsvolk vandag grondgebied kan bekom met die oog op territoriale soewereiniteit, is by wyse van internasionale erkenning ná afskeding van die betrokke gebied; alle internasionale regskenners en meningsvormers is dit eens oor hierdie feit. Een van die belangrikste faktore waarna die internasionale gemeenskap en spesifiek die internasionale reg kyk wanneer ‘n minderheidsvolk wil afskei, is of daardie volk in die betrokke grondgebied histories enige vorm van staatkundige outonomie geniet het. Afrikaners het nooit enige soewereiniteit in die Kaapkolonie geniet voor Britse kolonisasie in 1795 en weer in 1806 nie.

  32. @Cor. Jy skryf ‘n lang relaas en maak heelwat wilde en ongegronde stellings! Ek sal poog om jou punt vir punt te beantwoord.

    Kom ons begin by historiese aansprake.
    Ek neem aan dat jy met gebiede wat reeds outonoom was na die Boere Republieke verwys. As dit so is hou dan in gedagte gehou dat erkenning aan hulle gegee is deur Brittanje. Dit was ‘n ooreenkoms tussen Afrikaner/Boer en die Engelse. Die swart bevolkings wat ook in hierdie gebiede woonagtig was is bloot oor die hoof gesien asof hulle gladnie bestaan het nie! In vandag se politieke omgewing sal hulle aansprake dalk die swaarste weeg.
    Hou ook in gedagte dat alle grense soos ons dit ken, van ‘n koloniale aard is. Om dan sommer die Noordkaap as histories kleurlinggebied te verklaar is ‘n veralgemening.Om Afrikaner aktiwiteit in die gebied te meet hoef mens bloot maar ‘n landkaart te vat en die dorpe met Afrikaanse name te soek. Hulle is volop! Van ons grootste digters en skrywers kom ook uit hierdie wereld.

    Demografies gesien is die Noordkaap by verre die haalbaarste.
    Die bevolkingsdigtheid is laag maar die gebied het ‘n goeie ontwikkelingspotensiaal,wat dit ideaal vir hervestiging maak. Die Koi en San was wel in die gebied woonagtig maar hulle was nomadies en ook nooit getalsterk nie.’n Sterk historiese aanspraak op die hele gebied het hulle dus nie! Hoewel daar bewyse van eertydse bewoners, in die vorm van rotstekeninge, in die omgewing van Orania is, sal dit moeilik vir enige spesifieke groep wees om aansprake daarop te baseer! ‘n Grondeis was wel teen Orania ingestel en vergoeding was,deur die regering, betaal.Grondeise is dus nie ter sprake nie!

    Die Oranje as waterbron.
    Sou enige regering dit wel kon regkry om die loop van die Oranje te keer om by Orania uit te kom sal hulle iets soortgelyks by enige ander vestigingsgebied ook kan doen. Die beswaar is ietwat verspot! Ter vergelyking kan ek net noem dat Egipte, met slegs een persent bewerkbare landbougrond,langs die Nyl, 80 miljoen mense voed.Die Nyl se bolope begin ver weg in Midde Afrika en sy gang was nog nooit agv politiek versteur nie!

    Skaliegas ontginning.
    Of dit ooit ‘n werklikheid sal word is ‘n ope vraag.Hoe dit Orania en verdere gebiedsuitbreiding kan raak is ook net spekulasie! Die grootste gebied waar sulke ontginning moontlik kan plaasvind is in die Ooskaap. Laat ons dus nie die bobbejaan agter die berg loop haal nie. Gauteng, daarenteen sit met werklike probleme in die vorm van suurmynwater.

    Orania se lewensvatbaarheid.
    Tenspyte van die aanvanlike teenstand en ‘n veldtog wat daarop gemik was om die Oraniaprojek in die kiem te smoor floreer Orania vandag! Baie weerstand en wanpersepsies moes eers uit die weg geruim word maar groei lyk nou belowend. Baie moet en sal nog in plek moet kom alvoor daar ‘n sterk migrasiepatroon kan begin.Om te verwag dat mense uit die staanspoor die gebied sou toesak is onrealisties. Slegs in ‘n geval van ‘n gewelddadige revolusie sal daar ‘n grootskaalse volksmigrasie plaasvind.Daar is ongelukkig geen kitsoplossing vir die penarie warin ons ons nou bevind nie!

    Die vestiging van nywerhede.
    Jou opmerking dat ekonomiese kragte die grootste motivering is agter menslike migrasie, is natuurlik op almal van toepassing, gevolglik is alle bestaande nywerheidsgebiede ‘n mengelmoes van volks- en rasgroepe. Om dit te ontbondel is ‘n onbegonne taak! Die tuislandbeleid se mislukking is juis daaraan te wyte.

    Daar is net een manier om hierdie struikelblok te oorkom en dit is om vars te begin en wel met eie kapitaal en eie volksarbeid.Multinasionale maatskappye, met hul manipulatiewe aard moet vermy word as ons in beheer van hierdie projek wil bly. Dit is geen geringe uitdaging nie en ook nie ‘n oornagse een nie, maar ek glo dat die benadering in Orania die regte een is. Die kortpadsoekers en ander ongeduldiges het in elk geval nog geen bewys van iets beter kon lewer nie!

  33. Dankie vir jou reaksie Ben.

    Miskien is daar tog ‘n beter kans vir samewerking met OASE as wat ons met enige van die ander organisasies ervaar het. Ek het op julle webtuiste via e-pos navraag gedoen of ons kan praat oor gronde vir samewerking, maar geen reaksie gekry nie. Ongelukkig ken ek niemand in julle span nie en versoek dus dat ons ten minste met mekaar per e-pos begin korrespondeer: cor@poplargrove.co.za

    Ter wille van inligting: http://oase.za.net/?p=337

  34. Ruan

    Ek staan 100% agter OASE. Hulle is onafhanklik en gaan te werk volgens internasionale riglyne. Sonder internasionale ondersteuning sal Afrikaners nooit erken word as n volk in sy eie land nie. En n Afrikaner volk wat diskrimineer (selfs teen sy eie) op grond van ras, geloof en seksualiteit sal nooit Internationale erkenning kry nie. Ons lewe nie meer in 1920 nie en Afrikaners moet dit besef, hoe vinniger hoe beter! Nie alle Afrikaners is gelowig, wit of hereroseksueel nie! As alle Afrikaners dit kan aanvaar en respekteer is daar hoop. Wil julle bly in n plek soos Orania wat op die verlede gebou is en afhanklik is van die ANC of wil julle in julle eie land bly soos Nederland waar ons internasionaal aanvaar en ondersteun word as n onafhanklike land met sy eie mense en regering? Die VVK diskrimineer op basis van geloof, ras en seksualiteit. Dit is teen internasionale wette en dus sal die VVK se vermoe nooit internasionaal aavaar word now. Inteendeel beeld die VVK die Afrikaner uit as onverdraagbaar (selfs teen sy eie) en gee hulle die Afrikaner n slegte internasionale beeld! Dieselfde gaan vir Orania wat diskrimineer teen selfs Afrikaners asook ander kulture gebaseer op geloof, ras en seksualiteit. Die Afrikaner sal dus of sy uitgedateerde Voortrekker mentaliteit moet laat vaar en in terme kom met hoe hulle voorvaders vandag leef in Nederland in n moederne eerste wereld, of selfsugtig bydra tot die uitsterwe van die Afrikaner. Daar is n keuse wat gemaak moet word. Die oplossing is daarvan afhanklik.

    1. Ek sal graag wil hoor wat Orania in die afgelopen 20 jaar gedoe het vir die Afrikaner in die straat sonder werk? Hoekom skaars 1000 Afrikaners lok na die paradys wat Orania is? Ek het al by verkeie mense gehoor dat dit baie geld kos om in Orania te gaan bly?

  35. Louis Sousa

    Soos ons sê in Engels : “demographics is destiny” (demografie is die noodlot). Orania het besef dit om waar te wees vir die afgelope 20 jaar en organisasies soos die VVK en OASE is nog te leer

  36. Terug pieng: Censorbugbear reports…: dutch mp fights for afrikaner rights « News by Blog Henrik Johansen

  37. Terug pieng: Dutch MP fights for Afrikaner rights « Space van Adriana

  38. Terug pieng: Europese Lande Steun Boere en Veg ANC Goverment ! | Posklip

  39. U is deel van die stryd as u JA kan antwoord op die volgende …..

    Transvaal, Vryheid en Vrystaat is Gelofteland.
    Die Vierkleur is my simbool van Vryheid.
    Afrikaans moet die taal van my kind se opvoeding wees.
    Ek wil in my eie land deur my eie mense regeer word.
    Werk is edel.
    My land moet sy eie onverbonde geldsisteem hê.
    Partypolitiek is ‘n onding.
    Ek moet self dag vir dag stry vir die verkryging van my en die nageslag se vryheid.
    Die Gelofte kan net herstel word as Transvaal, Vryheid en Vrystaat hul vryheid herwin het.
    Afrikanerskap verkneg my Boerskap.
    Ek is deel van die Boervolk.

    As u dan JA geantwoord het op al die voorafgaande dan is u deel van die stryd ! !

  40. Tamilyn Raats

    “”” Die antwoord op jou vraag of die ANC gaan toelaat dat ‘n groep Afrikaners in ‘n bepaalde streek ‘n eie republiek mag stig is irrelevant. Dit is nie vir hulle om te besluit of hierdie Afrikaners onafhanklik mag wees, al dan nie. Al wie seggenskap hieroor het is die Afrikaners wat in die bepaalde streek bly. Sodra hierdie groep ‘n oorgrote meerderheid is binne die bepaalde streek dan moet daar ‘n referendum gehou word. As die uitslag daarop dui dat die oorgrote meerderheid van die streek se inwoners onafhanklik wil wees dan kan hulle die terme vir afstigting begin onderhandel met die staat. “”

    En dan kom daar ‘n grondeis in.. wat dan?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s