Gesoek: ‘n Nuwe meesterverhaal

Deesdae word baie klem op die geskiedenis as narratief gelê – ‘n verhaal wat sin gee. In wese is dit subjektief; dit is iemand se verhaal. Baie gelowiges kry nuwe sin uit Ou Testamentiese verhale deur die narratiewe posisies daarvan te ontleed. Die argument is: As ek weet wat dit vir die eerste hoorders moes beteken, verstaan ek dit ook beter. Die groot narratief is Gods volk wat telkens afdwaal en dan teenspoed beleef, maar as hulle dit berou, kom daar genade en genesing. Binne die groot narratief is daar tallose kleiner narratiewe wat telkens die grote bevestig. Die groot narratief noem ek, omdat dit vir my mooier is, ‘n meesterverhaal.

Die tradisionele Afrikaner meesterverhaal lui ongeveer so: Die albeskikkende Wil van God het die Afrikaner aan die suidpunt van Afrika geplaas om die lig van die Westerse beskawing en die Christelike godsdiens Donker Afrika in te dra. Verraderlike gruweldade van inheemse stamme en onregte van die Britse Ryk kon die Afrikaner nie keer om sy roeping te vervul nie. In daardie terme was 1961 as’t ware “the end of history.” Dié meesterverhaal het as teenhanger van die Britse meesterverhaal ontwikkel. Daarvolgens het húlle die Lig gebring en was Afrikaners ‘n konstante stok in die wiel van rasionele en regverdige ontwikkeling.

Afrikaners en Britte se meesterverhale moes intussen plek maak vir dié van die ANC. Daarvolgens was Britte en Afrikaners grondrowers wat op verskillende tye, plekke en maniere die regmatige eienaars van Afrika onteien, ontwaardig en onderdruk het. Al waaraan Afrikaners en Engelse hulle kan troos, is dat enkelinge hulle teen dominantes in hulle groepe versit het. Trevor Huddleston en Beyers Naudé bewys dat “the milk of human kindness” tog onder blanke velle kan vloei.

Dit is nie ontstellend dat hierdie meesterverhaal in struggle-geledere onproblematies as die waarheid aanvaar word nie. Dit is eintlik vanselfsprekend. Wat ontstellend is, is dat Afrikaners dit so maklik huidjie en muidjie sluk. Sonder kritiese navraag word aanvaar dat apartheid ‘n nagmerrie van brutale onderdrukking was en dat elke verduideliking poog om perdedrolle as vye te verkoop. Dan aanvaar die NG Kerk sommer so die Belhar-belydenis met sy eensydige, ongenuanseerde verklaring van wat in die vorige bedeling gedoen en bedoel is.

Wat nodig is, is ‘n nuwe meesterverhaal van Afrikanergeskiedenis. Een wat vertel dat Afrikaners van die heel begin af slawe en later Khoisan of Bantu-arbeid gebruik het, met die onrealistiese verwagting dat ekonomiese integrasie met sosiale en politieke skeiding gepaard kon gaan. Wat uitlig dat ‘n wêreldwye gees van Westerse meerderwaardigheid onder Afrikaners óók vaardig was, en nie éintlik onder Afrikaners nie. Wat reg aan die dapper, ongelyke stryd teen die Britse Ryk laat geskied. Wat aandui dat Afrikaners met 1913 en 1936 se grond wette (Land acts) grond vir swartmense gewaarborg het in ‘n tyd wat ander kolonies verder onteien het. Wat raaksien dat die gewraakte Bantoe-onderwyswet van 1953 die mees doeltreffende massa-onderwysprojek ooit vir Suid-Afrika se swartmense afgeskop het – veel meer doeltreffend en verheffend as die gesukkel na 1994. Dat tradisionele swart gebiede (tuislande) nooit voor die NP-regering of daarna so doelgerig ontwikkel is as daartydens nie. Dat, in terme van die beleid, “sagte” lenings en volop mentorskap aan swart, bruin en Indiër sakelui gebied is, wat vir kommersiële banke te riskant was.

Ook dat ‘n werklike poging tot afsonderlike ontwikkeling deur rassistiese vooroordele en vernederende optrede bevlek is. Dat ‘n beleid met edele elemente tot ‘n blote magstryd gereduseer is. Dat die ergste “apartheidsmisdade” gepleeg is toe die regering sy rug op afsonderlike ontwikkeling gedraai het maar tog nie van die mag wou afstand doen nie.

Gesoek: ‘n Meesterverhaal waarin ons onsself herken.

5 gedagtes oor “Gesoek: ‘n Nuwe meesterverhaal

  1. “The milk of human kindness” het uiteindelik geblyk verraad teen die witman en veral die Afrikaner te wees . Al die Bybels in hul eie taal onder die bantu versprei , al die skole , kerke en klinieke vir hulle gebou en werk wat aan hulle`n mate van waardigheid verskaf het kon nie “the milk of human kindness” in hulle opwek nie . Die bantu se geliefkoosde lied by byeenkomste is “kill the boer .
    Enigiemand wat die geskiedenis in Suid Afrika na 1994 goedpraat en verdedig is`n hopelose patetiese sot en geheel en al onwaardig om`n Afrikaner of Boer genoem te word .

  2. Boeiende artikel Wynand, dankie!!

    Jy slaan die spyker op die kop: ons het ‘n nuwe meesterstuk nodig… iets wat ons en die nageslag gaan inspireer. Wie was Piet, die Kapenaar, wat in 1815 besluit het om liewers Peter te word terwyl hy verengels het, wat later saam sy vrou en kinders Engeland toe gegaan het en toe iewers in ‘n besoedelde steenkoolmyndorp op die hond se stert geleef het terwyl sy kinders en hul kinders aan die agterspeen van die Industriele Revolusie gesuig het? Niemand weet wie Piet die Kapenaar of sy kinders was nie en niemand stel belang nie!!

    Ons weet egter wat in dieselfde jaar (1815) in die Kaap gebeur het toe ‘n ene Freek Bezuidenhout en toe later sy broers iewers in die omgewing van Slagtersnek besluit het dat hulle genoeg gehad het om onderdane van ‘n volksvreemde gesag te wees. Mens se aksies gaan bepaal of jy deel van jou volk se meesterstuk gaan wees, al dan nie.

    Om ‘n hedendaagse Piet te wees is seker die vinnigste manier om jouself en jou nageslag uit die Afrikaner se meesterstuk geskryf te kry… nie jy of jou kinders sal eens ‘n voetnota wees nie… oor skaars ‘n 100 jaar sal die volk nie eens weet dat jy ooit bestaan het nie. Vir die Piete in die wereld is daar ‘n baie mooi aanhaling deur ‘n vryheidsvegter van ‘n volk wat ook op die ou einde teen Britse Imperialisme geseevier het, nl. Samuel Adams:

    “Contemplate the mangled bodies of your countrymen, and then say “what should be the reward of such sacrifices?” Bid us and our posterity bow the knee, supplicate the friendship and plough, and sow, and reap, to glut the avarice of the men who have let loose on us the dogs of war to riot in our blood and hunt us from the face of the earth? If ye love wealth better than liberty, the tranquility of servitude than the animated contest of freedom — go home from us in peace. We ask not your counsels or arms. Crouch down and lick the hands which feed you. May your chains sit lightly upon you, and may posterity forget that you were our countrymen!”

    Vryheid in ons tyd!!!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s