Moenie skrik as jou drome begin waar word nie!

‘n Puik artikel deur Carel (iv) Boshoff, burgemeester van Orania, wat in die November 2011 uitgawe van Orania Beweging se tydskrif, nl. Die Voorgrond, verskyn het en met goedkeuring van die skrywer op Vry Afrikaner gepubliseer word:

Twintig jaar gelede het die Afrikaner Vryheidstigting ‘n stap geneem wat hom onderskei het.  Sedert SABRA gedurende die voorafgaande twintig jaar verkondig het dat Afrikaners hulle vryheid net in ‘n eie staatkundige ruimte, in ‘n volkstaat sal behou, is dit in die algemeen as ‘n soort teoretiese ekstremisme beskou.  Simpatiseerders het dit as ‘n goeie denkoefening, maar onuitvoerbaar in die praktyk gesien terwyl teenstanders dit openlik bespot het.  Ondersteuners was so skaars soos hoendertande en die saak is deur ‘n klein groepe entoesiaste en aktiviste uitgedra.

Twintig jaar gelede, met die aankoop van Orania, het ons bewys dat ons meer as leunstoel politici is wat mooi gedagtes om die kaggelvuur sit en optower, maar môre weer ‘n onveranderde wêreld tegemoetgaan.  Ons het die eerste stap in geloof geneem en al het die simpatiseerders minder geword – vir sommige was ons aanspraak te klein, vir ander te groot – en die spotters meer, het die ondersteuners en deelnemers deurlopend meer in getal en sterker in oortuiging geword.  Ons het ons gedagte in werking begin stel met al die nuwe en onvoorsiene uitdagings wat dit meegebring het, maar ons het dit gedoen.

Nie dat die ongelowige Thomasse dit meteens begin glo het nie.  Inteendeel, ons is as werklikheidsvreemde idealiste – potensiëel gevaarlik, of as dalk net skadelose dromers uitgebeeld.  Maar soos die boer van Agaje, terwyl Icharus in die see val omdat hy te naby aan die son gevlieg het met sy vlerke van vere en was, soos dié boer ploeg ons maar voort en laat die “gode” van die dag aan hulleself en hulle lot oor.  Terwyl die groot politieke eksperimente misluk het, was ons besig om ‘n ander werklikheid, al is dit klein, te vestig.  Nou staan dit daar vir almal om te sien: ‘n droom wat besig is om beliggaam te word.

Twintig jaar gelede het Oraniërs die droom begin leef.  Ons het die idee in werking gestel sonder om die prys te bereken, dit was ons antwoord op ons roeping.  En geen geringe roeping nie, want vryheid is die hoogste vervulling van die menslike toestand, die toestand waarin ons as rasionele, afhanklike wesens die belemmeringe wat eie aan ons bestaan is, oorkom deur saam doen wat ons elkeen apart nie kan regkry nie. Vryheid, nie op die skaal van ‘n bende of ‘n stam nie, maar van ‘n volk is waarvan ons droom.

Om die waarheid te sê, die volkstaatgedagte is die laaste begrip wat Afrikaners in staat was om op die Suid-Afrikaanse nasionale agenda te plaas. Nuwe begrippe soos regstellende aksie, swart (ekonomiese) bemagtiging en transformasie het aan die orde gekom en ons moet daarop reageer, maar ons gee nie die toon aan solank ons net reageer nie.  Daarom dat hierdie vergestalting van selfstandigheid en erkenning, die twee politieke begrippe wat ons geskiedenis saambind, gekoester moet word.  Ons moet die volkstaatgedagte konkretiseer en uitbou.

Vir twintig jaar swem ons teen die stroom en hou ons aan ons droom vas – eintlik vir veertig of sestig jaar al, afhangend van hoe mens daarna kyk.  Nou moet ons nie skrik as die droom begin waar word nie, as die omstandighede die noodsaak daarvan begin bewys en Afrikaners dit toenemend as alternatief vir emigrasie en onttrekking begin oorweeg nie; as ons verbintenisse met ander, soortgelyke gemeenskappe in die wêreld begin aanknoop nie; as mense wat voorheen ‘n skeptiese afstand gehandhaaf het, nou nader staan en kyk nie.  Nou moet ons weet om dit met albei hande aan te gryp en hoe om dit verder te voer.

 

Carel Boshoff, President van die Orania Beweging

Sluit vandag aan by die Orania Beweging. Skakel 053 207 0062 of besoek http://www.orania.co.za

4 thoughts on “Moenie skrik as jou drome begin waar word nie!

  1. “Ons moet die volkstaatgedagte konkretiseer en uitbou.”

    Hierdie sin van Carel is seker die mees motiverendste, vir my persoonlik, van die hele artikel.

    Dit stel onomwonde wat die doel is en doen terselftertyd ‘n beroep op elkeen betrokke om sy/haar kant voortdurend te bring om dié gedagte uit te bou.

    Dis die tipe leierskap wat die Afrikaner weer nodig het.

    Begeesterde manne en vroue wat nie net met werkende planne vorendag kom nie, maar dit by elke geleentheid propageer.

    Die heel beste natuurlik is dat dit nie net by praat bly nie, maar dat daar ook gedoen word.

    Daarvan getuig die bestaan en vooruitgang van Orania boekdele….

  2. tulpenvaas

    Toen ik 17 jaar was lifte ik vanuit Europa naar Israël. Ik lifte eerst naar Zuid-Frankrijk en vandaar nam ik een boot naar Israël. Ik weet nog, dat ik gedurende de hele reis kotsmisselijk (zeeziek) was. In Israël ontmoette ik trouwens voor het eerst een Afrikaner. Ik ontmoette hem in de kibboets, waar ik uiteindelijk terecht kwam. Ik ben zijn naam vergeten, maar ik weet nog wel, dat hij uit de Vrystaat kwam. Hij kwam naar Israël om het kibboets-leven af te kijken, want zoiets wilden zij ook in SA beginnen. Dat is wat ik er nog van weet. In ieder geval, in diezelfde kibboets brachten de Israelies met opzet jonge mensen, ‘seuns en dogters’ (leeftijd: 17 – 30 jaar) bij elkaar. Dit was een bewust gekozen politiek. Ik herinner mij dat nog heel goed, want ik vond de joodse ‘dogters’ wonderschoon. De Israelies kozen voor deze politiek om 2 redenen: de toekomst van Israël lag in hun joodse jeugd. De beleidsmakers hadden gezien, dat zij de jeugd moesten mobiliseren, er bij trekken en bewust maken van hun land, Israël. De andere reden: als seuns en dogters elkaar ontmoeten, gaan zij trouwen, stichten zij gezinnen en krijgen zij kinderen. En dat is precies wat de staat Israël wilde hebben en ook nodig had. De liefde tussen man en vrouw heeft natuurlijk een enorme potentie. Het is een enorme krachtbron. De beleidsmakers in Israël begrepen dat maar al te goed. Het was als het ware een wapen dat zij inzetten t.b.v. hun politieke (gezonde) doel. Wat heeft dat nu met Orania te maken? Welnu, met alle lof voor het streven van de Orania-werkers, ik mis dit een beetje. Jullie moeten de afrikaner-jeugd uit alle hoeken van SA bij jullie toekomstbouw betrekken: organiseer bijeenkomsten, leuke en goede feesten voor seuns en dogters in het licht van een nieuw land/toekomst voor de Afrikaners. Jeugd, jonge mensen, jeugd en nog eens, jonge mensen, dat moet een belangrijk kenmerk worden van Orania. Het is erg belangrijk, als jullie vooruit willen komen en jullie doel willen bereiken. Laten de seuns en dogters naar Orania komen, trouwen en geef hen kansen om zich in Orania of in een 2e, een 3e, enz. Orania te vestigen en een leven te stichten. Mijn raad is: stel iemand onder de Orania-werkers aan die inziet, hoe belangrijk dit is en die juist de speciale taak heeft om afrikaner jeugd te betrekken op jullie streven. Aan de slag!

    1. Tulpenvaas, jy slaan die spyker op die kop. Die Afrikanerjeug is of uiters apaties, of uiters idealisties. Daar is op hierdie stadium nie ‘n gekoordineerde hoofstroom beweging of ‘n gemeenskaplike toekomsvisie onder jong Afrikaners nie. Daar is wel organisasies wat jeugvleuels het, maar hulle geniet gans te min steun vanuit die Afrikanerjeug om ‘n noemenswaardige bydrae te lewer. Ons gaan die bestaande organisasies moet help in hierdie verband, eerder as om weer nuwe politieke partye te stig om dit te doen.

      Ek ken gelukkig die jeugleiers van al hierdie organisasies en jy het my nou die wil gegee om te kyk hoe ons hierdie jonges om ‘n tafel kan kry met die doel om ‘n gekoordineerde strategie in die lewe te roep sodat ons ‘n gemeenskaplike, vryheidsgesinde toekomsvisie binne die hoofstroom Afrikanerjeug kan laat vlamvat. Dankie vir jou bydrae.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s