Die ANC-dikatorskap in wording (deel II)

 Die rookskerm van opposisie

Af en toe ryk die ANC-regering wel na minderheidsgroepe en opposisiepartye uit, en dit laat blankes vir ‘n kort ruk ontspan en skep die waan dat die era van versoening weer terug gekeer het. Gewoonlik gebeur dit wanneer daar ‘n nuwe leier aan bewind kom en hy punte by die media en in die buiteland wil wen. Dit is egter nie om jou potensiele teenstanders ‘n hupstoot te gee nie, dit is ‘n wel deurdagde strategie om weerstand eers deur sjarme te laat kwyn en die getoorde slagoffer dan te vernietig. Hoekom het die ANC ‘n ministerspos aan Marthinus van Schalkwyk van die NNP en aan Mangosuthu Buthelezi van die IVP, asook aan die leier van Azapo aangebied? Die drie partye het óf gesterf na daardie “kies of death” óf is terminaal siek. Dit is minder klippe in die pad na die revolusie. Ook mnr Zuma se uitryk na die VF+ en die Afrikaners en die adjunk-ministerspos aan Pieter Mulder het Afrikaners verdeel en die VF+ verswak en maak waarskynlik die politieke voertuig van die Afrikaner tot niet, wat net voordelig vir die ANC kan wees.

Om sekere swakker opponente om te koop en om dan al jou energie op die hoof-teenstander te fokus is ook al ‘n beproefde kommunistiese strategie, en keer op keer val die kleiner partye vir die verleiding van mag.  Die bestaan van ‘n opposisie, verkieslik klein en verdeeld, is  voordelig vir die regerende party, want dit skep die rookskerm van ‘n demokrasie en maak dat Westerse lande gerus gestel is en aanhou om die land te ondersteun.

As opposisiepartye reeds ‘n mate van mag het, soos die DA, wat selfs ‘n belangrike provinsie beheer, word geleidelik oorgegaan tot geweldpleging. Om die nodige troepe te hê word nou reeds massief Xhosas in die Wes-Kaap gevestig.

Toe die IVP die provinsie Kwazulu-Natal beheer het, was daar ‘n kwasi-bugeroorlog in dié provinsie aan die gang. Nou heers daar “vrede” want die ANC beheer alles en die IVP is ontman en kwyn met elke verkiesing.

Ook in Zimbabwe, in talle opsigte Suid-Afrika se voorbeeld en toekomsbeeld, het die regernde ZANU-party eers ‘n koalisie met die ander swart party, ZAPU, gevorm en hulle leier Joshua Nkomo vise-president gemaak sodat geen opposisie meer oor was nie. Die twee partye later ook saamgesmelt het tot ZANU-PF (PF staan vir Patriotic Front, wat ook veelseggend is). Toe MDC (Movement for Democratic Change) sowat 15 jaar gelede opgekom het, moes hulle met alle mag en geweld beveg word want in die kommunistiese logieka was hulle agente van die kolonialiste en sou weer die swartmense onderdruk. Natuurlik was dit bog, MDC het ‘n swart leier wat uit die vakbondbeweging kom, hulle ideologie is ten beste sosiaal-demokraties en hulle steun het veral van stedelike arm swartmense gekom (met ZANU se steun veral sterk in die platteland), alhoewel die weglaatbaar kleine blanke minderheid hulle as die kleiner euwel gesien het en eerder vir MDC as ZANU gestem het, wat hulle plase en besittings gevat het.

Dit is ook opvallend dat diegene wat waag om van die heersende konsensus te verskil nie soos in ‘n normale demokrasie as iemand gesien word wat die reg het om te verskil en wat selfs waardevolle insette kan lewer nie, maar as iemand wat ondermynend is en wat die nuut verworwe “Vryheid” soos gesien deur die regerende party, bedreig en dus met hand en tand beveg moet word.

Die wêreldrevolusie is stof van eergister

Nou mag hierdie stand van sake ons dalk moedeloos maak omdat dit lyk asof niks en niemand die wegholrit in die kommunistiese afgrond kan stop nie.

Die gety wêreldwyd het egter reeds teen sosialisme gedraai, maar Suid-Afrika is weer, soos ook in die verlede, agter die res. Terwyl kommunisme, sentrale beheer en die afdwing van ideologië in onguns verval het, is dit waarvoor ons staan, selfbeskikking vir ‘n volk, die maksimum selfstandigheid vir plaaslike gemeenskappe, die afwenteling van mag na die grondvlak, ekologiese volhoubaarheid, die afkeur van die multikulturele ryk en die terugkeer na klein, etnies homogene eenhede, in pas met die hedendagse tendense.

Ons moet met selfvertroue ons saak stel en nie alewig terugdeins as ons aangeval word as diegene wat nie wil afsluit met die verlede nie. Sonder om in rassistiese of koue-oorlog retoriek te verval moet komunisme egter ontbloot word waar dit himself manifesteer. Daarvoor is ‘n grondige kennis van kommunisme egter nodig. Net so min soos alles wat witmense in die oë van swartmense verkeerd doen nie tot “rassisme” gereduseer kan word nie, net so min is alles wat swartmense verkeerd doen ook nie kommunisme nie.

Kommunistiese en sosialistiese state verdwyn een na die ander, groot multi-etniese ryke breek op en meer en meer volke eis hulle kulturele regte en selfs onafhanklikheid. Net Suid-Afrika, saam met Kuba, Venezuela en Noord-Korea, hang nog die uitgediende taal van sosialisme en kommunisme aan. Ons is voor met ons strewe, laat ons voorwaarts streef na Vryheid.

3 thoughts on “Die ANC-dikatorskap in wording (deel II)

  1. Mens kan sien hoekom mnr. Sebastiaan Biehl ‘n meestersgraad in politieke wetenskap het!! Baie goeie artikel.

    Alhoewel ‘n baie klein minderheid van ons mense hierdie artikels lees, kan ons met sekerheid weet dat diegene wat dit wel lees se kennis uitgebrei word dat hulle hierdie nugter argumente kan gebruik wanneer hulle gesels met hul vriende en familie. Kennis is iets wat nie vervang kan word nie en die rimpel-effek wat daaruit spruit is meer waardevol as enige warm-wind toespraak of ‘n petisie oor ‘n kwessie wat almal oor ‘n jaar of twee weer gaan vergeet.

    Veronderstel die DA, Cope en ‘n paar kleiner opposisie partye smelt saam en die meerderheid swart middelklas kiesers stem vir hierdie nuwe multi-kulturele, maar dominant swart opposisie party. Verbeel hierdie party trek 35% steun en die ANC sak terug na 60% toe (die laagste ooit). Dit is voor die hand liggend dat politieke geweld sal eskaleer maar die meerderheid Afrikaners gaan voel dat die kans om die ANC nou by die stembus te klop verdubbel het. Hoe meer die ANC se nasionale demokratiese rewolusie momentum optel, hoe meer gaan die opposisie partye genoop wees om hul verskille opsy te plaas en saam te staan teen die ANC. Die kans is groter dat daar ‘n burgeroorlog sal wees as wat die ANC gaan toelaat dat hulle eerlik en vreedsaam by die stembus geklop gaan word.

    Nou die vraag…

    Hoe oorreed mens die meerderheid Afrikaners om die naelstring met Suid-Afrika te knip en saam te bou aan ‘n onafhanklike Afrikaner Republiek in die Noordwes-Kaap te midde van ’n tydperk wat die swart opposisie van krag tot krag groei (tans o.l.v. die DA), stroomaf op pad na ’n tipies Afrikanistiese swart-op-swart konflik staat?

  2. Dicky Steinberg

    Laat jou wonder oor die spesiale verhouding tussen die ANC en die SAKP.
    Veral nou dat sekere provensies onder staat kuratorskap geplaas is. Kan dit gesien word as ‘n vorm van sentralisasie?

    1. Die ANC se regeringstyl is van meet af geskoei op die beginsel van sentralisering van mag. ‘n Federale bestel bied oplossings vir die land se probleme maar dit gaan daarop neerkom dat die ANC se mag heelwat gaan kwyn. Dat ‘n Federale bestel nie op die ANC se agenda is nie, is vanselfsprekend.

      Toe die ANC nie meer gelukkig was met Mbeki nie, het hulle hom in 2008 eenvoudig vervang gedurende sy tweede ampstermyn as staatspresident. Die land se burgers het nie veel van ‘n se gehad nie. Wie die ANC beheer, beheer die land en dis hoe hulle dit wil he.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s