Die Gelofte: Noodkreet van bedreigde Trekkers

Van al die Afrikaner se feesdae is Geloftedag sekerlik die een wat die toets van die tyd die beste deurstaan het. Dit is ook die mees omstrede feesdag.

Niemand het iets daarteen as mens op 14 Augustus jou taal vier, of op 31 Mei die Bittereinders wat die vryheidstryd so lank moontlik gevoer het, of die dapperes wat op 27 Februarie die Engelse van Majuba gaan afhaal het nie.

Maar Geloftedag: Behalwe dat oorwinning oor Suid-Afrika se swart stamme nie meer polities korrek is om te herdenk nie, word ook beskou as die fees waar Afrikaners aanspraak maak dat God aan hulle kant is. Asof ons sê God dien die Afrikanervolk, en nie andersom nie.

‘n Aanmatigende houding is eintlik baie ver van die gees waarin die Gelofte oorspronklik afgelê is. Die Voortrekkers was bitter diep in die moeilikheid en verskriklik bang. Menslik gesproke het hulle nie ‘n kans gehad nie. Kom ons volg die jaar 1838 en ondersoek die geldigheid van hierdie stelling.

Aan die begin van 1838 het sake vir die Groot Trek klopdisselboom gelyk. Hoewel Hendrik Potgieter en Gerrit Maritz reeds tevore die latere Transvaal beveilig het, is ooreenkoms bereik om in die vrugbare Natal ‘n staat op te rig. ‘n Regering is verkies, onderhandelings met Dingane was belowend en daar was ‘n relatief onbevolkte deel waar gevestig kon word. Hoewel die leiers gemaan het om in die laers te bly tot onderhandelings afgehandel was, het baie mense begin plase aanlê, of in elk geval uitgekamp waar dit hulle gepas het.

Dit is waar sake begin skeefloop het. Piet Retief is oormoedig na Dingaan om sake af te handel. Hy en sy geselskap is vermoor, maar die Voortrekkers het daarvan eers kennis geneem toe die impi’s na hulle laers opgeruk het en eers van die geïsoleerde geselskappe uitgemoor het. Enkeles het weggekom en gewaarsku. Inderhaas moes die Trekkers hulleself teen ‘n verwoede aanslag verdedig en die laer het as Veglaer bekend geword. Na dit afgeslaan is, het aanhoudende reën dit in Modderlaer omskep. Siektes was algemeen.

Dingaan moes gestraf word. Gerrit Maritz sou burgerlike regering in die laer in stand hou, sodat ‘n perdekommando onder Piet Uys en Hendrik Potgieter die stryd kon aanknoop. Hulle kon nie op ‘n bevelvoerder ooreenkom nie, sodat twee kommando’s met twee aanvoerders as een uitgetrek het. Die eerste dispuut het ontstaan toe ‘n groepie Zoeloes in ‘n beboste gebied teengekom is. Uys wou hulle volg en ‘n voorbeeld maak. Potgieter was bang vir ‘n hinderlaag. Uys en sy manne het die Potgieter-groep van lafhartigheid beskuldig en alleen ingestorm.

Spoedig is hulle in ‘n moot van ‘n terugtog afgesny en impi’s het uit alle oorde op hulle neergesak. Die Potgieter-groep het ‘n terugtog moontlik gemaak deur ‘n pad oop te skiet en die Uys-manne kon ontvlug, buiten Piet Uys self en sy seun Dirkie, wat heroïes gesterf het. Met die terugtog na die laer het Uys-manne die Potgieter-manne van lafhartigheid beskuldig en beweer die slag kon gewen gewees het as hulle ook ingestorm het. Vir Potgieter, wat nooit oortuig was van Natal as bestemming nie, het sy gevolg Transvaal toe gelei.

Maritz het as leier oorgebly. Hy het militêre suksesse en mislukking deeglik ontleed en besef die finale strafkommando moes net uit weerbare manne bestaan, maar hulle moes met ossewaens uittrek. Die Zoeloes se bedrewenheid met steekassegaaie in ‘n handgemeen geveg, saam met hulle oorweldigende getalle, het ‘n perdekommando weerloos gelaat. Die walaer is tevore ondeurdringbaar gemaak deur die openinge by die disselbome met doringtakke toe te pak. Nou moes veghekke gemaak word, sodat nuwe takke nie elke dag gekap hoef te word nie. Die logistiek van die tog het hy voorberei, maar toe sterf hy aan siekte. Die voorbereidings en strategiese vernuf maak Maritz die geheime held van Bloedrivier.

Andries Pretorius, wat reeds na die Trekkers op pad was, het berig gekry dat hulle hom dadelik benodig het. Hy het sy geselskap agtergelaat en hom Natal toe gehaas. Daar het hy Maritz se voorbereidings deurgevoer en die manne het op die Strafkommando uitgetrek. Hulle was diep onder die indruk dat hulle kanse skraal was. Soos hulle, het die Zoeloes dit as ‘n deurslaggewende slag beskou en alles in die stryd gewerp. Dit is teen dié agtergrond dat bevreesde Voortrekkers op 9 Desember ‘n Gelofte afgelê het. Dit was nie ‘n transaksie met God, waarin hulle eer aangebied het in ruil vir ‘n oorwinning nie. Dit was ‘n noodkreet, waarin hulle beloof het om uit dankbaarheid tee gee wat hulle kon: Eer en herdenking.

‘n Voorlaaier was nie ‘n baie flinke geweer nie. Dit het lank geneem om te laai, was onakkuraat en het na enkele skote oorverhit. Teen ‘n aanstormende oormag kon dit waardeloos wees, veral as dit mistig is en die kruit klam raak. Toe die verkenners laat weet dat die Zoeloes baie naby was, was dit juis so ‘n nag. Die strategiese plasing van die laer met ‘n rivier aan die een kant en ‘n diep sloot wat die aanstorming kon vertraag, is bekend. Die vraag hoekom die Zoeloes nie in die nag aangeval het nie, soos hulle tevore gedoen het en in welke geval die voorlaaiers waardeloos sou wees nie, word verskillend beantwoord. Die feit is dat die aanval eers die volgende dag plaasgevind het en dat die Trekkers al hulle strategiese voordele kon aanwend.

Eers laat in die dag het ‘n Zoeloe-aanvoerder besef dat tradisionele werpassegaaie meer doeltreffend sou wees om die Trekkers agter hulle wa-skanse aan te val. Toe was die impi’s egter al uitgeput en slegs een Trekker, Andries Pretorius self, is daardeur verwond. Ironies genoeg, toe die Zoeloes vlug, het Pretorius besluit om hulle te perd agterna te sit. Dit het amper op ‘n ramp uitgeloop, want die impi’s het omgekeer en hulle aangeval. Die Trekkers kon hulle laer gelukkig veilig bereik.

Dit is die agtergrond van ‘n Gelofte uit nood gebore, nie uit verwaandheid of arrogansie nie.

16 thoughts on “Die Gelofte: Noodkreet van bedreigde Trekkers

    1. Of verkeer ons tans in die nood omrede soveel Afrikaners nie die Here dien nie, wat nog van die Gelofte nakom en eerbiedig? Om iets te belowe is die maklike deel – om dit na te kom is ‘n hele ander saak. Ek skaam my vir Afrikaners wat hul rue draai op alles wat hul voorvaders geoffer en vermag het.

  1. ‘n Gelofte is waardeloos en onnodig. Waardeloos omdat die persoon wat die gelofte afle nie eens weet of hy more nog hier gaan wees nie en onnodig vir die kind van God wat glo en verstaan dat sy Hemelse Vader weet wat hy nodig het nog voordat hy vra en vir hom onvoorwaardelik sal gee wat hy in geloofsvertroue vra. God se ingrype by Bloedrivier het nie afgehang die hou van ‘n belofte nie – Hy waarsku immers self teen beloftes. Dit was net nodig vir Sy kinders om in opregte geloof te vra.

    Ook in vandag se situasie, is al wat ons nodig het ‘n onwrikbare geloof in die genade en oorvloed van gawes wat ons reeds as erfdeel ontvang het toe ons ons sondes bely het en Sy vergiffenis ontvang het. Joh. 16:23b: Wat julle die Vader ook al in My naam sal bid, sal Hy vir julle gee.

    1. van die Bybel setyd word daar geloftes en verbonde gemaak Isdit net vir daai mense bedoel Nee stellig nie Want die Bybel isn heraalling van gebeure en God ons Vader sluit juis met ons verbonde om ons te weerhou van satan Net so in ons geskiedenis Die vraag is net wie is die ware Suid Afrikaner en wie isdie ware Christen

  2. Jan en Quintin, Ek stem saam dat ‘n Gelofte nagekom en eerbiedig hoort te word net soos ek ook saam kan stem dat God se waarskuwing teen beloftes nie ligtelik opgeneem moet word nie… Sou dit nie verkeerd van my wees om namens my nageslag wat nog moet kom ‘n belofte te maak nie? Gaan God hulle verantwoordelik hou vir iets wat hulle dalk nie mee sou saamstem of selfs verstaan nie? Kan hulle verantwoordelik gehou word vir beloftes wat deur hul voorouers gemaak was en is dit regverdig teenoor die nakomelinge 100 jaar later? Ek eerbiedig well Geloftedag want ek verstaan waaroor dit gegaan het omdat ek met dit groot geword het.

    Verskoon as die Afr bietjie krom is… Skryf beter in Engels.

    1. Tess, jou geskrewe Afrikaans is prima!!

      Deur die Gelofte te herdenk, erken ons en verbind ons onsself met die volgende:

      1. Die oppergesag van God, wat al die eer en erkenning vir die oorwinning kry.

      2. God se mag om wonderwerke te laat gebeur in die lewens van die wat in Hom glo.

      3. Dat God ‘n plan met die Afrikaner het en dat Hy ons, Sy kinders, nie wil uitwis soos Hy toegelaat het dat ander volke en stamme uitgewis word nie.

      4. Dat ons identifiseer met die mense wat op 16 Des. 1838 op God vertrou het en ons daaruit leer dat ons tot enigiets in staat is as ons God toelaat om ons lei.

      5. Dat ons saamstem met die eed wat deur ons voorvaders afgele was en dat ons dit sal eerbiedig en dit ook aan ons kinders sal oordra.

      Om die Gelofte te herdenk is regtig nie ‘n groot opoffering nie, dus het ons absoluut geen verskoning om dit nie te doen nie. Mens sal sien dat diegene wat hul rue draai op die Gelofte gewoonlik ook dieselfde mense is wat hul rue draai op hul volk. Dit is Satan se invloed op daardie mense, want as daar iets is wat hy verpes dan is dit ‘n gelowige volk. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie.

      Die meriete en waarde van die Gelofte van Bloedrivier behoort nie geregverdig te word nie. Dit is iets wat deur elke opregte Afrikaner as vanselfsprekend aanvaar word.

  3. Igno'Jansen van Rensburg

    Dit is net soos julle hierbo se.Dit is nie net ons voor vaders wat beloftes gemaak het nie so ook elkeen van ons.Die dag toe julle getroud is of toe ons kinders gedoop is het ons ook beloftes aan die Vader gemaak(of is ek nou vekeerd).Doen ons dit,dit wat ons belowe het?Ons is baie nalatig en so ook ons voorouers ens.Baie van ons het die gelofte en die geskiedenis rondom dit geleer toe ons nog op die skoolbanke was,so dit is ons elkeen se plig om die oningeligtes daarvan intelig.Dit is een van die dinge wat jou as ‘n Afrikaaner laat uitstaan en saambind deur jou tradisies en erfenis en nalatenskap.My gevoel nie een van ons het ‘n verskoning.

  4. Quintin, ek stem heelhartig saam dat geen gebed waardeloos is nie. Inteendeel, die Woord leer ons dat die gebed van ‘n gelowige groot waarde het.

    Dis nie ek wat teen beloftes waarsku nie. Dis die Woord van God. As jy geloftes en gebede as dieselfde ding sien kan ek nie met jou saampraat nie.

    1. So, tel ‘n Gelofte dan nie as ‘n gebed nie? Bid mens nie wanneer mens met God kommunikeer nie? Ek dink jy mis die punt van die Gelofte en die artikel. Lees asb. die artikel weer ‘n keer en laat die boodskap wat die skrywer oordra insink.

      “Dit is teen dié agtergrond dat bevreesde Voortrekkers op 9 Desember ‘n Gelofte afgelê het. Dit was nie ‘n transaksie met God, waarin hulle eer aangebied het in ruil vir ‘n oorwinning nie. Dit was ‘n noodkreet, waarin hulle beloof het om uit dankbaarheid te gee wat hulle kon: Eer en herdenking.”

  5. Baie dankie vir die geleentheid om te kan leer.. Daar is so baie in ons Geskiedenis wat net liggies aangeraak was op skool. Ons geniet die artikels en ‘debatte’ / kommentaar want dit gee ons die geleentheid om ons koppe rondom brandpunte wat ons nie altyd verstaan nie te kry. Ons sal sekerlik nie altyd met alles saamstem nie maar gaan definitief iets leer uit die insette wat almal lewer.

  6. Jy’s reg Tess. Solank ons bereid is om te leer bly die debat sinvol.

    Die vraag was of ons in ons huidige situasie ‘n verdere gelofte kan regverdig. My gevoel is dat dit belangriker is om God en Sy beloftes onvoorwaardelik te vertrou wat ons toekoms betref as om met Hom te probeer “onderhandel” via beloftes of geloftes die nakom waarvan ons in elk geval nie kan waarborg nie.

    Enige mens is geneig om self ‘n bydrae te wil maak, so kom ons ook in die gevaar om ‘n bydrae te wil maak tot ons saligheid – en in die proses Jesus se versoeningsdood opsy te wil skuif.

    Daardeur kritiseer ek nie die maak van die gelofte deur die trekkers nie, maar ek weet dat God hulle gebede verhoor het ten spyte die gelofte wat as ‘n poging om Hom te oorreed beskou kan word netsoos Hy my gebede verhoor ten spyte van baie tekortkominge in my lewe en denke.

    1. Jan – nou praat jy!

      Ek is trots om te se dat ek ‘n Christen Afrikaner is. Die hoeksteen van ons kultuur is immers Christenskap. Dit is a.g.v. die Gelofte en ander voorbeelde dat Christenskap so ‘n prominente rol in ons geskiedenis, heldedom en kultuur speel. Dink net as daar nie ‘n Gelofte op 9 Des. 1838 gemaak was nie en as daar nooit ‘n Slag van Bloedrivier was nie – 16 Desember sou net nog ‘n dag gewees het. Aangesien daar juis ‘n Gelofte gemaak was en ons voorvaders ‘n oorwinning behaal het sien ons derduisende Afrikaners wat byna 200 jaar later op 16 Desember steeds Geloftefeeste hou en die kerkbanke vol sit. By elke geleentheid word God geloof. Dit is iets wat ‘n riem onder die hart van elke Christen Afrikaner behoort te wees. Die Gelofte dra ook by om Christenskap lewendig te hou in ons volk… te midde van tye wat soveel eiewyse Afrikaners hul rue draai op God en Sy Woord.

      Laastens, ek stem 100% saam met hierdie stelling van jou: “My gevoel is dat dit belangriker is om God en Sy beloftes onvoorwaardelik te vertrou wat ons toekoms betref as om met Hom te probeer “onderhandel” via beloftes of geloftes die nakom waarvan ons in elk geval nie kan waarborg nie.”

      Dankie vir jou bydrae.

  7. Andre de Kock

    Hierdie is nie ‘n volledige lys nie – sowat 100 name makeer: dis die mense wat opgeteken is by die vendusie na die Slag van Bloedrivier.

    Ek het Capt Alexander Biggar so vinnig opgetel, asook Fischer en Cowie en daar was ook ‘n Turner: Hoofkommandant:
    Pretorius Andries Wilhelmus Jacobus
    Assistent-HoofKmdt:
    Landman Karel Pieter
    Kommandante:
    Jacobs Pieter Daniël
    de Lange Johan Hendrik (Hans Dons)
    Potgieter Jacobus (Koos)
    Erasmus Stephanus
    Uys Jacobus Johannes
    Meyer Lucas Johannes
    Laerkommandante:
    Pretorius Albertus (ook kannonnier)
    Erasmus Lourens
    Moolman Piet (Rooi Piet)
    Fronemann Christoffel Cornelis

    Veldkornette:
    Steyn Johannes C
    Viljoen Gert
    Pretorius Hercules Albertus (Bart)
    van Staden Gert
    Lombard Stephanus
    Scheepers Jan
    Fourie Hermanus
    Cowie William
    Labuschagne Casper
    Joubert Jan (ook kanonnier)

    Godsdiensleiers:
    Cilliers Sarel Arnoldus du Plessis Jan (ook ‘n Veldkornet)
    Joubert Pieter Jan

    Kanonniers:
    Rudolph Petrus Johannes (b1c1d2)
    Pretorius Gerhardus

    Manskappe:
    Aucamp Piet
    Badenhorst H
    Badenhorst P
    Bantjes Jan Gerritze
    Beneke Johannes
    Bester Barend Jacobus2
    Bester Lourens Rasmus
    Bester Paul Michiel
    Bezuidenhout Daniël P
    Biddulph Thomas Jervis
    Bierman Isak
    Biggar Alexander Harvey
    Bodes Barend
    Bornman Johannes Jurgens
    Boshoff Jakobus (Jan)
    Botha Ernst Adriaan Lodewyk
    Botha Hendrik
    Botha J C
    Botha Jan
    Botha L
    Botha P J
    Botha P R
    Botha T F
    Botha Theunis
    Bothma Carel A
    Bothma Daniël
    Breytenbach Chris
    Breytenbach Izaak Johannes
    Breytenbach Jacob Coenraad
    Breytenbach Johan Hendrik
    Breytenbach Johannes Jacobus
    Bronkhorst Johannes Jacob
    Bronkhorst Johannes Jacobus
    Bronkhorst Samuel Johannes
    Bruwer Eduard Christiaan Daniël
    Bruwer Hans
    Bruyn Piet
    Buitendagh Carel Hendrik
    Burger Jacobus Johannes
    Burger S W
    Buys Piet
    Claassens Christiaan
    Coetzee Cornelis (P-zn)
    Coetzer J J
    Coetzer Philippus Jeremias
    Coetzer Thys
    Combrinck G
    Cronjé Abraham
    Cronjé Piet
    Davel Henning
    Davel Jan
    Dannhauser Thomas Richard (b6)
    de Beer C (Snr)
    de Beer Abraham
    de Beer Christiaan M
    de Beer Jan Christiaan
    de Beer Johannes A
    de Beer Stephanus A (Snr)
    de Beer Zacharias Jacobus
    de Clercq Abraham
    de Clercq Barend
    de Clercq C
    de Clercq Jacob
    de Jager Frederick Johannes
    de Jager Izak J
    de Jager Johannes Wilhelmus
    de Jager Lodewyk
    de Lange Adriaan (Jnr)
    de Lange Robert
    de Wet Kootjie
    de Wet P
    de Winnaar S
    Dreyer C Sr.
    Dreyer F
    Dreyer I
    du Plessis Francois
    du Plessis Jan
    du Plessis P
    du Plooy Hendrik
    du Plooy Willem
    du Plooy Wouter
    du Preez P D
    Deysel F
    Engelbregt Adriaan
    Engelbregt E
    Engelbregt Gerhardus
    Engelbregt H (jong)
    Engelbregt H H (Snr)
    Engelbregt Johannes Hendrik
    Enslin Johannes Jacobus
    Erasmus Antonie
    Erasmus Barend
    Erasmus Cornelis
    Erasmus Daniël Elardus
    Erasmus Hans
    Erasmus Jacobus
    Erasmus Pieter Erasmus
    Erasmus Stephanus E
    Esterhuizen Jan
    Ferreira Marthinus Stephanus
    Fick Hendrik
    Fisher Jan
    Fourie Christiaan Erns
    Fourie Dirk S
    Fourie Hermanus
    Fourie Philip1
    Garden Kapt. (Engels)
    Geers Carel
    Giezing Fredrich (a1)
    Goosen Marthinus2
    Gouws Daniël
    Gouws Jacob I
    Gouws J Marthinus
    Gouws P
    Greyling Jan Cristoffel
    Greyling Pieter Jacobus
    Grobbelaar Nicolaas
    Grobbelaar Pieter Schalk
    Grove Hermanus Gerhardus
    Hammes Pieter Johannes
    Hattingh C
    Hattingh Francois
    Hattingh Johannes Dewald
    Hattingh Johannes Hendrik
    Herbst M
    Heydenreich Cornelis Frederik
    Human P G
    Jacobs Gabriël Gerhardus Nic
    Jacobs Pieter Daniël
    Jacobsz Jan
    Janse van Rensburg Lukas
    Janse van Rensburg Nicolaas M
    Janse van Vuren Luckas Gerhardus
    Janszen Willem
    Jordaan Willem
    Joubert Abraham Benjamin
    Joubert Gideon
    Joubert Jan (Jacs-zn)
    Joubert Jan (jnr.)
    Joyce Robert (a3)
    Kemp G
    Kemp Jacobus
    Kemp Petrus J
    Klaassen P
    Klopper H
    Klopper Jacobus
    Koekemoer C
    Koekemoer Marthinus
    Kritzinger Lewis
    Kruger Jan
    Kruger P E
    Kruger T J
    Laas Cornelius
    Laas Mathys
    Labuschagne J P
    Labuschagne J H (Jan Groen)
    Labuschagne Willem Adriaan
    Landman A K P (Snr)
    Landman Jan (Doringberg)
    le Roux D
    le Roux Nicolaas (verwys nota 2)
    Leech
    Liebenberg Christiaan Jacobus
    Liebenberg Christiaan Jacobus
    Lindeque G (Snr)
    Lindeque Petrus
    Lombard Hans
    Lombard Hermanus Antonie
    Lombard S
    Lotter Johannes
    Ludick M J
    Malan D J J
    Malan David D
    Malan Jacob Jacobus
    Malan Stephanus
    Marais Coenraad
    Marais Johannes L
    Marais Stephanus Abraham
    Marcus F
    Marais Wynand Wilhelmus
    Maritz Pieter
    Maritz Salomon Gerhardus
    Maritz Salomon Stephanus
    Martens Hendrik Jacobus
    Martens Jan Thomas (a5b1c6)
    Marx Frans (b3c6d4)
    Meintjes Albertus Jacobus
    Meinties Jacobus William
    Meintjes Schalk
    Mey Christiaan Lodewyk
    Meyer Jacob
    Meyer Jan
    Meyer Lukas (L-zn)
    Meyer Theodorus
    Mienie Frederik Christiaan
    Mienie J
    Moolman I
    Muller Christiaan (moontlik a1b5c7d4)
    Muller Jan (moontlik a11b2)
    Naude Jacob
    Naude Philip Jacobus
    Naude Francois Paulus
    Neethling Hendrik Ludolf
    Neethling Schalk Willie
    Neethling Willem
    Nel Louis J
    Nell Theunis Jacobus
    Nell Willem Gabriël
    Nortjé Joachim
    Oberholzer Jan Albert
    Olivier (Lang) Gert
    Olivier Ockert
    Oosthuizen A
    Oosthuizen Jan (J-zn) (verwys nota 2)
    Oosthuizen J J (Snr)
    Oosthuizen Marthinus Jacobus (b1c4d7e2)
    Opperman C
    Opperman D
    Parker Edward
    Pieters Coenraad
    Pieterse Frederik
    Pieterse H J
    Pieterse Nicolaas
    Potgieter Cornelis
    Potgieter Evert F
    Potgieter Hendrik
    Potgieter Jurgen
    Potgieter Matthys
    Potgieter Petrus Hendrik Theunis
    Potgieter Theodorus
    Pretorius A P
    Pretorius Barend
    Pretorius Dewald Johannes (b3c1d2e4f4)
    Pretorius Gideon
    Pretorius Henning Petrus Nicolaas (b3c1d5e12)
    Pretorius Marthinus Wessel (b3c1d5e11f1)
    Pretorius Nicolaas
    Pretorius Petrus Gerhardus (b3c9d7)
    Pretorius Petrus Gerhardus (b3c9d7e2)
    Pretorius Samuel
    Pretorius Willem H
    Pretorius Willem Jacobus
    Prinsloo Jochemus Johannes Petr (b2c3d6e1f3)
    Prinsloo N J
    Prinsloo Willem P
    Raads D
    Raath Philip
    Raath Pieter
    Raath Roelof
    Raatz Gerrit1
    Ranger Simon
    Reineke Adam
    Retief Jacobus
    Robbertse I
    Robbertse Jan
    Robbertse Matthys
    Roets Hendrik
    Rood
    Roos Cornelis J
    Roos Gysbert
    Roscher P
    Roux Dirk
    Rudolph Jacobus Andreas (b1c3)
    Rudolph Johann(es)Bernard (b1c1)
    Rudolph Gerhardus Jacobus (b1c2)
    Scheepers Coenraad F(swaer v. Erasmus Smit)
    Scheepers Gert
    Scheepers H
    Scheepers J A
    Scheepers Jacobus Johannes
    Scheepers Stephanus Johannes
    Scheepers M (G-zn)
    Scheepers Marthinus
    Schoeman Gert
    Schoeman Johannes
    Schutte Jan Harm Thomas
    Slabbert G
    Smit Andries Adriaan
    Smit Chr. (C-zn)
    Smith F
    Snyman Coenraad F W (b7c4d9e7)
    Snyman J H
    Steenkamp Hermanus
    Steenkamp Jan Harm (b7c2d3e2)
    Steenkamp Piet L
    Steenkamp Thomas Ignatius
    Steyn Hermanus
    Steyn Johannes Christoffel
    Steyn Pieter
    Strydom D J
    Strydom Hendrik
    Strydom J
    Strydom Pieter Gerhardus
    Swanepoel Willem
    Swart Marius
    Swart Pieter Johannes
    Uys Dirk Cornelis (b1c5d2e12)
    Uys Jacobus Johannes (b1c5d2e4f3)
    Uys Jan C
    Uys Petrus Lafras (Piet Hlobane)(b1c5d2e3f4)
    van den Berg Hendrik (b1c10d6)
    van den Berg Hendrik Stephanus (b1c10d6e3)
    van der Berg Isak
    van der Merwe Andries
    van der Merwe C
    van der Merwe Christiaan Pieter (verwys nota 3)
    van der Merwe Frederik J
    van der Merwe Jan
    van der Merwe Josias
    van der Merwe L P
    van der Merwe Lukas J
    van der Merwe M
    van der Merwe Willem
    van der Schyff D
    van der Schyff J D
    van Deventer Jan (a1b5c10d6)
    van Dyk Joseph
    van Dyk Sybrand
    van Gass Ferdinand Paul George (b1)
    van Gass J F
    van Jaarsveld A
    van Loggerenberg Hendrik
    van Niekerk Izak Andries (b3c7d4e4)
    van Niekerk J A P
    van Niekerk Pieter Johannes
    van Rooyen Cornelis J
    van Rooyen Dirk
    van Rooyen G T
    van Rooyen Gert F
    van Rooyen Gert Reinier
    van Rooyen I
    van Rooyen Lukas
    van Rooyen Stephanus
    van Schalkwyk Christiaan
    van Schalkwyk Gert
    van Staden Cornelis
    van Staden V C
    van Straten Jacob
    van Venen D
    van Vuuren P
    van Zyl Jacobus
    Venter Albert
    Venter C I
    Venter P A
    Venter Willem Daniel
    Vermaak Cornelis
    Vermaak J
    Viljoen Christoffel
    Viljoen Gideon
    Viljoen Johan H
    Viljoen M
    Viljoen Sarel
    Visagie Jan
    Visser

  8. DavMar5304

    Daar is tog ‘n verskil tussen gebed en die Gelofte. Hier verwys ek na die Bloedriviergelofte. In die Gelofte is daar sekere terme deur ons voorouers geplaas. As….., dan sal ons…. God het Sy kant gebring en die geskiedenis is die bewys daarvan. Die groot vraag is of ons as die nageslag, ons kant gebring het? Nee. Geloftedag het oor die jare van vooruitgang (oor die algemeen) ontaard in ‘n tipe van ideale vakansiedag vir sport, piekniek hou, branderplankry, dobbelsale besoek, partytjie hou, ens. Dié deel van die Volk wat wel die dag kerk toe is, het nie noodwendig die dag “als een Sabbat” deurgebring nie. Na kerk is daar groot maaltye voorberei, Ma het haar afgesloof twee dae voor die tyd om die feesmaal voor te berei, en die kinders was vies om die speeltyd te onderbreek net om te kom sit en eet.

    So, myns insiens weet ons nie eers meer of ons Sabatte hou nie – of is ons so deur die Roomse geloof ge-indoktrineer dat Sondag vir ons maar net nog ‘n luilekker dag van die week is?

    As ek bid en Gelofte moet vergelyk, is daar twee beginsels wat heeltemal uiteenlopend is. Die twee hang baie nou met mekaar saam, maar die twee moet duidelik onderskei word.

    Baie mense meen dat ‘n vinnige skietgebedjie “‘n verhouding met die Here” beteken. As ek my vrou net so nou en dan ‘n piksoentjie gee, en dan nie met haar gesels en tyd saam met haar spandeer nie, nie haar vertel dat ek haar liefhet nie, nie wil stilsit en luister as sy probeer om met my te praat nie, en as sy praat maar net ‘n plank is wat net luister, maar nie hoor nie, dan is daar nie veel van ‘n verhouding tussen ons nie. Dan verwag ons dat die Here tevrede daarmee moet wees? Dan verwag ons die Here moet ons maar net weer en weer help? Nee. Waarom ‘n “nuwe” gelofte maak. Ons kan nie eers die een waaraan ons, ons vroeë tot geskiedenis vandag toe, eerbiedig en huldig na behore nie. Tot ons as Volk nie daarby kan uitkom on die bestaande gelofte(s) te eerbiedig nie, sal geen verdere geloftes enige krag of waarde hê nie.

  9. As ons in ag neem dat ons in onsself tot niks in staat is nie, dan maak God se opdrag dat ons nie beloftes moet maak nie sin. Niemand kan met God onderhandel nie, en die gelofte het niks bygevoeg by God se goedheid en guns wat die oorwinning aan die trekkers by Bloedrivier gegee het, bloot omdat hulle Hom daarvoor vertrou het nie – Hy het dit gedoen ten spyte van die gelofte maar terwille van hulle gebede.

    Net so sal God vandag ook nie Sy genade en liefde weerhou van elkeen wat in Hom glo en Hom ten volle vertrou, dien, volg en tot Hom bid nie, ongeag hoe hulle omgaan met die gelofte. Alles is genade en in en deur Hom het ons reeds alles ontvang wat ons nodig het. Glo ons dit onwrikbaar genoeg om nie nog te loop soek na redes waarom ons nie ons kant bring deur een of ander handeling of optrede nie?

    Dit is in ons aard om self iets te wil byvoeg, om soos ‘n kind te wys dat ons “self” kan. Satan buit hierdie menslike swakheid terdee uit deur ons voortdurend met die leuen om die bos te lei en te vertel dat God se genade nie genoeg is nie, ons moet self ook iets daaraan doen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s