Blik na buite: Belangrike internasionale gebeure die afgelope tyd

Europa Britanje/EU: Britse premier sê nee vir Europese Finansieële Unie. Verlede naweek het die leiers van die state van die Europese Unie vergader om ‘n besluit te neem oor hoe om die voortslepende Euro-krisis, wat ten spyte van een hulppakket na die ander een net vererger, op te los. Die voorstel was om ‘n “fiskale unie” te vestig. Dit beteken dat nasionale regerings in die toekoms geen soewereiniteit meer oor hulle fiskale beleid het nie en dat alle state dieselfde doelwitte en teiken het as dit by begroting en skuld kom en ook beboet word as hulle dit nie nakom nie.

Die Britse Eerste Minister Dawid Cameron het geweier om die besluite te aanvaar, wat sou beteken dat Engeland beheer oor sy fiskale beleid verloor. Britanje is veral sterk as internasionale finansieële sentrum (Londen spesifiek) en die inval by die EU beteken ook dat hulle nie net soewereiniteit nie, maar ook hulle sterk posisie in die internasionale finansieële markte sal verloor. Cameron het daarmee gewys dat hy eintlik net dit doen wat elke regerinsgleier behoort te doen: die belange van sy land en sy mens eerste te stel. In vasteland-Europa is die leiers en ook hulle burgers al so gewoond om die Europse Unie en die behoud van die Euro as absoluut die hoogste doel te sien waaraan alles, ansionale belang inkluis, onderwerp moet word. Britanje is nie eens deel van die Euro-sone en die geklank van “Solidariteit met ons mede-Europeërs ten alle koste” het nie dieselfde sterk appél soos in byvoorbeeld Duitsland, die klaskaptein van die Euro-fanklub.

Terwyl die Euro-lande nou alles (moet) probeer om die Euro te red, is Britanje wel deel van die EU, maar nie van die Euro-sone nie. Dit sou beteken dat Britanje homself beperk ter wille van ‘n geldeenheid wat hyself nie eens gebruik nie. Die argument van die leiers van die Euro-sone is natuurlik dat Britanje baie baat by die EU-handel en sy deel moet bydra om die EU te versterk. Britanje se ekonomie is egter meer uitwaarts gerig as die van die vasteland se lande en hulle sal meer verloor as baat by groter EU-voorskriftelikheid oor die finansies. Britanje verlaat nie nou die EU nie, of is nie anti-EU nie, hulle is net nie bereid om die EU van ‘n ekonomiese, doeane- en handelsunie nou te verander in ‘n superstaat en die lidlande tot blote provinsies te degradeer wat net nog Brussel se voorskrifte uitvoer en self geen besluite meer kan neem nie.

Ook in die kontaks van die Euro-sone word die woord “isolasie” gebruik elke keer wanneer iemand waag om uit te breek uit die gelykstap. Dit is ook nou die geval met Britanje, wat deur Duitsland, Frankryk en kleiner EU-lande, asook deur die Britse Liberale Demokrate (wat deel is van ‘n koalisieregering) van isolasie beskuldig word, terwyl Britanje net hou by die eintlike EU-verdrag, wat daarvan ‘n statebond maak, nie ‘n bondstaat nie. Cameron se besluit word wel wyd gekritiseer deur die Europese en Britse elite en meeste media, maar in Britanje self stem die oorgrote meerderheid met hom saam. 57% is vir sy besluit en slegs 14% daarteen. Selfs die helfte van die mees pro-Europese party, die Liberale Demokrate, se kiesers steun Cameron se “nee”. Die pond het versterk en die Euro verswak na Cameron se “nee”, wat ook wys dat dit die regte besluit vir Britanje was.

 Noorweë: 100 jaar van Suidpool-ontdekking herdenk. Noorweë herdenk tans die laaste groot ontdekkingstog wat op die dag 100 jaar gelede, 14 Desember 1911, plaasgevind het. Die Noorweegse Eerste Minister, Jens Stoltenberg, asook Noorweegse wetenskaplikes en ontdekkers, het ‘n ys-kopbeeld van die Suidpool-ontdekker Roald Amundsen op die Suidpool onthul. Daar is ook verskeie gedengtogte onderweg na die Suidpool om die dag te vier, maar weens slegte weersomstandighede kon net enkele die pool betyds bereik.

100 jaar gelede het die Noorweegse ontdekker en avonturier, Roald Amundsen en sy span as eerste mense ooit die Suidpool bereik. Dit was die laaste groot onontdekte gebied en van groot simboliese waarde, maar sonder ekonomiese of strategiese waarde. Ontdekkingskoers het hoog geloop omdat dit die laaste onontdekte geheim van die aarde was (afgesien van die pieke van enkele berge en die diepste plek in die see). Noorweë het saam met Groot-Britanje gewedywer om die kroon van die Suidpoolveroweraar. Benewens Amundsen het die Brit Robert Scott feitlik gelyktydig vertrek en dit was letterlik ‘n resie na die pool wat benewens die ongure omstadighede van Antartika nog groter druk op die spanne geplaas het. Amundsen het die resies toe gewen en Scott het ‘n maand later aangekom en moes tot sy groot teleurstelling sien dat Scott se tent en die Noorweegse vlag reeds by die pool was. Die tragedie het sy loop geneem en Scott en sy 4 spanmaats het op pad terug in ‘n ysstorm omgekom nadat hulle trekperde, Shetlandponies, reeds doodgegaan het. Amundsen se keuse van sleethonde (Huskies) was die beter een en hy het oorleef en as roemryke oorwinnaar terug gekeer. Amundsen het reeds voor die ontdekking van die Suidpool togte in Noord-Kanada onderneem en veel by die Inuit (Eskimo) geleer. Stoltenberg het ook hulde aan Scott gebring, wat dieselfde moed, vasberadenheid en deursettingsvermoë as Amundsen aan die dag gelê het.

Vir Noorweë se selfbeeld as volk en land was die oorwinning van onskatbare waarde: die land het eers 6 jaar voor Amundsen se tog, in 1906, onafhanklik van Swede geword en moes ‘n eie nasionale identiteit ontwikkel. Noorweë was ‘n klein en min bekende land teenoor die alombekende en almagtige Groot-Britanje en het deur die gebeurtenis wêreldbekend geword. Amundsen is seker nog steeds een van die bekendste Noorweërs wêreldwyd. Terwyl Noorweë as klein land met slegs 5 miljoen inwoners min bekende wetenskaplikes, skrywers of kunstenaars van wêreldgehalte kon voortbring, is die land sterk verteenwoordig as dit kom by ontdekkers, veral van die poolgebiede, met name soos Roald Amundsen, Fridjoff Nansen en Thor Heyerdahl.

Een gedagte oor “Blik na buite: Belangrike internasionale gebeure die afgelope tyd

  1. Interessant dat ‘n klein landjie soos Denemarke, ‘n landjie wat nooit enige kolonies gehad het om te melk nie, ekonomies stabiel is. Nog ‘n klein landjie, Holland wat lankal die voordele van sy kolonies verloor het is net so lewenskragtig op sy eie. Hierdie twee trek nie ‘n werklike voordeel uit die Eurosone nie. Inteendeel is hulle krukke vir ‘n hele paar ander.

    Sou hierdie twee hulself van die Europese Unie distansieer en “isoleer” kan dit hulle net bevoordeel. Engeland, daarenteen, se “isolasie” is ‘n opportunistiese skuif. Hulle mik maar net daarna om hul brood aan albei kante gebotter te hê.

    Enige konglomerasie van lande is bloot ‘n streling vir die ego’s van politici! Regering, die naaste aan jou straatadres is nie net die deursigtigtse nie maar gee ook die belastingbetaler die beste waarde vir sy belastingsgeld.

    Suid Afrika is eintlik niks anders as so ‘n sameflansing nie en sien ons dan nie daagliks hoe ander die vrugte van ons moeites pluk nie? Dit was so in die ou Suid Afrika, nou ook so in die sogenaamde nuwe een.

    ‘n Etniese groep of groepe, wat dit nodig vind om deur ander etniese groepe gesubsidieer te word is niks meer as parasiete nie. Ek wil nie hê ons moet subsidieer nie, ook nie gesubsidieer word nie. Ek soek onafhankliheid, dit is die enigste eerbare weg, nie net vir ons nie, maar vir enige volk!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s