Willie Spies in gesprek met Vry Afrikaner

Willie Spies gesels met Vry Afrikaner media oor die vryheidsideaal, waar Orania in die prentjie pas en wat Afrikaners kan doen om ’n verskil te maak. Na al die harde werk wat hy ingesit het om Julius Malema in die hof te beveg en sodoende die gewraakte “Kill the Boer” lied te verban, brei Willie uit oor sy rol by AfriForum en die redes waarom hy sedert sy studentejare betrokke is met die skepping van ’n ruimte waarin Afrikaners vry en veilig kan leef.

 

Een gedagte oor “Willie Spies in gesprek met Vry Afrikaner

  1. Dis lekker om sulke nugter argumente te hoor! Sodra mens betrokke raak by die oplossing wat Afrikaner vryheid ons bied, dan verander jou lewensbeskouing en algehele gemoedstoestand byna oornag.

    Mens is meer geneig om jou energie en tyd te bestee op iets wat werk. Willie Spies som Orania baie goed op en dis wonderlik dat ons reeds iets het om te wys vir ons ideaal. Natuurlik is Orania nog klein en is die gebied nie naastenby die eindproduk nie, maar sonder Orania sou ons nog in die blokke gesit het.

    Die volkstaat word deur mense gebou – hoe meer mense saambou, hoe vinniger en groter sal dit groei. Dis in alle opsigte waarlik bevrydend om betrokke te wees… en dit alles begin net om Orania te besoek, aan te sluit by die Orania Beweging en fisies, ekonomies en sosiaal deel te word van die groeiende vry Afrikanervolk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s