“Beslissing in die Karoo” deur Sebastian Biehl – ‘n Resensie

Toe Sebastian Biehl sê dat sy boek uitgegee is, kon ek nie raai dat dit ‘n roman sou wees nie. Ek het ‘n bundel artikels oor die Afrikaner se vryheidstryd en internasionale posisie, of iets soortgelyk, verwag. Met verbasing het ek die klein skrif aangepak en begin lees.

Die boek het ‘n lang eksposisie waar uiteenlopende karakters aan die leser voorgestel word: Die ernstige student wat sy volk se vryheidstryd ernstig opneem en sy liberale meisie vir wie dit effens irriteer; lede van die boeregemeenskap van Standerton wat al meer onder wetteloosheid deurloop en verskillende standpunte daaroor het; die gewetenlose politikus wat voor niks stuit om Suid-Afrika volledig te transformeer nie; die mense van die Oranjerivierdorpie Eendrag, waar hard aan die herstel van Afrikanervryheid gewerk word. Later, wanneer die storie spoed optel, verstaan mens waarom die eksposisie so lank moes wees – slegs ‘n kort verwysing is dan genoeg om ‘n breë agtergrond op te roep en die verhaal sin te laat maak.

Die aksie begin wanneer Standerton se boere die reg in eie hande neem, maar as kriminele deur die polisie uitgeruik word. Dit word ‘n internasionale insident en bewys van Afrikaners se rassistiese houding. Wanneer die bejaarde swart oud-president deur ‘n blanke (eintlik net ‘n pion) vermoor word, is die gort gaar. Geweldpleging teenoor blankes en plundering van hulle besittings word alledaags en ‘n groot toestroming na Eendrag en die gebied tussen die Oranjerivier en die Weskus volg. Die gebied skei hom van Suid-Afrika af en ‘n uitputtende oorlog volg. Die verhaal van ‘n bedreigde volk en die talle persoonlike verhale van liefde, swaarkry, teleurstelling en oorwinning word vertel in ‘n aksiebelaaide vertelling wat die leser moeilik neersit.

‘n Paar algemene opmerkings: Bykans alle persone, organisasies en heelwat plekke word met skuilname benoem. Die verwysings is egter so duidelik, dat mens wonder of die regte name nie beter sou gewerk het nie. Hoewel die hoofkarakter se liefdeslewe struktuur aan die hele boek verleen, voer Mnr Biehl liefdestonele na nuwe hoogtes van kuisheid. ‘n Mens sou jou ook kon afvra of die teks nie effens hersien kan word om gebeure van die afgelope drie na vier jaar in ag te neem nie – ingrypende chirurgie is onnodig, maar ‘n paar wysigings kan die verhaal versterk.

Iemand het verwys na die “krag van ‘n scenario.” In “Beslissing in die Karoo” is ‘n scenario van ineenstorting en oorlog geskets, met ‘n raaiskoot van hoe Afrikaners dalk daarop sal reageer. As roman oortuig dit en as spanningsverhaal boei dit. As politieke dokument laat dit mens diep dink.

Bestel “Beslissing in die Karoo” direk van die skrywer – 073 164 9936. Skud op, want voorrade is beperk!

2 thoughts on ““Beslissing in die Karoo” deur Sebastian Biehl – ‘n Resensie

  1. Het self die roman aangeskaf met my Desember besoek aan Orania.

    Dit is beslis ‘n boek wat uiters moeilik neersit!

    ” ‘n Mens sou jou ook kon afvra of die teks nie effens hersien kan word om gebeure van die afgelope drie na vier jaar in ag te neem nie –…”

    Wynand, dit voel byna asof dit gedoen moet word om dit meer in voeling te bring met wat tans aan’t gebeur is, maar wat wel by my opgekom het is hoe dikwels die spreekwoordelike kruitvat al naby aan vlamvat was, veral die afgelope 3 jaar.

    Intussen word die aanslae op die Afrikaner net feller en die wette word ook meer gereeld gewysig om selfs die blanke vrou uit die arbeidsmark te skryf.

    Die ergste is natuurlik die onbeskaamde veragting van ons Christengeloof wat vanuit die hoogste kringe aan regaringskant gedemoniseer word, terwyl daar naarstiglik gegryp word na die verlossing wat voorvadergeeste sou bied…?!?

    Dit bly egter ‘n puik stukkie fiksie, (en darem ook ‘n regte “sprokie” liefdesverhaal daardeur geweef), oor ‘n moontlike scenario wat die Afrikaner in die toekoms in die gesig sal moet staar om sy VRYHEID te kan herstel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s