2 gedagtes oor “Vry Afrikaner gesels met dr. Dirk Hermann

  1. Sulke duidelike doelstellings maak mens opgewonde oor die toekoms.

    Ek onthou nog toe ek begin nuuskierig raak het oor Orania en in 2008 ‘n Orania Beweging funksie bygewoon het in Pretoria… Dirk was een van die gassprekers daai aand en het my belangstelling in Orania net verder geprikkel. Kortliks daarna het ek kom kyk hoe Orania lyk en sluit toe sommer ook aan by Orania Beweging. Twee jaar later het ek permanent in Orania kom woon en is vandag nog baie gelukkig hier.

    Dirk is reg – in Orania werk ons aan ‘n ideaal. Ons is besig om vir die Afrikaner ‘n nuwe ruimte in Afrika oop te kerf en dit is waarlik ‘n vreugde om betrokke te wees. Elke bietjie hulp wat ons van buite af kry is vir ons goud werd, dus is ons uiters dankbaar vir die bydrae wat mense soos Dirk en organisasies soos Solidariteit op Orania lewer.

    Ons is nog nie vry nie, maar ons is darem al heelwat nader aan ons doelwit as wat ons in 1994 was! Voorwaarts Orania!!

  2. Mooi so Herman. Daar word dikwels gevra hoekom jy jou nie tot parlementere politiek begewe nie – jy hoef nie. Die bydrae wat jy tans lewer is veel groter as die van enige van die Afrikaner politici wat tans in die praathuis sit. Ons sien dit raak en het groot waardering daarvoor. Dis ook fantasties dat jy ongekwalifiseerd en onbeskaamd trots is op Orania.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s