Orania Gholf Ope

Die Orania Ope was spontaan in die lewe geroep toe ‘n groep vriende van Orania in Mei 2011 besluit het om ‘n vriendskaplike gholftoernooi by die asemrowende 18-putjie (syfer 72) Magersfontein Memorial Gholfklub, net duskant Orania, te hou. Elke speler het ‘n geldjie in die hoed gegooi en hierdie opbrengs is daarna geskenk aan ‘n projek op Orania. Die dag het groot pret opgelewer en ook ‘n stewige hoeksteen gelê vir die Orania Ope.

Vanjaar het ons besluit om die Orania Ope na ‘n warmer maand te skuif, wanneer meer manne op verlof is en die baan op sy mooiste gaan wees. Ons hoop om vanjaar baie nuwe gesigte by die Orania Ope te sien aangesien ons ‘n borg, nl. Golf 2 Africa, vir die toernooi gekry het. Die groot prys op die spel is ‘n langnaweek vir 2 by die 5ster Jack Nicklaus Simola Gholfoord op die Tuinroete!

Die Orania Ope bied ook vir mense die geleentheid om Orania te besoek en ‘n opwindende ervaring in die Afrikanertuiste te geniet. Dis ‘n lekker wegbreekkans na ‘n skoon en veilige Karoo dorpie wat ‘n eersteklas spa, vakansieoord en besienswaardighede bied sodat die dames ook ‘n ontspanne naweek kan ervaar.

Vrydag 14 Desember
15:00 Arriveer en boek in by die 4ster Orania Oewerhotel en Spa
17:00 Begeleide toer van Orania
18:30 Potjiekos, kuier en dans by De Boer

Saterdag 15 Desember*
08:00 Ontbyt by die Oewer Restaurant
09:00 Vertrek na Magersfontein
10:30 Afslaantyd – kompetisie: IPS
17:00 Vertrek na Orania Oewerhotel en Spa
18:00 Sluit aan by dames in Orania en ontspan
20:00 Aandete by die Oewer Restaurant: Prysuitdeling en fondsinsameling ten bate van die Helpsaamfonds.

* Spa behandelings ingesluit by die Orania Rivier Spa vir nie-spelers

Sondag 16 Desember
08:00 Ontbyt by Karoo Keur Restaurant
09:30 Geloftediens by Oewerpark en oorhandiging van ons skenking aan Helpsaamfonds
11:00 Vertrek

Ingesluit: 2 nagte 4ster verblyf, alle etes, gholf met karretjie / spa terapie vir dames

R 1 800 per persoon. 10% afslag vir lede van die Orania Beweging.

Skryf in vir die Orania Ope: http://www.lief-orania.co.za/gholftoer.php

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s