Ons wil Orania toe trek: Waar begin ons?

Byna alle volwasse Oraniërs het van elders hierheen getrek. Pretorianers, Kapenaars, Vrystaters, mense van die Bosveld, Laeveld, Hoëveld ens. het op Orania kom vestig en vir hulself ’n toekoms hier kom bou. Voor hulle verhuis het, het al hierdie mense hulself gevra wat hulle op Orania gaan doen om ’n bestaan te maak. Hierdie uitdaging het nie ’n enkele een van ons ontsnap nie.

Orania is vir Afrikaners beslis die ideale plek om te woon. Hierdie lowergroen Karoodorp is skoon, veilig en ontwikkeling kan orals gesien word. Orania het 2 uitstekende skole en besighede op die dorp voorsien meeste goedere en dienste wat ‘n moderne huishouding benodig. Wanneer ‘n gemeenskap bestendig bestuur word, is dit logies dat vooruitgang sal toeneem en dat daar ’n positiewe gemeenskapsgees sal bestaan wat uitgebeeld word deur sy karnavalle, kunste, kulturele saamtrekke, feeste ens. Dit is die gesonde klimaat waarin Afrikaners ’n toekoms bou op Orania.

Die veiligheid en orde wat in Orania heers kan toegeskryf word aan die ideale wat alle Oraniërs bind. Wanneer mens belangstel om deel van Orania se gemeenskap te word, is dit belangrik dat jy ook wil deel in die waardes en kultuur van die gemeenskap. Orania is ’n Christelike gemeenskap wat met die gebruik van ons eie arbeid strewe vir republikeinse vryheid in ’n eie land vir ons en die nageslag.

Afrikaners wat aanklank vind by ons ideale, waardes en strewe integreer maklik op Orania. Die grootste uitdaging wat voornemende intrekkers egter moet oorbrug is om ’n inkomste in Orania te genereer wat hulle in staat stel om so min as moontlik veranderings in hul leefstyl aan te bring.

Die oplossing vir hierdie uitdaging is trouens heel eenvoudig: beplanning.

Op enige gegewe tydstip is daar talle Afrikaners buite Orania wat besig is om hul Orania-plan uit te voer. Hierdie mense het dus reeds een voet in Orania en staan bekend as uitwoners. Elke gesin se plan verskil na gelang van hul onderskeie behoeftes en tydraamwerk, maar daar is wel ’n algemene trant wat in almal se beplanning voorkom.

Die eerste stap wat ons almal geneem het was om by die Orania Beweging aan te sluit. Lede word deeglik op hoogte gehou van alles wat op Orania aangaan. Nuwe geleenthede, ontwikkeling, aktuele sake en interessante gebeure word aan lede gekommunikeer deur ’n weeklikse elektroniese nuusbrief en ‘n kwartaallikse glanstydskrif, nl. Die Voorgrond. Deur eenvoudig ingelig te wees m.b.t. al die bedrywighede op Orania is mens reeds in staat om inkomste genererende geleenthede te identifiseer. Vakante poste word ook gereeld deur Orania Beweging se media gekommunikeer.

Om lid van Orania Beweging te word is ’n reuse sprong in die regte rigting, maar mens moet ook ’n punt daarvan maak om gereeld die dorp te besoek. Orania se toerisme industrie het met rasse skrede gegroei oor die afgelope paar jaar en die hele gesin kan vandag ’n wonderlike vakansie tussen ons eie mense geniet.

Met gereelde besoeke aan Orania bou mens vinnig vriendskapsbande met inwoners en word mens blootgestel aan meer geleenthede, hetsy vakante poste of beleggingsgeleenthede. Dis ’n wonderlike gevoel wanneer mens weet dat jy ook help om ’n verskil te maak met jou bydrae (ongeag hoe groot of klein) tot die dorp se ekonomie.

Alhoewel hier reeds vele besighede op die dorp bestaan, bied Orania vir ondernemers ’n ontwikkelende ekonomie waarin talle geleenthede nog ontgin moet word. Orania se grootste ekonomiese sektore is landbou, toerisme en konstruksie. Onderwys en opleiding brei ook geweldig vinnig uit terwyl hier ’n toenemende behoefte vir gevorderde mediese dienste bestaan.

Orania se bevolking staan al by die 1 000 mense, waarvan ongeveer ’n derde onder die ouderdom van 18 is. Koopkrag word versterk deur ’n welvarende boerdery gemeenskap in die omliggende omgewing en baie Afrikaners van nabygeleë dorpe soos Hopetown, Vanderkloof en De Aar ondersteun toenemend Orania se besighede.

Op enige gegewe tydstip is hier talle toeriste in die dorp en gedurende skoolvakansies word die koopkrag maklik verdubbel a.g.v. die groot hoeveelheid besoekers.

Met ’n bietjie betrokkenheid en ’n goed deurdagte plan kan enigiemand binne die kwessie van ’n paar maande in staat wees om te hervestig. Die vrugte wat die hele gesin gaan pluk sodra julle permanent op Orania kom woon maak die opstel van jul eie Orania-plan beslis die moeite werd.

Om aan te sluit of meer inligting te bekom, skakel gerus die Orania Beweging by 053 207 0062 of stuur ’n e-pos na inligting@orania.co.za

34 thoughts on “Ons wil Orania toe trek: Waar begin ons?

  1. Ek dink baie mense is onder die indruk dat dit verskriklik moeilik is om Orania toe te trek. Vir ons was die moeilikste deel die fisiese trek gedeelte! Sodra mens ingetrek het en die eerste aand met oop deure en ‘n glimlag op jou gesig kan slaap dan weet jy dat jy uiteindelik WAARLIK tuis is.

    Nadat ek in 2008 by Orania Beweging aangesluit het, het ek ‘n paar keer kom vakansie hou op Orania. Ek het vinnig vriende gemaak (mense wat nou boesem vriende is!). Omrede ek in die toerisme industrie is het ek ‘n geleentheid gesien om ‘n Orania toeroperateur diens in die lewe te roep. Sedert Desember 2009 het Orania Toere al duisende besoekers aan Orania se verblyf gereel en hulle gehelp om hul besoek aan Orania ekstra spesiaal te maak. Orania Toere was aanvanklik eers vanaf my kantoor in Pretoria bestuur.

    Tydens een van my besoeke aan Orania het ek verneem dat die enigste klerewinkel op die dorp omskep gaan word in ‘n pragtige koffiewinkel (Skinkikofe). Ek het nie op my laat wag nie en minder as ‘n maand later het ek Klein Parys Klereboetiek se deure oopgemaak (April 2010). Die boetiek het heel goed gedoen en einde Oktober 2010 het ek en Rozanne Orania toe getrek.

    Ons het my internasionale toerisme besigheid van Pretoria af saamgetrek Orania toe. In Maart 2011 het ons ‘n DVD-winkel langs Klein Parys oopgemaak en die doen ook goed. Die ekstra inkomste wat ons uit Orania Toere, Klein Parys en die DVD-winkel genereer beteken dat ons lewensstyl verbeter het.

    As ek nie eerstens by Orania Beweging aangesluit het nie, daarna die dorp gereeld besoek het nie en gereageer het op die geleenthede wat ek tydens my besoeke gesien het nie, dan sou ek waarskynlik nou nog sielsongelukkig agter tralies gelewe het in Garsfontein (Pretoria) met sirenes, geweerskote en dronk straatlopers se lawaai as agtergrondmusiek…. en dis boonop een van die beter dele van Pretoria!!

    Ons Orania-plan het gewerk a.g.v. 1) ‘n groot behoefte om soos normale mense te lewe in ‘n skoon en veilige gemeenskap wat deur Afrikaners (vir Afrikaners) bestuur word, 2) ‘n ordentlike strategie om ons lewenstyl te verbeter en ons inkomstebasis te vergroot deur besighede op Orania te stig, 3) nie oorhaastig te wees nie.

    Ons bly al amper 2 jaar baie gelukkig op Orania en gaan binnekort weet of ons eerste van (hopelik) vele kinders al op pad is… hou duimvas!!

  2. Pieter Senekal

    Quintin, ek hou van jou lewens verhaal. Ek wil graag vir jou en Rozanne alles van die beste toewens met al julle planne, veral met die koms van die kleinding. Eendag gaan ek op Orania kom kuier dan gaan ons sommer lekker kuier, ons is nie regteg so ver van mekaar af as wat dit soms lyk nie.

  3. dap janse van rensburg

    Ek wil so graag in Oranje bly maar ek het niks nie om enige iets in my lewe nie hoe kan iemand wat deeltys net werk kan kry wat by sy oupa moet bly anders het ek nie bly plek nie wat huidiglik net 8000rand n jaar verdien in Oranje kan gaan woon en werk

  4. Ronald Backer

    Succes toegewenst vanuit Nederland. Orania is hier niet zo bekend, maar ikzelf volg de ontwikkelingen met grote interesse. Uit welke beroepsgroepen zoeken jullie nog mensen?
    Zelf heb ik enige ervaring als systeembeheerder en computernetwerken (Cisco). Gaarne wijs ik ook andere mijner landgenoten met bruikbare maatschappelijke inbreng op de mogelijkheden in Orania. Want ik hoop dat jullie gemeenschap een zodanig gezonde vestigingsplaats wordt, dat het uitgroeit tot een oranje lichtbaken voor de hele wereld. En door zijn omvang en bekendheid gevrijwaard blijft van zwarte afbraakpolitiek.

  5. tulpenvaas

    Beste Quintin, jullie moeten in gaan zetten op ‘jeugd/jonge mensen’. Daar ligt jullie toekomst. Ga naar alle uithoeken van SA en breng jullie boodschap van een nieuw land voor de Afrikaners met name aan ………. afrikaner jeugd. Een soort van zendingswerk, zeg maar. Orania moet onder haar werkers iemand aanstellen met specifiek deze taak: jullie boodschap moet bekend gemaakt worden aan afrikaner jeugd in SA. Orania moet vooral bekend worden als een plek die toekomst biedt voor jonge mensen. Daar ligt immers jullie toekomst. Jonge Afrikaners zullen het nieuwe afrikaner hartland moeten opbouwen. Je kan feesten, bijeenkomsten organiseren in Orania voor jonge mensen, enz., enz. Natuurlijk allemaal binnen het bestek en leiding van het Orania-bestuur. Ik zeg dit, omdat het Orania-bestuur tot nu toe bewijst dat zij het erg goed doet. Een ander punt (afgezien van jonge mensen), als het voor Afrikaners nog een beetje een moeilijke stap is om naar Orania te ’emigreren’, is het dan niet slim om een soort van tussenstap aan te bieden? Je kan bijvoorbeeld aanbieden, dat iedere Afrikaner die belangstelling heeft om zich in Orania te vestigen twee of drie vierkante meter grond kan ‘krijgen’ in Orania! Dat gaat zo: Mevrouw Dutoit overweegt om zich te komen vestigen in Orania, maar zij twijfelt. Zij neemt kontakt op met Orania en jullie bieden haar twee vierkante meter grond aan, voor niets, in Orania, waar zij haar toekomstig huis kan bouwen en/of waar zij, als zij definitief besluit, zal komen wonen. Zij moet dan wel, zeg maar, iedere drie maanden het bezit van haar ‘plot’ (de 2 vierkante meter grond) bevestigen. Ondertussen is zij al officieel de eigenares van die paar meter. Zoiets. Het is zomaar een voorschot/idee dat ik hier geef: een soort van tussenstap voor twijfelaars om emigratie naar Orania te vergemakkelijken.

  6. Rokko308

    Is daar eiendom beskikbaar? Dit is tog die beginpunt vir beplanning om te trek, waar jy gaan woon. Ek en my vrou oorweeg dit nou al vir `n paar jaar maar moet weet waar om ons kapitaal die beste te gebuik om ons te hervestig. Werk is die tweede uitdaging (nie probleem nie) maar enige mens wat bereid is om hard te werk sal iets kry om te doen.

  7. Johan Swart

    Ek wil graag in Oranje kom kamp met tent vir n week of so met wie kan ek in kontak kom vir meer inligting, wel ek dink Quintin jy gaan seker die regte een wees . My sel nr 0766952117

  8. Jaques

    Kyk, ek wou nog altyd sien hoe my voorvaders se name oor die land loop! Hoe die vierkleur flag weer sou wapper soos oom Siener van Rensburg sou se! Agh, dit klink en is fantastiese nuus om te sien hoe jul groei! Orania, die plek vir ons Afrikaners!!!!

  9. Evelyn jonk

    Dis is fantastiese dorp hoe meer ek lees hoe meer. Wil ek my goedjies pak en trek soontoe ek en my familie is lankal siek en sat vir die dorppslewe

  10. Betsie Jooste

    GOEIE DAG MEDE-AFRIKANERS
    MY TONE KRUL OM VAN LEKKER AS EK HOOR VAN ORANIA, EK HET SO GROOT BEGEERTE OM DAAR TE WOON. HET JUL PRE-PRIMERE POSTE DAAR, hahaha?
    MY MAN SKUIF BAIE MOEILIK Ek MOET HOM MAAR VIR VAKANSIE ORANIA TOE NEEM.
    GROETJIES BETSIE – EG AFRIKANER

  11. Ek wil ook daar bly!!! Is my lang-termyn missie en glo dit gaan beter wees as om Australie toe te trek want afrikaans en Suid-Afrika is in my hart. As ámper MBA-gekwalifiseerde entrepreneur glo ek daar kan baie geleenthede uit voortspruit om Orania te bou. Viva Orania!!

  12. Bella Bothma

    Ek sal ook daar wil woon maar Orania val steeds onder n swart regering in SA wat moeilikheid kan maak enige tyd wat hulle so voel.

  13. Cobus

    goeie dag aan almal ek isn Afrikaner in murg en been werk hier in Carolina my eie besigheid ek en vrou life doen alles self En toe ek die ding van Orania raak gelees het toe sien ek die verlore skakel in ons lewe .Nou net om van alles ontslae te raak en ons is in orania ons hande staan nie terug vir enige werk nie Ons het nog n trots diep in ons mens wees weg gele groete Cobus

  14. Karen

    Hallo almal, ons is ‘n gesin van 3 wat graag Orania toe wil trek ons weet nie waar om te begin en hoe dit sal werk nie. Kan enige iemand asb ons net in die regte rigting aanwys.

  15. Karen

    Hallo almal, ons is ‘n gesin van 3 wat graag Orania toe wil trek ons weet nie waar om te begin en hoe dit sal werk nie. Kan enige iemand asb ons net in die regte rigting aanwys. Ek ek my man is altwee in ons 30’s 32 en 33 ons seun is 12jr en word binne kort 13jr oud. Help ons asb om vir ons seun ‘n beter lewe as in Pretoria te bied.

  16. Robert scott

    Goeie dag kan iemand my dalk help deur vir my inligting te gee oor hoe ek en my vrou op orania kan verblyf kry en waar kan ons 2 aansoek doen vir werk ek is n ambagsman en kan talle ander werke doen .Ons woon tans in durban maar is moeg vir die lewenwyse hier asook die diefstal wat aan die gang is ons het ons eie voertuig om tot daar te kom asb mede Afriaaners ek maak staat om gou van jul te hoor asb met dank Robert.

  17. Liesl

    Hi, ons wil baie graag Orania toe trek, maar weet nie waar om te begin en werk te kry nie. Kan enige ieman groot asb help? My man is n silo bestuurder.

    1. Fanie Swarts

      dankie

      Kind Regards / Vriendelike Groete

      Fanie Swarts

      Jeandre Makelaars

      Mobile : 083 333 7396

      Telephone : 051 522 9837

      Fax to mail : 086 659 1852

      ePOS : JEANDRE.FIN@SHISAS.COM

      cid:image001.jpg@01CC10AA.51DD15B0

      GEMAGTIGDE EN GEREGISTREERDE HANDELAAR VAN FINANSIELE DIENSTE JEANDRE MAKELAARS CC

      FSP34911

  18. Lewies Pienaar

    Ek wil weet, sal ek in Orania in ñ tent kan bly., totdat ek en my gesin ons bydra gemaak het in en aan Orania, en n huis gebou het om parmanent daar te bly. Ek en my vrou en 5 kinders bly nou op die oomblik in ñ karafaan, ek het my werk verloor en sukkel nou baie om n ander werk te kry, en om na my vrou en kinders om te sien. En hier in Putfontein Benoni help die wit mens nie meer soos in die ou dae nie. So ek sal dit baie wardeer as ek terug voer kan kry asseblief. Help. Lewies Pienaar en gesin.

  19. Karien

    Ek wil graag uitvind of daar plek is vir pensionarisse. My ma bly in Ryn Park in Benoni op die oomblik en ek trek Engeland toe saam met my man en 2 seuns volgende jaar. Ek is baie bekommerd oor haar veiligheid.

    Kan iemand asseblief vir my meer inligting gee oor die verblyf in Orania vir haar. Sy het hoe bloedruk, maar is n baie harde werker sy hou baie van kosmaak en sal n kombuis kan aleen hardloop vir Orania, en sy maak de heerlikste boerekos.

    Baie dankie
    Groete van Benoni JHB

  20. Nico en Martie van Vuuren

    Dis moeilik vir party mense wat nie die groot geld het om die skuif te maak na Orania, maar wat bitter graag wil. Ek en my vrou wil graag die skuif maak Orania toe maar is bang huidiglik verdien beide van ons redelike groot selarisse , ons het 4 kinders 3 is in die CVO skool en 1 kleuter nog. Die geweld en als raak baie erg en ons wil graag ons kinders in beter rustiger omstandighede groot maak. Ek vra hulp en leiding en raad, waar en hoe om die bigin te maak om deel te word van die Orania gemeenskap.

  21. Johan Kriel

    Mense Orania klink asemrowend ma ek is n myner so ek kan ma net na julle pragtige plek kyk en wonder hoe dit sal wees as ek my vrou op so n veilige kan sien leef !Julle plek is pragtig

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s