Orania Rock!

Mense verwys gereeld na Orania as die Afrikanertuiste nie net omdat dit ’n Afrikanergemeenskap is nie, maar ook omdat dit ’n plek is waar alle Afrikaners waarlik tuis kan voel.

Daar is soveel dinge wat Orania uniek maak, o.a. die gemeenskap se strewe na vryheid. ‘n Plek waar Afrikaners vry is om te lewe sonder diskriminasie, kwotas, misdaad, korrupsie en al die ander jazz wat Malema en sy tjommies opdis.

Een van hierdie vryhede is om na hartelus te kuier, sing en dans in ons eie taal. En kan Oraniërs kuier! Dit was net ’n kwessie van tyd voor ‘n groot Afrikaanse musiekfees sy tuiste op Orania sou vind. Met die ongelooflike opmars van Afrikaanse rockmusiek gedurende die afgelope paar jaar is dit geensins verbasend dat dit toe ’n rockfees is wat Orania vir ’n naweek op die voorgrond van die Afrikaanse musiekbedryf gaan plaas nie.

RockOpOranje vind van 27 tot 29 April plaas op die idilliese oewer van die Oranjerivier by die Vluytjieskraal-Noord Landgoed, wat grens aan Orania. Die fees is ‘n wonderlike geleentheid om die lieflike natuurskoon van die Bo-Karoo te geniet met harde musiek as die klankbaan. Die natuurprag gaan gekombineer word met die alternatiewe rock-klanke van groepe soos Beeskraal, Die Tuindwergies, Bittereinder, Bouwer Bosch, Mosesmetroman en meer.

Feesgangers gaan bederf word met heerlike kosstalletjies waar gasvrye Oraniërs gaan wys waarom mense spog dat hulle altyd so lekker eet op Orania. Biertente op die oewer van die Oranjerivier sal sorg dat niemand dors hoef te gaan slaap nie. Die feesorganiseerders het ’n gerieflike koeponstelsel in plek gestel om diens by die kosstalletjies en biertente te bespoedig en te sorg dat mense nie in lang toue hoef te staan en ly van die honger of dors nie.

RockOpOranje word aangebied deur Rozospot Feeste. Maande se beplanning verseker dat daar aan alle vereistes m.b.t. sekuriteit, sanitasie, vervoer en nooddienste voldoen gaan word. Hoof Uitvoerende Direkteur van Rozospot Feeste (Edms.) Bpk., mnr. Daniël Laäs, is persoonlik betrokke by al die reëlings en word gereeld in die dorp gesien terwyl hy en sy span sorg dat alle voorbereidings in aanloop tot die fees klopdisselboom verloop.

“Daar was nog nooit ’n rockfees in die Bo-Karoo aangebied nie, dus kan ons nie wag om van die beste Afrikaanse rockgroepe in aksie te sien in hierdie pragtige deel van die wêreld nie,” het mnr. Laäs gesê.

As feesganger by van die grootste rockfeeste in Europa, o.a. Roskilde en Rock Werchter, het hy groot drome vir Afrikaanse Rockmusiek en die nuwe RockOpOranje-fees. Die doel van die fees is om ’n jaarlikse skouspel van die beste Afrikaanse rockgroepe te hou in ’n omgewing waar die Afrikaanse taal, kultuur en kunste daadwerklik deur die hele gemeenskap bevorder word.

“Rockmusiek klink baie goed in Afrikaans. Wanneer buitelanders Afrikaanse rockmusiek hoor is hulle mal oor die unieke wyse waarop ons taal met die vinnige ritmes van elektriese kitare en tromme gevleg word. Hulle verstaan nie ’n woord nie maar hulle is gek daaroor. Die Afrikaanse rock-genre spog met ’n oorvloed van talent. RockOpOranje bied ’n uitstekende geleentheid vir Afrikaners om lekker saam te kuier en ons jongmense se talente op die verhoog te sien blom,” meen mnr. Laäs.

Kaartjies is baie bekostigbaar en kan maklik bekom word op RockOpOranje se webwerf. Daar sal ook kaartjies te koop wees by die ingang van die feesterrein. Talle feesgangers van Pretoria, Bloemfontein en Potchefstroom se universiteite word verwag en AfriForum Jeug bring ook ’n paar busse vol mense Orania toe vir die naweek. Alle persone 18 jaar en ouer is welkom.

Pak jul tente en laai jul motors vol vriende vir die grootste rockfees in Afrikaans!

Vir meer inligting, besoek gerus http://www.rockoporanje.co.za

4 thoughts on “Orania Rock!

  1. Ek weet dit gaan van hierdie dorp net weer een ding se, klein begin, nou stem dik maak, met sulke gesindhede, mooi so, maak die wereld bewus van ons plek, waar daar nog meelewendheid beweeg!

  2. alfreda le roux

    Goeiemore. Ek wil net navraag doen of daar nog. Stalletjies beskikbaar is vir die fees naweek van 27ste April. Groete Alfreda le Roux. 0792718137

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s