Rugby op Orania

Op 14 Maart 2012 het ’n paar entoesiastiese burgers die Orania Rugbyklub op die been gebring. Die klub het sedertdien vlam gevat binne die gemeenskap en op 13 April was die eerste inter Orania rugbywedstryd voor ’n groot skare ondersteuners gespeel.

Die klub staan bekend as die Orania Rebelle en spog met ’n uitstekende afrigtingspan wat ondersteun word deur ’n toegewyde klubbestuur. Borge het na vore getree om die Rebelle te help met die aankoop van noodsaaklike toerusting en die dorpsraad het Orania se uitstekende fasiliteite beskikbaar gestel vir die klub om te benut.

Die Rebelle gaan in Junie op toer na Pretoria waar hulle te Kleinfontein gaan meeding om die Volkstaatbeker. Klub President, mnr. Sarel Roets, meen dit is ’n groot prestasie dat die Rebelle in so ’n kort tydperk reeds kompeterende rugby kan speel.

“Die feit dat ons al twee rugbyspanne op die veld kan sit spreek boekdele van die manne se passie vir die sport oor die algemeen en ons klub in besonder,” het mnr. Roets gesê.

Orania Rebelle wil graag soveel as moontlik vriendskaplike wedstryde reël teen klubs in sentrale Suid-Afrika. Met Bloemfontein en Kimberley in die omgewing, nooi die Rebelle graag belangstellende klubs om met hulle te skakel sodat tuis en weg wedstryde gereël kan word.

Vir meer inligting, kontak gerus vir Quintin Diederichs by 076 943 2214 of stuur ’n e-pos na kontak@oraniatoere.co.za.

Sluit aan by ons Facebook ondersteunersblad: Orania Rebelle Rugbyklub!

10 thoughts on “Rugby op Orania

  1. Dit sal ‘n goeie ding wees as die ”Orania Rebelle”, ‘n ”facebook” bladsy kan opsit op die internet, dat ondersteuners hulle besonderhede kan byvoeg, kommentaar lewe en aansluit. Ook van die buiteland. ”Die Vryheids Front”, het alreeds baie buitelandse onsersteuners op hule bladsy. Dalk in die nabyere toekoms sal ook buitelandse spanne Orania besoek om ‘n goeie rugby wedstryd teen hulle te speel.

  2. Henri

    ‘n Goeie begin, vertrou dat die span tot groter hoogtes sal gaan en dat daar deur hul optrede op en van die veld gesê kan word dat hulle waarlik ‘n span is wat die Afrikaner sal verteenwoordig. Ek gaan julle dophou, ons moet net waak dat sport nie ‘n groter komponent gaan raak as die Afrikaner se vryheid nie. Sterkte Orania Rebelle op jul pad vorentoe.

  3. Michael/Mike

    Ek moet sê ek is baie opgewonde oor die nuwe ontwikkeling. Dit is ‘n bewys dat daar gevorder word met selfbeskikking as sulks. Hou ons aub op hoogte met datums waar hulle gaan speel ek is definitief daar. Dit sal kleinfontein ook ‘n hupstoot gee.

  4. Anthony Schlemmer

    Ek hou baie van die naam, en is opgewonde oor die span al bly ek hier in Port Elizabeth. Eers Blou Bul, Cheetah en dan die Rebelle !

  5. Henri

    Net vir Anthony reghelp, eers die rRebelle dan die Cheetahs, die flou koeie is in elk geval ‘n gekombineerde Suid Afrikaanse span. ‘n Bul wat impotent is en nie sy eie kalwers het nie, moet koop om iets te kan beteken. Vertrou dat die Rebelle spoedig die ander SA spanne die loef sal afsteek.

    1. Anthony Schlemmer

      Hi Henry. Nee jy is reg, die Rebelle eerste ! Beide die Bulle en Cheetahs het darem al oor die dekades Afrikaner rugby ikone opgelewer ! Mense op wie ons almal baie trots is.

      1. Henri

        Anthony, jy is reg, dit is so, maar dit lyk my ons moet nou verswelg word deur poltieke inmengig en die ouens weet rugby en krieket is , wil ek sê, maar meerendeels blank.. daarom het ek in my aanvanklike kommentaar genoem, ek gaan die Rebelle dophou en ek sal die eerste een wees wat hule geluk toewens en hoop dat hulle hul merk sal maak in in die politiek geinspireerde Suid Afrika.

      2. Pieter Senekal

        Ek is n trotse blou bul ondersteuner, maar het nog baie plek in my groot hart vir die Orania rebelle, mag julle hoèr hoogtes as die bulle bereik. Dit sal Orania op die kaart plaas.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s