Kommandokorps: oplossing of probleem?

Die Kommandokorps word gereeld deur die Suid-Afrikaanse hoofstroommedia gebrandmerk as ’n vêrregse paramilitêre organisasie wat ten doel het om ’n blanke weermag op die been te bring. Hierdie organisasie is onlangs weer aggressief deur die media aangeval en is selfs deur die VF Plus en AfriForum gekritiseer oor hul opleidingskampe.

Mnr. Pieter Groenewald van die VF Plus het sterk teen die Kommandokorps uitgevaar in ’n onlangse mediaverklaring van dié party. “Die VF Plus neem met skok kennis van mnr. Frans (sic) Jooste se rasse media-uitlatings oor sy Kommando-korps (sic) opleidingkampe (sic). Mnr  Jooste se aanhitsing van rassehaat en –spanning is onaanvaarbaar en word sterk veroordeel,” het mnr. Groenewald gesê.

Dit volg nadat Times Live op 27 Februarie 2012 ’n videoverslag van ’n  Kommandokorps  kadetkamp gepubliseer het (sien onderaan ’n skakel na die video) waartydens gesê is dat “die cortex van die gemiddelde swartman 120 gram ligter weeg as dié van die gemiddelde blanke”; en “behalwe die Aborigines van Australië, die swartes van Afrika die mees onderontwikkelde en barbaarse ras van die menslike spesie op aarde is”.  

Volgens Times Live meen mnr. Kallie Kriel, HUB van AfriForum, dat die manier waarop jongmans behandel word tydens Kommandokorps se kadetkampe “immoreel” en “onverskoonbaar” is.

Na deeglike ondersoek besef mens dat die feite egter ’n hele ander prentjie skets. Die Kommandokorps is ’n wettige artikel 21 sekuriteitsmaatskappy wat in 1990 gestig is om blankes oor die algemeen, en Afrikaners in besonder, te organiseer en op te lei om hulself in hul huise en op hul plase te beskerm.

Kol. Franz Jooste staan aan hoof van die organisasie en het tydens ’n eksklusiewe onderhoud met Vry Afrikaner verduidelik dat die Kommandokorps sedert sy ontstaan aan alle wetlike vereistes voldoen en dat selfs die SAPD hul weerbaarheidskursusse en kadetkampe goedgekeur het.

“Beide die SAPD en die SANW het reeds openlik erken dat hulle nie hul verantwoordelikhede m.b.t. die beveiliging van die samelewing kan nakom nie weens o.a. swak opleiding. Aangesien hierdie instellings nie ons mense kan beskerm nie, sal ons mense moet leer hoe om onsself te beskerm,” meen kol. Jooste.

In ’n land waar meer as 30 000 blankes reeds sedert 1994 deur meestal swart mense vermoor is, waar daar elke 17 sekondes ’n vrou verkrag word en diefstal ’n algemene verskynsel is, kan mens verstaan waarom beveiliging en ras gemotiveerde misdaad sulke ernstige kwessies is vir die Kommandokorps.

Die internasionaal erkende volksmoord waghond, nl. Genocide Watch, het onlangs aangekondig dat die situasie m.b.t. die dreigende volksmoord op die blanke bevolking van Suid-Afrika kommerwekkende proporsies aangeneem het.

Op 15 September 2011 het Genocide Watch die dreigende volksmoord teen blankes in Suid-Afrika van vlak 5/7 (polarisering), na vlak 6/7 (voorbereiding) verhoog.

“Ons het bewyse dat georganiseerde aanhitsing tot geweld teen blankes in Suid-Afrika plaasvind. Dit het begin met die opmars van ANC Jeugleier, mnr. Julius Malema, wat liedere soos “Kill the Boer” by amptelike ANC vergaderings gesing het. Die ANC se ongewilligheid om hom te dissiplineer oor sy rassistiese uitsprake teenoor blankes, het Genocide Watch geen ander keuse gelaat nie as om die gevolgtrekking te maak dat daar tans ’n georkestreerde poging in Suid-Afrika bestaan om geweld teen blankes aan te hits. Suid-Afrika het nog nie volskaalse volksmoord (vlak 7) bereik nie, maar die voorbereiding daarvan is uiters kommerwekkend,”  verduidelik Genocide Watch in ’n amptelike verklaring.

Die toenemende aanslag teen blankes op plase vererger omstandighede verder. Tydens plaasaanvalle word afskuwelike dade spesifiek teen blankes gepleeg. In byna elke geval eindig die aanval met moord op die slagoffers nadat lang uitgerekte marteling en verkragting plaasgevind het.

Die polisie en ANC-regime sê gereeld in amptelike verklarings dat plaasmoorde, soos enige vorm van misdaad, ’n probleem is en dat ons moet onthou dat diefstal die hoofmotief vir plaasaanvalle is.

“Hoe kan diefstal die hoofmotief wees wanneer die aanvallers by plaashuise inbreek om hul slagoffers in te wag en dan geen poging aanwend om iets te steel terwyl die eienaars nog nie tuis is nie?”, vra kol. Jooste.

Kol. Jooste verduidelik dat plaasaanvalle met guerilla-oorlogvoering vergelyk kan word en dat daar bewyse is dat die aanvallers in baie gevalle militêre opleiding ondergaan het.

“Kyk na die feite. Nadat ’n plaas aangeval word, onttrek die aanvallers en dan slaan hulle kortliks daarna weer toe binne ’n 20 tot 100 km radius van die eerste aanval. Hierdie terreuraanvalle word dikwels met militêre presisie uitgevoer. Dit is waarteen ons mense opgelei moet word om onsself en ons geliefdes te beskerm,” meen kol. Jooste.

Die eskalerende plaasmoordsyfer en swart op wit misdaad loop hand aan hand met die ANC-regime se rassistiese liedere en uitsprake wat geweld teen blankes aanhits. Jacob Zuma het in Januarie 2012 ’n stappie verder gegaan en te Bloemfontein voor die wêreld se kameras gesing: “Die kabinet gaan hulle skiet. Maak die Boere dood!”.

Meer as 4 000 mense het al die Kommandokorps se weerbaarheidskursesse ondergaan en daar is al in die media berig hoe van hierdie mense hulself suksesvol teen aanvallers beskerm het. Op 12 April 2010 het ’n artikel in die Beeld verskyn waarin vertel word hoe kapt. Leon Koekemoer van die Kommandokorps sy vrou, drie kinders en ’n vriend teen vier gewapende rowers beskerm het nadat hy wakker geskrik het met ’n swart man wat by sy slaapkamer instorm. Een van die aanvallers is gedood, ’n ander ernstig gewond en twee het gevlug. Duidelik dien die Kommandokorps se weerbaarheidskursesse ’n lewensbelangrike doel.

Kommandokorps bied kadetkampe aan tydens skoolvakansies waar jongmans leer hoe om hulself en hul gesinne doeltreffend te beskerm. Alhoewel hierdie kampe hoofsaaklik ten doel het om jongmans toe te rus met noodsaaklike selfverdedigingsvaardighede, fokus die gekwalifiseerde instrukteurs ook daarop om Christelike waardes, dissipline, spanwerk en die Afrikanerkultuur en –geskiedenis in die kadette se opleiding in te weef.

“Baie ouers het al vir ons gesê dat ons binne slegs 9 dae meer reggekry het om hul seuns se houdings te verander en bietjie dissipline in hul lewens in te bring, as wat hulle gedurende die afgelope 9 jaar kon,” het kol. Jooste gesê.

Die Kommandokorps is beslis nie besig om ’n weermag te bou nie. Hulle gebruik wel die nutria uniform en die ou Boerekommando rangstruktuur wat vir die maatskappy ’n militêre identiteit gee. Alle hoofstroom sekuriteit maatskappye se wagte dra immers uniforms en daar is geen wet teen die gebruik van die Boerekommando rangstruktuur nie.

Die oranisasie sal wel baat vind daarby om te let op die wyse waarop hulle hul politieke oortuigings bewoord. Meer takt sal nie skade doen nie. Dit is wel ’n onbetwisbare feit dat byna alle plaasmoorde deur swart mense gepleeg word en dat swart op wit moord en geweld geheel en al buite verhouding is met wit op swart moord en geweld. As die Kommandokorps skuldig is aan rassisme omrede hulle sulke stellings in die openbaar maak, dan moet neutrale internasionale organisasies soos Genocide Watch oor dieselfde kam geskeer word.

Wat die hoofstroommedia, AfriForum en die VF Plus in gedagte moet hou is dat Afrikaner ouers hul seuns vrywilliglik na Kommandokorps se kadetkampe toe stuur met die wete dat die jongmans gaan moet vasbyt terwyl hulle weerbaarheidsopleiding ontvang. Hierdie opleiding is egter noodsaaklik vir een belangrike rede: Afrikaners se lewens word daagliks deur swart mense bedreig – punt!

Kommandokorps verteenwoordig verseker ’n probleem vir mense wat trots deel van die Nuwe Suid-Afrikaanse reënboognasie is en nog dink dat ’n oproep aan 10111 of hul paniekknoppie hul redding gaan wees wanneer die arme “voorheen benadeeldes” laataand in hul slaapkamers gaan instorm. Andersyds bied dié organisasie ’n oplossing vir die van ons wat wil weet hoe om onsself teen die einste reënboognasie se bloeddorstige voetsoldate te beskerm voordat hulle hul snellers trek.

Nietemin, die uitdaging wat Kommandokorps aanpak is net ’n simptoom van die probleem. Die Afrikaner sal sy vryheid in ’n eie Afrikaner Republiek moet herstel indien hy ernstig is oor die oorlewing en vooruitgang van sy volk in Afrika.

Videoverslag: http://www.youtube.com/watch?v=BFWEtdZ5TWA

 

31 gedagtes oor “Kommandokorps: oplossing of probleem?

    1. Ons pa’s, ooms en oupa’s het vir dekades lank browns gedra toe hulle ons veiligheid en vryheid op die landsgrense verdedig het. Dis ‘n uniform waarop ons baie trots kan wees, ‘n uniform wat die ANC-regime verpes en baie vinnig van ontslae geraak het nadat hulle beheer oor die weermag verkry het.

      Die Kommandokorps se vlag is die prinsevlag met die vlae van die Zuid-Afrikaansche Republiek, die Republiek van die Oranje Vrijstaat en die Kaapse Rebellevlag (Vryheidsvlag) in die middel. Ek dink nie dis tradisionele regse vlae nie… dis eenvoudig net Afrikaner vlae waarvoor ons voorvaders gebloei het toe hulle ons volk se vryheid verdedig het teen o.a. Britse imperialisme.

  1. Gawie Snyman

    Baie min mense sal enigsins ‘n probleem met die Boerekommandokorps se weerbaarheidsopleiding he – dit spreek ‘n broodnodige leemte in die Afrikanergemeenskap aan.

    Maar niks verskoon Kol. Jooste se blatante en moedswillige propagering van quasi-wetenskaplike Nazi-agtige “feite”- wat deur die hoofstroommedia opgeslurp word net om dit weer teen die Afrikaner se stryd om selfbehoud te gebruik – nie.

    Of meen Kol. Jooste soos Goebbels – enige publisiteit is goeie publisiteit?

    1. Goeie punt. Ek dink dat die Kommandokorps hulself uitstekend van hul taak kwyt m.b.t. weerbaarheidsopleiding, maar hulle berokken ernstige skade aan hul beeld met die wyse waarop hulle sommige van hul politieke standpunte bewoord. Ek dink emosie speel ‘n groot rol in o.a. kol. Jooste se stellings. Wanneer mens al by ‘n begrafnis was waar die rouende familie van plaasmoordslagoffers om die oop grafte van hul geliefdes staan, dan verander dit mens se perspektief. Dis juis dan wanneer mens die morele hoër grond moet behou en daarop fokus om die internasionale gemeenskap se steun agter jou te kry terwyl jy ‘n strategie uitvoer wat daartoe sal lei dat jou volk beskerm en bevry word. Dalk moet die Kommandokorps in die interim oorweeg om ‘n vlymskerp woordvoerder aan te stel wat uitsluitlik met die media skakel terwyl hulle voortgaan met hul goeie werk in die veld.

    2. Dat ‘n organisasie soos die Kommandokorps nou al hoe nodiger word is nie te betwyfel nie! Hulle sal wel baie versigtig moet wees tov hoe hulle hulself aan die media en aan die algemene publiek oordra.

      Daar sit ‘goggas’ wat vir die minste ‘misstap’ sit en wag vir ‘n opening waar hulle hul giftige mandibels kan inslaan. Ons moet nie net paraat op die slagveld wees nie maar ook en veral in die openbare arena.

  2. Andre de Kock

    @Stefan-wat sou jy gebruik het-die blou overalls van Mao-en die regse vlae is -ja jys reg-tradisioneel. Wat is jou tradisionele vlag?
    @Gawie-Hoe sy jy dit stel? Die mede-Suid-Afrikaner met die donkerige vel en die effe krullerige hare? De moer met die hoofstroommedia-kyk waar het hulle ons al ingeskryf-en jy steur jou aan hulle kommentaar?

    1. Andre – Gawie het ‘n punt. Niemand betwis die feit dat swartes onskuldige blankes op hul plase vermoor nie en dat dit hoogs barbaars en onaanvaarbaar is nie. Sommige stellings van die Kommandokorps (op die video) haal egter die fokus van die probleem af en word ‘n stok om die organisasie mee te slaan. Takt is die sleutelwoord.

  3. Michael

    Buiten Jooste se aanhitsing van rassisme getuig die maak en verspreiding van hierdie vdeo van onproffesionele opportunisme. Dit skep die perfekte geleentheid vir die vyande van die afrikaner om hierdie soort video’s te vervaardig en die wereld in te stuur met die nodige negatiewe propoganda teen alles wat afrikaner is.

    Jooste bevind hom nou in die kraal van die AWB wat myns insiens grootliks bygedra het tot die persepsie by baie mede Suid Afrikaners dat die “regses” ‘n klomp brandewyn suipende rassistiese blankes is. As ek dit reg kan onthou was geen soldaat in die ou SAW toegelaat om sy snor verby sy mondhoeke te groei nie, so ek dink Jooste kan by homself begin om dissipline by sy kadette in te skerp.

    Ek het nie ‘n probleem met so ‘n organisasie wat die veiligheid van sy mense probeer verseker nie maar dan moet dit uiters profesioneel gedoen word. Sou hierdie “kommandokorps” homself proffesioneel voorstel en dit prakties bewys, sou dit baie meer aansien en ligitiemiteit onder alle bevolkingsgroepe geniet het, maar ek dink Jooste het met hierdie video daardie kans laat verbygaan.

  4. Ek het geen probleem met self organisasie en verdediging nie. Maar Jooste moet hom dan bepaal met sy veld en nie met publisiteit, politiek en veral nie met joernaliste nie. As dit is hoe hy dink, hy ons as volk die beste kan dien, goed so, maar moet dan nie goeie publisiteit soek nie maar geen publisiteit want hy doen ons saak baie meer skade as goed. Ek het net gister na ‘n Nederlandse radio-uitsending geluister, dis ‘n uiters negatiewe boodskap wat uitgedra word. Met Jooste se styl uitsprake en verdagte politieke persepsies, moet hy homself dan liewers vervang met iemand wat ‘n positiewe beeld kan skep en hom bepaal by die pos van gevorderde opleidings korporaal. Ek dink nog steeds die Kommando korps kan ‘n positiewe rol speel, maar moet nie hierdie ou AWB-agtige bravado van agterlike rassiste die wêreld instuur nie, fire dan eerder jouself man!

  5. ‘Kolonel’ Franz Jooste het in Februarie 2012 by die Evangelische Omroep vir 213.000 kykers op die Nederlandse televisie die Holocaust van 1933-1945 ontken omdat daar nie genoeg kole sou wees in Duitsland om 6 miljoen Jode te verbrand en voorts is simpatie uitgeproken vir A. Hitler.

    Met die uitsprake het Franz Jooste elke simpatie van elk van die 16 miljoen Nederlanders vir die afstootlike ellende van die blanke Afrikaner en Boere ivm die Plaasmoorde goedsmoeds vernietig …

    Franz Jooste doen dit om in die marge van die geprovoceerde moorde in werklikheid veldtog te voer vir die Nasionale-Socialisme van A.. Hitler! Jooste is hierin so suksesvol omdat die ANC en die | SACP en die PAC daarmee instem. Dit is die blanke splinter Nationaal-sosialiste wat Suid Afrika aan die kommuniste van die ANC ens het verraai!!

    Jooste en sy ‘Kommandokorps’ laat hom ‘naïef’ inlyf in die propagandistische en ideologiese haat veldtog van die ANC teen negers, Kleurling en blankes … om as ‘n verenigde verregse blanke en kommunistiese swart elite die Suid Afrikaanse samelewing a la Mugabe politiek te onderdruk.

    Vorige week is Franz Jooste en sy pedofiele Kommandokorps weer op televisie vertoon in ‘n nommer 1 sosiaal-demokratiese opinie program van vriende van die anti-apartheid. En weer het Jooste met die Plaasmoorde niks uitstaande rassistische opmerkings gemaak. Hoe stom kan ‘n Afrikaner wees?

    Journalist Elles van Gelder en fotograaf Ilvy Njiokiktjien
    http://pauwenwitteman.vara.nl/Fragment-detail.1548.0.html?&tx_veguestbook_pi1%5Bpointer%5D=3&tx_ttnews%5Btt_news%5D=26405&tx_ttnews%5BbackPid%5D=116&cHash=afc3ae2e273f99b4a3b03c1b6cbecbc6

    Franz Jooste – Johan Eikelboom
    3Onderzoekt — Moord op de blanke boer EO Plaasmoorde journalist Johan Eikelboom

    “Zij moorden ons volk uit!”
    3Onderzoekt: Moord op de Blanke Boer, donderdag 16 februari, 21.37 uur, Nederland 3
    http://www.eo.nl/overdeeo/pers/page/_Zij_moorden_ons_volk_uit_/articles/article.esp?article=12868420

    1. Michael

      Theo Prinse ongelukkig sit die afrikaner met hierdie idiote in sy midde wat soos ‘n remskoen hom bly terughou in sy soeke na vryheid. Ek verstaan nie hoe die sogenaamde “VVK” nog hierdie man in hulle midde kan hou as “volksraadslid” nie maar nouja niemand kan so blind wees soos die een wat nie wil sien nie. Ek hoop hy word vinnig in die bek geruk voordat hy ons selfbeskikkings ideaal verder verongeluk.

  6. Hendrik Rosslee

    Dit is baie jammer dat baie boere afrikaners so teen die kommando korps is dit is heel duidelik dat hulle nie veel tussen die ore het nie . As dit dan nou gebeur dat die popo die fan strike is hulle die eerste wat hol dat jy net stof sien of hulle ga agter die korps wil skuil. En om dit nou mooi te stel julle is ruggraatlose slapgatte wat eerder voor die tv sal sit en nie belang stel om jou famielie se veiligheid eerste te stel nie niemand wil oorlog he nie nie eens ons in die kommando korps wil dit he nie want ons weet wat dit is maar ons sal ons eie mense oplei om gereed te wees vi enige iets STERK STAAN BOERE VOLK

    1. Michael

      Hendrik die afrikaners is nie teen die kommandokorps nie, hulle is teen onproffesionele optredes soos die van Jooste wat ons naam verder deur die modder sleep. Dit moet end kry. Dit was eers Eugene Terblanche en nou het Jooste by hom oorgeneem, nee magtig man. As jy so iets wil doen doen dit reg, los die ou goed in die museum, moenie jou naam voor die wereld gat maak nie, sien om na die voorkoms van jou kadette ens ens.

    2. Hendrik, Ag nee om ons almal se intelligensie nou te bevraagteken –regtig? Ons is nie gekant teen die idee van ‘n etniese beskermingsmag nie, maar dit moet tog korrek gedoen word. In die eerste plek as jy ‘n militante anti-ANC houding gaan inneem belowe ek jou daai organisasie is so deurtrek van intelligensie personeel dat hulle die spioene verslae oor mekaar sal laat opstel – sonder dat hulle dit weet. Ek dink nou toevallig aan die KKK in Amerika ‘n geskatte 60% van hulle is FBI agente. In Duitsland is daar “Nazi” organisasies waarvan die hele leierskorps staats agente is. In die tweede plek lees Pieter Senekal se antwoord hier onder. As ons militêr gaan voorberei –doen dit lokalisties met buurtwag organisasies en landbou-unies en doen dit op ‘n manier wat moreel verdedigbaar en prakties behulpsaam is. Laastens as jy nie pragmaties kan wees, gegewe die situasie waarin ons volk hom bevind nie –gaan jy net mooi nêrens kom nie, jy sal vir ‘n feit met elke politieke uitspraak en media dekking vir meeste Afrikaners soos ‘n verleentheid voorkom, al het jy die beste van intensies. Ek glo Franz Jooste het goeie intensies, maar ek hoop hy gebruik hierdie geleentheid om te herbesin oor styl, kommunikasie, media betrekkinge, beeld.

  7. Jooste could be more circumspect in public and put a zip on his mouth. HOWEVER – after having said all that, I also believe that he, just like every other besieged Boer-Afrikaner which now is facing the reality of being targetted by a genocide, has every right to defend himself. Nobody has the right to go around killing people at will just because they are ‘different’ or have said unpleasant things. Jooste is not the criminal here – the genocidal attackers and the people who train them in their secret little training camp near Kimberley, are the guilty parties here.

    1. Adriana, jy is reg – elkeen moet weet hoe om homself te verdedig. Het jy enige inligting oor die gemelde opleidingskamp naby Kimberley?

      Oja… as jy verkies om in Afrikaans of Nederlands, eerder as Engels, te skryf dan sal ons jou beter verstaan hahaha

      1. Pieter Senekal

        Hier is talle buurtwag organisasies wat ure werk om die veiligheid van mense in hul omgewing te verseker. Hulle het nie uniforms, n vlag of maak nie politieke uitsprake nie. Hierdie organisasies verdien respek en waardering. Hoekom moet komando korps n vlag of n uniform hè, waarom kies hulle so n sensitiewe naam, is hulle nie dalk n bietjie moedswillig nie?

  8. Anthony Schlemmer

    Jooste en sy manne is meer aan ons kant as wat die ANC ooit sal wees ! MAAR hy sal moet leer om meer “polities” reg te wees, (veral met sy uitsprake) anders kan hy meer skade as goed doen. Die ANC is meesters daarin.

  9. Gerhard Kotze

    Kol. Jooste maak weer n bespotting van die Afrikaner. Ek dink nie hy het n slegte idee ingedagte gehad nie. Daar is plek vir selfverdedigings organisasies. Ten minste probeer hy. Ek het sekere van die fotos gesien van die kinders in ‘groterige” pakke. Dit lyk n bietjie belaglik!. Die een outjie se hoed is n bietjie te groot vir hom…. Die ideologiese basis is dus egter die probleem en die propaganda is ook maar verdag.

    Die feit is wel dat hierdie organisasies deur agente (waarvan sommiges selfs “regses’ is) soos hierbo opgemerk, “ingeneem” word. Dink bv. ook aan die Suidlanders so n paar jaar gelede. Ek wens tog net sommige Afrikaners wil nou vir eens en vir altyd hul flankering met Hitler se Nazi’s los. Die meeste van ons is stoere Republikeine en nie “Nasionaal-Sosialiste”
    (inelkgeval n linkse ideologie) nie.

    Ek kry die indruk dat sommiges droom oor n weermag terwyl ander droom oor n selfverdedigings organisasie. Hierdie Jooste het iewers melding gemaak van die FEIT dat dat sy soldate die bestaande weermag sal “oorwin”. Ek weet die SANW is deesdae swak maar selfs hulle sal Jooste se klompie oorwin. Waar kom sekere van ons mense aan hierdie belaglike denkwyses? Dit is dus nie n slegte idee nie maar die uitvoering is pateties…..

    N klip in die bos aangaande n weermag en ek weet dis voor-die-hand-liggend: Wat gaan n weermag inelkgeval beteken as die Afrikaner se demografiese/bevolkings armoede verder val of verklein? Die Afrikaner is tans maar 5.3% van die NSA se bevolking. Gedurende die laat 19de eeu was die Republiek van die Oranje Vrystaat 46% blank waarvan n goeie 90% Afrikaners was. Dit is tans iets soos 8%.

    Ek weet dit is n bietjie van n belaglike vraag : Hoe gaan die Afrikaner weer groei i.t.v getalle? Indien ons nie groei nie dan gaan ons inelgeval so weerloos wees soos Tibet teen die magtige China. Ek werk met getalle. Getalle speel nie altyd die deurslaggewende rol nie maar waneer die oormag te groot is dan kan selfs die sterkste nie altyd wen nie. n groeiende swart Suid-Afrikaans bevolking en natuurlik swart arbeid het n rol gespeel in die val van die Afrikaner.

    1. In die kol Gerhard! Al gaan mens uit jou pad uit om so objektief moontlik te wees, mens gaan steeds geen rasionele argument kan voer wat nazisme verdedig nie. Ons moet verstaan dat ons huidige situasie meer vergelykbaar is met bv. die 18de eeuse Amerikaanse en 20ste eeuse Ierse vryheidsstrewes as enige hoofstuk van Duitsland se geskiedenis.

      Vir hierdie rede is dit uiters ontaktvol om uitgelok te word in debatte waar Hitler ter sprake is. Ons het net mooi niks met hom en sy ideologie uit te waai nie en pluk ‘n lat vir ons eie gatte as ons enigsins as simpatiseerders voorkom. In die oe van die internasionale gemeenskap is apartheid amper gelykstaande aan nazisme… ja, dis absurd maar onthou net dat wanneer mens pro nazi stellings maak, mens vir die hele wereld wys dat hul wanpersepsie van die Afrikaner eintlik akkuraat is.

      Ons moet ophou om terug te hunker na die verlede. Die videoverslag eindig met die Kommandokorps wat op aandag staan en die eerste verse van Die Stem sing: “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika”. Deur dit te sing verbind hulle hulself aan die Suid-Afrikaanse staat en se hulle eintlik dat as daardie staat hulle oproep, hulle gewillig is om vir hom te sterwe. Dis verregaande want daardie staat word deur die ANC beheer!! Nee kerels – laat vaar Suid-Afrika, sing die vierde verse van Die Stem (wat van toepassing is op ons volk en nie Suid-Afrika nie) en staan saam vir ‘n nuwe land – ‘n Afrikanerland!

      1. “Die Stem sing: “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika”. Deur dit te sing verbind hulle hulself aan die Suid-Afrikaanse staat en se hulle eintlik dat as daardie staat hulle oproep, hulle gewillig is om vir hom te sterwe. Dis verregaande want daardie staat word deur die ANC beheer!!” – Puik gestel Quintin

    2. Die keer hou ek baie van wat jy skryf, Gerhard. Veral die volgende sin onderskryf ek ten volle:
      “Ek wens tog net sommige Afrikaners wil nou vir eens en vir altyd hul flankering met Hitler se Nazi’s los. Die meeste van ons is stoere Republikeine en nie “Nasionaal-Sosialiste”
      (inelkgeval n linkse ideologie) nie.”

  10. dap janse van rensburg

    Ek se dit is die oplosing as ons nie meer na ons self kan kyk nie wat anders moet ons doen die staat help nie , as ek geweet het hoe en waar ek kon aansluit sou ek maar ongelukig het ek nie geld om rond re ry nie maar as ek deel was sou ek n trotse afrikaner kommandokorps gewees het . As iemand my kan help laat weet my dringend asseblief ek kort dit in my lewe om n doel te he vir my volk . Dankie vir die geleentyd Dap janse van Rensburg

  11. Gert Greyling

    Quintin Diederichs wrote: ‘Vir hierdie rede is dit uiters ontaktvol om uitgelok te word in debatte waar Hitler ter sprake is. Ons het net mooi niks met hom en sy ideologie uit te waai nie en pluk ‘n lat vir ons eie gatte as ons enigsins as simpatiseerders voorkom. In die oe van die internasionale gemeenskap is apartheid amper gelykstaande aan nazisme… ja, dis absurd maar onthou net dat wanneer mens pro nazi stellings maak, mens vir die hele wereld wys dat hul wanpersepsie van die Afrikaner eintlik akkuraat is.’

    Dear Quintin I think you are close to the mark but not quite on target. As a matter of fact Apartheid was an ideology which was DIRECTLY informed by Nazism. The links between the Nazis and Afrikaner groups like the OB (Ossewa Brandwag) are well documented. In turn links between the OB and the National Party did exist, did they not? Apartheid descended directly from German Nazism and British and Dutch Colonialism. Therefore making pro Apartheid statements – it is my experience that some of your friends have in the past done so (this heimwee for apartheid is not simply tactless but indeed suicidal) – is viewed as indicating that those making these statements are indeed Nazis or at least pro Nazi. When we add into this mix the Afrikaners propensity for betrayal, back biting, back stabbing, dirty tricks and treachery – we conclude that we are dealing with an ethnic group that is incredibly talented at sabotaging itself. Now Quintin with that said, would you mind telling us all whether you are friends with people at Solidarity and Afriforum and if that be so, who those friends are? While you ponder the answer you might want to listen to some background music:

  12. Ebert

    Die Kommandokorps mag dalk ‘n bate wees, maar Franz Jooste is beslis ‘n las.

    Stryde word nie noodwendig gewen deur diegene wat die beste veg nie, maar wel deur diegene wat die meeste vriende het wat saakmaak.

    Die Duitsers se nederlae in die eerste en tweede wêreldoorloë wys dit, so ook ons eie geskiedenis in die struggle.

    Franz Jooste verander vriende en neutrales in vyande. Soos Euegene Terreblanche is hy ‘n verleentheid wat ons saak oneindige skade berokken.

    Daar is genoeg ander organisasies soos TLUSA wat dieselfde doen as die Kommandokorps, maar wat nie vir ons vyande maak nie, dat ons sonder Franz Jooste kan klaarkom.

  13. papa victor

    Ek stem nie saam met Franz Jooste se denke nie. Dit is algemene kennis dat baie mense wel sy idees deel. As daar wel konflik in SA uitbreek, wat heel onwaarskynlik is omdat die Afrikaner nie daartoe in staat is om homself te verdedig nie, dan sou dit eintlik gehelp het om ten minste redelikke getalle mense te he wat ten minste basiese opleiding gehad het. Dit is jammer dat Quintin nie meer doen om ten minste toekomstige stellings deur Jooste te voorkom deur hom as mede Afrikaner te beraad nie. Die eng regse groepie binne Afrikaner geledere oorskat beslis waarmee hulle kan wegkom en onderskat die respons van die wat hulle vertrap hetsy in die verlede of in die hede.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s