‘n Stukkie Afrika saam my espresso asseblief

Op ’n snerpende winteroggend ’n paar jaar gelede sit en wag ek by ’n koffiewinkel langs die bedrywige hoofstraat van Sarlat-la-Canéda. Die Rue de la République is aan weerskante toegebou met twee rye vier-verdieping-geboue wat waarskynlik dateer uit die 18de eeu of vroeër. Die argitektuurstyl is eie aan die suidweste van Frankryk, waar die pragtige roomkleurige stene van die geboue uit die aarde uitgekerf was.

Tussen die lang rye netjiese ou geboue verdwyn talle klein beknopte klip straatjies wat deur die hart van die dorp konkel. Mens kan aflei uit die wanordelike wyse waarop die straatjies uitgelê was dat dit baie ouer as die geboue van die hoofstraat moet wees. Inderdaad, die fondasie van die kliphuis waarin ek gewoon het was in die veertiende eeu gebou saam met al die ander twee verdieping klipgeboue in die dorp se Middeleeuse buurt.

Ek bestel vir my, soos altyd, ’n espresso en ’n croissant terwyl my kollega by die koffiewinkel instap. Jean-Baptiste is ’n intelligente man met ’n flambojante persoonlikheid en een van die beste geskiedenis onderwysers by die Lycée Pré de Cordy. Hy is ’n Fransman met ’n regse uitkyk op die lewe, m.a.w. iemand waarmee mens maklik oor die weg kan kom. Hy het die ontmoeting versoek omrede hy graag met my wou gesels oor my besluit om na sewe jaar in Europa terug te keer Afrika toe.

Vir die voorafgaande drie jaar het ek in die Franse platteland gewoon en baie vriende gemaak. Ek was gewillig om te integreer met die gemeenskap en het onder andere vir die plaaslike rugbyklub gespeel en hul onder 18 span afgerig. Dit was egter tyd vir my om aan te beweeg. Iets het my teruggeroep Afrika toe en die drang om te wees waar ek hoort het oorweldigend begin raak.

Kortliks nadat Jean-Baptiste by my aangesluit het, het die gesprek begin wentel om die Afrikaner se geskiedenis. Hy het my vertel dat baie Franse Hugenote uit die suidweste van Frankryk na die Nederlande toe gevlug het nadat derduisende Protestante in Bordeaux en Toulouse deur die Katolieke vermoor was tydens die St. Bartlomias-dag Slagtings in die laat 16de eeu. In Amsterdam het baie van die Hugenote op die VOC se skepe beland en regoor die Nuwe Wêreld versprei.

Dit was ’n goeie aanknopingspunt omrede byna alle Afrikaners iewers in hul bloedlyn ’n Hugenoot voorvader het. My ouma se nooiensvan was Naudé en gedurende die tydperk wat ek in Frankryk gebly het, het ek gereeld dié van in telefoongidse opgesoek. Interessant dat daar bitter min Naudés in Frankryk is, so ook is daar nie veel Du Preezs, Le Rouxs, Du Toits, Labuschagnes, Cilliers, De Villierse ens. vandag in Frankryk nie. Jean-Baptiste verduidelik dat die rede hiervoor neerkom op die feit dat meeste van hierdie families oorwegend Protestants was en derhalwe forseer was om Katolieke Frankryk te verlaat.

Dit het my laat dink aan die talle Afrikaners in diaspora wat nes ek op daardie stadium Afrika verlaat het a.g.v. politieke omstandighede wat ondermeer grootskaalse moord op ons mense tot gevolg het. Dis asof die geskiedenis herhaal word en die Afrikaner vandag vir sy oorlewing moet stry, soos die Hugenote eeue gelede in Europa en selfs hier in Afrika vir hul oorlewing moes stry.

Dis juis in die buiteland wat mens tot die besef kom dat dit nie Afrika is waarvan mens jouself wil losmaak nie, eerder die Suid-Afrikaanse staat en nasie. Wanneer ek terugdink aan my tyd in Europa het ek nooit verlang na die Suid-Afrikaanse staat en nasie nie, maar Afrika en die Afrikanerkultuur wel.

Afrika behoort aan die mense wat hier woon. Die Afrikaner is inheems aan hierdie kontinent en het net soveel reg om hier te wees as enige ander Afrikaan. Dit hang van onsself af of ons dit op ons eie terme gaan doen, of gaan aanhou om onsself neer te lê by die terme van ander Afrikane.

Jean-Baptiste het aandagtig geluister terwyl ek vir hom vertel het van die Afrikaner se kultuur en geskiedenis. Ek het ook vir hom beskryf hoe besonders mooi Afrika is en hoe bevoorreg ek as kind was om haar natuurskoon te ken, in haar riviere en seewaters te swem en haar berge en dale te verken. Nooit sou ek ’n Europese volk of die Europese kontinent op so ’n passievolle wyse kon beskryf nie.

Hy noem toe iets aan my wat ek nooit sal vergeet nie. Voor ons gesprek afgesluit het, het hy gesê dat alhoewel ek sy taal kan praat, my vel dieselfde kleur as syne is, ek potblou oë het en ons ooreenstemmende kulturele norme en waardes deel, ons inderwaarheid wêrelde apart is en hy kan verstaan waarom ek ’n Afrikaan en hy ’n Europeër is.

“Jy hoort saam met jou mense in Afrika en alles sal fyn wees solank Afrikaners net jul eie stukkie van Afrika kan bekom,” was sy laaste woorde aan my.

28 gedagtes oor “‘n Stukkie Afrika saam my espresso asseblief

  1. Anthony Schlemmer

    Ons is bly jy is terug Quintin. Jy is ‘n bate vir die Afrikaner se vryheidstrewe ! Oor 50 jaar gaan baie van julle Afrikaners op Orania se name in Afrikaner geskiedenis boeke vir ons kinders geleer word ! Die minderheid gaan die meerderheid ooreed !

      1. So het ons almal stories wat die draaipunt in ons lewens verduidelik – ons groot trek terug Afrika toe. Dankie, dat jy joune met ons gedeel het 🙂 . Ek is dankbaar vir die feit dat ek iemand gehad het wat my vertel het van Orania en wat my sentiment met Afrika gedeel het. Nou is ek hier en ek is gelukkig, besig om ’n klein stukkie van Afrika vir ons mense los te werk! Orania voorwaarts!

      2. Henri

        Uitstekend, net wat ons almal nodig het. Dankie vir die plasing, Andre. Terloops, as hulle jou Oom Andre noem , moet hulle my oupa Henri noem!!! Wees geseënd volksgenote en onthou God sal ons nooit begewe of verlaat nie.

  2. a theron

    Nou word Suid Afrika teen n blitsige tempo Afrika, soos ons dit nie geken het nie. Daar bly niks anders oor as selfbeskikking as ons hier wil bly nie. En baie kort tyd waarin ons kan probeer om dit te bekom oor. Word wakker! Staan saam! (Al is daar verskille) dit sal nooit beter gaan, soos ons mense bly hoop nie, net slegter! Dan kom die wit elemente sooos Croukamp, ook nog by, wat mens naar maak, maar ons dank God vir die meerderheid wittes wat eendersdenkend en lojaal aan ons volk en kultuur bly, getrou aan God vashou en elkeen sy geloftes nakom. In Sy volmaakte plan is ek hier in Suid Afrika, en Hy laat nooit Sy werk vaar nie.

    1. Ons moet onsself distansieer van Suid-Afrika en vir onsself ‘n leefruimte skep waar ons op ons terme, in lyn met ons geloof, kultuur, taal, tradisies, norme en waardes kan lewe. Vir hierdie rede het ek byna 2 jaar gelede na die aangewese volkstaat gebied toe getrek en deel van Orania se gemeenskap geword. Vandag kyk ek nie terug nie! Soos Orania groei, so groei my hoop vir ons en die nageslag se oorlewing hier in ons pragtige kontinent.

  3. Hoe die Protestant/Katoliek getalsverhouding nou daar uitsien weet ek nie, maar sowat dertig jaar gelede het die Protestante 3% van die Franse bevolking uitgemaak. Die 3% het ongeveer 33% van die sakewêreld beheer!

    Die rede vir dié voorsprong, volgens sosioloë, was omdat daar van ‘n Protestant verwag was om die Bybel te kon lees maar nie van ‘n Katoliek nie. Dit het glo die Protestante ‘n 150 jaar voorsprong re geletterdheid gegee.

    Soos wat daai klein groepie Protestante wat wel daar vasgeskop het moet ons nou ook hier vasskop, net spesifiek in ‘n gebied van ons eie. Die verskille hier is te groot vir ‘n deurmekaar boerdery!

  4. Henri

    Quiten,
    Soos gewoonlik ‘n knao stukkie werk. Ek stem saam wanneer gesê word, dat die naelstring van die land gesny word. 100% reg. daar is egter EEN baie groot aspek wat ingedagte gehou moet word. Ons durf ons nie weer blootstel aan kerklike denominasies nie. Daar is net een Woord van God, nerens praat Hy van denominasies nie. Wat ek dus sê, is dat daar slegs EEN kerk moet wees wat die woord van God uit dra, soos wat dit in die 1933 of 1953 weergawe van die Bybel staan. Niks meer, Niks minder.
    Gaan lees watter bande het die Roomse kerk met die moslems en satanisme. Dit is skrikwekkende inligting. Wanneer ‘n land en gemeenskap gebou word, is dit gebaseer op die Woord van God., want as God alleen ge eer gaan word, gaan Hy ons ook eer, met welvaart en voorspoed.

      1. Henri

        Eerstens, verskoon my spelfoute, het ‘n oog operasie gehad, sukkel so ‘n bietjie..
        Quintin, Ek was bevoorreg om ‘n draai te kon gaan maak in Thailand, waar daar basies net een geloof is nl. budhiste. Daardie ouens is so trots op hul dooie god en oral waar jy gaan is daar tempels en standbeelde van die karakter. vra jy waar ‘n tempel is, wys die mense jou waar die tempel staan. Dieselfde vir ons ander vyand, die moslem. Enige plek in die wereld kan jy vra, waar is die moskee. So kan ek aangaan. Waar ‘n Christen vir ‘n kerk of plek van aanbidding vra, word daar onmiddelik gevra, watter kerk, of denominasie. Die Woord van God is duidelik, een volk, een geloof, een God, een Kerk. Ek glo dat die versplintering van die Christelike geloof baie te doene het met die toestand van ons as Christene. Dit wil voorkom asof die vyand oor ons loop en ons laat dit toe. Kyk na Suid Afrika, oral in die wereld. Geen wonder die moslems is nie bang vir die Christene nie, want sê hulle, julle is so onder mekaar verdeel en kan nie eens saamstaan nie. Julle as christene stem nie eens saam oor julle geloof nie, hoekom moet ons bang wees vir julle?

  5. Pieter Senekal

    Wanneer die Bybel praat van een Kerk bedoel hy alle weer gebore kinders van die Here. Dit sluit in mense van die Afrikaner volk en ander volke.Dit maak nie saak in watter denominasie jy is nie, solank jou denominasie bely dat Jesus Christus aan die kruis gesterf het vir ons sondes. Die kleinere verskille en voorkeure beteken nie dat daar nie eenheid tussen ons kan wees nie.

    1. Henri

      Pieter,
      Wat sou jy sê is die kleinere verskille. Dit kan nie die doop, die doping van die Heilige Gees en die praat van tale en die gebruik van nagmaal wees nie.
      Die woord van God maak dit baie duidelik wat die wen resp vir ‘n volk moet wees. Kyk na die Israeliete in die woestyn en selfs in die post woestyn era.

  6. Arold de Beer

    Kerk en politiek is die mees verdelende twee organisasies wat bestaan.
    Los elke mens sodat hy kan dien en steun wie hy wil.

    1. Henri

      Dit is juis die probleem, ons kan nie God’s woord as algemeen aanvaar nie, dit is hoekom hierdie land is waar hy is. Indien jy nog nie agtergekom het nie, glo ek wil die Here hê ons as volk, met wie daar 4 verbonde is, en ALMAL is deur hierdie mense verbreek, moet Hom as die Enigste stel en weer knieëologie (bid) begin toepas. Dit beteken, om ons weer tot God as Vader te wend, Sy Seun, Christus Jesus as Verlosser te erken en dan volgens Sy voorskrifte te begin lewe. Ek besef en het volle begrip vir dit wat jy sê en dit is waar, maar waarbegin ‘n mens om reg te maak, by myself. Hoe? Deur te erken dat ek as mens gefaal het en as volk het ons gefaal, te belei en dit te laatstaan, dit wat verkeerd is, en onderneem om die pad reg te loop., sover as moontlik, want ons as mens is swak en faal gedurig.

      1. Pieter Senekal

        Henri, die ENIGSTE manier hoe n mens die ewige lewe kan verkry is om Jesus as jou verlosser aan te neem. Daarom kan ons nie daaroor verskille te hè nie. Die kleinere verskille sluit in die doop en nagmaal, klere drag ens. Ons het nie dit nodig om die ewige lewe te verkry nie. Kerk en politiek hoef nie n verdelende faktor te wees nie, elkeen het sy plek. Ons moet net mekaar se sienings respekteer.

      2. Henri

        Pieter,
        ek stem 100% met jou saam, maar BELANGRIKE aspekte soos die doop, doping van die Heilige Gees en nagmaal is nie klein klein verskil puntjies nie. Dit is ‘n opdrag van God en dit is waaroor ons Christenskap gaan, is ALLES vervat in God’s woord. ek sluit hiermee my kommentaar af. As iemand meer wil weet oor Christenskap moet hy/sy maar die Bybel, 1933 of 1953 weergawes gaan bestudeer.

  7. Pieter Senekal

    Dankie Henri, ek is ook lief vir die 1933 en 1953 vertalings. My bedoelings is nie om die doop en nagmaal te verkleineer nie, dit is baie belangrike opdragte in God se woord .

      1. Henri

        heeltemal reg, Genesis tot Openbaring IS Gods woord. Dit is die riglyn waarvolgens individue lewe asook ‘n volk en nasie. Wat het met Salomo gebeur toe hy met ander nasies meng en trou? Vernietiging. Dit opsigself is ‘n baie interesante onderwerp waaroor ek my nie nou gaan uitspreek nie.
        Groete,
        Past Henri

  8. Henri

    Uitstekend, dankie vir die plasing Andre, net wat ons almal nodig het. Wees geseënd volksgenote en weet dat God ons NOOIT sal begewe of verlaat nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s