Armoede en ekonomiese insinking lei tot omkeer van verstedeliking

‘n Interessante verskynsel wat plaasvind te midde van die daaglikse slegte nuus oor Griekeland se ekonomiese insinking en die moontlikheid dat die land binnekort uit die Euro-sone geskop gaan word, is dat mense terugkeer na die platteland.

Die ekonomiese woelinge het ‘n groot impak op mense se leefstyl en leefwyse. Die groeiende stedelike middelklas, wat sedert die 1980’s gevorm het namate Griekeland gebaat het by die EU-lidmaatskap en die ekonomiese inspuitings asook die groeiende toerisme industrie, begin nou kwyn.

Die voorspoedgolf wat tot 2 jaar gelede geduur het, het die gewone strukturele en kulturele veranderinge meegebring wat orals te bespeur is waar welvaart en modernisasie die intog hou: die tradisionele uitgebreide gesinne wat meesal in die platteland gewoon het, ten minste gedeeltelik selfvoorsienend was met hulle eie olyfboord of wingerd en wat saam gewerk en geët het en konserwatiewe waardes aangehang het, is vervang met die individualistiese paartjie of selfs enkelinge, of ten beste ‘n kerngesin met twee werkende ouers. 

Individualisme word verskerp deur ‘n stresvolle stedelike leefstyl en ‘n konstante gejaag na materiële voorspoed in die hoofstad Athene, wat op sy beurt meer en meer gemoderniseerd en “hip” geraak het.

Die Griekse jeug het hul godsdiens, tradisies en waardes afgelê en meer soos die Wes-Europeërs geword. Klink dit dalk bekend?

Nou word meer en meer Grieke weens ekonomiese nood en werkloosheid gedwing om terug te keer platteland toe na hulle ouers of grootouers se plase. Dit is ‘n aanpassing en vir die tipiese stadsjapie is die platteland aanvanklik iets wat as vreemd beskou word: tradisioneel, vervelig, geen gereelde vermaak nie, streng familiewaardes en hiërargie.

Die lewenskoste is egter aansienlik laer en anders as in die stede lei armoede nie tot ellende nie, want daar bestaan die moontlikheid om ten minste die basiese voedsel self te voorsien. Dit bring die familie ook weer bymekaar en mense van die stede onthou weer hulle kinderdae en begin aanpas by die plattelandse leefwyse.

Dit is jammer dat voorspoed altyd globalisering, hebsug en verstedeliking beteken en dat min mense uit keuse ‘n plattelandse leefwyse handhaaf.

Wat die Afrikaner aanbetref is daar nog nie ‘n grootskaalse terugvloei platteland toe nie want die inkomste in die stede is nog veel beter, maar in tye van nood mag die Griekse-tendens ook hier kop uitsteek.

Orania: ‘n Selfstandige plattelandse Afrikanergemeenskap

7 thoughts on “Armoede en ekonomiese insinking lei tot omkeer van verstedeliking

  1. Laat mens dink! Dankie Sebastiaan. Die balans tussen ‘n tegnologies gemoderniseerde samelewing en ‘n konserwatiewe lewensbeskouing m.b.t. geloof, idenititeit, kultuur en tradisie is myns insiens ‘n kenmerk van ‘n gesonde en vooruitstrewende gemeenskap. Ek het hierdie balans in sommige dele van Europa gesien, maar is vandag self deel daarvan op Orania.

  2. Pieter Senekal

    Die verswakkende ekonomie gaan 2 ~ 3jr voorentoe veroorsaak dat ons verplig sal wees om ons lewens standaard te verlaag. Baie van ons mense lewe onnodig luuks. Die wat slim is sal nou al reeds begin aan passings maak. Daar is baie inoverende maniere om goed koper en nog steeds styl vol te lewe. Ons moet net die sprong gee, ons oé oop maak en geleenthede raaksien. Ek glo dit gaan veroorsaak dat ons weer nader aan mekaar sal wees en vir mekaar sal omgee. Een van die oplossings sal wees om platteland toe te skuif, omdat die lewe goedkoper is, vir stedelinge is daar ook idees beskikbaar.

  3. Kort en kragtig, dankie Sebastiaan. Ek glo dit sal ook hier gebeur en wanneer dit doen, moet ons reg staan vir ons mense!

    Ons het na die platteland toe getrek sowat 2jaar terug en al klaar sien ek myself hiér meer as in enige ander stad op aarde – die lewenskwaliteit sal ek nooit verruil vir liggies nie.

  4. papa victor

    Puik denke Sebastiaan! Duidelik het jy goeie dosente gehad. Was Prof Duvenhage nog daar toe jy geswot het. Dr Natie Luyt en Roy Jankielsohn ook?
    Die mense wat die konsep van ‘n plattelandse lewe kritiseer laat my altyd dink aan die egte Afrikaanse liedjie. Die Afrikaner stagneer ook beslis nie!

  5. that0th3rguy

    Persoonlik sou ek nie daardie liedjie as “eg Afrikaans” beskryf nie en wil myself ook eerder nie assosieer met die groep daaragter nie.

  6. papa victor

    thatoth3rguy: Dit was ‘n sarkastiese reaksie op diegene wat die plattelandse lewe kritiseer. Persoonlik is dit mos jou goeie reg om van iets te hou of nie. Die Afrikaanse kultuur is omvangryk en daar is natuurlik uiterstes. Die Amish in die VSA ry nog perde karre en ek glo nie hul kyk tv nie. So kry ‘n mens kultuur en subkulture.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s