“Rassis” uit Olimpiese Spele geskop

Die Griekse driesprongatleet, Voula Papachristou (23), is deur die Griekse Olimpiese Komitee uit daardie land se Olimpiese span geskop nadat sy kwansuis anderskleuriges op Twitter beledig het.

Die komitee het in ‘n verklaring gesê Papachristou is uit die span gelaat oor “stellings teenstrydig met die waardes en idees van die Olimpiese beweging”.

Sy het getwiet: “Met so baie Afrikane in Griekeland sal die muskiete van die Wes-Nyl ten minste tuisgemaakte kos eet.”

Hoe kan so ‘n stelling enigsins beledigend wees? Die stelling maak dalk nie heeltemal sin nie aangesien daar waarskynlik geen muskiete van die Wes-Nyl in Griekeland te vinde is nie, maar beledigend! Nee wat.

Wat wel beledigend is, is dat ’n land soos Zimbabwe – met ’n uit-en-uit rassistiese regime – toegelaat word om aan die Olimpiese Spele deel te neem. Presies hoe streel die norme en waardes van Zimbabwe met die “waardes en idees van die Olimpiese beweging”?

Papachristou se stelling is ’n tong-in-die-kies opmerking oor die demografiese realiteit van moderne Europa. Soos multikulturele Europa verswart, so word die inheemse bevolking al hoe meer sensitief vir enigiets wat hul koloniseerders dalk mag ontstel.

Dan is daar nog sprake van ’n ekonomiese krisis in Europa. Met miljoene anderskleurige immigrante wat daagliks teer op Europese lande se welsyn subsidies – en derduisende nuwe immigrante wat jaarliks toegelaat word om in te vloei – verbaas dit my glad nie dat hulle in die knyp is nie.

Gelukkig vir my is ek nie ’n Olimpiese atleet nie, anders sou Team Mzanzi se bestuurskomitee my nou ook oor die kole haal vir my “rassistiese” opmerkings!

5 thoughts on ““Rassis” uit Olimpiese Spele geskop

  1. Willem van As

    Ek wil hierdie dokumentêr aanbeveel – A Conversation about Race deur Craig Bodeker. Hy maak op ‘n stadium die opmerking dat witmense orals deesdae net een van twee opsies het, of jy is apaties teenoor ras, of as jy enige iets te se het oor ras dan is jy ‘n rassis. Hy vra ook klomp mense wat hulle definisies is van rassisme is, en wys dan die teenstrydighede in hulle definisies uit.

    As almal dan hulle eie definisie van rassisme het, so myne wees dat dit ‘n natuurlike reaksie is op ‘n onnatuurlike stand van sake.

  2. Anthony Schlemmer

    Dit is ‘n TIPIESE voorbeeld van dubbele standaarde van ons huidige samelewing ! Rassisme is net verkeerd as dit van die een kant af kom!!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s