Mondragon: model vir Afrikaners

Spanje as geheel is tans in sy ergste ekonomiese krisis in dekades, met werkloosheid op rekordvlakke van 25% en ‘n krimpende ekonomie. Besparingsmaatreëls vir die burgers maak dinge nog erger en sal werkloosheid op korttermyn verder verhoog.

‘n Uitsondering op die slegte omstandighede is die Baskeland en veral die dorp Arasate (in Spaans Mondragon), waar die Mondragon Koöperatief sy setel het.

Mondragon is die wêreld se grootste werkerskoöperatief, en een wat ten spyte van die sosialistiese klank van koöperatiewe, op gesonde ekonomiese beginsels gebou is, en nie ‘n politieke utopie sonder ekonomiese onderbou is nie.

Werkloosheid in Baskeland is heelwat laer as in Spanje as ‘n geheel (15%), en dit is te danke aan die Mondragon-stelsel, wat ‘n ander benadering tot die ekonomie volg as die gewone “boom en bust” van die vrye mark.

Die Mondragon-koöperatief bestaan uit 250 besighede, hoofsaaklik klein en middelslag ondernemings. Meeste besighede is in produksie en spesialiseer op ingenieursprodukte, masjienonderdele ens. en is natuurlik afhanklik van uitvoer. Die krisis in die Europese Unie beïnvloed Mondragon ook, maar hulle ontgin meer en meer markte buite Europa.

Die voordeel van die koöperatief is ook dat werkers wat by een maatskappy afgedank word, weer werk kry by ander maatskappye wat deel is van die Mondragon-stelsel. Daar is dus ‘n beginsel van sorg vir mekaar en ondersteun mekaar, iets wat in die vrye mark nie geld nie, waar mense gewerf en afgedank word volgens behoefte, en waar daar geen spesifieke lojaliteit tussen werknemers en werkgewers bestaan nie.

Mondragon se werkers is nie gewone werknemers nie, maar lede en aandeelhouers van die koöperatief. Dit bring ‘n groter lojaliteit en gebondenheid aan die koöperatief en sy maatskappye mee. Bestuurders is ook lede en in vergaderings het almal dieselfde stemkrag.

Bestuurders is gebonde aan die gemeenskap en is nie, soos in gewone maatskappye, mense wat van buite kom en slegs volgens die winsmotief werk nie. Mondragon moet natuurlik ook winsgewend werk en werkers kan ook vir salarisverlagings stem ter wille van die maatskappy se oorlewing.

Besluite word gesamentlik geneem en werkers moet oortuig word en dra die besluit dan ook saam met die bestuur. Omdat hulle lede en nie net werknemers is nie, beïnvloed die maatskappy se wel en weë hulle meer direk as by die gewone maatskappy, waar vakbonde altyd probeer om die maksimum salaris en voordele te beding ongeag die maatskappy se prestasie, en wat die bestuur as vyande sien.

Die verhouding tussen bestuurders en werkers se salarisse is ook minder drasties by die Mondragon as in gewone maatskappye en is vasgestel op hoogstens 6 keer meer vir bestuurders. Dit slaan ‘n goeie middelgrond tussen die kommunisme, waar almal dieselfde kry en geen motivering bestaan om jouself op te werk nie, en die kapitalisme, waar bestuurders se salarisse en voordele buite verhouding hoog is.

Mondragon is nie net ‘n samesluiting van maatskappye nie, maar het ook sy eie opleidingsfasiliteite en finansieringsinstellings en beheer dus feitlik die hele ekonomiese sirkel.

Mondragon is ‘n etnies Baskiese instelling. Dit word wyd bestudeer en besoek omdat dit ‘n suksesvolle alternatiewe ekonomiese model is. Dit werk egter net in die konteks van die Baske met hulle sterk egalitêre kultuur en hulle sterk gemeenskapsgevoel, dit is nie iets wat sommer in multi-kulturele of individualistiese samelewings kan werk nie.

Die vraag of dit vir Orania kan werk is debatteerbaar. Op die oog af lyk dit ideaal vir ons omstandighede, maar ons moet onthou dat ons werk met Afrikaners wat ongelukkig gewoond is aan die baas-klaas verhouding tussen werknemer en werkgewer, wat dikwels een van vyandigheid of wantroue is. Te veel van Orania se werkers het nie ‘n sterk lojaliteit aan hulle besighede nie, en werkgewers is nie gretig om hulle besluitnemingsgesag te deel nie.

Aan die ander kant het die Afrikaner wel ‘n geskiedenis van koöperatiewe ondernemings wat juis gehelp het om ons te bemagtig. Ons kan dink aan die oorspronklike landbou koöperatiewe, wat ongelukkig vandag niks anders as gewone besighede is nie, wat die band met die gebied waar hulle besigheid doen verloor het en gewoonlik ‘n hoofkantoor in Johannesburg het.

4 gedagtes oor “Mondragon: model vir Afrikaners

  1. Interesting! Yes the Basque women together with Italian women from Avigliana, region Piedmont in Itay worked at the Modderfontein Dynamite Factory, Johannesburg. There work was to role the dynamite sticks and to wax then for transportation to various mines on the reef. Unusual nation of people the Basques. They are a Pre-Indo- European Nation as such, who’s language differs from any known world language. Where they don’t have a word to explain what are saying, a Spanish word will be used. A people who are not only fighting for re-independence, (They were independent and fought as loyalists against Franco’s revolutionary forces and lost their country in the process) but their own culture and dignity.

  2. Anthony Schlemmer

    Baie interresante artikel !

    Omdat selfwerksaamheid ‘n vreemde konsep onder Afrikaners is, en huidiglik absoluut noodsaaklik is vir ons oorlewing in ‘n volkstaat, is die verhouding tussen werkgewer en werknemer BAIE belangrik.

    ‘n Slim werkgewer en / of besigheidsman sal dit maklik besef !

  3. Die Mondragon model kan beslis werk in Orania. Aangesien hier soveel geleenthede is en talle nuwe maatskappye nog gestig gaan word, kan ek sien hoe iets soortgelyk aan Mondragon in Orania kan ontwikkel. Dis ‘n puik idee om jou werknemers aandeelhouers te maak sodat hulle nie net vir salarisse werk nie, maar dividende ook. Wins is direk afhanklik van produktiwiteit en wanneer werkers gelukkig is en volgens hul volle potensiaal presteer wen almal.

    Dis ook goed dat ons so wyd as moontlik kyk na suksesvolle modelle wat ons kan implementeer in Orania. Dit gaan my verstand te bowe dat daar steeds liberale kritici van Orania is wat meen dat ons in isolasie met oogklappe lewe…

  4. Ons moet ook nie ‘n blinde oog gooi vir die Monetêre stelsel en die base daar agter wat Europa en die VSA se geld krisis veroorsaak het nie.

    So ons model moet so ver van die Monetêre stelsel af wegbly as moontlik, anders sal ons net die illusie van vryheid hê.

    Louis

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s