Lonmin-tragedie onderstreep noodsaaklikheid van Afrikanervryheid

Die tragedie by Lonmin se Marikana-myn sal nog lank en uit verskillende hoeke bespreek word. Tot dusver is dit nog nie uit die hoek van Afrikanervryheid ontleed nie.

Die Suid-Afrikaanse samelewing toon sterk feodale kenmerke. Feodale stelsels word deur ‘n persoonlike band tussen mense gekenmerk. Die een is onderhorig en is diens verskuldig, terwyl die ander gesag het en beskerming gee. Wedersydse lojaliteit is die veronderstelling.

‘n Feodale samelewing kan teenoor ‘n eksterne bedreiging ontstaan, wanneer mense met kritieke vermoëns magsposisies verkry. In die Bybelse Josef-verhaal lees ons hoe oorvloedige voedsel opgegaar en later verkoop word. Wanneer mense geen ander betaalmiddel het nie, staan hulle eers hulle grond en later hulle vryheid af. Nog ‘n moontlikheid is wanneer vyandige aanvalle militêr begaafdes in magsposisies stel. Hulle fokus op oorlog, terwyl onderhoriges vir hulle lewensmiddele sorg. Wanneer die bedreiging afgeweer is, duur die gesagsverhouding voort.

‘n Feodale samelewing kan ook ontstaan wanneer invallers hulle gesag op ‘n bevolking afdwing. Die oorwinnaars word ‘n bevoorregte bo-laag van die samelewing, wat arbeid en goedere van die res eis. Dit kan met óf sonder vergoeding wees. Somtyds vestig daar selfs onderlinge solidariteit, lojaliteit en eenwording. So is Rusland gevestig deur ‘n Skandinawiese bo-laag wat sy gesag oor ‘n Slawiese bevolking afgedwing het, maar mettertyd deur die Slawiërs opgeneem is.

Geen feodale samelewing is permanent nie. Soms verplaas ontwikkeling en verstedeliking die feodale samelewing, soos in Engeland. Soms word die juk gewelddadig en rewolusionêr afgegooi, soos in Frankryk en Rusland. Beide volg op tallose onsuksesvolle opstande.

Feodale heersers was telkens geskok oor die barbarisme wat met sulke opstande gepaard gegaan het. Hulle het geglo dat die onderhoriges aan hulle lojaal was en besef het dat dié stelsel ook in hulle eie belang was. Soms het hulle onderdanige instemming met lojaliteit verwar, soms was onderhoriges werklik lojaal aan die indiwidue, maar vol wraakgedagtes oor ‘n stelsel wat hulle geslag na geslag onderdruk het.

Negentiende eeuse Rusland en twintigste eeuse Suid-Afrika is dalk die enigste lande waar feodale samelewings verstedeliking kon oorleef. Vir Suid-Afrika geld dit veral vir huishoudelike werkers en die myne. In die myne is daar geen skyn van lojaliteit nie, maar die ongelyke magsverhouding bestaan steeds. Werkers se enigste hefboom is gesamentlike optrede; soms vreedsaam, soms bloedig soos by Marikana.

Die verband met Afrikanervryheid? In stad en platteland; plase, huishoudings, myne en fabrieke, was Afrikaners vir geslagte lank ‘n feodale heersersklas. Nie eers die politieke rewolusie van 1994 het dit beëindig nie. Dit sal nie veel langer voortduur nie.

As Afrikaners nie politieke vryheid binne ’n eie grondgebied, gepaard met die gebruik van volkseie arbeid, gaan nastreef nie, gaan hulle verswelg word. Die opgeboude woede en frustrasie van ‘n feodale onderklas is nie mooi om te aanskou nie. Marikana 2012 demonstreer dit so duidelik as Sharpeville 1960 of Soweto 1976. Om van die tragedie van plaasmoorde nie te praat nie.

4 thoughts on “Lonmin-tragedie onderstreep noodsaaklikheid van Afrikanervryheid

  1. Die verhouding tussen Afrikaner vryheid en die herhaling van die kommunistiese instigatie van moorde tydens die geweld in Sharpeville verdien enigste toelichting
    Die plan om moorde te pleeg op die polisie deur die kommunistiese agent provocateurs oproer kraaiers gebeur direk na die Afrikaans continentaal besoek van ‘Kill die Boer’ look alike dansende US Secretary of State Hillary Muslim Outreach Clinton.
    2. Clinton en Obama is in ‘n onderlinge politieke stryd gewikkel en daarom wil Clinton geen vice president van Obama word.
    Obama is met Attorney General Justice Eric Holder in die Fast & Furious wapen skandaal gewikkel en Obama het sy birth certificate, social security number en University papers vervals.
    Obama is baie waarskynlik ‘n kind van pedofiel Frank Marshall Davis en die Davis-FBI saak bevat baie besonderhede.
    3. Hillary Clinton insinueerde op haar doorreis na die 2e presidensiële wedloop van Obama (-Davis) baie Afrikaanse regerings haar sogenaamde ‘cooperation’ met die Muslim Brotherhood onder dekmantel van ‘n gezamelijke stryd van die African Union en die VSA teen Al Shabaab, Ansar Dine (Verdedigers van die Geloof), MUJOA (Beweging vir Eenheid en Jihad in Wes-Afrika) en Al-Qaeda in die Islamitiese Maghreb (AQIM), BOKO Haram in Nigerië, die opsporing van die leier van die Heer Koni etc
    4. Die Muslim Outreach van die Clintons is ‘n geheime collaboratie met die neo conservatives soos Richard Perle, Paul Wolfowitz, John McCain, Zbigniew Brzezinski ens om die Islamitiese fundamentaliste aan die mag te help en die op die weste georienteerde bevolking in die Islamitiese wêreld te onderdruk in ruil vir Saudi Islam-oil en retour wapenhandel (JSF)
    5. Die CIA bereid sulke staatsbezoeken van politici soos Clinton maande voor en die CIA is al sedert Februarie in Centraal Afrika (Koni en die Kongo)
    6. Die poging tot moorde op die Marikana-myn deur die oproerkraaiers is OOK duidelik waarneembaar voorberei.
    7. Julius Malema is op koste van zakenlui tydens die ‘Olimpiese’ (Elgin Marbles) Spele in Londen op besoek gewees? en kom namens Britse sake belange politieke stryd voer op die terrein van die Lonmin Marikana myn teen Jacob Zuma, wat net Clinton politieke beloftes gedoen het.
    8. Die Suid Afrikaanse polisie verdien ons 100 persent steun en die Sharpeville mite is na die Marikana uitlokking nil en void.

  2. Andre de Kock

    @Theo Prinse. Soveel van ‘n sameflansing van onsamehangende gemorsretoriek het ek lanklaas gesien. On Hillary Clinton en John McCain onder een sambreel te wil indruk is nie net irrassioneel moedswillig nie maar is so goed jy beweer Mitt Romney is kop in een mus met Joe Biden-maar dit glo jy seker ook.

  3. Ebert

    Baie insiggewende artikel Wynand.

    Dit is interessant dat feodale heersersklasse selde die feodale stelsel oorleef. In hierdie opsig is dit ‘n interessante vraag wie die hoogste prys vir so ‘n stelsel betaal – die onderhoriges of die heersersklas?

    Daar is min dinge so verslawend as die versnit van mag en gemak. Gaan Afrikaners die ontrekkingsimptome oorleef, of eerder die middel benut totdat die kanker wat daardeur veroorsaak word ons verteer?

    Hierdie boodskap, in sy glorieryke akkuraatheid – ‘n spieeltjie aan die wand – waarvan Orania die enigste met die dapperheid is om as draer op te tree, is ook na my mening die hoofoorsaak vir Orania ongewildheid. Na eeue sukkel Afrikaners nog om die boodskap van die boodskapper te onderskei.

    Maar diegene wat ore het om die boodskap te hoor, is besig om die verskil te maak tussen staan en vergaan. Hulle is waaragtig ‘n ander Afrikaner as die wat hulle voorafgegaan het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s