Die sluipmoord op dr HF Verwoerd, 6 September 1966

Dit is vandag ses en veertig  jaar gelede dat die eerste minister van Suid-Afrika, dr HF Verwoerd, in die parlement vermoor is. Sluipmoorde was nie deel van die Suid-Afrikaanse politieke tradisie nie. Dit maak die feit dat twee aanslae op een mens se lewe gemaak is, soveel meer uitsonderlik.

Die onsuksesvolle poging was in 1960 deur ‘n welvarende suiwelboer, David Pratt, teen ‘n stormagtige politieke agtergrond. Pratt het selfmoord gepleeg voor hy verhoor kon word. In 1966 was Suid-Afrika vreedsaam en welvarend.

Die parlementêre bode, Dimitri Tsafendas, was ‘n skaduagtige figuur en dit verras dat hy ‘n pos in die parlement kon kry. Daar is wel ‘n geregtelike ondersoek na die moord gedoen, maar Tsafendas is nooit verhoor nie. Hy is as geestelik versteurd en derhalwe ongeskik vir verhoor verklaar. Die res van sy lewe het hy in die tronk deurgebring.

In albei gevalle is die openbare gevoel vir geregtigheid bevredig. Tog is dit nooit aan die lig van ‘n regsproses onderwerp nie en is steeds versluierde geskiedenis.

Weens die intellek en energie wat Dr Verwoerd uitgestraal het, het politieke groepe hulle graag as die voortsetters van sy erfenis voorgehou. In min gevalle was dit geldig.

Een kenmerk van die Verwoerd-termyn was periodieke grondverskuiwings. Toe meeste Afrikaners tevrede was met sosiale skeiding, het hy die “swart reservate” in na embrio’s van etniese state omskep. Toe blankes oor die algemeen lugtig was vir swart intellektuele ontwikkeling, het hy massa-skoling en tersiêre instellings tot stand gebring. Toe blankes nog swaar aan tuislande, wat “in die verre toekoms” swart regerings kon hê, verteer het, het hy die wetlike raamwerk daarvoor ingestel. Kort daarna het dit in Transkei werklikheid geword.

Teen 1966 kon ‘n mens nog ‘n stap van dié aard verwag. Aanduidings is baie sterk dat hy die sogenaamde protektorate (die huidige Lesotho, Swaziland en Botswana) by ‘n herskepping van die Suider-Afrikaanse politieke landskap wou betrek. Dit is die punt waarop hy vermoor is.

Daarna is die uitgestippelde weg huiwerig gevolg, sonder verbeeldingryke nuwe denke. Swart Suid-Afrikaners se vermoede dat dit net versierde apartheid was, is in hulle oë bevestig. Verwoerd het oor die 1936-grondkwota gesê dat hy liewer met onafhanklike state as met afhanklike gebiede oor die oordrag van grond sou onderhandel. Opvolgende regerings het daardie kwota as die boonste perk beskou.

Verwoerd het gewaarsku dat die ekonomie geleidelik ontstrengel moes word, want “op die ou end is dit getalle wat heers”. Opvolgende regerings wou ekonomies verstrengel bly, maar politieke beheer handhaaf.

Dr Verwoerd se visie het misluk. Nie as gevolg van ‘n internasionale sameswering nie, maar as gevolg van ondersteuners wat nie vir die implikasies daarvan te vinde was nie. Dié tragedie word slegs oortref deur al die honderde-duisende Afrikaners wat vandag bly vasklou aan ekonomiese voordeel te midde van ‘n bestaanskrisis.

12 gedagtes oor “Die sluipmoord op dr HF Verwoerd, 6 September 1966

  1. Andre de Kock

    Dr Verwoerd is dalk deur Tsafendas vermoor maar die dolk in sy bors was die luigat Afrikaners wat nie hul eie tuin en huiswerk wou doen nie. Dr Verwoerd het wette gemaak om die Afrikaner geleidelik vry te kry maar die grootste Nasionaliste het die ousie onder die bed weggesteek as die Blouvan gekom het om te kyk of sy ‘n wettige werker is…

  2. Anthony Schlemmer

    ‘n Groot leier wat hopeloos te vroeg voor sy tyd oorlede is. Hierdie hele Tsafendas storie ! Daar is baie meer vrae as antwoorde …………… Ai man !!!

  3. Die enigste manier om sy kritici te stil is om bewys te lewer dat ‘n gelokaliseerde etniese gemeenskap, sonder staatshulp, soos wat dit die geval in die tuislande was, suksesvol hul eie sake kan behartig.

    Ek glo dat ons besig is om dit in Orania te bewys!

  4. Ja-nee… soos dit hartseer is dat dr. Verwoerd se lewe deur so ‘n lafhartige daad moes eindig, so ook is dit hartseer dat so min mense sy idees en visie werklik begryp het. Steeds vandag verstaan soveel mense nie wat hy beoog het nie. ‘n Gemenebes van onafhanklike volkstate in suidelike Afrika sou in almal se beste belang gewees het.

    Nadat ek Jonathan “Onsin” Jansen, rektor van die Universiteit Vrystaat, se artikel vandeesweek in die Volksblad gelees het, het ek net weereens besef hoe ons, as Vry Afrikaners, en die nasiebouers op verskillende planete bly. Dis juis hierdie klas van snert, verwoord deur ene Onsin Jansen, waarteen dr. Verwoerd die nageslag probeer beskerm het:

    “Die idee van ’n Christelike Afrikaanse universiteit vir wit jong mense is nie net belaglik nie, dit is gewoonweg gevaarlik vir jong gemoedere in ’n land soos Suid-Afrika. […] In Suid-Afrika verteenwoordig hierdie kwalik gekamoefleerde volkseie universiteite ’n bedreiging vir ’n land wat te lank deur ras, etnisiteit, taal en godsdiens verdeel is. Wat my oor hierdie marginale gedruis oor ’n Christelike universiteit bekommer, is die nie so geheime politieke agenda ten grondslag daarvan: om jong wit gemoedere te isoleer van volle deelname aan die fisieke, maatskaplike en opvoedkundige ruimtes wat nou vir almal in gedesegregeerde openbare universiteite oop is. Dit is die hoëronderwys-weergawe van tuisonderrig, waar jong mense in ’n eng, bevooroordeelde, “Nederduitse Gereformeerde” denkwyse geïndoktrineer kan word – presies hoe Suid-Afrika in die eerste plek veral sedert die 1940’s in die moeilikheid beland het. Dit is geen verrassing nie dat die soort individue en organisasies wat die idee van ’n private Christelike Afrikaanse universiteit ondersteun, regse elemente insluit. Hulle is mense wat gemaklik onder die apartheidsregering geleef het en die nuwe land binnegesleep is; hulle durf ons nie terugsleep nie.”

    Al wat Onsin Janses hierdeur bevestig is dat Christen Afrikaners nie welkom is, of ruimte gegun moet word, om hul geloof, kultuur en tradisies in die Nuwe Suid-Afrika uit te leef nie. As jy ‘n Christen Afrikaner is wat trots is op jou geskiedenis en kultuur dan is jy ‘n bedreiging vir die Suid-Afrikaanse samelewing. Maar wag, dan sal die einste wetters ook nog gekant wees teen ‘n onafhanklike staat vir Afrikaners waarin ons wel ons taal, kultuur, geloof en tradisies kan uitleef sonder om in enigiemand se sop te spoeg…

    Sien, hulle vertel ons nie net om in die openbare instellings, bv. skole, universiteite, hospitale ens. by hulle aan te pas nie (dink oorvloed van vigs, dwelms, misdaad en alles wat na 1994 die norm geword het) – hulle verwag boonop van ons om alles wat sommiges van ons nog is en waarin ons glo prys te gee om so treurig en hopeloos onbevoeg soos hulle te word dat ons onsself nie kan help om ook maar soos patete deur die lewe te gaan en by al die korrupsie, wanbestuur, misdaad en moord aan te pas ter wille van die Nuwe Suid-Afrika nie!!

    Dalk is dr. Verwoerd se droom van ‘n gemenebes van onafhanklike volkstate in suidelike Afrika vandag nie meer moontlik nie, maar onthou dat ‘n volkstaat vir die Afrikaner net van onsself afhang. Ons soek nie die ou of die nuwe SA nie – ons wil vry wees in ‘n Afrikanervolkstaat waar ons in vrede kan aangaan met ons lewens, op ons terme en onder ons eie demokraties verkose leiers.

    Die Jansens, Malemas en Zilles kan maar kou aan daai een tot hulle blou in die gesig is – niemand kan ons keer om ons vryheid te herstel nie. Ons kies ‘n vreedsame roete, maar nes dr. Verwoerd en derduisende ander Afrikaners in ons trots geskiedenis, sal ek ook hierdie reg met my lewe verdedig as dit moet! As daar net een ding is wat die Afrikaner-haters daarbuite moet verstaan, dan is dit juis dit.

  5. Pieter Celliers

    Daar word nie in die artikel melding gemaak van Anton Rupert se opmerking dat “Verwoerd must go”, nie. Ook nie dat daar in Brittanje en Australië, 2 dae voor die sluipmoord navraag rondom Verwoerd se dood was nie. Die krag agter die lem van Stafendas was die Afrikaner elite, wat nie kon toesien dat Suider-Afrika (RSA, Rhodesië, Suid-Wes) die ekonomiese krag van die wêreld word nie. Die vernedering dat Aparte-ontwikkeling nerens in die wereld kon slaag nie, maar effektief in Suider-Afrika was, was een te veel. Verwoerd was onaantasbaar na die Wereldhof uitspraak in SA se guns gegee het en Britaanje en Amerika dus nie militer teen SA kon optree nie. Soos JFK drie jaar voor Verwoerd, moes hy die prys betaal om teen die wereldgeldmag in te gaan. JFK, wou die Federal Reserve uit die privaat bankiers se hande neem en dit teruggee aan die mense, Verwoerd wou dieselfde doen. Slotsom, Die wereld sou n heel ander plek gewees het, met n JFK en Verwoerd daarin. Dis bitter min dat n land sulke sterk leiers oplewer, ons was gelukkig om hom te gehad het.

  6. Gert Pelser

    Wat ek graag wil weet is dit waar dat Hendrik Verwoerd na Duitsland gegaan het om Natzi te gaan studeer en dan terug gekom het om die swartmense te skuif om hulle dood temaak. So ook word beweer dat hy verandwoordelik was dat die huise wat in soweto gebou was in die vorige regeering sedakke met asbesplate bedek was ,was ook om die swartes dood te maak die stories word deur n sekere swart TOURGIDE aan die toeriste vertel. Ek kan nerins inligting daarvan kry nie . Ek is ook n TOURGIDE en het nie sulke propeganda gehoor of gelees nie

  7. Wynand Boshoff

    Die bewering oor Verwoerd en die Nazi’s is onwaar tot die punt van laster. Hy was die eerste student wat van sy BA tot sy doktorsgraad in Suid-Afrika gedoen het. Dosente en mede-studente het dit as onwys beskou om jouself in die “isolasie” van Suid-Afrika in te perk. Om daarvoor te vergoed, het hy op n studietoer van ‘n jaar of twee gegaan, eers na Europa en daarna na die VSA. Indien die Nazi-party reeds bestaan het, was dit ‘n uitasem groepie in Munchen en nog geen krag in Duitse politiek nie – vergeet van akademiese kringe. Verwoerd het enkele maande per vooraanstaande universiteit deurgebring en aan gesprekke en die bywoon van lesings toegewy. Sy vak was sielkunde, maar hy was een van die grondleggers van die nuwe dissipline, sosiologie. Volgens Giliomee is hy sterker deur die Amerikaanse akademic beïnvloed as die Duitses.

    Wat die dakke betref, is die bewering eweneens absurd. Op daardie stadium was die gevare van asbes onbekend en is dit as die beste kombinasie tussen prys en duursaamheid beskou. Hoewel ek nie seker is of dr Verwoerd werklik betrokke was by die keuse van dakmateriale nie, is dit nie onmoontlik nie. Hy was immers bekend vir sy aandag aan besonderhede. In daardie geval is dit interessant dat sy eie huis in Bettysbaai ook van ‘n asbesdak voorsien is.

  8. Henri

    Die engelse het nadat hulle gesien het dat die swart menigtes ook ‘n aanspraak op SA wil maak, bang geword en onafhanklikheid aan SA gegee. Hulle het weggehardlop en soos lafaards, wat die engelse is, agter mure gaan skuil en die lewe vir ons as die Afrikaner Boerevolk moeilik te probeer maak . Hoekom ek sê lafaards, want hulle is, tot vndag toe. Watter normale mens sal ‘n vrou en kinders, al is dit oorlog tyd, van hul woonplek verwyder, in ‘n kamp gooi en glas in hul karige kos gooi en hulle op so ‘n wrede manier verneder en vermoor. Dit was nie noodwendig dat Dr Verwoerd met hul belyd saamgestem het nie en hy het dus die inisiatief aan die dag gelê om dit te verander. Tsafendas, dit is ook genoem, was maar ‘n duistere karakter en moes nooit die pos beklee het nie. Sover vasgestel kon word was hy ‘n “agent” wat deur die britte in die pos gedwing was om te keer dat Dr Verwoerd die stelsel sou verander. Dit was ook so dat die broederbond/ossewa brandwag nie wou toelaat dat hierdie afsonderlike ontwikkeling oefening moes gebeur nie. Hy, Tsafendas, se familie het miljoene rande gekry vir die taak wat hy moes uitvoer. Dit was om Dr Verwoerd te stuit om sy planne tot uitvoer te bring.
    As Dr Verwoerd nie gestuit was nie, het SA nie vandag met die huidige situasie gesit nie. Dr Verwoerd het nie “apartheid” geskep nie, maar die lafhartige, landstropers, britte. (Dit is hoekom ek na die britte verwys met klein letterjies, om my misnoeë te kenne te gee)
    Dr Verwoerd het hom nie met enige vorm van geweld opgehou nie, hy en Adv Swart, 1ste President van die Republiek, het hulle beywer om Suid Afrika na groter hoogtes te neem as wat ooit gedoen kon word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s