Vry Afrikaner loods nuwe webwerf

Vry Afrikaner het al ‘n vêr pad gestap sedert ons nederige ontstaan in Augustus 2010. Aanvanklik was Vry Afrikaner net ’n sosiale media bymekaarkomplek waar die vryheidsideaal teoreties bespreek en bevorder word. Vandag is Vry Afrikaner ‘n organisasie wat daadwerklik betrokke is by ekonomiese ontwikkeling en werkskepping in die aangewese volkstaat-gebied terwyl ons voortbou op die mediaplatform waaraan ons al vir meer as 2 jaar werk.

Die dryfveer agter alles wat ons doen is ons onverskrokke geloof in ‘n saak wat elke Afrikaner ten diepste raak – of mense dit nou weet/glo of nie. Ons glo vas dat ons mense ’n voorspoedige toekoms hier aan die suidpunt van Afrika het en vir daardie rede is ons besig om ’n soewerein onafhanklike Afrikaner Republiek van nuuts uit die grond uit op te bou.

Ons is vaandeldraers van volksdemokrasie en die vryemarkstelsel – konsepte was ons voorvaders in staat gestel het om hoogtes te bereik wat die wêreld statery vir ’n ses geslaan het. Die Afrikaner het dit al in die verlede gedoen en ons is besig om dit weer doen.

Terwyl die Suid-Afrikaanse nasiestaat besig is om sy plek te vind tussen die lakens van die Nasionale Demokratiese Revolusie van die ANC-regime en die hardekool kommunisme van dié regime se bedmaatjie en rigtingaanwyser, nl. die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, het ons besluit om onsself van hierdie hele afskuwelike affêre te distansieer en onsself daarvan los te maak deur ons vryheid te herstel.

Kom ons praat prakties. Meer Afrikaners moet ingelig word van ons doelwit. Daarna moet mense ’n besluit neem om die vryheidsideaal te ondersteun, al dan nie. Almal wat besluit dat ons beter daartoe in staat is om onsself te regeer in ons eie Republiek (as wat die ANC ons tans regeer in die Nuwe Suid-Afrika) moet dan in strukture organiseer wat handeldryf met, en ontwikkelingsprojekte in ons volkstaatgroeipunte meedoënloos bevorder.

Mense, dit kos geld en sommer pakke-pakke daarvan om ’n ekonomie van skaal te skep – en elke sent daarvan gaan uit elkeen van ons sakke moet uitkom. Sonder ’n ekonomie van skaal waarin minimum 100 000 Afrikaners in 4 tot 10 volksdorpe binne die grense van die Oranjeriviervallei-Weskus volkstaat-gebied ’n middelklas leefstyl kan handhaaf is ons doppie geklink.

Die meeste Afrikaners is bereid om van hul volksvreemde arbeid ontslae te raak, en baie het dit reeds gedoen a.g.v. die misdaad wat die bediende en die tuinjong veroorsaak. Dan, glo ek, is ’n groot gros Afrikaners bereid om bediendeloos te hervestig in die volkstaat-gebied omdat hulle verkies om veilig saam met hul eie mense aan ’n volhoubare toekoms te bou met die gebruik van Afrikaner arbeid; maar weet dit: daar is nie ’n manier dat geskoolde Afrikaners hul tassies en leersitkamerstelle op lorries gaan laai as daar nie minstens vir hulle ordentlike werk, behuising en fasiliteite in die volkstaat-gebied is nie!

Om vir ons mense werk, behuising en fasiliteite te skep in die volkstaat-gebied sal ons moet belê in ontwikkelingsprojekte – beginnende sommer in Orania en daarvandaan kan ons uitbrei Weskus toe, want almal wil ’n huisie (hawe, handelsroete, natuurlike hulpbronne ens.) by die see hê.

As jy werklik vry wil wees moet jy dit begin bewys deur jou geld te maak werk vir vryheid. Die kersie op die koek is dat jy vir jouself welvaart skep in die proses, so Dawie van Die Burger – hou asb. jou doodloopstraatdenke vir jouself en gaan skyt op die ys!

Maak ’n verskil en raak betrokke: http://www.vryafrikaner.za.org

3 thoughts on “Vry Afrikaner loods nuwe webwerf

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s