Die blinde volgelinge van Eenoog konings.

“Dit is die veroweraar se manier: verwoes heilige plekke, sleep jong mense weg na ‘n vreemde land, ontken hulle bestaan en geskiedenis, belet hulle taal dat hulle geen hoop of troos daaruit kry nie. Ignoreer versoeke, beledig hulle gedurig, verwyt en beskuldig hulle, hou hulle verneder, klein en altyd bang vir die oorwinnaar se geweld.” Nagri, ‘n Joodse banneling en profeet is hier aan die woord in Dan Sleigh se historiese roman ‘Afstande’. Nagri praat oor koning Nebukadneser se verwoesting van Jerusalem en die Joodse verstrooiing.

Skets dié opmerking van Nagri, ‘n toepaslike prentjie op die Afrikaner se onderwerping sedert 1994? Myns insiens, ‘n baie duidelik een!

Het diskriminasie, teen ons in die werksplek, nie reeds ‘n wêreldwye verstrooiing van ons jongmense tot gevolg gehad nie? Ons geskiedenis, word dit nie gruwelik verdraai en misken nie? Word ons nie deurgaans geignoreer, beledig, verwyt en verneder nie?

Is Afrikaner instellings, waaraan daar so hard gebou is, nie nou in vreemde, of vervreemde, hande nie en rysmier dié instellings nie ons gemeenskap nou van binne af nie? ‘n Aanslag op alles wat Afrikaans is, word deesdae, vanuit Naspers en andere met ‘n Afrikaner oorsprong, op ons geloods!

Wat die pil verder verbitter is dat die nuwe heerser, naamlik die ANC, nie ‘n ware ‘veroweraar’ is nie, maar bloot ‘n kommunistiese relik wat deur die westerse wêreld, op ons afgedwing is.

Pol Pot se slagkreet van wegdoen met ‘geskiedkundige ongelykhede’ en oorbegin op ‘dag een’ is waaroor dit nou gaan! In die liberale weste beteken dit om gister se sondes onder die mat in te vee en ‘n ‘vreedsame, gelyke’ multikulti wêreld te skep. So skets die globaliste dit vir ons!

Sulke snert is natuurlik kunsmatig en bots met die natuur waar variasie nog altyd oorlewing verseker het. Etniese groepe verskil, rasse verskil, VIVA daarvoor! Variasie is nodig en goed, kom ons aanvaar dit. Dié Utopiese droom van ‘n “Brotherhood of man” en van “All men are equal” blyk ongelukkig die moderne westerling se Achilleshiel te wees!

In ons ewige soeke na volkomendheid, volg ons as ‘blindes’ alte maklik die leerstellings van eenogiges na. Ongelukkig kortwiek ‘n gebrek aan eerlikheid, insig, kennis en intellegensie hierdie strewe. Die volmaakte orde bly gevolglik ‘n illusie en dus onbereikbaar!

Waar die stryd, ‘n klompie jare gelede, duidelik tussen die kapitalisme en die kommunisme gelê het, is dit nou onduidelik of dit ‘n hibride tussen die twee is wat poog om ‘n nuwe wêreldorde te vestig. Wat wel duidelik is, is dat diegene wat so maklik rassis, regs, konserwatief ens. skree, se koppe geblokkeer is vir ‘n oopgesprek, en met vooroordele en wanpersepsies sit wat diepgewortel is.

Daar is bloot ‘n eenvoudige keuse te make tussen twee konsepte, naamlik tussen lokale beheer waar direkte inspraak van toepassing is, of andersyds beheer en voorskrif vanaf ‘n sentrale punt elders.

Sentrale beheer, skort kompeterende elemente en was verantwoordelik vir die val van die Sowjet Unie en kommunisme in die algemeen.Vandag is dit die multinasionale maatskappye, met veraf hoofkantore, wat alle kompetisie stelselmatig uit die weg uit ruim.

Lokalisering daarenteen, met ‘n plaaslike en eiesoortige benadering, bring ‘n maatstaf om ordes en ondernemings mee te vergelyk en sodoende lesse te leer aanbied. Dié basiese waarheid word ongelukkig deur die jarelange kreet, naamlik dat afsonderlikheid ‘n misdaad teen die mensdom is, gesmoor.

Met ‘n mitiese droom, in die agterkop, van ‘n vreedsame “Nuwe Wêreldorde,” vuur ene prof. Jonas Nathan Onsin Jansen en sy trawante, deesdae die een sarsie na die ander dreigemente, beledigings en verwyte op ons af. Die groot beswaar: Ons weier om deel te hê aan die maak, of ondersteuners te wees van die lib/kommie brousel wat hulle aan’t opdis is.

Dié spesifieke prof. het staanplek en status in die DA/Naspers rangorde verkry toe hy, as rektor van ‘n getransformeerde Afrikaanse universteit, ‘n paar studente se lawwigheid tot die rassedebakel van die dekade verhef het. Sedertdien is daar geen keer aan hom, en sy Naspers meelopers, nie!

Kom ons ontleed hierdie gesant van die ‘veroweraar’ se jongste tirade. Hier het hy dit teen ‘n Christelike Afrikaanse universiteit.

Duidelik glo hy nie dat dié land ‘n koloniale relik en ‘n land met onversoenbare bevolkings is nie! ‘n Minderheidsgroep soos Afrikaners wat, sê hy “die nuwe land binnegesleep is; (korrek) hulle durf ons nie terugsleep nie.”(inkorrek)

Ons wil jou nie terugsleep nie prof, wees gerus! Moet ook nie jou koers aan ons kom opdwing nie!

Ek glo nie dat dit oor Christelikheid of Afrikaansheid gaan nie, maar eerder die gebrek aan beheer, volgens sy resep, wat vir hom ‘n probleem is.
Universiteite wat godsdiens eng en geforseerd benader is ongewens, maar sonder enige neergelegde beginsels, skuil daar ook net so veel gevaar in en word hulle maklik deur linkse elemente gekaap. Ouers en studente moet tog ‘n idee kan vorm van wat te verwagte is.

Met sommige ‘hogere tersiëre’ inrigtings se reputasies, is dit te verwagte dat ouers bra katvoet sal loop vir die soort van universiteit wat die prof. voorhou. Onthou, hier word van jongmense, in hul laat tienderjare en vroë twintigs, verwag om hul skanse by die hekke te laat om soos klei in die ‘regte’ hande gevorm te word.

Prof. Onsin sê tog self: “Gelukkig vind ek dat hulle, met die regte ondersteuning en aanmoediging, hierdie jare van monokulturele bestaan oorkom.” Duidelik is daar net een vorm, syne!

Elders verwys hy ook na die “rasse-middeleeue.” Ras was natuurlik nie ter sprake in die middel-eeue nie, nie die een wat ek ken nie, daar was nie juis ‘n skouerskuurdery tussen rasse nie! Etniese verskeidenheid het wel gedy. Die enigste molesmakers destyds, was diegene wat daardie verskeidenheid probeer ontwrig het. Sommige van daai geveggies duur vandag nog voort.

As daar wel reg aan verskeidenheid gedoen word, dan sal instellings soos universiteite ‘n groter plaaslike aard weerspiël, meer verspreid wees, kleiner wees maar in groter getalle voorkom. Gemeenskappe kan dan self hul eie standaarde daar stel!

Hoekom moet ons Boere altyd al die dinkwerk vir julle doen?

11 gedagtes oor “Die blinde volgelinge van Eenoog konings.

  1. Anthony Schlemmer

    Dit is baie duidelik dat die pogings om die Afrikanerdom en Afrikanerskap uit te roei, onverpoorts aangaan. Ek dink ons moet erken dat FW De Klerk en sy trawante baie na daaraan gekom het.

    Gelukkig was daar rotsvaste leiers soos oorlede Carl Boshoff, wat net eenvoudig onwrikbaar gestaan het teen die aanslae.
    Danksy hom (en andere) begin ons volk se oorlewings drange nou weer stadig wortelskiet, in organisasies soos die Orania Beweging. Die enigste organisasie wat daadwerklik iets doen vir ons vryheid.

    Die proses word vertraag deur die houvas wat Naspers nog steeds op ons mense het. Daar is egter ‘n gesonde kern van Afrikaners, wat net so onwrikbaar is soos oorlede Carl Boshoff.
    Daardie kern gaan die ding vir ons deurdra, in die jare wat voorle.

  2. theo

    Jy is reg, Naspers is die groot probleem om ons mense te verlei, alles wat verkeerd was is mos nou skielik reg en andersom…! Dit is mos nou tyd om Naspers te boikot, moenie meer hulle koerante en tydskrifte koop nie, ek doen dit al lankal, sluit by my aan…!

  3. Koreksie: ‘Multi-kulturele’ onderrig begin nie by ons pseudo-professor se tersieere instelling nie, maar hierdie kommunistiese indoktrinasie begin al op jou kind se heel eerste skooldag.

    Die kurrikulum is deurspek van Afrika-nasionalistiese en kommunisiese drogbeelde wat aan ons kinders voorgehou word. Die propaganda is besig om ons kinders in gewillige onderdane van die ANC te maak.

    En die groot meerderheid van die Afrikaner LAAT TOE dat sy/haar kind gemolesteer word (geindoktrineer word) deur volksvreemdes.

    Die nasietrots is weg – weggevreet deur apatie en aanvaarding van ‘n multi-kulturele, Suid-Afrikaanse identiteit.

  4. Wilma Hanekom

    Uitstekend, Ben. Re onderwys..staatkurrikulum: dis ‘n pyn vir enige Afrikaneronderwyser wat nasionalistiese beginsels aanhang. Dis werklik onuithoudbaar wanneer so n persoon voortdurend moet verduidelik hoe die apartheidregering alles tot in die grond bestuur het en die nuwe bevryde demokratiese bestel tot ons redding gekom het.

  5. Ebert

    Die Afrikaanse Protestantse Akademie is reeds sedert 1988 besig om internalsionaal-erkende grade in teologie, kunste en sielkunde aan te bied.

    Prof Jansen se nagmerrie het dus waar geword terwyl hy nog nat agter die ore was.

    Ons moet net inisiatiewe soos die APA ondersteun – hulle is juis op die oomblik besig om programontwikkeling te doen om ook onderwysgrade te kan aanbied.

  6. Jansen se idee van ‘n nie-godsdienstige universiteit is natuurlik in werklikheid die enigste Oksimoron. Alle mense is godsdienstig, hulle “god” verskil net. Ook alle akademiese aktiwiteit het bepaalde uitgangspunte (dis onafwendbaar) – as dit nie Christelik is nie is dit (soos in Jansen se geval) humanisties (in die moderne sin van die woord).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s