Julius Malema, stakings en Afrikaners

Die enigste wenner in die wanorde sedert die Marikana-skietery, is die afgesette leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema. As egte populis haas hy hom van skare tot skare en skep die indruk dat alles anders sou wees as daar volgens sy insig regeer is. Ontevrede SANW troepe by Lenasia was laasweek deur hom toegespreek en natuurlik was daar weer uitgevaar teen alles en almal wat volgens Malema vir swart mense terughou om te presteer.

Dit herinner aan Suid-Afrika se huidige president wat aan bewind gekom het deur elke drukgroep te laat glo sy regering sal hulle hulle sin kan gee. Dit is natuurlik nie moontlik nie en nou word Zuma met dieselfde soort veldtog gekonfronteer.

Die ekonomiese implikasies van stakings wat buite beheer raak, word druk in die media bespreek. Militante vakbonde skep vir werkgewers en die owerheid ‘n probleem, maar daar is darem iemand om mee te onderhandel; wat werkers kan oortuig om ooreenkomste te eerbiedig. Splitsing van vakbonde en werkers wat weier om enige vakbond se gesag te aanvaar, skep wanorde, wat onstabiliteit en onsekerheid kweek, wat die ekonomie strem.

Nie onverantwoordelike leierskap of uitgerafelde vakbondwese behoort vir ernstige waarnemers verrassend te wees nie. Suid-Afrika is al dekades lank berug vir die gaping tussen ryk en arm. Sedert 1994 het dié gaping vergroot. ‘n Ryk, swart elite is wel geskep, maar terselfdertyd het werkgeleenthede verlore gegaan. Die staat- en semi-staatsektor het van bykans alle ongeskoolde poste ontslae geraak, en dié mense tot die werklose massa gevoeg. ‘n Onvolhoubare werklikheid is geskep, waarin ‘n onbegrypende elite as’t ware vra, as daar nie brood is nie, hoekom eet hulle nie koek nie.

Min waarnemers vra waar dit Afrikaners laat. Die antwoord is natuurlik dat niemand regtig weet nie. Afrikaners is oral in Suid-Afrika ‘n magtelose minderheid. Die voor- of teenspoed van die omgewing is ook die voor- of teenspoed van die Afrikaner. Ekonomiese ineenstorting, of dit volg op die huidige wanorde of op ander faktore, sal vir Afrikaners rampspoedig wees.

‘n Belangrike vraag is op wie die massas, wat nie glo dat hulle die vrugte van bevryding smaak nie, hulle woede gaan uitstort. Sal die wat nie werk het nie, dit op werkendes uitstort, of laag besoldigde werkers op hoog besoldigde “struggle”-veterane, of gefrustreerde werkers op werkgewers, of sal etniese geweld losbars?

Die slegste moontlike prentjie is die van Rwanda in 1994. Tutsi’s het hulleself oor eeue as ‘n heersersklas bo Hutu-boere gevestig en hulle gesag afgedwing. Oral waar hulle gevestig was, was hulle ongeveer vyftien persent van die bevolking. Bevolkingsgroei het só toegeneem dat die ekonomie dit nie meer kon absorbeer nie. Teen daardie agtergrond het haatspraak teen Tutsi’s toegeneem en ‘n volksmoord is onder die oppervlak beplan. Toe ‘n vonk die kruitvat tref, is diep gewortelde verwyte oor die verlede losgelaat om ‘n miljoen Tutsi’s en Hutu’s wat van dislojaliteit verdink is, binne honderd dae te vermoor.

Die Afrikaner sal homself van ‘n magtelose minderheid tot ‘n volk met eie staat moet transformeer. Dit beteken om nie net vir burgerregte te mobiliseer nie, maar ook om groot getalle Afrikaners in die Oranjeriviervallei-Weskus volkstaatgebied te konsentreer terwyl daar daadwerklik opgetree word om Afrikaner werkskepping en volkseie arbeid in hierdie streek te bevorder.

Soos Suid-Afrika sedert sy ontstaan in 1910 ontwikkel het tot waar hy nou staan, kan net ‘n dwaas nog ontken dat die Orania-model in alle Afrikaners se beste belang is.

18 thoughts on “Julius Malema, stakings en Afrikaners

  1. Alhoewel net ongeveer 60 troepe die vergadering in Lenasia bygewoon het, behoort die klas van vergaderings tussen Malema en ongedisiplineerde troepe waarskuwing ligte te laat flits. Ons almal weet dat hy van plan was (is?) om duisende ANC Jeuliga-lede vir formele militere opleiding te stuur. Verwag die ergste: Malema is besig om ‘n militia te kweek om boere met geweld van hul plase te verwyder. Hy het reeds sy hand gewys toe hy Zimbabwe besoek het om hul model van “transformasie” te bestudeer. Kyk na sy aksies sedert hy van Zimbabwe af teruggekeer het en oordeel self.

    Wynand is in die kol met sy bewoording van die oplossing. Afrikaners moet na die volkstaat gebied toe emigreer en in ontwikkelingsprojekte in hierdie gebied bele sodat ons los kan kom van Suid-Afrika. Die uurglas loop stadig maar seker uit. Ons het ‘n plan – meer mense moet net betrokke raak!

  2. Die probleem is net dat daar reeds so baie “Wolf, wolf” geskreeu is dat mense ‘n weerstand daarteen opgebou het.

    Sou daar wel grootskaalse geweld môre hier losbreek sal dit nie Orania direk raak nie, daarvoor is die afstand vanaf die potensiële brandpunte te ver. Orania sal eerder ‘n toevlugsoord wees en daarop moet ons voorberei.

    Wynand se ontleding is nugter en objektief, soveel anders as die alarmistiese geraas wat tydig en ontydig opgedis word en meer skade as goed doen. Quintin se opmerking: “Die uurglas loop stadig maar seker uit. Ons het ‘n plan – meer mense moet net betrokke raak!” is eintlik maar al waarop daar gekonsentreer kan word. ‘n Groter bewus- en betrokkemaking is wat nodig is.

    Ek gru aan die gedagte van VN vliegtuie wat met ontruimingsoperasies besig is. Ons moet en kan, sou dit nodig word, om vir ons eie voorsorg te tref.

  3. Anthony Schlemmer

    FW De Klerk het darem gisteraand op televisie erken dat moedertaal onderrig in gevaar is ! Pleks hy ook maar sommer erken dat hy die Afrikaner verraai het !

    Dat ons ons getalle in Orania en omgewing drasties sal moet vermeerder besef ons almal. Net die skep van grootskaalse werkgeleenthede, verg die samewerking van groot Afrikaner rolspelers.

    Dis hier waar die probleem vir ons le !

  4. Die Marikana kommunistiese opstand rondom die besoek van Hillary Clinton aan Suid Afrika is mede deur kringe binne die Amerikaanse CIA lank van tevore georganiseer en clown Malema is daarin suiwer figurant in die toneelspel van die Muslim Brotherhood outreach policy van die Clintons en hul puppet Barack Husein Obama.
    Clinton het geweet van die lang van te vore voorbereide opstande van Muslims in heel die wêreld op die datum van 9/11 sogenaamde vanweë die reeds maande op die internet film oor die pedofiel mohammed.
    De politieke prostitut Hillary Clinton het doelbewus haar ambassadeur Christopher Stevens soos Kadafi sodomitisch laat vermoor deur die jihadi’s.
    De Clinton vroeg eerder aan Zuma om sy leiding oor die leër van die African Union in te span om onder die dekmantel van ‘n stryd teen die Islam (BOKO Haram, Al Sabhaab, Al Qaeda) die Muslim Brotherhood salon fahig te maak.
    Om Zuma onder druk te sit het die CIA van Clinton Marikana geprovoceerd.
    Die clique rondom die Clintons wil met die neo konserwatiewes soos John McCain, Richard Perle, Paul Wolfowitz, Zbigniew Brzezinski ens met hul konvensionele militêre doctrine (Roosevelt) op basis van diesel olie afhanklik bly van die Saudische Sunni oil in ruil vir US wapen deals …
    Daarom is in die dossier Marikana ook belangrik na die Demokratiese Alliansie te kyk vanweë hul verraad van alle Suid Afrikaanse etniese groepe aan die ANC middels het multikulturalisme (reënboog nasie) doctrine.

  5. Stiaan

    Quintin, ja, dis seker maklik om Orania toe te immigreer, maar wat van ons mense wat tans in Pretoria woon en op Kleinfontein die selfde wil vermag as Orania. Ek soos vele ander mede burgers wil ook graag na Orania gaan, maar is op die stadum vir ons on bekostigbaar om net wortel op te trek en te gaan. Is daar werk wat my my salaris kan bied wat ek tans verdien? Indien, dan kom ek more.

    1. Stiaan – dankie vir jou positiewe opmerkings. Dit het my 3 jaar gevat voor ek in staat was om Orania toe te trek. Ek het my trek haarfyn beplan en is nou al 2 jaar permanent (en baie gelukkig) hier. My advies – kry ‘n vennoot en stig ‘n besigheid hier, of nader bestaande besighede en hoor waar jy kan bele. Ek ken klomp eerlike en hardwerkende mense hier wat suksesvolle ondernemings bedryf en kapitaal nodig het vir uitbreiding.

      Koop aandele in Die ou Karooplaas Winkelsentrum en verdien ‘n passiewe inkomste deur die dividende wat aan jou uitbetaal word. Bele in ‘n eiendom en verhuur dit – die behoefte vir huur eiendom op Orania is astronomies.

      Deur die inkomste wat jy daar bo in Pretoria verdien te gebruik om vir jouself addisionele inkomste bronne hier op Orania te skep is die wyse roete om te volg. Vat jou tyd, beplan elke stap en voor jy jou oe uitvee is jy ook hier besig om vir jouself meer welvaart te skep as in Pretoria terwyl jy saam aan die volkstaat bou.

      Jy ken sekerlik vir Rian Genis – gesels bietjie met hom ook oor ‘n paar idees of bel my as jy meer inligting oor Die ou Karooplaas ens. wil bekom – o76 943 2214.

  6. theo

    Hierdie is alles deel van die plan om Suid-Afrika in ‘n kommunistiese utopie te verander, hulle sal nie ophou totdat hulle al die boere van die plase af verdryf het nie, (vergelyk maar wat Lenin en Stalin met die Koelakke gemaak het) Soos met die twee here, is die unies hulle troepe in hulle oorlog teen kapitalisme en glo my dit gaan nou erger raak, werkers gaan meer militant raak en hoèr lone eis, kry hulle dit nie, dan gaan hulle oor tot geweld, ons sal dan ‘n sosialistiese staat raak en uiteindelik kommu
    nisties-dit is die harde werklikheid! Sal Oraniè dit kan ontsnap? Die antwoord is nee, hulle gaan ons nie uitlos nie, hulle wil alles hê, glo my ek werk saam met die spul, hulle is glad nie beindruk met Oraniè nie! So, ons kan daar ten minste laer trek! Die DA, moet nie een jou tyd mors nie, sou hulle ‘n verkiesing in die land wen, dan sal dit ly tot ‘n burgeroorlog die volgende dag!

  7. Henri

    “Afrikaners is oral in Suid-Afrika ‘n magtelose minderheid.” Ek haal doelbewus hierdie bewering aan. Ons wil glo dat ons magteloos is en ek aanvaar dat daar baie Afrikaanssprekendes is wat so voel. Die enigste rede daarvoor is omdat ons nie kan saamstaan nie, die ergste is, die meerderheid weet dit. Daarom vertrap hulle ons. Wie se skuld is dit? Ons eie. Wanneer gaan ons begin glo, leef en doen onder die vaandel van EENDRAG MAAK MAG. In Kroningspark in die Krugersdorp omgewing is daar skeuring tussen die blanke “squaters” oor elektriese krag. Net omdat een nie sy sin kry nie en ons mekaar beledig en sleg sê en nie die sonstrale oor die ander gun nie. Let wel, ek praat hier van die Afrikaanssprekende blanke Suid Afrikaner. Gaan ons , ons blind staar na die Slag van bloedrivier, lyk so. Daardie tyd het die ander party nie vermoeens gehad wat die spul nou het nie en hulle staan saam, ons nie.
    Ons kan De Klerk en sy trawante die skuld gee en baie ander dinge gebruik. Op die stadium kan ons net die vinger na onsself wys, niemand anders nie. Kyk net na die verskillende groepe, Voortrekker Beweging, Boerevolk, Verbonds volk, AWB, Suidlanders, noem maar op, ons is so verdeeld, dit is om van siek te word. Die een kraak gedurig die ander af, samewerking?…………..dit is ‘n droom wat slegs waar sal word as ons eers uitgemoor word. Dit selfs, is ‘n groot onwaarskynlikheid.
    Daar is tans manne in die tronk a g v van verraad, toegegee ons sal altyd daardie rugraatlose karakters in ons midde he. Wat gaan ons doen om by ons leuse EENDRAG MAAK MAG uit te kom.
    Israel is ‘n baie klein land en hulle word van bykans van alle oorde aangeval, maar hulle staan saam, dit is ook verskillende mense, ens. Ons kan saam staan as elkeen net wil, voordat dit te laat is.

    1. Henri, weet jy hoeveel Joodse faksies is daar in Israel? Hulle laat ons mak lyk!

      Al hierdie groeperings, onder ons, waarna jy verwys, het een ding in gemeen, hulle is Afrikaners, sommiges noem ons Boere, en almal deel ‘n strewe, naamlik die verkryging van ‘n vrye onafhanklike Boere/Afrikaner hartland.

      Met so ‘n diverse benadering kom alles onder die loep en word gevolglik deeglik geweeg. Het ons maar so ‘n aktiewe verskeidenheid van denkrigtings, onder die gewone kiesers voor 1994 gehad, dan sou ons waarskynlik na 1994 ‘n sinvolle oplossing gehad het.

      As 1994 niks anders reg gekry het nie, dan het dit ons tenminste aan die dink gekry!

    2. Henri, ek haal jou graag aan: ” Let wel, ek praat hier van die Afrikaanssprekende blanke Suid Afrikaner.”

      Net hierin lê die maksimum van ons onvermoë om te begryp dat vir solank as wat ons as Afrikaners ons as burgers van Suid-Afrika sien, vir solank sal ons slawe van ons onderdrukkers bly.

      Die meeste glo nog onoortuigbaar dat “ons” SA ‘n beter plek gaan maak. Dis mos ONS land.

      Dis lankal, byna 2 dekades lank, nie meer ONS land nie.

      Die raswette en konstante naamsveanderinge van geboue, strate en dorpe is besig om die gesig van SA vir die wêreld te verander, om nie eens te praat van hoe die emigrasie van Afrikaners en die immigrasie van Afrikane die demografie al hoe ongunstiger maak vir Afrikaners en die ruimte vir die uitleef van ons kultuur, godsdiens, waardes en taal daagliks krimp.

      As Afrikaners nie die naelstring knip met SA, wat in elk geval nooit ten volle ons sin was nie, maar ‘n produk van die Britse imperialiste, pleeg hulle letterlik selfmoord.

      Kom los van jou “geloof” dat jy jou “geboorteland” gaan “red” en wees ‘n Vry Afrikaner wat daaraan werk om ‘n VRY Afrikaner Republiek te bewerkstellig!

      1. Vir interessantheidshalwe – die ander dag toe vat 2 spierwit blonde Sweedse joernaliste my aan oor ek durf se dat ek, as Afrikaner, ‘n Afrikaan is. Die twee poppies is in Orania opsoek na ‘n sensasionele storie… so liberaal die tweetjies, mens kan met hulle toor.

        Die een vertel my dat ek onder geen omstandighede inheems aan Afrika is nie en myself nie ‘n Afrikaan kan noem nie want ek is WIT en dat ek mooi moet verstaan dat ons Oraniers bly op die swartes se grond hier in Afrika en dis onaanvaarbaar dat ons nie die arme swartes deel van ons volk ag nie en dat hulle nie ook hier in Orania kan werk en vestig nie.

        Ek glimlag net, kyk haar diep in die oe en se toe (in Engels): “Jy klink soos ‘n moderne Sweedse weergawe van Hitler, want indien jou argument enigsins geldig is dan beteken dit dat elkeen van die miljoene nie-blankes in Europa mos nie Europees kan wees nie. Daardie nie-blankes het m.a.w. net so min reg om in Europa te wees soos Afrikaners, volgens jou, die reg het om in Afrika te wees. In praktyk beteken dit dat Heidi Klum se man, Seal, en hul arme kind nie die reg het om ‘n identiteit te he en op julle Europese wittes se grond te bly nie net omdat hulle nie wit is nie. Verstaan nou mooi: Julle nazisme gaan nie geduld word hier in Orania nie!!”

        Voor getuies, raak die twee liberale joernaliste so kwaad vir my dat die een letterlik bloedrooi in die gesig my staan en skel in Sweeds terwyl die ander een half in trane haar maatjie aan die arm sleep net om so spoedig moontlik, so ver as moontlik van my af weg te kom 🙂

        Wanneer ons van swartes praat – gebruik die woord swartes. Ons Afrikaners is inheems aan Afrika en is dus ook Afrikane. Ons het net soveel reg as enige ander Afrikaan, ongeag swart of bruin, om in Afrika te wees.

      2. Henri

        Of ons dit wil weet of nie, ons is nog, tot watter stadium wil jy dit hê, Suid Afrikaners. Niemand het nog opgestaan, met die uitsluiting van ‘n paar flouerige pogings, en verklaar dat ons , soos jy dit wil hê Afrikaanssprekende burgers,van watter land, tot hiertoe. Ons is dan nie meer Suid Afriukaners nie, maar Oranianers. Dit is die ideaal, maar waar is die spreekbuis, waarom kan die Afrikaanse gemeenskap dan nie saamstaan en die stuk land opeis en gaan onderhandel om dit te kry nie.
        In my eie familie geledere en ek aanvaar verskeie ander families van die wat hier lees, is daar ‘n onwilligheid om op te staan vir dit wat ek en jy in glo. Ons kan net nie saamstaan nie en dit is wat ek bedoel, tenspyte van faksies, geloofsoortuigings, of wat ookal.
        Dit gaan oor voort bestaan, ons ras, kultuur geloof en identiteit.

    1. Die twee Sweedse blondies sal die skok oorleef. Wat belangrik is, is dat hulle aan hierdie, vir hulle ‘n nuwe siening, gaan herkou en mettertyd sal daar wel ‘n liggie begin flits.

      Solank as wat ons argumente ‘n stewige basis het, sal dit wel iewers neerslag vind.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s