1.5 MILJOEN betoog vir vryheid!

 

Op 11 September het daar ’n reeks betogings in Katalonië, die outonome provinsie in die noordooste van Spanje, plaasgevind. Dié vryheidsoptogte het alle verwagtings oortref met sowat 1.5 miljoen deelnemers (uit ‘n totale Katalaanse bevolking van 7.5 miljoen), en het veral in die hoofstad Barcelona plaasgevind.

Dit het gebeur na aanleiding van die jaarlikse Katalaanse Nasionale Dag, wat die beleg van Barcelona 300 jaar gelede herdenk. Hierdie dag word gewoonlik gebruik as ‘n steun monstering vir Katalaanse onafhanklikheid van Spanje.

Katalonië se vryheidsvlag was orals te sien. Die optog was die grootste ooit en het ook stukrag gekry weens Katalonië se ontevredenheid met die Spaanse belastingwette. Die huidige Euro-krisis en ekonomiese krisis van Spanje spesifiek vuur ook die steun vir onafhanklikheid aan.

Katalonië is die rykste deel van Spanje en moet ander, armer streke dra omdat meer belasting uit Katalonië deur die sentrale regering onttrek word as wat terugbetaal word.

Katalonië betaal 15 miljard Euro per jaar meer as wat dit terug ontvang. Katalonië se skuldvlakke is besonder hoog. Toe die streeksregering, weens sy finansiële moeilikheid, vir 5 miljard Euro uit die reddingsfonds gevra het, het koerante in Katalonië gesê dat dit in elk geval Kataloniese geld is.

Alhoewel Katalonië se skuldvlakke nie die skuld van die Spaanse regering is nie, besef mense in tye van nood hoe voordelig dit sou wees as hulle hulle eie lot kan bepaal en nie afhanklik moet wees van ‘n sentrale regering nie. Volgens ‘n onlangse meingspeiling is meer as 50% van die Katalane ten gunste van onafhanklikheid van Spanje.

Die Katalaanse regering van Arthur Mas van die nasionalistiese CiU (Convergancia i Unio) wil nou ‘n meer voordelige finansiële ooreenkoms met die Spaanse regering onderhandel. Katalonië soek dieselfde status as Baskeland, wat meer finansiële outonomie het. Indien mnr. Mas nie sy sin kry nie mag sy regering sterker druk uitoefen vir algehele onafhanklikheid.

Die Spaanse regering se probleem is dat hulle self so kort aan geld is dat hulle eintlik nie ook nog Katalonië se inkomste kan afstaan of verminder nie. CiU se amptelike beleid is nie volle onafhanklikheid nie, maar die party beweeg geleidelik in die rigting van totale onafhanklikheid. 

Katalonië word daarby geïnspireer deur Skotland se beoogde referendum vir onafhanklikheid. Terwyl die Britse regering die wettigheid van ‘n referendum aanvaar het, wil Spanje se regering onafhanklikheid nie eers bespreek nie en sê dat dit ongrondwetlik is.

Die kwessie van onregverdige belasting was een van die katalisators vir Amerikaanse onafhanklikheid en speel veral by welvarende streke wat wil afskei, of groter selfbeskikking soek, soos Suid-Tirole en Vlaandere, ‘n rol.

Om ’n parallel tussen die omstandighede van Kataloniërs en Afrikaners te trek, is dit belangrik om te meld dat bo en behalwe die feit dat Afrikaner belastingbetalers ook droog gemelk word, ons boonop tevrede moet wees met patetiese dienslewering terwyl ons onaanvaarbare vlakke van diskriminasie, misdaad en ’n groeiende volksmoord daagliks ervaar. Kataloniërs staar nie hierdie bedreigings in die gesig nie.

Vir die Kataloniërs is die ekonomiese kwessie reeds genoeg rede vir hul onafhanklikheid van ‘n sentrale staat wat nie hul belange bevorder nie. Afrikaners is oor die algemeen te verdraagsaam ter wille van hul dag tot dag oorlewing. Waar 1 uit 7 Kataloniërs openlik sal betoog vir hul vryheid, kan ons maar net spekuleer hoeveel Afrikaners tans die moeite sal doen om op te daag vir ’n openbare demonstrasie ten gunste van ’n onafhanklike Afrikaner Republiek wat strek van Orania tot die Weskus.

Om vry te wees is ons onmiddellike verantwoordelikhede om doelgerig in te klim om ons mense in te lig van ons ideaal en terselfdertyd ekonomiese ontwikkeling binne die aangewese volkstaat-gebied te versnel sodat meer Afrikaners hier kan hervestig.

Sien http://www.vryafrikaner.za.org vir meer inligting.

13 thoughts on “1.5 MILJOEN betoog vir vryheid!

  1. Ironies, terwyl daar gepoog word vir ‘n eenvormige Europa, word daar al hoe meer wegbreek geluide gehoor. Nie noodwendig nuwe ongelukkiges nie maar oues wat al hoe sterker na vore tree! Ons moet eensgesindheid met hulle toon, sulke vriende kan vorentoe van nut wees.

    1. Anthony, as ons nie saam gestaan het nie, dan het Orania nie nou bestaan nie!

      Re die geskilpunte: Eerder ‘n lewendige debat soos nou as ‘n blinde navolging van een of ander eenoog!

      Sonder behoorlke debatvoering, soos nou, en met blinde vertroue in ‘leiers’ wat glo weet wat hulle doen, kry ‘n mens debakels soos die Nuwe Suid Afrika.

      Daar sal nog rond en bont gepraat word totdat Orania onteenseglik as die enigste oplossing bewys is. Kom ons werk harder om daardie punt gouer te bereik.

      1. Anthony Schlemmer

        Nee jy is reg Ben, maar ons almal sal erken dat Orania nog piepklein is. Ek glo nie ons sal eers ‘n paar duisend Afrikaners bymekaarkry vir ‘n vryheids optog nie. Kyk net wat doen die Kataloniers ! Indrukwekkend !

        Nieteenstaande vertrou en glo ek in Afrikaner selfbeskikking, tot die einde van my dae !

      2. Katalonië is natuurlik ouer as Spanje self. Hulle wil maar net herwin, ons wil bekom!

        ‘n Afrikanertuisland, hoewel die begrip, uit die ‘hoogte’ toegepas op andere, goed deur ons verstaan word, is dit vir baie nog moelik om die skoen nou aan die ander voet te voel.

        Anthony, ek dink dat die idee nou begin insink. Klein is Orania nog wel maar hy raak geleidelik al hoe dieper ingeprent in al hoe meer Afrikaner gemoedere. Dit is tog die enigste oplossing.

  2. You have just one problem Ben, and that is at this very moment serious talk is taking place among the citizens of the Western Cape Province who want total independence from South Africa. The only problem which is worrying is that people are asking, ”Can we survive economically without the mines?” Orania should become part of this movement, and as it has also been suggested that the Western ”Cape of Good Hope Republic” adopt the Swiss Canton System with Cape Town as capital city and a ”Free City” in much the same way Danzig(Gdansk.Poland) was. The Khoi and Coloreds should have there own Cantons, with Whites united or divided into English and Afrikaans Cantons, each Canton having its own President elect. Therefore the President of the Cape of Good Hope Republic will have to be elected by the people themselves.Parliament will still be held as per usual where problems can be presented and discussed with agreement being reached by all Cantons reprersented, which everyone will have to adhere to. There will only be 3 official languages namely English, Afrikaans, and Xhosa, which will cut down the number of official languages, with all the costs that are presently involved.Of course Orania will have its own Canton and President. What needs to happen is a ”Referendum” should be called for and once granting the residents be able to vote for or against, in much the same way ”Quebec” conducted it affairs in this regard.We cannot continue along the route we are noe travelling, because it is building up to a National Disaster to put it lighthly”.May God Help and Guide Us”.

  3. In hierdie artikel lees ons hoe ‘n volk wat reeds hul eie outonome provinsie het, opstaan vir soewereine onafhanklikheid.

    Hierdie Cape of Good Hope Republic propaganda word deur mense gedryf wat nie deel van ‘n volk is nie. Hulle bepleit ‘n mengelmoes van outonome gemeenskappe wat geen historiese of kulturele bande met mekaar het nie. Die twee groepe wat minstens ‘n taal band deel is die Afrikaner en die Kleurlinge.

    Geen republikeinse Afrikaner sal tevrede wees met ‘n konton binne ‘n Engelse republiek terwyl ons doelwit juis ons eie soewerein onafhanklike Afrikaner Republiek is nie. Die feit is dat die Cape Independence Party minder lede of steun het as die Orania Beweging en nou wil hulle he ons moet ons ideaal en doelwitte verander net sodat ons nie in hul pad staan nie.

    Hoekom onsself in ‘n outonome gebied binne hierdie Cape of Good Hope Republic van die Engelse, Kleurlinge en Xhosas vestig en dan een of twee generasies later, nes die Kataloniers vandag, weer moet opstaan vir ons vryheid?

    Nee wat Andre Martinaglia, as jy nie eens jou idee vir ons in ons eie taal kan verduidelik nie, hoe kan jy van ons verwag om deel van jou strewe te word?

    Oja, en terloops – Quebec het g’n referendum oor onafhanklikheid gehad nie. Jy dink seker aan Suid-Sudan…

    1. As daar ‘n groepie is wat net soveel nonsens as OASE praat dan is dit die ‘Cape Independance Party’.

      Soos jy sê Quintin, as hy ons nie eens in Afrikaans kan benader nie, sê dit al klaar alles van hierdie ‘last outposter’.

      Gaan vertel jou stories vir die Botox Blond ou.

  4. Die ANC regime sien die Cape of Good Hope Republic groep, Orania groep, Oase en enige and regse blanke groepe in dieselfde lig: Irriterende pestilensies, iets soos muskiete. Ons moet egter ‘n muskiet wees wat hulle serebrale malaria gee.

  5. Jaco

    Afrikaners aanvaar te maklik die gevolgtrekkings van ander tov hulleself.

    Ons kan saamstaan. Die Britte het ons, sodat hulle ons kan befoeter, laat verstaan ons kan nie saam staan nie. Onse liewe Slim Jannie Smuts het dit die meeste verkondig omdat hy eerder ‘n hoer-Engelsman wil wees as ‘n ware-Afrikaner. Dit is ‘n belaglike aanvaarding dat die Britte reg is oor ons saamstaan of nie.

    Ons is ook nie ‘n toi-toi nasie nie. As ons saamstaan loop ons nie soos ‘n klomp skape in ‘n massa saamtrek en skreeu soos ons by atletiek geleer is nie. Nee, ons saam staan is in aksie.

    Wanneer die ware leiers eendag opstaan sal ons in aksie saam staan.

    Om soos die Katalane ‘n sametrek te hou asof hulle oppad is na nog ‘n sokker wedstryd is sinneloos. Ons het darem meer karakter as dit. Of hoe?

    Gee vir ons ‘n ware aksie om in saam te staan en nie die sinnelose banier swaaiende gespuis gevulde windlawaaierige skreeu in die wind nie.

    1. Anthony Schlemmer

      Jaco, dit is waar dat Afrikaners nie ‘n kultuur van optogte hou, het nie.

      Vir my persoonlik, maak dit nie die Kataloniers se optogte, minder indrukwekkend nie !

      Tot en met vandag 4 / 10 / 2012, kon Afrikaners nog nie werklik saamstaan nie. Daarom het ons ons onafhanklikheid verloor ! Hulle kon miskien vir kort tydperke, maar daar is maar altyd ‘n element van dwarstrekkery.

      Saam staan in aksie ? Watter aksie?

      Die harde werklikheid is dat die enigste saamstaan aksie was grootskaalse emmigrasie !

      Op die oomblik is daar ‘n relatief klein groepie Afrikaners wat onafhanklikheid nastreef en saamstaan. (EK IS EEN VAN HULLE). Dit is onbetwistelik waar. Ons almal is bewus van die baie redes daarvoor. Die pers se beheer van opinie ens, ens,ens.

      Ek glo en vertrou die huidige manier waar Afrikaners onderdruk word in hierdie land, sal ons SAAMSTAAN en strewe na onafhanklikheid drasties bespoedig !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s