Vry Afrikaner kom Pretoria toe!

Vry Afrikaner is ‘n onafhanklike vryheidsbeweging wat betrokke is by die herstel van Afrikaners se vryheid in ‘n eie demokratiese Republiek, waarvan die grootte in lyn is met ons getalle en die ligging in verhouding is met die demografiese realiteit van suidelike Afrika.

Ons maak daagliks werk daarvan om ‘n ekonomie van skaal in die aangewese volkstaat-gebied te vestig sodat ‘n vry Afrikaner Republiek lewensvatbaar kan ontwikkel. Ons mediakantoor bevorder die vryheidsideaal en stel verskeie rolspelers se idees en oplossings i.v.m. volkstaat ontwikkeling bloot aan ‘n groeiende gehoor vryheidsgesinde Afrikaners.

Ons wil vry wees om ons eie ekonomie te bestuur, ons eie onderwys te bepaal en ons eie mense, taal en kultuur te bemagtig. Gevolglik bepleit ons regverdigheid in terme van die internasionaal erkende reg dat alle volke op aarde hulself mag regeer. Artikel 235 in die Suid-Afrikaanse grondwet maak ook voorsiening vir territoriale selfbeskikking, dus volg ons ‘n wettige roete wat lei tot vrede, voorspoed en vryheid vir almal wat bereid is om op te staan en ‘n verskil te maak.

Vry Afrikaner se hoofkantoor is in Orania geleë en ons skep strukture en handelsnetwerke in alle gebiede waar Afrikaners in groot getalle voorkom. Ons hou op Vrydag 28 September ‘n gesellige vergadering in Pretoria – almal wat belangstel in die vryheidsideaal is welkom om by te woon.

Saterdag 29 September slaan ons tent op by die Pretoria Boeremark (Pioniers Museum) om vir Pretorianers ‘n geleentheid te bied om vanaf 05:30 tot 10:00 kraakvars produkte van Orania te kom koop. Ons het ten doel om ‘n tent by elke boeremark en kunstefees regoor suidelike Afrika te hê en sodoende ’n sterk uitvoer diens te skep vir Orania gebaseerde besighede. Hierdie inisiatief bevorder werkskepping in die volkstaat, wat dit vir meer Afrikaners moontlik maak om te hervestig.

As jy die Vry Afrikaner vergadering te Pretoria op Vrydag 28 September wil bywoon, stuur dan asb. ’n e-pos vir Quintin na kontak@vryafrikaner.za.org vir meer inligting. Beperkte plek beskikbaar, so kontak ons asb. vandag nog!

Ons sien uit om julle te ontmoet!

6 gedagtes oor “Vry Afrikaner kom Pretoria toe!

  1. Tiaan

    Wens daar wil meer volksgenote die insig ontwikkel om dit wat in paragraaf een staan te respekteer om sodoende op daardie beginsel die VRYE toekoms te bou! Dit sal seker ook op die regte tyd gebeur weet net nie hoeveel tyd daar nog is nie. Sterkte met die toer!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s