Instellings en inspraak: hoe kan ons die Orania-model verbeter?

Alle gemeenskappe in die wêreld beskik oor instellings soos o.a. skole, kerke, besighede, kulturele verenigings, hospitale, sportklubs en welsynorganisasies wat aan mense se diverse behoeftes voorsien.

’n Gemeenskap se identiteit word in byna alle gevalle deur sy instellings uitgebeeld. Instellings is dus nie net noodsaaklik vir die funksionering van ’n gemeenskap nie, maar skep ook ruimtes waarin die gemeenskap se kultuur kan oorleef en ontwikkel.

’n Gesonde gemeenskap word geken aan die bestendige bestuur van sy instellings. Hoe beter die instellings bestuur word, hoe hoër is die moraal van die gemeenskap. In Westerse kulture respekteer en vertrou die mense hul leiers as daar doeltreffend, regverdig en demokraties regeer word. Wanneer die mense d.m.v. ’n demokratiese proses kan besluit wie op meriete die beste in staat is om hul gemeenskap en openbare instellings te bestuur, dan beskik hulle oor die eerste van twee pilare waarop vryheid staan.

Die tweede pilaar van vryheid is mag. ’n Gemeenskap is vry wanneer hy die mag het om ’n besluit te neem en daardie besluit dan uit te voer. Volgens die beskaafde Westerse norm kan mag slegs deur ’n demokratiese proses bekom word en kan dit net vir ’n voorafbepaalde tydperk aan ’n sekere persoon of groep toevertrou word.

Demokrasie het duisende jare gelede uit homogene gemeenskappe ontkiem. In konteks van ’n homogene gemeenskap kan demokrasie, of eerder volksdemokrasie, dus as ’n waghond vir vryheid beskou word.

In ’n multikulturele samelewing kan demokrasie ongelukkig ook gebruik word om ’n minderheidsgroep van sy vryheid en instellings te stroop. Die meerderheidsgroep se beheer oor alle openbare instellings word deur demokrasie geseël. Vir solank as wat die meerderheidsgroep die meerderheid is, het hy die vryheid om enige besluit te neem en beskik hy oor die mag om sy besluite op die minderheidsgroep af te dwing as dit moet. Hierdie vorm van demokrasie is ’n algemene verskynsel in Afrika en is die oorsaak van byna alle bloedige post-koloniale burgeroorloë.

Wat demokrasie in Suid-Afrika aanbetref, sal die swartmeerderheid, ongeag van partyverband, die mag hê om o.a. regeringsbeleid te bepaal,  die grondwet te wysig, te besluit watter onderwysstelsel gevolg moet word, die regbank te beïnvloed, plek- en straatname te verander, openbare vakansiedae van hul keuse te vier, grondhervorming toe te pas, die ekonomie droog te melk en selfs die weermag en polisie te gebruik om hulle aan bewind te hou vir solank hulle die meerderheid is. Meriete speel min tot geen rol nie en daar word toenemend van minderheidsgroepe verwag om hul behoeftes en identiteit in lyn te bring met die meerderheid s’n, of om te emigreer as hulle dan nie wil integreer nie.

Indien ’n minderheid sy kultuur en belange binne so ’n stelsel wil bevorder moet hy homself beroep op privaat instellings wat slegs toeganklik is vir diegene wat dit kan bekostig. Die welvarende gedeelte van die minderheidsgroep koop dus tydelike mag om hul privaat instellings te beheer. Aangesien die meerderheid steeds oor die mag beskik om daardie privaat instellings tot niet te maak of te infiltreer en dan te verander soos hulle wil, is nie eens die welvarendste gedeelte van ’n minderheidsgroep werklik vry in hierdie stelsel nie.

Daarteenoor staan die meer edele volksdemokrasie wat deur ’n homogene groep in sy eie gebied beoefen word. Die Tswanas in hul vooruitstrewende volkstaat, nl. Botswana, is ’n toepaslike bewys dat volksdemokrasie ook in Afrika kan werk. Die oorgrote meerderheid van Botswana se bevolking bestaan uit Tswanas, byna alle arbeid word deur Tswanas verrig en alle besluite word deur Tswanas geneem en uitgevoer in belang van die Tswanavolk en sy staat.

As gevolg van die feit dat Orania se gemeenskap slegs van Afrikaner arbeid gebruik maak, is Afrikaners die meerderheidsgroep in daardie gebied. Daar het ons reeds die vryheid om sekere besluite te neem en die mag om daardie besluite uit te voer in belang van ons gemeenskap – en dis veel meer vryheid as wat Afrikaners in bv. Pretoria of selfs Kaapstad het, waar ons mense magteloos is om al die straatnaamveranderings, misdaad en wanbestuur hok te slaan, ongeag wie regeer.

Ongelukkig loop die gebiede wat die groter Orania uitmaak wel die gevaar om op ’n nie-volksdemokratiese wyse bestuur te word.

Tans is die aandeleblokmaatskappy-struktuur ongelukkig die enigste wettige stelsel wat ons kan gebruik om beheer oor ons eie instellings binne die groter Orania-gebied uit te oefen. Dis nie ideaal nie, maar die belange en kultuur van die gemeenskap word ten minste daadwerklik bevorder.

Elke gebied waaruit die groter Orania bestaan word deur aandeleblokmaatskappye besit. Die persoon of persone wat die meeste aandele (eiendomme) in ’n bepaalde aandeleblokmaatskappy besit, kan maklik ’n blokstem vorm. ’n Persoon wat nie ’n eiendom in ’n sekere aandeleblokmaatskappy besit nie, maar wel daar woon, het ongelukkig geen wettige inspraak in die bestuur van die gebied nie.

Soos Orania groei verhuis baie Afrikaners hierheen. Verwag maar nog duisende meer. Baie van ons mense kan eenvoudig nie die hoë eiendomspryse bekostig nie, wat beteken dat hulle nie inspraak op die funksionering of bestuur van die gebied gaan hê nie. Moet ook nie eiendomspryse verlaag nie, want dit gaan teen die vryemark beginsel van vraag en aanbod. Die kwessie van inspraak, of die gebrek daarvan, sal mettertyd wel ’n groot probleem word as ons nie ’n wedersyds voordelige oplossing kan vind nie. As alle volksgenote nie inspraak op die hoogste vlak het nie, is dit nie volksdemokraties nie – punt.

Ten spyte van beperkte hulpbronne word Orania se instellings, veral Orania Dorpsraad, by die jaar sterker. Besighede groei, skole brei uit, sportklubs is kompeterend, kerke is gesond en welsynorganisasies lewer ’n groot bydrae om maatskaplike uitdagings te oorbrug. Dit alles is nie net te danke aan die aandeelhouers en Dorpsraad nie, maar die gemeenskap se kollektiewe wil om besluite in belang van die mense te neem en dit dan uit te voer.

Ingevolge die Wet op die Beheer van Aandeleblokke het net aandeelhouers stemreg en kan slegs aandeelhouers op die direksie dien. In konteks van die Orania-model word direksielede verkies deur aandeelhouers en die een wat die meeste aandele het, het natuurlik wettiglik die meeste stem. Dis m.a.w. nie ’n een-man-een-stem demokrasie nie.

Die verkose direksielede is verantwoordelik om strategie te bepaal, wat dan deur Orania Dorpsraad se aangestelde amptenare uitgevoer moet word. Orania Dorpsraad se amptenary het gewis baie invloed. Nog die direksie, nog die amptenare waaroor hulle toesig moet hou word d.m.v. ’n volksdemokratiese proses verkies. Dit is natuurlik totaal en al wettig en laat daar geen twyfel wees dat Dorpsraad se amptenare hulself uitstekend van hul taak kwyt nie. Dienslewering is, in een woord opgesom, puik.

Gelukkig is die vraag nie of Orania se instellings puik bestuur word of nie, eerder is die huidige stelsel werklik die beste model?

Daar sal altyd ’n onderliggende gebrek aan respek vir gesag wees wanneer die gemeenskap in geheel nie inspraak het op die wyse waarop die gesagstruktuur gevorm word nie.

Hierbenewens is ek, ’n aandeelhouer, van mening dat dit wys sal wees om ’n groot aantal klein en uiters bekostigbare erwe (aandele) beskikbaar te stel aan inwoners wat tans nie aandeelhouers is nie, langer as ’n bepaalde tydperk in Orania woon en kan bewys dat hulle ’n inkomste onder ’n sekere bedrag verdien. Hierdie erwe moenie groter as 50 m² wees nie en kan hoofsaaklik gebruik word vir groente- en vrugteverbouing soos in Havana, Kuba, om voedselsekerheid en groter selfvoorsiening, selfwerksaamheid en selfstandigheid te bewerkstellig.

Dit skep ook ’n addisionele inkomstebron vir die einste Oraniërs wat daardie ekstra geldjie wat verdien word uit die verkope van vrugte en groente juis die nodigste het. Sodoende sal almal wat deel van die groter Orania is, ongeag van finansiële welstand, ook ’n aandeel in die groter Orania kan besit en ’n stem op die hoogste vlak kan hê tot ons ons vryheid in ’n eie volksdemokratiese republiek herstel het en by implikasie nie meer van die aandeleblokmaatskappy-stelsel gebruik hoef te maak nie.

Indien dit te vêrgesog is, is die enigste alternatief dat die direksies en amptenare van die aandelebokmaatskappye onder die toesig en gesag van ’n suiwer demokraties verkose burgerraad moet funksioneer. Alle mondige inwoners sal aan so ’n een-man-een-stem verkiesing kan deelneem en sodoende die groter Orania-gebied se hoogste gesag demokraties verkies.

Die hoekstene van volksdemokrasie en republikanisme is immers die gemeenskap (res publica) se reg om te besluit wie op meriete die beste in staat is om te sorg dat munisipale- asook staatsfunksies in belang van die hele gemeenskap uitgevoer word en dat daardie leiers net vir ’n voorafbepaalde tydperk oor die mag kan beskik.

Orania en sy groeiende grondgebied is ‘n helder baken vir Afrikanervryheid. Almal wat deel daarvan wil wees moet op gelyke voet saam die pad na ons Afrikaner Republiek kan stap. Moet nooit uit die oog verloor dat volksdemokrasie ’n reg is waarvoor ons voorvaders gewerk, getrek, gesweet, gebloei en gesterwe het nie. Daarsonder is volksvryheid onhaalbaar.

Laat ons altyd met volwassenheid en wedersydse respek werk aan oplossings wat in ons almal se beste belang is. Voorwaarts Orania!

48 thoughts on “Instellings en inspraak: hoe kan ons die Orania-model verbeter?

  1. Anthony Schlemmer

    Man, dit was nou ‘n interesante artikel vir my.

    Volksdemokrasie is ononderhandelbaar vir ons as Afrikaners in die volkstaat. Die huidige Aandeleblokskema op Orania werk goed genoeg vir die gebied om vooruit te gaan, in die kort termyn.

    Wanneer die gebied en Afrikaner getalle drasties vermeerder, sal daar meer gekyk moet word na ‘n formule waar elke inwoner ‘n stem het.

    Intussen is dit baie belangrik om nou al gesprekvoering oor die onderwerp aan die gang te kry, soos wat hier gedoen was.

    1. Ek stem glad nie saam nie Anthony. Jy kan ʼn gebied so groot soos Frankryk kan deur ʼn paar honderd aandeleblokskemas bestuur sonder dat ʼn regering daar gestel word. Moet asseblief nie die demokratiese pil sluk nie. Hou ingedagte dat een persoon dalk meer stemreg het as ʼn ander maar gelyktydig moet hy belasting(levies) moet betaal in vergelyking daarmee. Sodra jy van hierdie beginsel weg beweeg kan ek stem hoeveel belasting jy wat Anthony is, betaal plus hoe dit verdeel gaan word. Daar is absoluut niks regverdig omtrent dit nie. Ek hou meer van Quintin se idee om stemreg uit te brei deur bekostigbare (gesubsidieerde) behuising – Die kan op die grondslag van meriete en prestasie toegeken word deur vrywillige welsyn (Helpsaam fonds). Dit verseker die konsep van klasieke republikanisme binne ʼn bykans anargo-kapitalistiese stelsel (suiwer privaat eiendoms reëling). Die huidige ekonomiese model is gebaseer op die Mondragon stelsel en die verskuiwing na ʼn Volksdemokrasie het die verdere uitwerking dat ʼn nuwe ekonomiese model gekies sal moet word.

  2. Ek gee jou ʼn brief met ʼn seel dat sodra die nuwe ekonomiese model gekies gaan word gaan dit ʼn gemengde stelsel wees, soen vryheid totsiens. Ek wil nog self die konsep van Mondragon op my blog aanvat, nie soseer omdat ek nie van die model hou nie, maar omdat ek iets omtrent die definiëring daarvan wil aanvat en ek sal grootliks op Sebastiaan se werk steun om my punt te bewys. Die aandeleblokskema verseker ook ʼn kontraktuele gemeenskap, niemand hoef dus ʼn sosiale kontrak te aanvaar nie ( jy teken hom letterlik as jy grond koop) so basta met outydse konserwatiewes ook. Jy kan selfs lokalisme binne jou volkstaatsgebied hê – Nog meer vryheid ( ʼn masjiengeweer in elke man se kas) en nog steeds geen nut of doel vir ʼn sentrale regering nie – soos ons voortrekker voorvaders – Volskaalse Volksvryheid teen die hele wêreld vry.

    1. “Alle mondige inwoners sal aan so ’n een-man-een-stem verkiesing kan deelneem en sodoende die groter Orania-gebied se hoogste gesag demokraties verkies.”
      Nee, die grootste gesag lê lokaal. Die groter Orania-gebied benodig slegs ‘n ko-ordineringsliggaam, saamgestel uit disriksverteenwoordigers, of om ‘n mooi ou Afrikaanse terme te gebruik, Volksraadslede.

      ‘n Sentrale liggaam moet dus bloot ‘n ko-ordineringsorgaan tussen lokale beheerliggame wees. Distrikte, elk onder eie plaaslike beheer, moet wel genoeg in gemeen hê, soos taal, godsdiens (in die breë),’n genetiese verwantskap, ens. om met aangrensende distrikte, waar nodig, sinvol te kan saamwerk.

      In die detailverskille, se voor en nadele, kan daar later in diepte op ingegaan word. Wat op die stadium benodig word is inisiatiewe, met genoeg in gemeen met die Orania Beweging maar ook met ‘n eie identiteit, om in die beoogde tuislandgebied, met soortgelyke projekte as die van die O.B. te begin. Hopenlik is die De Goede Hoop Trust die begin van so ‘n projek.

      Die verkryging van politieke beheer, soos byvoorbeeld ‘n moontlike oorname van beheer oor die Thembilihle munisipaliteit, is ‘n stap vorentoe, maar dit bly (voorlopig) nog steeds ‘n gedeelde gebied. Grondaankope as oplossing, ala die aandeleblokskema is dus op die stadium die geskikste om homogeniteit mee te berwerkstellig. Dit bied ook die grootste vrywaring van inmenging deur die RSA-regering aan.

      Terwille van die versterking van ‘n toekomstige aanspraak op die deel van die Noordkaap as Afrikanertuiste sal soveel as moontlike Afrikaner-groepe met hul eie benaderings, hulle hier moet begin tuismaak. Om sulke groepe hiertoe te motiveer is waarin ons uitdaging lê.

      Lewenskragtige groei sal hiertoe die groot oortuiger wees! Politieke gesprekke voer ons deesdae op gesofistikeerde vlakke maar die tasbare werklikhede sal die laaste sê hê.

  3. Oom Ben, Jy het dit soos altyd. Ek wil wel iets omtrent die toekoms byvoeg, ver toekoms. Gestel ʼn groep Blourokkiekerk gekruis met een of ander Israel-visie sekte wil hulle in die voorgestelde gebied vestig (met eie arbeid) + iewers anders ʼn groepie slegs Afrikaners daggarokende hippies op ʼn ander (met eie arbeid), beide kan met lokalisme hulself regeer ( ek gebruik aspris ekstremistiese voorbeelde) sê die een groep vorm ʼn tipe teokrasie die ander dalk ʼn direkte-demokrasie of kies ʼn koning. Die tipe kontrak wat hulle dan aangaan met die groter gedagte sal totaal verskil, die punt van ʼn kontraktuele gemeenskap op grond van eiendomsreg staan. Soos wat sukses behaal word gaan vrae en jaloesie ontstaan. Ek wil volg met ʼn antwoord op hoe ek dink dit hanteer moet word en ek sal graag wil hoor of oom saamstem.

    1. Ebert

      Interessant kanwilsal.

      Persoonlik is ek ‘n voorstaander van die federale gedagte soos deur Ben uitgedruk.

      Die beste voorbeeld is Switserland, wat uit 26 kantons bestaan en waarin elke kanton self sy federale verteenwoordigers aanwys (op die wyse waarop die kanton self besluit) vir die federale parlement.

      Hierdie metode van regering is die beste vorm van subsidiariteit en dit is ook geen verrassing nie dat Switserland die voorste land in die wêreld is op die lyste wat die Wêreld Ekenomiese Forum jaarliks uitbring vir vindingrykheid, lewenspeil en welstand.

  4. Willie

    al probleem wat ek ondervind is dit ,as dit op winsbejag gaan bly ons Afrikaners agter en net sekere mense is weer bevoorreg en dan is ons in die selfde situasie as wat ons op die oomblik in die groter souf efrica is ,ons was uitgebyt deur ons eie mense oor winsbejag ons was uit geskop in die werksmag deur ons eie mense net om kontrakte te kry is ons vervang met swartmag ons het dit aan ons eie mense gedoen >>> Hoe stop ons hierdie ewel en help ons eie mense en hef ons eie mense weer op ekonomies en geestelik >>>> Kom laat ons begin by die regte plek >los hierdie winsbejag en help mekaar soos dit moet

  5. Eerder as om op daardie toekomstige punt te probeer om eensydig onafhanklikheid te verklaar en die res van die land amper vyandig agter te laat – Wat van om die konsep van lokalisme uit te brei na die res? Dit is wel werkbaar (dalk bietjie minder) in multikulturele dorpe en stede, dit los die oorblywinde Afrikaners met meer opsies, help om vriende te behou onder ander volke, trek ʼn streep deur die historiese republiek sonder die geweld faktor. Filosofies is dit anargisme in praktyk is dit direkte-demokrasie in die meeste gevalle ( jy sal lokale kommunistiese sindikalisme, teokrasieë en ander vorms kry). ʼn Gesonde Suidelike Afrika is gesonde afsetgebiede vir produkte en om by aankope te doen, sonder om op die uitgediende imperialistiese konsep terug te val van gemilitariseerde kordonne vir selfverdediging en staatsweermagte wat die ekonomie lam lê lank voordat die konsep ʼn kans gestaan het om homself te bewys. Die volkstaat uitbreiding sal ietwat minder groei in die presiese boksie plan en eerder swewende grense hê, maar dan sal dit nie beperk kan word nie – vir ʼn duisend redes. Ek het nou biejie van die onderwerp afgedwaal, jammer daarvoor.

    1. Nee Jacques, Ek neem aan jy praat met my. Ek is ʼn soewereine individu propvol opinies en verteenwoordig nie Orania nie, net myself. Vrywillige welsyn beteken elkeen gee soos hy kan en wil soos Jesus ook beveel het, hy het jou nie opdrag gegee om ʼn pistool teen Anthony of Willie se kop te sit en te sê Betaal belasting of gaan tronk toe nie. Daar is niks moreel omtrent daai idee nie, die beeld dat verarmdes nie na omgesien kan word of welkom is, sonder ʼn almagtige staat nie is ʼn korrupte idee.

      1. Willem van As

        Daar is mense wat beweer dat Jesus kommunisme aangemoedig het. Toe het ek ‘n apologeet hoor sê dat Jesus mense aangemoedig het om hulle eie goed weg te gee terwyl kommunisme mense aanmoedig om ander se goed weg te gee.

  6. Enige vorm van demokrasie is niks anders as “Mobrule” nie.(Tipies sooos RSA nou het). Duidelik weet min mense wat die verkil is tussen ‘n republiek, tradisioneel wat ons Boere gehad het, en ‘n demokrasie.

    Dus:
    Demokrasie: ‘n Sisteem waar die bevolking as geheel die oppermag het en die groep se regte bokant die van die individue se God gegewe regte geag word.(In Engels is dit makliker: The people as a whole, rather than each human being, is sovereign)

    Republiek: ‘n Sisteem waar elke mens as persoon se Godgegewe regte gewaarborg word en die persoon as te ware die koning of prins is van sy eie besittings, regte ens, soos dit kinders van die lewende God betaam. (In Engels is dit makliker: Each human being is sovereign)

    Dus, dink mooi voor jy besluit watter stelsel die beste is.

    Persoonlik sal ek net ‘n volksraad ondersteun in ‘n ware republiek.

  7. Mike

    Baie interresante gesprek wat ek dink ook nodig geword het om nou al te begin bespreek sodat belangstellendes in selfbeskikking vir die afrikaner dit kan sien en ondersteun. Ek is maar ‘n leek op die gebied en ek lees hier met groot belangstelling. Ben ek stem heeltemal saam met wat jy sê, veral hierdie een “Politieke gesprekke voer ons deesdae op gesofistikeerde vlakke maar die tasbare werklikhede sal die laaste sê hê”

  8. Arnieann

    En weer is dit, soos dit vir my lyk, die persoon met die meeste geld het die grootste en meeste regte. Maak nie saak wat sy IK is nie. Maak nie nie saak wat sy politiek is nie. Maak nie saak wat hy oor Afrikaner Patriotisme voel nie.
    Bv; hy het die Orania hospitaal, of universiteit of wat dit ookal mag wees tot stand gebring.
    Nou het hierdie “Piet” vrypas verwerf om sy merk te laat, en te laat geld soos dit hom pas. Die “Plek”behoort aan hom.
    Die Afrikaner is by uitstek skuldig aan hierdie soort “Ek koop my magte” en doen dan dinge soos dit my pas.
    Orania kan maklik deur die “Liberales” uitgekoop word. Of die wolwe in skaap klere.
    En daarna is die opregte Afrikaner weer met minder as 30 silwerstukke verkwansel.
    Daar moet ‘n “Resep” in plek gestel word wat hierdie tipe oorname keer.
    Mense met die meeste “geldelikke” invloed, moet en mag nie meer seggenskap as die armste inwoner hê nie. Arm mense aan die anderkant kan weer omgekoop word deur die rykes om hulle te steun.
    Kry eers ‘n “Nuwe Regerings vorm” in plek.
    Demokrasie het te veel Regte wat die proses self laat sink. Mense het nie meer vertroue in die Demokrasie nie. Ons weet almal hoekom dit nie werk nie.
    Ek kan nie ‘n eier lê nie, maar weet wanneer hy vrot is.
    Orania sal met iets “Nuuts” moet kom.

    1. Ebert

      Orania het reeds iets “nuuts”. Dit is die balansering van mag tussen uitwoners (verteenwoordig deur die Orania Beweging), inwoners (verteenwoordig deur die Orania Verteenwoordigende Raad) en eiendomsbesitters (verteenwoordige deur Vluytjeskraal Aandeleblok of Dorpsraad soos hy bekend staan).

      Op Orania is dit nie die mense wat die meeste geld het wat ondersteun word nie, maar die mense wat sukses behaal en die dorp ‘n beter plek vir almal maak.

    2. “En weer is dit, soos dit vir my lyk” Arnieann, hierdie deel van jou sin sê als. Hou gerus dit in gedagte dat, hoe dinge lyk en hoe dinge is, baie selde iets in gemeen het.

      Ek hoop dat Ebert se antwoord, dié hoe dit is, duidelik maak. Aannames, gebaseer op hoe dit vir ‘n mens lyk, skep alte maklik wanpersepsies by te vele.

      1. Arnieann

        Soms is dit nodig om die bos met klippe te bestook om te sien wat alles daar uitpring.
        Nou weet baie meer mense as net ekself hoe Orania bestuur word.
        Die storie , soos julle self seker al gehoor het, is dat daar weer net ‘n paar “Fat Cats” in die hele storie is.
        Hierdie riem telegramme het ‘n efek op mense se vertroue, want vir te veel kere het ons Afrikaners al daardie spit moes afbyt.
        Sal nooit help om iets soos ‘n slegte leun te probeer dood ignoreer nie.
        Dankie vir hierdie antwoord.

    3. Is dit werklik so verkeerd as iemand die finansiële vermoë het om iets so diensbaar soos ‘n hospitaal of universiteit te laat rialiseer om nie insae daarin te hê nie.

      Ek glo nie die bestuur sal enige persoon wat nie in dieselfde juk rek toelaat om bv. ‘n Moslemuniversiteit in Orania te bou net omdat dit ‘n groot finansiële inspuiting in die dorp sal beteken nie.

      Dis tog deur die eeue heen die gebruik om uit dankbaarheid en respek so ‘n persoon te vereer deur byvoorbeeld die gebou na hom te vernoem.

      Ons geskiedenis is deurspek daarmee en vele dorpe en strate is na Afrikaners vernoem wat verantwoordelik was tot die totstandkoming daarvan of ‘n besonderse bydrae gelewer het in diens aan die volk.

      Moet mens altyd net die “sleg” in alles sien?

      Ek glo dat nie almal wat finansieël sterk staan noodwendig swendelaars en uitbuiters is nie, nog minder eersoekers en “diktators”…..

      1. Arnieann

        Dit is nou om my bedoelling so effe skeef te trek.
        Kom ek waarborg jou dit: Die moment wat Orania gaan groot spoed optel, sal jy sien hoeveel mense skielik die idee met groot geld en drif gaan ondersteun.
        Waar was hulle toe Orania in sy kinderskoene gestaan het???
        Toe was daar die spot daarmee gedryf. Arm Afrikaners het Orania oor baie jare met bloed sweet gebring tot waar hy vandag is.
        Ek wil slegs waarsku teen die “Inkoop veroweraars” Die manne met groot geld en invloed wat die plek kan kaap. Wat met gewetenloosheid en kamstige oordadige belangstelling en oorgawe skielik van sienswyse verander het.
        ‘n Suksesvolle onderneming bly ‘n suksesvolle onderneming.
        Orania is een van daardie Afrikaner sukses stories. Soos Volkskas, Sanlam en nog vele ander.
        Waar is hulle vandag???? Nie meer die Afrikar/Boer se eiendom nie nè.
        Ek waarsku slegs hierteen en het nie ‘n probleem met mense wat goeie bedoellings het nie.

  9. Ebert

    Hallo Quintin,

    Interessante artikel.

    Ek sou egter op twee feitefoute wys:

    1) Amptenare word nooit demokraties verkies of deur ‘n demokratiese proses aangewys nie. Amptenare moet altyd (en word altyd in die suksesvolste demokrasiëe) op grond van hul kundigheid (kwalifikasies en ervaring) aangewys. In die dae waarin Suid-Afrika sukses behaal het, is Direkteurs-Generaal van regeringsdepartemente slegs op meriete aangestel. Daar is dus ‘n verskil tussen die demokrasie van die oorsigliggaam (parlement) en die meritokrasie van die amptenary. Sonder hierdie skeiding, kry jy baantjies vir boeties en kaderontplooiing in die amptenary wat slegs tot korrupsie en wanprestasie bydra.

    2) Alle inwoners van Orania kom tydens die landswye plaaslike verkiesings saam om die lede van die Orania Verteenwoordigende Raad aan te wys. Hierdie liggaam word op ‘n een-mens-een-stem wyse aangewys deur alle inwoners van Orania en is dus ten volle demokraties. Omdat hierdie liggaam die enigste liggaam is wat met die regering namens Oraniërs kan onderhandel (volgens die mandaat van die hoogeregshofskikking wat in 2000 verkry is), is dit ook die hoogste gesagsliggaam van Orania. Terwyl die aktiwiteite van plaaslike dienslewering wel deur die Dorpsraad verrig word, doen die Dorpsraad dit op grond van ‘n mandaat/ooreenkoms wat hulle met die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) het. Indien dit sou gebeur dat die Dorpsraad byvoorbeeld onregverdig diskrimineer teen mense wat nie aandele besit nie, sal die OVR kan ingryp en selfs die mandaat wat hy aan die Dorpsraad gegee het, wysig of herroep. Dat die OVR ‘n lae profiel handhaaf, is te wyte aan 3 dinge (a) Die Dorpsraad kom sy pligte teenoor almal na, (b) daar is nog nie werklik ‘n geleentheid vir onderhandeling met die regering nie en (c) die OVR word slegs een keer elke 5 jaar aangewys, terwyl die Dorpsraad jaarliks hersaamgestel word.

    Orania se regering voldoen dus reeds aan die beginsels van ‘n volwaardige volksdemokrasie.

    Dit is egter nie die eerste keer dat hierdie saak bespreek word nie. Dit was immers iets wat jaarliks kop uitgesteek het wanneer die Dorpsraad hersaamgestel word, en dit is belangrik dat ons voortdurend soek na beter wyses waarop dinge gedoen kan word.

    Die kwessie van grondwetlike ontwikkeling is verder iets wat nooit werklik afgehandel word nie. Tog werk die huidige bestel goed en is dit nie nodig om aan iets te verander wat werk nie. In hierdie opsig verwag ek eers grootskaalse verandering wanneer Orania groot genoeg is om op outonomie aan te dring en soos Suid-Tirool self sy eie inkomstebelasting sal kan invorder. Op daardie stadium sal die struktuur herskryf moet word om aan die nuwe magte uitvoering te kan gee.

    1. Dankie Ebert. Ek dink jou eerste punt verwys na my stelling:

      “Nog die direksie, nog die amptenare waaroor hulle toesig moet hou word d.m.v. ’n volksdemokratiese proses verkies.”

      Natuurlik word amptenare aangestel, nie verkies nie. Toe ek weer die sin lees, besef ek die dubbele betekenis daarvan… ek moes dit eerder so gestel het:

      “‘n Volksdemokratiese proses word nie gevolg om die direksie te verkies nie, wat kan lei tot ‘n gebrek aan aanvaarding van die amptenary se gesag omrede die hele gemeenskap nie inspraak het in die wyse waarop die gesagstruktuur gevorm word nie.”

      Ons stelsel herinner my bietjie aan die dae toe die VOC nog oor die Kaap regeer het. Afrikaners het dit eers gelate aanvaar maar het wel later toenemend in opstand gekom teen De Compagnie (maatskappy) se gesag omdat hulle geen wettige inspraak gehad het in die Here Zeventien (direksie) se besluite en hoe hierdie besluite deur die goewerneur en sy personeel (amptenary) uitgevoer was nie. Die probleem met hierdie stelsel was dat die VOC se direksie ongelukkig nie altyd besluite in belang van die gemeenskap geneem het nie, of die amptenary het dinge agter die direksie se rue gedoen – en dit het gelei tot ontevredenheid en onrus. Maak my punt nou meer sin?

      Wat die OVR aanbetref is jy 100% reg. Daar bestaan ‘n volksdemokraties verkose liggaam wat in teorie die hoogste gesag van Orania is. Almal weet seker ook dat bo en behalwe die sewe OVR lede wat verkies word, uitwoners ‘n agtste lid as uitwoner verteenwoordiger verkies, wat dit nog meer volksdemokraties maak.

      In praktyk sou ek egter graag wou sien dat die OVR meer betrokke is en nie bloot hul mandaat aan die maatskappy oorhandig nie. Hierdie ooreenkoms maak natuurlik baie sin en ek verstaan waarom dit in plek is. Wanneer ons praat van ‘n mandaat wat deur die hooggeregshof verkry is, dan het die OVR eintlik ‘n plig om ten minste een maal per maand ‘n gemeenskapsvergadering te hou waar alle inwoners en uitwoners welkom is om hul idees, opinies en griewe te deel. Sou daar in ‘n spesifieke geval meriete wees om die amptenary tot orde te roep, dan kan die OVR dit met die direksie opneem en die saak regstel. Sou daar ‘n vindingryke nuwe inisiatief vanuit die gemeenskap kom, dan kan die OVR dit op die direksie se tafel sit en toesien dat die amptenary dit uitvoer.

      Ongelukkig is dit so dat die OVR as liggaam tans min tot geen direkte kontak met die gemeenskap het nie. Dit sal my verbaas as die meerderheid van die mense wat op die kiesersrol is vir my kan se wie ons 7 + 1 verkose OVR lede is.

      Hierdie is ‘n aanknopingspunt vir ‘n gesprek rondom inspraak en instellings sovêr dit die Orania-model aangaan en hoe ons dit kan verbeter. Kreatiwiteit is die sleutelwoord hier – ons kan nie bekostig om ooit weer terug te val op die ou Suid-Afrika denke van “moenie vir jouself dink nie meneer – val net in, die Nasionale Party sal jou nie in die steek laat nie”.

      Ek is trots op die uitstekende werk wat Orania Dorpsraad se amptenare verrig. Orania is in baie opsigte reeds ‘n modeldorp – daaroor het ek geen twyfel nie. Ek sien egter ‘n probleem met ons stelsel wat reeds, soos jy ook hierbo erken het, al in die verlede kop uitgesteek het… Ons is vandag 1000 inwoners – dink net wat gaan gebeur as ons nie hierdie probleem gaan aanspreek nie en ons op ’n dag by 10 000 inwoners staan, waarvan die oorgrote meerderheid nie aandeelhouers is nie bloot omdat hulle dit nie kan bekostig nie, en ‘n instelling soos die OVR net aanhou om sy mandaat aan Orania Dorpsraad se direksie en amptenary oor te laat.

      Myns insiens het ons twee oplossings wat ons terselfdertyd kan implementeer:

      1. Dorspraad loods so spoedig moontlik ‘n toetsprojek deur twee hektaar besproeiingsgrond/landbouhoewe te omskep in 50 m2 aandeelblokke, vir niks meer as 5 000 ora elk nie, wat uitsluitlik vir lae arbeidsintensiewe groente- en vrugteverbouing met winsoogmerk gebruik mag word. Hier staan tans so ’n hoewe, met waterregte, leeg op Orania! Die OSK verskaf finansiering (lae risiko) en slegs inwoners wat onder 5 000 ora per maand verdien en langer as 12 maande op Orania woon kwalifiseer. ‘n Verdere voorwaarde is dat die styging in waarde van hierdie aandeleblokke deur die inflasiekoers bepaal word en die aandeelhouers m.a.w. dit nie weer teen ‘n wins mag verkoop nie. ‘n Koöperasie (wat soos ‘n “Fruit & Veg City” lyk) koop die vrugte en groente aan en verkoop dit teen ‘n billike prys aan die publiek – surplus word uitgevoer. Die lae inkomste klas inwoner het nou ‘n realistiese geleentheid om ‘n aandeelhouer te word, sy inkomstebron te vergroot, selfwerksaamheid en selfstandigheid te bevorder PLUS die gemeenskap het vir ‘n slag ‘n ordentlike plaaslike onderneming wat dwars deur die jaar ’n groot verskeidenheid vars groente en vrugte op sy rakke het. Almal wen – selfs Dorpsraad want hy kan ’n titseltjie hoër heffinginkomste verdien op al die nuwe aandeleblokke as wat hy sou op ’n enkele groot hoewe.

      2. Die OVR hou maandeliks ‘n gemeenskapsvergadering. OVR lede begin dus bietjie doen waarvoor hulle verkies is. Dis nie te veel gevra nie.

      Vraag is of hierdie voorstelle sin maak en werkbaar is. Ander voorstelle is ook baie welkom!

      1. Dante' Strauch

        Hierdie is n baie interesante onderwerp wat nog bietjie kopkrap gaan verg. Ek sal persoonlik eerder jou tweede opsie ondersteun Quintin, al vergader hulle (OVR) net kwartaalliks, in my ondervinding is meeste mense nie lief vir vergaderings nie. Die idee om plotte aan mense te verkaf het vir my twee probleme, eerstens wat van nuwe mense wat deurentyd na Orania trek, daar kan tog nie vir ewig plotte aan nuwe mense gegee word nie? Tweedens om groente winsgewend te verbou is nie so maklik nie, dit verg kennis en kapitaal. Ek boer self met groente en realiseer maar omtrent R4 per m2 per jaar se wins. Dus op 50 m2 is dit maar R200 per jaar! Daar kan eerder een of twee gesinne wat werklik n belangstelling in boerdery gemotiveer word om op groter skaal groente te produseer.

      2. Dante, dankie vir jou bydrae. Ek weet nie presies wat al jou kostes is, hoeveel of hoe gereeld jy plant en hoe jy jou wins bepaal nie. R 4 pm2 wins klink egter baie min en sal gewis te min wees vir so ‘n projek om suksesvol te wees.

        Wat ek wel weet is dat die Orania Produsente Kooperasie tot en met die begin van die jaar heel goed gedoen het. Hulle het inwoners aangemoedig om groente en vrugte te plant, aan hulle te verkoop, wat hulle dan direk aan die mark verkoop het. Dit het misluk, nie omdat dit nie winsgewend was nie, eerder omdat produksie eenvoudig nie gerat was vir die aanvraag op Orania nie. Die skaal van produksie was net te klein en niemand het die inisiatief geneem om die perd weer op te saal nie.

        Bo en behalwe die behoefte om die jong werkendes en lae inkomste klas inwoners ‘n billike geleentheid te bied om ook aandeelhouers te word (en sodoende stemreg op alle vlakke te he), is daar net so ‘n groot behoefte vir vars groente en vrugte op Orania.

        Ek dink ‘n toetsprojek moet van stapel gestuur word sodat ons kan bepaal hoe winsgewend die idee op Orania gaan wees. Koste gaan baie laag wees. Die aankoop van saad, basiese gereedskap en die piepklein maandelikse paaiemente (indien ‘n lening by OSK aangegaan was) en Dorpsraad heffing (wat basies net ‘n water heffing hoef te wees) is al kostes waaraan ek kan dink. Omdat die produsente hul vrugte en groente direk aan die kooperasie verkoop, word die middelman uitgesny. Omrede die kooperasie op Orania is, word vervoerkoste basies ook uitgesny. Winsgrens sal dus baie groter wees as elders aangesien koste soveel laer gaan wees.

        Die grootste uitdaging is egter om die jong werkendes en lae inkomste klas inwoners, wat in meeste gevalle reeds werk, te motiveer om in hul vryetyd die moeite te doen om hul groentetuine in stand te hou, deurlopend te plant en te oes ens. Die kooperasie sal leiding hier moet neem omrede hy direk afhanklik van hul produktiwiteit gaan wees.

        Ouens soos jy, wie ervaring in hierdie bedryf het, se insette is uiters belangrik en ons sal jul kundigheid ook moet inspan om ‘n sukses hiervan te maak.

      3. Ebert

        Hallo Quintin,

        Ja, dit is belangrik dat die persepsie nie geskep moet word dat die amptenary gewild hoef te wees of vriende met die direksie moet wees om hul poste te kry nie. Die regstelling van jou oorspronklike bedoeling is goed.

        Jou kritiek teen die OVR (gebrek aan skakeling met die gemeenskap en toets van mandaat aan Dorpsraad) is geldig en iets wat aan die OVR gerig moet word sodat hulle daarvan werk kan maak. Dit is belangrik dat hulle kiesers hulle tot orde roep.

        Ek dink die rede vir die lae vlak van aktiwiteit is ‘n historiese gevolg van die feit dat baie OVR lede ook Direksielede was, en dus gelyktyding op beide stoele gesit het – wat ook sal verklaaar waarom die Direksie meer steun geniet en meer in voeling is met die gewone Oraniër as wat die Here Sewentien met hul Vryburgers was (wat duisende kilometers van hulle verwyder was.)

        Soos jy tereg sê, daar is altyd ruimte vir verbetering, en robuuste debat moet daardie geleenthede elke nou en dan ondersoek.

        Ek ondersteun die gedagte van uitgebreide eiendomsbesit, wat ook aan ons armer volksgenote die geleentheid bied om deel van die eiendomsbesittersklas op Orania te word, hoofsaaklik omdat dit lojaliteit en ekonomiese ontwikkeling stimuleer. Ek het my gedagtes hieroor op die Oraniablog uiteengesit soos wat Tom Theron noem. My skrywe is by hierdie skakel beskikbaar: http://www.oraniablog.co.za/ontwikkeling-beproefde-metodes-vir-radikale-resultate/

        Ek ondersteun dus jou gedagte in beginsel oor tuinbouerwe wat goodkoop beskikbaar gestel kan word (sulke erfies is algemene gebruik in Nederland, en Orania se GOP maak selfs vir sulke erwe voorsiening – in die vlei langs Kleingeluk as ek reg onthou.) Dante se vermaning oor die ekonomiese werklikhede van so ‘n bedryf moet egter ernstig oorweeg word. Ek het self in Orania gesukkel (en sukkel steeds in Tasmanië) om my eie groente te verbou en ek het op ‘n plaas grootgeword waar ons pampoene en waatlemoene op groot skaal verbou het! Dit is dus nie aldag ewe maklik nie, veral as jy nie elke dag by jou tuintjie uitkom nie, afhanklik van handtoerusting is en organies probeer verbou.

      4. Ek gaan nou jou artikel lees, dankie Ebert.

        Oom Dissie Kruger (vir die wat nie weet nie – hy boer al vir jare langs Orania) het vanjaar die dr. H.F. Verwoerd Gedenklesing uitstekend aangebied. Hy het gefokus op die Oranjerivierbesproeiingsprojek wat in dr. Verwoerd se tyd realiseer het. Hy het vir ons in diepte verduidelik hoe uiters noodsaaklik plaaslike produksie geword het en hoe hierdie noodsaaklikheid gaan toeneem na mate voedsel by die jaar skaarser gaan word.

        Die noodsaaklikheid vir ‘n gemeenskap om selfstandig en selfvoorsienend te wees was skaars ‘n maand na die Verwoerd Gedenklesing beklemtoom toe die trokbestuurders besluit het om te staak. Winkels se rakke het begin leeg staan, veral in plattelandse gemeenskappe. Die ironie van die saak is dat die dorpies wat langs die grootste plase gelee is, die swaarste gekry het terwyl hulle stapafstand van die landerye af is…

        Orania kan nie bekostig om van Suid-Afrika afhanklik te wees vir basiese voedselbronne nie. As ons die dag gaan honger ly a.g.v. stakings ens. dan is dit ons eie skuld. Hoe dit ook al sy, hoe vinniger ons ‘n stelsel van produktiewe groente en vrugte verbouing op die been kry wat eerstens aan die plaaslike mark verskaf voor ons kyk na uitvoere, hoe beter vir ons almal. Deur aandeelhouerstatus daaraan te koppel tref mens twee voels met een klip.

  10. Anthony Schlemmer

    Die huidige en toekomstige Orania modelle moet daarop gemik wees om die hervestiging van Afrikaners in die gebied maklik te maak, en self te trek !

    Dit is tog die Alfa en Omega, waaroor dit gaan. Sonder die grootskaalse hervestiging van Afrikaners bou ons lugkastele !

    Die huidige aandeleblok skema is die oplossing, in die kort termyn. Dit sal egter aangepas moet word om die arm Afrikaner te akkomideer. Ek het ‘n vermoede dit is die groep waaruit ons in die begin die meeste groei vanuit gaan ondervind.

    Eienaarskap van goedkoop eiendom moet absoluut beskikbaar gestel word op ‘n relatief groot skaal! Ouintin se eerste opsie van die toetsprojek is waarin denkrigtings moet beweeg.

    Die Orania model wat ons mense aanmoedig om te trek en geleenthede vir hulle help skep, is die regte model!

    1. Ek wil nou nie ‘n donderstorm op my laat neer bars nie, maar verduidelik die term “Arm Afrikaner” ? As ek so in my tuis dorp rondkyk is hier baie arm afrikaners, maar die woord “lui” gaan hand aan hand. Lui arm Afrikaners is die laaste wat Orania nodig het.

      1. Anthony Schlemmer

        Nee verseker, as sal ongelukkig nie die pad kan stap met lui en slegte individue nie. In elke gemeenskap is daar seker maar so ‘n element.

        Die Afrikaners waarvan ek praat is gekwalifiseerde mense wat nie meer in die land kan werk kry nie as gevolg van hulle velkleur. Ek dink ons almal weet wat in die land aangaan.

        Die staatsdiens neem nie eers meer Afrikaners in diens nie. So kan ek aangaan en aangaan. Dit het tot verarming onder ons mense gely die afgelope 18 jaar.

        Dit is die mense waarvan ek praat!

      2. Ja-nee, ek verwys eerder na lae inkomste klas Afrikaners omrede almal dan verstaan dat mens praat van volksgenote wat wil werk en werk het, maar min geld verdien. Dis die mense wat reeds besig is om Orania te help bou en vir wie ons net so nodig het soos die groot beleggers. Hulle moet op gelyke voet behandel word en ook ‘n stem op alle vlakke he.

  11. Ebert het ‘n ruk terug op die Orania blog geskryf oor die groep-selfbou konsep. Dit, tesame met ‘n gedeelde boerdery, in stede van 50m2 aparte plotjies het dalk ‘n beter kans op sukses. Amper ‘n kwasi-kibboets opset.

  12. Dante' Strauch

    Quintin, na ek jou reply gelees het stem ek met jou saam dat daar goeie geleentheid vir groente produksie op Orania bestaan. Glo ek dis die antwoord op “instellings en inspraak”? Ongelukkig nie. Net n kort verduideliking sonder om in te veel detail in te gaan: my gemiddelde omset op n oes is so R40 000, waarvan helfde kostes is dus R20 000 wins per hektaar. Twee oeste per jaar is dus R40 000 wins per hektaar per jaar, oftewel R4 per m2. Met die koste en mark voordele wat Orania bied kan dit moontlik R10 per m2 wees. In my opinie het n gesin dus n minimum van 1 hektaar of 10 000m2 nodig om te oorleef. Om erwe goedkoop aan mense beskikbaar te stel dink ek is n goeie idee, mits dit saam met werksgeleenthede gepaard gaan, waar mense n stabiele inkomste verdien. Die wat wel wil groente plant kan dit doen maar dit gan die mense wees wat gemoetiveerd is en eie inisiatief gebruik anders gaan dit faal. Die kibboets sisteem sal ek nie eers oorweeg nie! Ek weet nie hoe kry die Israelis dit reg nie, maar kommunale landbou waar niemand verantwoordelikheid wil aanvaar nie werk selde.

    1. Dankie Dante – jou argument maak sin en bring bietjie nugterheid sonder om ‘n demper op entoesiasme te plaas.

      Ek stem saam dat die kibbutz sisteem nie noodwendig so goed vir Afrikaners sal werk as wat dit vir Israelis werk nie. Kommunale landbou was nog nooit deel van ons landbou kultuur nie. Elke eienaar van ‘n tuinbouerf sal self die verantwoordelikheid dra om daarvan ‘n sukses te maak aangesien hy alle wins in sy eie sak sit.

  13. Zane de Lange

    Wie is die leier van die Afrikanervolk? Wie is die persoon wat sy lewe toewy aan die bevryding van Afrikaners? Wie is die gesig van die hedendaagse Afrikaner? Deur die geskiedenis van die mens was daar altyd ‘n leier van ‘n bepaalde groep mense wat vir vryheid baklei het. Kyk na Indië, Amerika, Zimbabwe ens. Dit was een gesig wat gebind kan word aan ‘n volk. Demokrasie dink ek het ons besoedel en ons mag gegee om ons eie leiers te kies. Die stelsel werk baie goed in ‘n land of omgewing waar onderdrukking en armmoede nie ‘n rol speel nie. Maar in vandag se tyd word ons onderdruk en ons mense verarm by die dag. Dadelik is daar dan ‘n skeiding van visies en missies binne ons volk en gevolglik ‘n skeiding van “wie moet nou regeer”. Die proses vertraag groei en vooruitgang want dit hou ons besig met sake wat nie die daarstelling van ‘n volkstaat verteenwoordig nie. Een leier kan sy visie toepas en uitvoer net vir ‘n gekose termyn en word hy dalk vervang met iemand wat totaal ‘n ander visie het. Gevolglik word planne verander en doelgerigte vooruitgang verhinder. Ons kan voort sloer met demokrasie of ‘n ware HELD kan opstaan en ‘n leier word vir die Afrikaner. Dis maar net my mening.

    1. Zane, jy raak aan ‘n paar interessante punte! Neem net in ag dat ons juis ‘n volksdemokrasie bepleit, m.a.w. ‘n een-mens-een-stem stelsel binne ‘n homogene gemeenskap wat oor sy eie grondgebied beskik. Dikwels kla mense dat die grootste opposisieparty en die regerende party eintlik min verskil in so ‘n stelsel. Die rede hiervoor is dat beide partye die belange van dieselfde volk op die hart dra en deel is van dieselfde kultuur. Dis waarom regs en links in Europese politiek neerkom op ekonomiese beleid, terwyl dit in terme van Suid-Afrikaanse politiek neerkom op etnisiteit: hoe meer links jy gaan, hoe swarter word dit – hoe meer regs jy gaan, hoe witter word dit.

      Ek gaan met jou saamstem dat ons tans nie ‘n algemene aanvaarde Afrikanerleier het nie en dit is in baie opsigte ‘n probleem. Die rede is natuurlik baie eenvoudig: ons het nog nie ‘n algemene aanvaarde strategie, of ‘n gemeenskaplike toekomsvisie nie.

      Streng gesproke is Helen Zille eintlik ons leier, want die meeste Afrikaners stem vir haar. Vra bietjie vir die einste Afrikaners wat DA stem wie hul leier is, dan sal hulle net hul skouers lig. Ek twyfel sterk dat die meerderheid van hulle vir jou gaan vertel dat Helen Zille hul leier is. Hierdie is alles simptome van magteloosheid en ‘n gebrek aan ‘n gemeenskaplike toekomsvisie onder Afrikaners.

      Ons moet alles moontlik doen om die groter Orania uit te brei – nie net as ‘n grondgebied met ‘n bevolking nie, maar ook as die ideaal waarin die meerderheid Afrikaners openlik glo. Dis waarom Orania (die huidige dorp) en ons instellings so belangrik is. Daarsonder het ons niks behalwe lugkastele om op terug te val nie.

      Eerder as om te hoop vir ‘n ridder op ‘n wit perd, kom ons bou saam aan hierdie volksrepubliek wat vanuit Orania ontwikkel word en laat almal gelyke inspraak he wanneer dit kom by wie die Afrikaner se “comeback team” moet lei.

      1. Ekself het al dikwels gewonder aan watter meriete so ‘n “ridder op ‘n wit perd” sal moet voldoen om as die leier van die Afrikanervolk “erken” te word.

        In my opinie is dit uiters stimulerend en goed dat daar soveel “leiers” onder ons volk is. Dit gee aan ons as volk die geleentheid om almal se teorië/oplossings te ondersoek en daardeur te sif. Die werkbare sal namate tyd verloop vanself uitkristaliseer.

        Daar is tans hordes “leiers” onder ons volksgenote waarvan baie in leiersposisies verkeer waartoe hulle demokraties verkies is en andere in leiersposisies verkeer waarin hulle aangestel is. Heelwat van die in verkose posisies sou verseker ook daar wees as meriete die enigste maatstaf is en andere is daar as gevolg van populisme. So ook is heelwat van die wat as leiers aangestel is grotendeels daar as gevolg van die meriete en as dit van populisme afgehang het waarin een-man-een-stem sou geld sou hulle heel moontlik nie die leiers gewees het nie.

        Is daar so ‘n man en/of vrou onder ons volksgenote wat op meriete die skoene as hedendaagse Afrikanerleier kan volstaan en dit kan regkry om die populisme onder die Afrikaner jeens sy, (of die organisasie wat hy/sy leier van is), oortuigings aan te wakker?

        As ek vinnig aan twee voorbeelde dink dan kom Steve Hofmeyer, ‘n populistiese keuse as “goeie leier” vir die Afrikaner, en Flip Buys, die grootbaas van Solidariteit wat beslis op meriete dié vakbond daagliks na hoër hoogtes neem onder sy leiding en die Afrikaner se vryheidstrewe begryp en ondersteun en verseker vir baie as “goeie leier” gebaseer op sy vermoëns aanvaar sal word.

        My beskeie raad is eerder om as “leier” van jou huis jouself te vergewis met al die feite en almal se opinies/oplossings te ondersoek en so te verhoed dat jy nie deur een of ander magiese “ridder” meegesleur word nie.
        Maar belangriker nog, as hoof van jou huis, raak betrokke eerstens by jou eie huishouding sovêr dit opvoeding en uitbreiding van kennis aangaan. Identifiseer geleenthede om betrokke te raak op maatskaplike, ekonomiese of politiese vlak en maak die verskil op voetsoolvlak. Selfs jou R50.00 donasie aan die Helpsaamfonds in Orania of lidmaatskap van die Orania Beweging maak reeds ‘n verskil en as dit al is waarvoor jy kans sien om watter rede ookal dan bring jy ten minste jou kant binne jou vermoëns.

        Ek glo steeds dat almal se inisiatiewe meriete het en dat almal ‘n rol het om te speel in ons as volk se uiteindelike vryheid, solank ons mekaar net respekteer en al stem ons nie saam oor hoe Piet of Koos die roete na vryheid aanpak nie kan ons steeds volhard in woord én in daad om die tasbare wat reeds daar is te laat groei.

        Die dooloopstrate na “vryheid” sal hulself weldrae self identifiseer en ons hoef nie modder te gooi daarna nie, maar ons moet dit wel noteer vir hulle wat kom, sodat hulle wat kom ook daaruit sal kan leer.

      2. Sal so ‘n Afrikanerleier op meriete sy staal moet wys of sal hy deur populisme aan bewind kom?

        In SA kom die populêrste aan bewind en vorder tot by Presidentsvlak sonder enige noemenswaardige skoolopleiding.

      3. Ebert

        Ek het iemand hoor sê dat Afrikaners hulle stemme vir die DA gee, hulle simpatie vir die VF en hul geld vir Solidariteit/Afriforum.

        Wat interessant hiervan is, is dat al drie organisasies hulle vir ‘n beter Suid-Afrika beywer. Dit is in teenstelling met die Vryheidsbeweging wat hom vir ‘n beter en volhoubaarder toekoms vir Afrikaners anderkant Suid-Afrika beywer.

        Die ons-vir-jou generasie skuif blykbaar moeilik hul lojaliteite.

  14. Persoonlik dink ek een van die beste maniere om Orania te laat groei is ‘n eie universiteit. Jongmense is beweeglik; hulle het oor die algemeen minder fisiese en politieke bagasie wat saam gekarwei moet word. Praktiese uitvoerbaarheid is natuurlik die groot vraag.

    1. Mike

      Tom ek dink ook dis ‘n baie goeie plan. Daar kan baie klein begin word net om eers die idee te vestig en dan brei jy verder uit soos die behoefte hom voordoen. Die idee om goedkoop huisvesting aan bejaardes te verskaf is ook goed want dit veroorsaak dat die jonger geslag Orania besoek.

    2. So iets op klein skaal kan beslis werk.

      Die gemeenskapsaal of Orania Beweging ouditorium sal maklik kan dien as lesingsale.

      Daar is baie gegradueerdes in verskillende dissiplines op Orania wat beslis lesings sal kan aanbied, sou hulle bereid wees.

      Op tersiêre vlak kan daar ook na ander ambagte gekyk word. Die bouers in Orania woeker fluks en ek weet daar is alreeds baie jong manne wat opleiding ontvang het en selfs vaktoets gaan skryf het.

      As dit uitgebrei kan word en daar miskien vakleerlingskappe deur die dorpsraad geskep word vir ‘n elektrisiën en motorwerktuigkundige en loodgieter wat sal help met die instandhouding van die infrastruktuur en teselftertyd opleiding ontvang kan ‘n paar Orania skoolverlaters ge-akkomodeer word.

      Ander privaat ondernemings kan soortgelyke vakleerlingskappe aanbied.

      Daar is juis ingenieeurswerke, haarkappers, motorwerktuigkundiges, paneelkloppers, loodgieters en elektrisiëns op die dorp wat maklik aan Orania skoolverlaters die geleentheid kan bied.

      Die Helpsaamfonds kan ‘n inisiatief loods waarin daar ‘n fonds gestig kan word om juis hierdie vakleerlinge se inkomste te help finansier en so kan daar verseker word dat Orania se skoolverlaters nie noodgedwonge die dorp moet verlaat op soek na werksgeleenthede elders nie, terwyl hulle dan ook toegerus word met vaardighede wat hulle in staat sal stel om entrepeneurs te word.

      So sal daar verseker word dat die wat tans die kennis het dit oordra aan ‘n nuwe generasie en hulle nie verlore sal wees vir die dorp weens die feit dat hulle nie kan werk kry nie.

  15. Willie

    So van die os op die jas wie van julle wat nie ander kant die Oranjerivier bly sal daar heen verhuis en ‘n besigheid op die been bring om werk te skep vir ons eie mense , ons praat hier van die breër gebied nie net Orania nie

  16. Help my asb. Ek is ni’e filosoof nie en wil dus nie tyd met filosofiese stellings nie , mors nie Ek is net ‘n praktiese Afrikaner, wat graag wil sien dat Orania vir SA wys.
    As die oorspronklike aandeelhouers die grond vir R 100 000 000 gekoop het en daarmee 100% van die aandele in die aandele blok ontvang het. Is dit nie regverdig dat hulle weens die aanvanklike finansiele risiko , waar hulle teen die wereld, geglo het in die Orania droom ten minste bv.10x aandele per oorspronklike beleggings rand kry. Terwyl die latere grond /aandeel ,kopers, en hul self as hulle weer koop,’n kleiner risiko loop ( Orania het al klaar naam gemaak )net 1x aandeel per rand kry. A Dus sal die oorspronklike beleggers ‘n stadium minder as 50% van die aandele besit, as daar genoegsame nuwe kopers / aandeelhouers inkoop. Moes dit nie al gebeur het nie. Moontlik moet die persoon se verbeterings op sy erf , wat tog die aandele blok se totale waarde vermeerder ook kwalifiseer vir aandele .

    Indien die oorspronklike kopers Orania se adelstand bly wat alle mag het, sal dit nie maar ‘n tipe Britse monargie op die Afrikaner afdwing nie. Indien dit so is , gaan ek verseker nie betaal om myself en my berfgename, bywoners op die Afrikaanse adelstand en konings gesin se grond, te maak nie.

    Dit was vir my laasjaar ontstellend om in ‘n voorgrond te lees dat Orania se oorspronklike aandeelhouers effektief meerderheid stemreg het , volgens die berig vir ewig. Kan dit nie ‘n rede wees dat Orania nie voldoende gegradueerdes en suksevolle boere en entrepreneurs, kan lok nie? en dus veroorsaak dat Orania stadiger ontwikkel as wat dit sou kon.

    My vrae aan die dorpsraad laasjaar ongelukkig nie duidelik deursigtig beantwoord nie Dus vra ek nou opreg aangesien ek graag ook ‘n bydrae sal wil maak , en net die beste vir Orania toewens. As iemand kan antwoord asb duidelik my onderstaande vrae
    1., kry ek 1x aandeel vir elke rand betaal vir my erf / huis/ grond.
    2.As ek verbeterings aanbring gaan ek daarvoor 1x aandeel per rand vir die verbeteringe ontvang . it is ‘n moeilike konsep, om prakties te implimenteer.
    3. Hoeveel aandele per R is die oorspronklike beleggers beloon vir hulle finansiele risiko. Dit sal vir my ‘n aanduiding gee of Orania ‘n tipe Britse monargie gaan wees en vir hoeveel .aantal jare

    Ten minste hoe meer aandeelhoers daar is hoe meer is een persoon of ‘n blok se mag verwater, en maak dit die risiko van skatryk mense se of ioorspronklike aandeelhouers groot mag oor Orania verkry, kleiner. Dit sal nie die Orania idiaal van die oorspronklike beleggers vernietig nie, al verloor hulle meerderheid stem.

    Een mens een stem is selfs beter as ‘n bywoner op gekoopte Afrikaner adelstand se grond.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s