Wat sê Sensus 2011 vir ons?

Statistiek SA beweer dat die land se bevolking uit sowat 50 586 757 mense bestaan, dat vrouens 52% van die totale bevolking uitmaak, byna ’n derde van die bevolking kinders onder 15 is – waarvan die meerderheid van hulle in KwaZulu-Natal woon – en dat Gauteng die mees bevolkte provinsie is met ’n totale bevolking van 11,3 miljoen, oftewel 22,4% van Suid-Afrika se bevolking.

Nagenoeg 5,38 miljoen mense in Suid-Afrika lewe met M.I.V./Vigs. 16,6% van dié land se bevolking tussen die ouderdomme van 15 en 49 is M.I.V. positief. Die tempo waarteen M.I.V./Vigs versprei blyk egter af te neem sedert die laat 90’s.

40 206 275, oftewel 79,5% van die bevolking is swart.

4 565 825 (9%) is wit.

4 539 790 (9%) is kleurlinge.

1 274 867 (2.5%) is Indiërs/Asiërs.

Die gaping tussen blankes en kleurlinge raak al hoe kleiner en staan tans op  ’n verskil van slegs 26 035. Teen die volgende sensus behoort die kleurlingbevolking die blankebevolking verby te steek.

Die rede hiervoor is die lae geboortesyfer onder blankes in vergelyking met dié van kleurlinge. Daar is ’n totaal van 1,66 miljoen kleurlinge onder die ouderdom van 20, terwyl slegs 1,13 miljoen blankes in dié ouderdomsgroep val. 36,64% van alle kleurlinge is dus onder 20. Slegs 24,93% van alle blankes val in hierdie ouderdomsgroep.

Daarteenoor is 1 582 073 (34,65%) van alle blankes ouers as 50, terwyl slegs 742 082 (16,34%) van alle kleurlinge in dié ouderdomsgroep val.

Volgens Statistiek SA het daar sedert 1996 ’n totaal van 1,4 miljoen swart immigrante in Suid-Afrika gevestig, terwyl 447 000 blankes geëmigreer het. Dit is egter hoogs onwaarskynlik dat die getal swart immigrante onder 5 miljoen staan. Wat hierdie statistiek wel duidelik aandui is dat meer as 10% van alle blankes na 1996 geëmigreer het. Dit het natuurlik ’n verdere negatiewe invloed op blankes se geboortesyfer.

’n Baie interessante statistiek is die impak wat verstedeliking op provinsiale bevolkings het. Gauteng en die Wes-Kaap se bevolkings het sedert 2006 onderskeidelik met 367 076 (Gauteng) en 95 556 (Wes-Kaap) mense gegroei as gevolg van verstedeliking, terwyl die Noord-Kaap Provinsie se bevolking met 17 592 gedaal het.

In die Wes-Kaap was daar sedert 2006 ’n verstommende getal van 273 075 nuwe intrekkers terwyl slegs 123 537 mense dié provinsie verlaat het. Die oorgrote meerderheid van die nuwe intrekkers is Xhosas uit die Oos-Kaap, terwyl baie van diegene wat uit die provinsie getrek het blankes is wat na die buiteland geëmigreer het.

Hierdie is dus ’n geweldig kommerwekkende statistiek vir Afrikaners wat sedert 1994 ’n beter lewe in die Wes-Kaap gaan soek het. Die toekomsvooruitsig vir die Wes-Kaap raak, figuurlik gesproke, al hoe swarter en dit is duidelik sigbaar in die tempo waarteen plakkerskampe om gebiede soos Kaapstad, Stellenbosch, Knysna, Mosselbaai, George en Plettenbergbaai uitbrei. Die gepaardgaande sosioëkonomiese probleme wat hieruit spruit, o.a. werkloosheid, dwelmmisbruik, geweld en misdaad, dui daarop dat die Wes-Kaap besig is om dieselfde roete as Gauteng te volg.

Die grootste sondebok vir hierdie verskynsel is dat blankes in die Wes-Kaap toenemend gebruik maak van goedkoop nie-blank arbeid. Meer spesifiek, hoe meer Xhosa arbeiders in diens geneem word, hoe meer Xhosas gaan vanuit die Oos-Kaap invloei opsoek na ’n beter lewe. Dis ’n afwaartse spiraal wat nie meer omgekeer kan word nie omrede daar reeds ’n kritiese massa Xhosas in die Wes-Kaap gevestig het. Hul steun vir die ANC is ook ’n beduidende faktor wat die politiese landskap van dié provinsie in die toekoms gaan bepaal.

In direkte teenstelling met die Wes-Kaap en Gauteng het die Noord-Kaapse bevolking sedert 2001 gedaal na ongeveer 1,1 miljoen mense. Met slegs 2,2% van Suid-Afrika se bevolking wat in die Noord-Kaap woon, is dié provinsie verreweg die mees yl bevolkte gebied van Suid-Afrika. Daarteenoor het Orania, geleë in die Noord-Kaap, se bevolking sedert 2001 meer as verdubbel en staan dit tans op 1 000 permanente inwoners.

Die bevolkingsgroei en lae misdaadsyfer van Orania kan toegeskryf word aan dié gemeenskap se uitsluitlike gebruik van Afrikaner arbeid wat ingespan word om volhoubare ekonomiese ontwikkeling te verseker.

Wat Sensus 2011 vir ons sê is dat die nie-blanke bevolking van Suid-Afrika skerp toeneem, die blanke bevolking stagneer, dat verstedeliking na gebiede soos Gauteng en die Wes-Kaap met rasse skrede versnel en dat die lae bevolking van die Noord-Kaap toenemend krimp.

Hierdie syfers dui vir Afrikaners daarop dat Afrikaner meerderheidsbesetting van die aangewese volkstaat-gebied, geleë in ’n gedeelte van die Noord-Kaap, uiters haalbaar is – en toenemend só – terwyl enige poging tot afstigting of die vooruitsig van ’n volhoubare toekoms in ander dele van Suid-Afrika bloot onrealisties is.

Maak ‘n verskil, raak betrokke: http://www.vryafrikaner.za.org

22 thoughts on “Wat sê Sensus 2011 vir ons?

  1. info@ptps.co.za

    We are a white family of 5 and wasn’t counted. I am asking you how many white people wasn’t counted. I would say the statistic would show a lot more white population if they where counted as well

      1. Dit is feitlik onmoontlik om hier in te log.
        Kan julle dit aseblief maklikker maak. Hierdie WordPress is soos fort knox indien nie erger nie. Arnold de beer.

  2. Anthony Schlemmer

    Mens wonder net hoeveel van die 4,5 miljoen blankes Afrikaners is. Ek weet dit moet meer as die helfte wees.

    Die feit dat ons getalle nie meer drasties verminder nie is bemoedegind.

    Dus net ‘n kwessie van tyd dan is die swartes die meerderheid in die Wes-Kaap. Ons is onbetwistelik op die regte pad met Orania en die Volkstaat gebied !

  3. Johan Botha

    Die jongste CIA-statistiek oor SA (hulle is op datum daarmee met hul eie agenda) is dat daar tans minder as 2 miljoen blankes in SA woonagtig is.
    Daar is ook ‘n statistiek wat verklap dat die ANC geen sensusopname gedoen het nie in 37% van meerderheid blanke woonareas, en 63% van meerderheid swart woongebiede…

    1. Dankie Johan – ek sou graag wou weet hoe die CIA die blankes in SA getel het. Wanneer mens na die sensus data gaan kyk wat voor 1994 ingesamel is en dit vergelyk met die data wat na 1994 ingesamel is, dan lyk alles redelik in orde sover dit die 2011 sensus aanbetref. Hier en daar is daar wel syfers wat nie lekker klop nie, bv. die getal swart immigrante. Dis waarskynlik omrede heelwat immigrante onwettig in Suid-Afrika woon en hulself nie vrywilliglik laat tel nie.

      My gevoel is dat daar waarskynlik net onder die 5 miljoen blankes tans in SA is, waarvan ongeveer 3 miljoen Afrikaanssprekend is. Dis onmoontlik om te bepaal hoeveel van hierdie 3 miljoen hulself met die Afrikanervolk vereenselwig, maar ons kan veilig se dat dit nie minder as 150 000 is nie omrede dit die getal stemme is wat VF+ in die vorige algemene verkiesing gekry het. So ja, daar is min. 150 000 / maks. 3 000 000 Afrikaners tans in Suid-Afrika.

      Ek bemoei myself veel eerder met Orania se bevolking (wat ons weet 1 000 is) en werk aan oplossings om dit uit te brei.

      1. Ons blanke geskiedenis hier in sa is vlug of trek, ons moes vlug uit frankryk, of ons koppe word afgekap. OnsMoe’s trek uit kaapland omrede n swart bevolking wat ons beeste gesteel het en ons huise afgebrand het. Na Coligny is die skrif vir ons aan die muur, ons sal weer moet trek! Ons sal moet trek na n gebied waar ons die meerderheid sal wees. Daar is reeds n begin gemaak, orania wys ons die pad aan, ons moet net oppas dat ons nie weer in selfde strik trap en weer n minderheid in ons land word.

  4. Dante' Strauch

    Hierdie statistiek wys vir ons net dat die mense wat op Orania en die Noord Kaap as Volkstaat groeipunt besluit het se toekoms visie in die kol was, selfs vandag dekades later! Ek hoop net nie skaliegas kom en bevark alles tov demografie nie. Net so terloops 150 000 klink vir my maar min, soos dit vir my lyk voel alle Afrikaners omtrent dieselfde oor ons situasie, die wat nog nie die Volkstaat ideaal koester nie….ek dink dis net n kwessie van tyd.

    1. Philip

      Moenie die negatiewe in die skaliegas en SKA teleskoop gebeure raaksien nie, eerder die positiewe. Die positiewe wat ek raaksien is net nog meer demografiese verskuiwing WEG van die Oranjerivier hartland wat Orania tans teiken; en tweedens meer uitvoer geleenthede vir Orania se produkte.

  5. Daar moet eers twee “klein” Volkstaatjies binne die groot Volkstaat tot stand gebring word.
    Sonder die tweetjies sal die groter een nie vinnig groei nie.
    1. ‘n goeie mediese infrastruktuur.
    2. ‘n Universiteit.
    Met ‘n hospitaal op Orania sal daar nie genoeg plek wees vir al die mense wat daarheen sal verhuis nie.
    Dit hoef nie ‘n groot hospitaal te wees nie. Mense, veral die ouer garde, wil daardie versekering hê dat daar vinnig en behoorlik na hulle omgesien kan word.
    Swanger vroue wil nie honderde kilos ry as die tyd aangebreek het nie.
    En dan is daar baie ander gevalle soos ernstige beserings en motor ongelukke wat onmiddelik behandel moet word.
    Mense sal selfs van heinde en verre kom om daar behandel te word.
    Hospitale in NSA is of te duur of te gevaarlik.
    Orania het nou daardie kritieke stadium in sy groei bereik waar ‘n hospitaal nou die grootste aandag sal moet kry.
    En dan moet die jongmense ook kry wat hulle toekom. ‘n Instelling waar hy kan gaan studeer sonder om teen gediskrimineer te word.
    In sy eie taal, en tussen sy eie mense. Die Afrikaner eksodus moet gestop word.
    Met die totstandkoming van net hierdie twee reuse sal ons Volkstaat onomkeerbaar gestig wees.
    Die res sal spontaan volg.

    1. So waar!! Ons kort net nog ‘n paar mense om in Orania te kom vestig. Sodra ons die 2 000 merk getref het, dan sal dinge ordentlik momentum optel. Eendag gaan ons terugkyk en lag oor die dae toe ons nog van ‘n duisend of twee mense gepraat het.

      Jou idee van afsonderlike groeipunte wat na mekaar toe ontwikkel is in die kol. Onthou net dat sodra ‘n plek ‘n universiteit het, die behoefte vir ‘n hospitaal onmiddelik verdubbel. Ek dink ons moet beslis meer as een groeipunt he – dit maak egter sin as ons eers beide ‘n hospitaal en ‘n universiteit op Orania vestig en ‘n satelliet kampus en kliniek op die tweede groeipunt stig sodra daar ‘n behoefte is.

      Ek sien in my geestesoog hoe daar binnekort ‘n Afrikanergemeenskap op die Weskus gaan vestig – aanvanklik miskien net ‘n vakansiedorpie, maar beslis nie ‘n plek om te onderskat nie!

  6. Daniël Laäs

    Afrikaners sal moet begin aanteël! Hierdie 1-2 kinders wat almal kry werk nie. Quintin ek sit jou op vir 4 boerseuns en 3 dogters. Nog ‘n goeie Boshoff voorbeeld om te volg! 😉

    1. Blikskottel, jy is nou sinies maar weet jy hoe reg jy is! Die ‘loansharks’ die ‘lawyers’ en al wat ‘n swendelaar is, soek en kry houvas op so baie ‘grantgetters’, en suig hulle leeg.

  7. Carlo

    Ek’t n vraag. Wat word van ons gegoede kleurlinge wat hier in die Kaap bly. Is dit dan nie n beter opsie vir Kleurlinge en Afrikaaners om saam te staan in hierdie geval nie? Ons praat dieselfde taal, so dit maak ons maar ook afrikaaners.

    1. Goeie vraag Carlo. Ek dink nie dat ek ‘n Nama of ‘n Griekwa is net omdat ek Afrikaans praat nie. As ek die Nama of Griekwa kultuur en tradisies aangehang het (eerder as die Afrikaner kultuur en tradisies), dan sou ek beslis ‘n Nama of ‘n Griekwa gewees het, al is my vel se kleurskakering bietjie lig in vergelyking met die res.

      Ek dink egter dat die Afrikaners, Namas en Griekwas wat tussen die Oranjeriviervallei en die Weskus bly hande moet vat om saam te werk aan ‘n nuwe bedeling waarin ons almal gelyke regte het en saamwerk waar ons kan. So kan ons ‘n nuwe land stig met ‘n demokratiese regering waarin die Namas en Griekwas natuurlik ook verteenwoordig word. Elkeen van hierdie volke regeer dus hulself in hul eie volkstate wat dan saam ‘n Republiek vorm.

      Die Afrikaanse taal, Christelike geloof en tradisionele waardes is reeds vertrekpunte waaroor hierdie drie groepe oor die algemeen saamstem. Alhoewel ons afsonderlike volke is, is daar meer dinge waaroor ons saamstem as waaroor ons met mekaar verskil.

      Hierdie is ‘n internasionaal aanvaarde opsie wat ons met groot volwassenheid en wedersydse respek moet benader.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s