Die belangrikste vraag van die grondvraag

Orania landbou: volkseie arbeid dra vele vrugte

Verskillende uitdrukkings verwoord die gedagte dat grond deurslaggewend in ‘n volk se vryheidstrewe is. “Elke volk het grond onder sy voete nodig,” is een. Nog een is: “Die grondvraag van Suid-Afrika is die grond vraag”.

“Bloed en bodem” retoriek het in onguns verval, maar die realiteit is steeds dat ‘n etniese groep sonder grondgebied uiters weerloos is.

‘n Zoeloe-gespreksgenoot het eenkeer gesê dat Afrikaners ‘n probleem het wat Zoeloes nooit sal hê nie: wie ook al Suid-Afrika regeer en watter party die botoon in KwaZulu-Natal voer, hulle het ‘n land. Die IVP mobiliseer Zoeloes op etniese basis, maar as die ANC die provinsie regeer, is dit maar net ander Zoeloes. Sedertdien het ‘n Zoeloe ANC-leier president van Suid-Afrika geword en ANC-steun in dié provinsie het dramaties toegeneem.

Histories het Afrikaners nog nooit as meerderheid ‘n land regeer nie. Soos elders in Afrika, het die Boererepublieke nie hulle swart bevolkings in ag geneem wanneer regering saamgestel is nie. Die Uitlander-vraagstuk in pres Kruger se ZAR het ook daarop neergekom dat vreemdelinge se ekonomiese bydrae onontbeerlik was, maar dat gepoog is om die politieke gevolge te ontduik. Uiteindelik is dit getalle wat heers, het dr Verwoerd gesê. Daarom kon Brittanje die hele Suid-Afrika verower, maar moes dit later prysgee. Daarom kon Afrikaners die land van Engelse oorheersing ontworstel, maar nie teen swart bevryding behou nie.

Dit bring ‘n mens by die belangrikste vraag van die grondvraag: watter regte is afdwingbaar?

Dat eiendomsreg nie ‘n absolute reg is nie, het boere in die vorige bedeling reeds besef wanneer hulle grond in ‘n beplande dam, besproeiingskema of tuislandgebied geval het. Hoewel boere billik vergoed is, kon indiwidue nie altyd ‘n keuse uitoefen nie.

In die geskiedenis van die Verenigde State van Amerika was daar, volgens ‘n gesaghebbende geskiedskrywer, nie een ooreenkoms tussen die uitbreidende staat en Indiaanse stamme gesluit wat deur die VSA eerbiedig is nie. Grondregte het nie die weg van billike beredenering gevolg nie, maar van die opweeg van militêre vermoë.

In Afrika het koloniale moondhede dikwels die beste grond vir hulle eie onderdane toegeëien, in weerwil van historiese aansprake. Dit is met wapengeweld gehandhaaf, totdat die politieke klimaat teen Europese oorheersing gedraai het. Daarna is grondregte eweneens met geweld van Europese grondbesitters ontneem.

Afrikaners, veral permanente en deeltydse boere, heg groot waarde aan die grond wat hulle besit. Dit is meer as net ‘n produksiemiddel of ‘n vorm van kapitaal, dit is iets waaraan hulle geheg is. Die politieke vraagstuk wat dit skep, is dat grond in witmense se hande, vir baie swartmense simbolies van ‘n vorige tyd in die geskiedenis is. Namate welvaart nie na die arm massas deursyfer nie, ontwikkel simbole soos grondbesit, geweldige plofkrag.

Terwyl Afrikaners polities magteloos is, word dikwels op ‘n funksionele regstelsel en ‘n grondwet wat grondbesit waarborg, staatgemaak. Die probleem is dat dié regte ongedaan gemaak kan word. Dan is die vraag of Afrikaners, yl versprei oor die hele land, hulle regte sal kan afdwing.

Skielik word die verskil tussen blote grondbesit en grondbesetting deurslaggewend.

13 gedagtes oor “Die belangrikste vraag van die grondvraag

  1. Baie goeie artikel – veral die slot argument dat grondbesetting in ‘n streek ons veel verder gaan kry as blote grondbesit waar ons by verre in die minderheid is. Boere glo nog dat kaart en transport van hul grond hul grootste wapen is teen die ANC. Hierdie artikel wys duidelik dat kaart en transport ten beste ‘n tydelike “waarborg” is, veral wanneer jy met ‘n onversoenbare regering te doen het.

    1. Netso Quintin, as jy jou talente nie gebruik nie gaan hulle verlore! As ‘n boer ‘n plaas het maar dit nie bewerk nie, het hy geen rede vir kla as dit onteien word nie!

      Waar ons ons penne dus inslaan sal ons moet vasstaan. Die huidige regime sal nie enige kans, om te kan maai waar hulle nie gesaai het nie, laat verby laat gaan nie.

  2. Philip

    Reg so Wynand. Iewers moet ons ook n balans vind tussen kwaliteit en kwantiteit. Kwaliteit landbou grond is die ideaal, maar duur – veral besproeiingsgrond. As ons enigsins eendag n impak wil maak ten opsigte van sommetjies oor hoeveel grond ons (kollektief) besit, moet ons ook minder goeie landbougrond verder weg van die rivier bekom in veel groter hoeveelheid. M.a.w. ons moet die boer van kleinvee veel ernstiger opneem asook gronduitbreiding in daadie rigting. Ek voel sterk oor hierdie aspek en sal graag wil sien dat die Orania Beweging dit ook ernstig sal oorweeg.

  3. tulpenvaas

    Wat denk je, Wynand, zullen Afrikaners verspreid over SA kunnen blijven boeren op hun grond? Of zal stukje voor stukje aan Afrikaners hun grond worden ontnomen? En welke oplossing stel je voor, voor dit probleem. Dat had ik graag willen horen in je artikeltje.

  4. Andre de Kock

    Vanag is Rothschild se verjaarsdag-Die Afrikaner het sulke mense nodig-maar Afrikaners wat groot geld maak is te dikwels liberaliste wat hul eie wortels verontagsaam of ontken.

    Yahrtzeit of Baron Edmond de Rothschild (1845-1934). A member of the Rothschild banking dynasty, he preferred to pursue artistic interests, acquiring an important collection of drawings and engravings that he bequeathed to the Louvre. In 1882, Rothschild became a leading proponent of the Zionist movement, buying land throughout Israel and subsidizing Jewish settlements. He financed the first new Jewish town, Rishon Letzion (“the first of Zion”), as well as Zichron Yaakov, Caesarea and some 30 other settlements. He also established Israel’s wine industry when he helped Russian Jews flee pogroms in the 1880s and plant vineyards in Israel. In 1954, Rothschild’s remains were re-interred to Israel. To honor his memory, his son paid for the construction of the Knesset building in Jerusalem

  5. Andre de Kock

    Die Palestyne en Orania-‘n vergelyking

    Under the principles of international law, which were codified under the Montevideo Convention, there are four prerequisites for statehood: a permanent population; a defined territory; effective government; and a capacity to enter into relations with other States. Currently, the Palestinian Authority does not satisfy these criteria. According to the UN Charter, membership is open to states only, not movements.

    1. Quintin Diederichs

      Daar moet ‘n beweging wees wat hulself daarop toespits om ‘n permanente bevolking in ‘n bepaalde grondgebied te laat vestig. Orania is ‘n grondgebied met ‘n bevoling, nie ‘n beweging nie. Mens moenie die Orania Beweging en Orania self met mekaar verwaar nie.

      1. Jy het ‘n gawe manier om met die minimum woorde alles te sê. En o-ja, dankie vir jou antwoord elders rondom die grond vraag.
        Presies die antwoord wat ek graag sou wou hoor.
        Ek stem saam met jou voorstel oor ‘n beweging wat in plek moet kom om Orania te bevolk.
        En of die “groter Orania gebied” as ek voorbarig mag wees om dit so te noem.
        Daar moet net nie verwarring geskep word dat so ‘n beweging gesien sou word as iets wat in kompetisie met Orania is nie.
        Jy is sekerlik vertroud met die “saamstaan” of gebrek daaraan storie.
        Sien julle in Desember.
        Groot groete.

      2. In die haak! Dis ongelukkig maar so dat inligting ‘n rukkie vat om versprei te word, so ‘n ou kan ook nie van mense verwag om geduring alles te weet wat aangaan nie. Hoe meer betrokke mens raak, hoe beter posisioneer jy jouself om inligting vinniger te ontvang. Alles kom maar neer op betrokkenheid.

  6. arnieann

    Jammer dat ek nou eers hierdie artikel onder oë kry.
    Dit word hier genoem dat grond die onbetwisbare onderdeel van ‘n Volkstaat moet wees.
    Grond sonder mense wat daarop woon is gelyk aan ‘n natuur reservaat.
    Orania sit met met ongeveer 8 ha per inwoner. Dit is as ek die gegewens reg het.
    Is dit nie ‘n bietjie baie grond per persoon nie?
    Wat is Orania se plan met daardie 8000 ha??
    En ek merk dat ‘n erf feitlik onbekostigbaar duur is daar in Orania.
    Al vergelyk dit goed met pryse elders in die land, is dit nie ‘n trekpleister vir setlaars nie.
    Grond of dan erwe moet belaglik goedkoop aangebied word. As Afrikaners ‘n sekere gebied moet beset, dan moet hulle dit kan bekostig. Hoeveel Afrikaners kan ‘n kwart miljoen rand bekostig vir ‘n lappie leë grond???
    Die projek om ‘n Afrikaner Volkstaat van miljoenêrs te stig, is dan doodgebore.
    Orania moet ‘n raad stig wat dit hulle enigste prioriteit maak om Afrikaners te help om daarheen te verhuis.
    Ek sal daarheen verhuis. Maar om daardie prys te betaal vir ‘n leë erf, dan bly ek net hier waar ek is. En duisende ander Afrikaners sal ook so maak.
    Die geld daarvoor is net eenvoudig nie daar nie.
    Maak nie saak hoe ‘n groot Afrikaner patriot jy is nie. En sonder daardie Afrikaner inwonende patriote sal ‘n Volkstaat ook nie van die “Grond” afkom nie.

    1. arnieann

      Ek nie nie dink waarvoor die “Afduimpie” is nie.
      Tensy dit ‘n liberale gemors is wat nie verstand het nie.
      “I do not suffer fools gladly”

  7. Arnie, behalwe as ons – soos die Xhosas wat nou in hul duisende Wes-Kaap toe verhuis – op Orania gaan plak. Maar, selfs sinkplate op Orania is duur. Ons sal maar ons eie kartonne en streepsakke moet saamneem, anders moet ons onder die sterre-hemel gaan plak.
    Ek woon in ‘n luukse 3-slaapkamerhuis met ‘n swembad, boorgat en mooi tuin, maar die eiendomsagente hier in die Noord-Vrystaat sê ek sal nie R380 000 vir my eiendom kry nie. Hoe op aarde gaan ek dan ‘n soortgelyke huis op Orania gekoop kry?

    1. arnieann

      Hi Peter;
      Presies die punt wat ek maak. Jy is sekerlik een van die grootste Afrikaner Patriotte wat ek ken. As die Afrikaners maar kon weet wat jy alles so half stilweg vir ons doen, veral in die buiteland, dan kan mense hierdie skrywe van jou ter harte neem.
      Ek is nie ‘n arm man nie, maar om sulke groot geld te betaal om op ‘n plek te gaan woon, waarvan die toekoms glad nie gewaarborg is nie, is ‘n risiko.
      En dan weet ek ook nie watter soort “Gevegte” Orania in betrokke is, en of hulle met sekere instansies begin onderhandel het oor die Selfbeskikkings idiaal nie.
      Ek weet net dat dit hulle idiaal is. Dit is ons almal s’n.
      Deur bloot net te trek na Orania is nie goed genoeg nie.
      Dit maak my geensins betrokke nie. Ek kan dit ook van hieraf doen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s